SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Liefdesverhale

Pieter van Zyl

En bo alles is die liefde. Of dit nou die Boekevat-en-biduur-tipe is en of dit die tong-soen-en-sop-spat-soort is. Selfs die mees siniese suurpruim moet een of ander tyd erken dat die liefde op die regte tyd en plek kan vuurmaak onder die natste hout.

Soos die tragiese Ingrid Jonker in die gedig "Ballade van die drie vriende" in die bundel Kantelson oor die liefde skryf: "Ö dit is die dagga van die gees waarvan jy rekenskap moet gee Ö"

Tafelberg-uitgewers het juis pas vier nuwe liefdesverhaal-imprints op die rak wat vir enige junkie van liefdesverhale 'n fix sal gee. Vir die afgelope vyf weke het ek tussen die klewerige bladsye van stapels en stapels Afrikaanse liefdesverhale ingeduik. Ek is self toevallig een van daardie suurpruime wat stik aan die woord liefde, maar ek moet sÍ, my verroeste romantiese hart het in hierdie boeke-oordaad vir die eerste keer in jare weer begin rooswater en vonkelwyn klop.

Een van die karakters waarmee ek kennis gemaak het, stel dit so soetsappig-mooi: "Liefde is soos 'n kleurryke sampioen wat oornag deur die grondkors dolwe om dounat in die oggendson te skitter - 'n klein wonderwerkie Ö Die mense om haar is almal mooi; selfs die alledaagse houttafels en die silwerblink eetgerei. Sy wil aan alles raak, na alles kyk en haar vreugde uitlag, want sy het Rosseau lief." Aan die woord is Lanja van Niekerk in Schalkie van Wyk se boekie ReŽnboog van jou hart (p 124). Ag, ek kan hoor hoe die ou bitterbekke wil gal braak, maar ek sÍ dankie. Dankie aan mense soos Schalkie wat ons klomp op Aropax© en Prozac© weer lig en verlief kan skryf. Al is dit net vir 'n paar uur lank!

Wat my verstand nog altyd te bowe gaan - vandat ek my eerste Mills & Boone gelees het saam met Etienne van Heerden se Toorberg - is die snobisme wat daar in Afrikaanse letterkunde bestaan: die almagtige skeiding wat daar soos 'n Moses in die Rooi See gemaak word tussen die sogenaamd "hoŽ" en "lae" literatuur. Dan is daar nog 'n "middelmoot"-plek - iets soos purgatory voor jy by die hemel uitkom. Wat de hel?

As skrywer het ek net een droom: om gelees te word. Net dat jy al tot hier gelees het, is vir my al 'n reuseprestasie. Wat is makliker: 'n intellektuele gesnater wat net deur literati, hul lakeie en die skrywer self verstaan word - 'n literÍre draadtrekkery - of om te skryf sodat jy gelees word deur honderde duisende?
Soos prof Johan Combrink - mag hy in vrede rus - desjare die goue woorde gespreek het: "Skryf is 100 persent die eerste keer."

Liefdeskrywers, of "produsente van pienkboekies" soos hulle dikwels uitgeskel word, het hierdie kuns vervolmaak. Wat beteken literÍre pryse as net die beoordelaars en 'n paar resensente jou papierkunswerk lees en waardeer?

Soos ons eie koningin van vryboekies, ons eie Barbara Cartland, onlangs aan my gesÍ het met 'n vonkel in haar oog: "Dit kan klink soos suurdruiwe, maar ek gee nie om nie. Ek het nog nooit 'n hogere toekenning gekry nie, maar elke maand as ek my vet tjek van die uitgewer kry, is dit my literÍre prys."

En die vrou is al duisende keer beloon - meer as 300 000 keer. As ek eendag groot is, wil ek ook soos tannie Ena biblioteke vol mense se harte aan die brand skryf.

"Ja, maar derduisende Suid-Afrikaners het ook Tretchikoffs in die voorhuis. Beteken dit dan dat dit iets werd is, dat dit KUNS is?" hoor ek 'n geleerde vriende iewers daar buite brom.

