SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Pharos Speller: Speltoetser en woordafbreker vir Afrikaans

Ettie Williams

Pharos, 2000.

Ek is altyd hoogs suspisieus wanneer die woorde “maklik” en/of “eenvoudig” ten opsigte van rekenaarsake gebruik word, want dit is bitterlik selde dat ek enigiets omtrent ’n rekenaar en sy werkinge onproblematies vind.

Op die CD-kassie van die Pharos Speller word die take van dié publikasie gelys as:

  • Korrigeer tik- en spelfoute
  • Weet waar om woorde af te kap
  • Omvat sowat ’n kwartmiljoen woorde uit Pharos se gesaghebbende woordeboeke en korpus van hedendaagse Afrikaans
  • Maklik om te installeer en eenvoudig om te gebruik

    Dis toe ek die laaste punt lees dat my nekhare almal gaan regop staan van verontwaardiging — of was dit maar net van onsekerheid? In ieder geval, ek druk die knoppie om my rekenaar se CD-drywer oop te maak, klik die CD-Rom-kassie oop en is eerstens verbaas oor hoe maklik die CD uit sy bedjie gelig kan word. (Met my onhandige vingers buig ek gewoonlik ’n musiek-CD omtrent dubbel voor ek dit verlos kry van die plastiekring in die middel!) Ek lê hom eerbiedig in die aandrywer se “koffiebekerhouer” neer, en siedaar, die ding neem sy loop en ek hoef net hier en daar ’n klik met die muis te maak. Die installering is toe voorwaar so maklik as wat beloof is.

    En as mens oor ’n koppie tee deur die ingeslote handleiding lees, kom jy agter dis presies net so maklik om te gebruik as die ingeboude Engelse woordeboeke in Word. As mens dié implemente dus reeds voorheen gebruik het, is die hantering van die Afrikaanse speltoetser voor die hand liggend.

    Volgens die handleiding kan mens allerhande eie leggers skep waarin jy woorde bewaar wat jy self dikwels gebruik, onder andere byvoorbeeld ’n legger waarin jy kollegas of vrinne se eiename kan bewaar sodat ook dié outomaties gekorrigeer kan word wanneer jy aan hulle skryf — sou jy die outomatiese speltoetser-opsie kies. Maar vir my lekegemoed het dit net na ’n aksie te veel moeite vir eie gebruik gelyk, en ek gebruik die Speltoetser nou al die afgelope vyf maande met groot vreugde sonder dié funksie.

    Enigste jammerte vir my, ’n taalpraktisyn wat met ’n baie wye verskeidenheid dokumente in Afrikaans werk, is dat die korpus van ’n kwartmiljoen woorde nie heeltemal so omvattend is as wat mens graag sou wou glo nie. Maar ek voeg daagliks met min moeite woorde by die bestaande lys, en siedaar: die Pharos Speller is my jongste beste vrind!

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.