SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

My phinnige, phet Pharos

Doret Jordaan

Klik op boek en koop hierdie boek nou!
Dis nie aldag dat 'n mens alle gedagtes aan goedkoop koffie en dergelike euwels opsy skuif en jou beursie beseer agter 'n woordeboek aan nie. En as iemand my so 'n jaar gelede vertel het dat ek geld sou uitgee op 'n Afrikaans-Engels-woordeboek, sou ek lank en lekker gelag het - my ou een makeer mos niks.

Maar as 'n mens nou een na die ander jou ewe bankrot maters hoor tekere gaan oor hulle blinknuwe, duur, yslike "Pharossies", begin jy wonder of jy nie dalk te gou gelag het nie. Ek het toe iemand se nuwe "kind" geleen en hom langs myne, wat toe skielik kléin gelyk het, neergesit en na willekeur begin woorde naslaan.

Dalk moet ek begin deur te sê dat ek nie 'n kenner is nie, geen idee het wat mens moet resenseer aan 'n woordeboek nie, en hopeloos bevooroordeeld is wanneer ek my opinie hier lewer, want ek is maar net nog iemand wat hou van woordeboeke - en ek is mál oor Pharos se nuwe tweetalige woordeboek.

Ek kon aanvanklik nie verstaan hoekom die boek so 'n snaakse grootte het nie: breed en lank, maar relatief dun. En ja, ek het gewonder of dit 'n truuk is om die woordeboek groter te laat lyk as wat hy regtig is. Maar as 'n mens hom oopslaan, kom jy agter dat die woordeboek maar net so dun lyk omdat die bladsye so dun is soos dié van 'n bybel. En die waarde van daardie yslike bladsye kom 'n mens eers agter wanneer jy werklik besig is om baie woorde na te slaan en dit lekker vinnig gaan omdat jy so baie woorde op een slag kan sien. En daar is báie woorde. Ek het tussen die een inskrywing en die volgende een in my ou woordeboek maklik 'n kolom vol inskrywings in die Pharos gevind. Die soektog na die presiése woord wat jy soek, is ook lekker maklik, aangesien dit nie 'n frustrerende rondsnuffel in die fynskrif tot gevolg het soos wat 'n mens nou al met sekere woordeboeke van daardie omvang gewoond geraak het nie.

Ek kan die lang storie kort maak deur te sê dat daar tans ook op my boekrak, wanneer ek hom nie in my rugsak klas toe karwei nie, 'n phinnige, phet Pharos is. En vir 'n kind van sy ouderdom werk hy nogal hard.


Doret Jordaan is 'n voorgraadse student aan die US




LitNet: 14 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.