Dit is dalk nie letter- en woordkuns nie; dit tokkel dalk nie al die snare in my brein nie; maar dit praat met my en miljoene ander doodgewone mense soos ek se harte.

Moenie harteloos wees nie. Kom blaai bietjie saam deur hierdie tientalle nuwe spookasem-stories. Wie weet, dalk begin jy ook soos die uwe weer glo in die krag van handjiesvashou, soentjies en drukkies Ö

Daar is 'n baie duidelike resep, maar watter wenkoek op die kerkbasaar is dan nou nie volgens 'n resep gebak nie?

Prof Joan Hambidge het al in 1996 hierdie reseppie in haar tong-in-die-kies boekie Swart Koring (p 32) opgerakel uit die destydse Perskor se aanwysings oor liefdesverhale opgestel deur Cecilia Britz.
Die vier belangrikste elemente is 'n gelukkige einde, 'n stadig-ontwikkelende maar volgehoue liefdesverhouding tussen held en heldin, 'n bietjie detail oor die hoofkarakters nadat hulle bymekaar uitgekom het, en liefdestonele met 'n sekere mate van eksplisiete seksuele beskrywings.

Onthou nog die dae toe hygromans die gonswoord was. Daardie korsetkrakers wat skielik Afrikaans laat drup het van die seks. ? Hygroman word allerweŽ beskou as 'n besonder gewaagde liefdesverhaal - dus met sterk erotiese ondertoon - meen NŤlleke de Jager van Tafelberg-uitgewers. Sy voel dat nie een van die boeke onder die imprints Jasmyn, Hartklop, Melodie, Mirre of Satyn as hygromans gesien kan word nie.

Sjoe, maar ek was lekker warm onder die kraag in Jaybee Roux se Die hartebreker in die Satyn-reeks: "Sy mond gly ondertoe: warm tong wat tussen haar borste deur speel, oor haar maag, tot by haar naeltjie Ö Sy lÍ ůůp voor hom: ontbloot, weerloos, hygend Ö" (p 152). Dit is baie rowwer as Maretha Maartens se Pot vol winter wat destyds soveel rimpelings veroorsaak het. (Maretha skryf toevallig deesdae vir die Mirre-imprint - liefdesverhale met 'n sterk Christelike ondertoon.) Die hartebreker handel, heel gepas, oor 'n bekende sepie-aktrise wat 'n joller gebruik om haar te help voorberei vir 'n tranetrekker-rol in 'n fliek. Dis lekker om die karakters so stukkie vir stukkie te ontmoet. Die beste van alles is om die karakters in jou verbeelding voor te stel - en ook die sekstonele.

Dit is waar hierdie boekies 'n voorsprong het bo sepies soos 7de Laan. Dit is net so verslawend, maar jy kan self besluit presies hoe die held en heldin - met 'n bietjie hulp van 'n paar beskrywende woorde deur die skrywer - lyk.

"Sy droom sy word vasgehou deur 'n man - 'n mooi man, lank en sterk; dromerige oŽ onder digte wenkbroue en donkerbruin, deurmekaargewaaide hare" (p56). Dit is hoe die hartebreker Austin beskryf word, maar gaan hy soos daar voor jou geestesoog lyk as daar dalk eendag 'n TV-reeks van die storie gemaak word?

Ena Murray was nie baie in haar skik oor hoe haar Plekkie in die son op die wye doek gelyk het nie. Ek was destyds self nie baie beÔndruk toe Leon van Nierop se radiodrama op televisie beland het nie. Dit was net BrŁmilda van Rensburg as die katterige Adele wat my wildste drome (en glo my, dit was wild) bewaarheid het.

Sommige karakters en liefdestonele moet net op papier en in die verbeelding bly. Tannie Ena voel seks is baie meer sexy as dit nie uitgeskryf word nie, en ek stem saam. Die tonele in Chanette Paul se pragtige Perlemoenmaan was heeltemal onverwags. "Sy lippe sluit om die bewys van haar begeerte, verken dan die gradiŽnt van die rondings en verklap met sy onderlyf teen hare hoe intens die effek is wat sy op hom het" (p 100). Ag nee, Nianne en die argitek Neal was so soet tot op daardie punt. Ek was sommer teleurgesteld.

