SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  Phumzile Malambile
Phumzile Malambile is die uitgaande voorsitter van die Black Students Association (BSA) op Stellenbosch. Hy was ook primarius van die Goldfields-koshuis. Malambile is gebore op Somerset-Oos en woon in Port Elizabeth.

Non-racialism in Afrikaans

Phumzile Malambile

(Hierdie toespraak maak deel uit van die Jakes Gerwel-Gesprekkereeks wat plaasgevind het tydens die pas afgelope Die Burger-Suidoosterfees by die Skiereiland Technikon (Pentech) te Bellville.)

Dames en Here

Ek is uiters bevoorreg om hierdie geleentheid te kry om ook ’n bydrae te kan lewer in hierdie baie belangrike byeenkoms. Ek neem aan dat ons hier is om oplossings te soek tot die beskerming en uitbouding van onse diversiteit, deur plek te skep vir elkeen se identiteit in hierdie land waarvoor ons lief is.

Ons moet dit doen nie net omdat ons Grondwet dit magtig nie, maar ook omdat dit almal se morele en burgerlike plig is om die belange van onse mense en ons land te bevorder.

Ek kom hier vandag as ’n voormalige voorsitter van die Black Students Association op Stellenbosch. Toe ons hierdie vereniging geskep het, het baie mense geskrik en gewonder hoekom ons nou so ’n vereniging nodig het. Omdat taal een van ons kwessies was, en steeds is, het baie mense begin glo dat ons van plan was om teen die Universiteit se taalbeleid te staan. Sommige het ook gedink ons is net een van die “gewone klubs vir swart mense om geld te mors en hulle korrupsie te beoefen”. Maar ons taalbeleid is duidelik, en dit het niks te doen met die uitsmyting van enige taal nie. Dit is gebaseer op praktiese en objektiewe argumente.

Die tema vandag is nierassigheid in Afrikaans, “nierassigheid” wat een van die belangrikste beginsels van ons demokrasie is. Die vraag sal dan wees: Hoekom moet die vraagteken op Afrikaans geplaas word, en nie op ander tale nie? Die redes daarvoor is redelik eenvoudig. Wat moeilik is, is seker die manier waarop die redes aangepak kan word, sodat hulle nie meer bestaan nie.

Behalwe Engels, voel ek dat Afrikaans die mees bevoorregte taal in ons land is, maar ook die mees benadeelde. Hierdie is as gevolg van die volgende faktore:

Ons politieke verlede het daartoe gelei dat Afrikaans die beste akademiese en finansiŽle ondersteuning geniet het, bo die ander inheemse tale. Ook van groot belang ten opsigte van die ontwikkeling van hierdie pragtige taal is die passie en trots wat oudskrywers en -digters getoon het deur hulle werk oor die jare, waarsonder die gevolge onwaarskynlik sou gewees het. Ek onthou die gedigte van Elisabeth Eybers op hoŽrskool: “Die Ster” was my gunsteling; en ek onthou ook nog baie ander skrywers. Hierdie is die voordele wat hierdie taal geniet het, maar daar is ook nadele.

Baie swart mense in ons land, om die politieke redes waarna ek vroeŽr verwys het, glo dat Afrikaans die taal van die onderdrukker is, en dat om dit te leer is bloot om vrywillig in ’n assimilasieproses betrokke te wees. Wie kan vergeet wat in 1976 gebeur het, waar die jeug van Suid-Afrika die strate gestorm het teen die dwang van die regering en sy taalbeleid? Die gevolge daarvan is landwyd bekend.

Hierdie is ’n groot problem, maar groter is die houdings van eerstetaalsprekers teenoor ander sprekers. Baie glo dat om ander tale te aanvaar en te help uitbou is om joune te benadeel, iets wat ek glo is heeltemal verkeerd. Daar is ook die wat glo dat taal gebruik moet word om ander mense uit te sluit. ’n Goeie voorbeeld hiervan is ’n vergadering wat ek by die Universiteit bygewoon het, waar een student ’n waarskuwing aan die Studenteraad gegee het dat as hulle “te veel Engels sou toelaat, sal die Universiteit van Stellenbosch binnekort swart wees, en dit sal nie goeie nuus wees nie”. Dit is hierdie soort denkwyse wat baie swart mense laat glo dat daar baie rassisme is wat deur Afrikaans uitgevoer is, en dat dit nog steeds gebruik word as ’n instrument van diskriminasie.

Alhoewel dit nie ’n eenvoudige taak is nie, glo ek dat dit moontlik is om tot die redding van Afrikaans te kom, en ’n goeie, doeltreffende beeld daarvan te skep, op ’n nierassige manier. Dit kom met ’n prys, en die duurste sal wees om die waarde van ander tale en kulture te erken en waardeer, sodat ander mense ook kan verlief raak op Afrikaans, soos dit met baie mense soos ek gebeur het. Skrywers moet mekaar se werkstukke vertaal en hulle mense leer om elkeen letterlik en figuurlik te omhels.

Om die vrae wat gevra word te probeer beantwoord, sal ek net die volgende sÍ:

Op die vraag oor hoe dit nou met non-racialism (nierassigheid) in Afrikaans staan? Die antwoord wat ek het is, ongelukkig, dat dit nog nie heeltemal behaal is nie.

Het die einde van apartheid ’n ruimte geskep waarin die Afrikaanse leefwÍreld vry (of betekenisvol vryer) van rassedenke en -praktyke geword het? Amptelik, ja, maar prakties nee.

En wat, dink jy, is ’n genuine non-racial Afrikaanse leefwÍreld? Hoe staan dit in verband met (“relate to”) die res van die ontwikkelende nuwe Suid-Afrika? Die Grondwet en ander wetgewing maak voorsiening vir ’n non-racial Afrikaanse leefwÍreld, maar die meeste werk lÍ in die toepassing daarvan. Die ontwikkelende nuwe Suid-Afrika behoort ruimte te hÍ vir die bestaan en beoefening van onse diverse kulture, solang dit binne nasionale prioriteite van nasiebou plaasvind.

Om af te sluit wil ek net iets skryf wat ek in my eerstejaar Basiese Afrikaans-klas by mev Coleena Blankenberg geleer het: “Afrikaans is ’n groot plesier, ons verkondig dit flink en fier!”

Baie dankie.


Lesers kan via e-pos na Deborah Steinmair by webvoet@yahoo.com op die artikel reageer.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.