In WilmarŪ Jooste se Ter wille van Amorť sluit Hannes ook sommer uit die bloute "uiteindelik sy hand om die kern van haar totale vrouwees Ö" (p 92).

Soos tannie Ena is ek ook nie preuts nie, maar ek verkies liefdestonele soos sy dit doen. As dinge tussen haar held en heldin warm raak, tik sy kolletjies Ö

Daar is gelukkig deesdae liefdesboekies vir elke smaak - of jy nou van jou papierseks van voorspel tot agternagloed in detail uitgespel hou, en of jy dit verkies soos dit daar in Hooglied staan.

In die Jasmyn-druknaam is die heldin se uitkyk byderwets en is sy 'n vrye denker. Die vroue is goddank sterk. Jy gaan lank tussen die bladsye soek na pieperige poppies.

Afrikanervroue was in elk geval nog nooit brose rose nie. "My magtig man, hulle het immers kaalvoet oor die Drakensberge getrek," trap my oorle ouma my uit die doderyk vas.

In Jacqueline Brink se Safari van die liefde sit Elize Jonker in haar stukkende motortjie genaamd Snorrie gestrand in die Bosveld tussen wilde diere en wilddiewe, maar die naggeluide skrik nie hierdie stadsjapie af nie. "Ek soek nie 'n ridder op 'n wit perd nie," sÍ sy beslis. "Het sy regtig 'n man nodig om haar te kom red?" vra die skrywer die retoriese vraag (p 6). Selfs die aantreklike Ruan Verster, eienaar van die Sibiwe Lodge, moet hard werk om haar te beÔndruk. "Vroue val omtrent oor hulle eie facelift vir hom," sÍ die bekkige Precious Madiba oor diť man wat sy voor werk.

"Kap eers vir jou 'n loopbaan uit voordat jy aan ander dink," waarsku Elize haarself. Verby is die dae dat vroue met fladderende oŽ verlief raak op die wildtemmer of ryk sakeman sodat hy vir haar kan sorg die res van haar lewe.

In Madeleine Malherbe se Liefste Strooipop is dit die blonde Hollander Greta wat onder die manne se harte maai.

Die vroue in hierdie boeke het interessante beroepe, soos binneshuisontwerpster en joernalis, en gee dit selde prys om huisie-huisie met die held te speel. Selfs in die Mirre-reeks, met 'n geestelike inslag, was die vroue genadiglik ook nie hul helde se voete sonder dat hulle dit verdien nie.

Al het die heldin in Helene de Kock se 'n Tyd om lief te hÍ oor die tou getrap en het haar pa en die kerk hul rug op haar gedraai, kruip sy nie op die grond rond om genade nie.

"Los die duiwel hier uit, oom Frank. Daar is lank gelede 'n Kind gebore wie se kruisoffer sy werk ongedaan maak al was die skade ook hoe groot," kapittel die verligte dominee Siegmar Botha. En Dominee moet sy vastrap ken om die "bevlekte" Marina Joubert se hart te wen. Hy plak nie 'n skarlaken A op haar bors nie, maar plak haar naam op sy hart.

Bevry! Dankie tog dat selfs Christene deesdae in Afrikaans met passie mag vry. "Sy werp haar teen hom aan met soveel dringendheid dat hy steier Ö" (p 215). Soos prof Hambidge sal spot: "Hyg al wat leef."

Moderne liefdesverhale pak sake soos gaywees, buite-egtelike kinders en egskeiding kaalhande. In Ter wille van Amorť word die moontlikheid ondersoek of ? paartjie wat skei, onder die regte omstandighede weer van voor kan verlief raak. Of kinders nie dikwels misbruik word om stukkende verhoudings weer heel te maak nie.

Die Melodie-verhale is "onskuldige leesvermaak vir jonk en oud veral gemik op die vrou met tradisievaste lewenswaardes". Dit is daardie soort stories wat Ma vir Sussie op die strand kan voorlees.

In Schalkie van Wyk se ReŽnboog van jou hart kan die dialoog bietjie oordrewe voorkom, maar wanneer laas het jy die woord maaifoedie raakgelees? Daar is ook sulke lekker sÍgoed soos: "Jy lyk so verdrietig dat ek myself hard moet aanspreek om nie 'n fopspeen in jou mond te druk nie"; of "Tannie begin altyd by die hond se stert as tannie my van die bosluis op sy neus wil vertel" (p 12). Probeer dit bietjie in Afrikaans vertaal!

Die Hartklop-reeks is my gunsteling. Seker omdat ek so baie van die TV-reeks ER hou. En ook omdat ek so versot is op Ena Murray se Die Meissner-kliniek-sage. Hierdie skrywers kan nie sommer skryf nie. Hulle moet hulle navorsing goed doen. Dit is 'n kwessie van lewe en dood. In haar boek Die Dae van Ons Nietigheid het Ena so akkuraat oor Krim-Kongokoors geskryf dat 'n verpleegster destyds die inligting gebruik het om 'n man van Malmesbury se lewe te red.

Ek weet nou nie of jy iemand se lewe sal kan red nadat jy Rykie Roux se Aarbeie vir dokter Aliz gelees het nie, maar so tussen die vryery deur is daar lekker lesse in die geneeskunde. Aliz het haar geheue verloor tydens 'n ongeluk waarin 'n goeie vriend van haar dood is. So saam-saam pak die leser saam met haar die legkaart weer bymekaar. Daar is net soveel drama as in kykNET se Song vir Katryn, waar die rock-dokter Jinx ook mos moet help harte reg dokter. Volg gerus dokter Aliz se pa se goeie raad: "Moenie so baie huil nie, my kind. Dit gaan jou weer siek maak."

Die nuwe liefdesverhale praat soos ons praat. Daar word met die hulp van elektroniese fieterjasies soos e-pos en SMS'e gevry dat die sop spat.

Volgens Perskor se Romanreeks (aangehaal in Hambidge se Swart Koring) het liefdesverhale dieselfde doel as 'n kalmeermiddel (p 32). Dit word gelees vir ontvlugting, ontspanning en 'n behoefte aan persoonlike ruimte. As dit die doel is, het hierdie hopie boeke wat ek gelees het, daarin geslaag.

? Steekproef deur Tafelberg onder 1 391 Jasmyn-lesers het bevind dat 70 persent een of meer liefdesverhale per week lees. Wel, ek het ses in twee weke gelees. Die navorsing het ook bevind dat 54 persent van die lesers tussen 25 en 49 is. Wel, ek kan my hand opsteek. Maar dit het ook bevind dat 98 persent van hulle vroue is, 29 persent huisvroue is, en 36 persent uit Gauteng kom. Daar val ek lelik uit die bus.

Hoekom is mans so skaam om te erken dat hulle ook al onder die strandsambreel Mills & Boon gelees het? Ek was so verlig om uit te vind dat Jaybee Roux wat die stoute Satyn-stories skryf, 'n man is.
Mans het 'n ander manier van kyk en ervaar as vroue. "Mans is nie baie intelligent nie; hulle is so eendimensioneel. Hulle sien dinge net in wit en swart," het hy eenkeer verduidelik hoekom so min mans deur "romance"-verhale ingekatrol word.

Ja, ek stem saam, maar tog droom ons mos almal - mans en vrouens - van daardie een groot liefde. Ek sal een van die eerste mans wees wat die kasdeur oopskop en erken: ek is verlief op liefdesverhale.
En soos Jaybee wil ek van die berge af verkondig: niks is so lekker soos om met jou neus in 'n slapbandboekie in Afrikaans te vry nie!

Bronnelys
Swart Koring, deur Joan Hambidge. Human & Rousseau, Kaapstad, 1996. (Sagteband, 128 bll, ISBN 079813299X.) Die Groot Aanhalingsboek, saamgestel deur Claassen, Muller en Van Tonder. Human & Rousseau, Kaapstad, 1998. (Hardeband, 365 bll, ISBN 0 7981 3890 4.)



LitNet: 14 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.