SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan ons demokrasie nog tien jaar oorleef?

Patricia de Lille

Hierdie lesing het deel uitgemaak van die afgelope Aardklop-kunstefees se Sol Plaatje-diskoersreeks.

Oor die wÍreld heen is daar in verskeie lande ’n konsolidasie van demokratiese prosesse en prosedures. Teen die middel 70’s kon sowat twee derdes van alle lande redelikerwys as outoritÍr bestempel word. Vandag lyk die prentjie heel anders: Minder as ’n derde van alle state kan nou as totalitÍr bestempel word — en die getal demokrasieŽ neem vinnig toe.

In die huidige era het demokrasie die fundamentele standaard van politieke regmatigheid geword. Gebeurtenisse soos die vrylating van Nelson Mandela en die afbreek van die Berlynse Muur is simbolies van verandering wat daarop dui dat stemgeregtigde kiesers in al hoe meer lande in beginsel daartoe in staat is om openbarebeleidmakers tot verantwoording te roep. Nogtans word die demokratiese politieke gemeenskap terselfdertyd al hoe meer gekonfronteer met streeks- en wÍrelddruk en -probleme.

Na my mening bring dit ’n paar baie ingewikkelde vrae na vore, soos:

  • Hoe kan probleme soos die verspreiding van Vigs, die skuldlas van baie lande in die “ontwikkelende wÍreld”, die vloei van finansiŽle hulpbronne wat nie onder nasionale jurisdiksie val nie, die dwelmhandel en internasioale misdaad bevredigend in die sfeer van demokrasie pas?
  • Watter soort verantwoording en beheer kan burgers van een land teenoor internasionale rolspelers soos multinasionale korporasies en internasionale organisasies soos die WÍreldbank hÍ?
  • Hoe kan ’n demokrasie staande bly in die konteks van regionalisme, Europese integrasie, fundamentele verandering in die wÍreldekonomie, massakommunikasie en die snel groeinde informasietegnologie?
  • Is daar nuwe demokratiese instellings nodig om die nuwe internasionale magte en prosesse te reguleer en te beheer?
  • Hoe kan mense as burgers deeleem aan ’n nuwe, meer komplekse internasionaal georganiseerde wÍreld?
  • Kan demokrasie soos ons dit ken, oorleef in ’n wÍreld wat toenemend georganiseer raak op streeks- en wÍreldvlak?

    Die onderwerp stimuleer inderdaad die denke, maar is terselfdertyd intimiderend.

    Ek glo ons demokrasie sal vir baie langer as die volgende tien jaar staande bly, maar terselfdertyd kan ons nie so ’n analise teen ’n kortsigtige agtergrond maak deur bloot na onsself te kyk nie. Die oorlewing van die demokrasie moet gemeet word aan die historiese agtergrond van demokratiese ontwikkeling internasionaal, asook teen die agtergrond van demokratiese instellings wÍreldwyd.

    Dit laat die vraag ontstaan of die ontwikkelde wÍreld sal toelaat dat die demokrasie in Suid-Afrika voortsukkel, gegewe ons
    streeks-, kontinentale en internasionale belangrikheid en strategiese ligging.

    Dit is belangrike vrae wat nie in ’n debat soos hierdie agterweŽ gelaat kan word nie.

    Demokratiese ontwikkeling is in sigself minstens vyftig jaar oud en ek dink daar is ’n behoefte in Suid-Afrika om ons eie soort demokrasie te ontwikkel. Die onderwerp van bespreking moet dus eerder wees: “Sal ons demokrasie floreer in die volgende tien jaar, nie net oorleef nie?”

    Na my mening is daar vyf voorwaardes wat voortdurend aandag nodig het, vertroetel moet word en aangepas beoort te word vir die demokrasie in Suid-Afrika om te floreer.

    1. Die SA Grondwet en sy verantwoordelikhede

    Ons het vandag een van die mees moderne grondwette ter wÍreld. As mens na die SA Grondwet kyk, is dit duidelik dat ons vir onsself ’n sekere beginpunt daargestel het sover dit demokratiese ontwikkeling betref. Die rol van enige SA regering moet wees om die verlangde klimaat te skep vir die Grondwet om deur te werk tot alle fasette van ons daaglikse bestaan.

    Die huidige regering het hom al nege keer tot die Konstitusionele Hof gewend, maar elke keer gefaal. Die les wat hieruit te leer is, is dat ons ’n soliede konstitusionele demokrasie daargestel het, met ’n onafhanklike regbank, maar ’n kommerwekkende aspek is dat die Grondwet meer en meer liberaal geraak het as wat die opstellers daarvan beoog het.

    Die rol van die parlement is egter onder bedenking, omdat dit die lakei van die uitvoerende gesag geword het. Wat dit betref, moet ons die rol van die parlement herskik en versorg soos dit tans saamgestel is.

    In ’n konstitusionele demokrasie is die uitvoerende gesag verantwoordbaar aan die parlement en nie andersom nie. Daar is voortdurend onduidelikheid oor die skeidslyn tussen die regerende party en die staat. Die swakheid word vererger deur ’n kiesstelsel wat partyverband koester met die politieke party op die voorgrond eerder as die Grondwet of die staat.

    Die opposisiepartye in die parlement is tans nie verenigd nie en hul sterkte is van geen belang nie. Verskeie politieke alliansies het uitmekaar gespat, wat verdere bewys is van die onenigheid in hul geledere. Die gevolg hiervan is dat daar in die Suid-Afrikaanse konteks nie sprake van ’n werkende demokrasie kan wees nie.

    In liberale demokrasieŽ is toestemming tot regering en die wettigheid van ’n regering se dade afhanklik van verkiesingspolitiek en die stembus. Die idee dat toestemming nodig is vir wettige regering en dat die stembus die aangewese meganisme is waardeur ’n burgerlike liggaam as geheel periodiek gesag aan ’n regering oordra om wette te maak en die ekonomie en maatskaplike lewe te reguleer, raak problematies sodra die aard van ’n “relevante gemeenskap” in die spel geplaas word.

    Tradisioneel het nasionale grense die grondslag gevorm waarvolgens mense in afgebakende gebiede ingesluit of uitgesluit was van deelname in besluite wat hul lewens beÔnvloed het. Waar daar egter sosio-ekonomiese prosesse en die gevolge van besluite daaroor ter sprake kom wat buite die nasionale landsgrense val, raak die gevolge ernstig, nie net wat betref die kategorie van toestemming en die wettigheid daarvan nie, maar ook wat betref alle aspkete van demokrasie. Wat hier van belang is, is die aard van ’n kiesafdeling, die rol van verteenwoordigers en die behoorlike aard en omvang van politieke deelname.

    Dit is hierdie waardes en beginsels wat voortdurende aandag, versorging en herskikking verg, met die beginpunt, die Grondwet, altyd in die oog.

    2. MIV/ Vigs

    Die prys van medisyne vir die bekamping van die pandemie het die afgelope twee jaar in Suid-Afrika aansienlik gedaal en kan steeds daal as die regering generiese middels invoer en meer doeltreffend met groot farmaseutiese maatskappye onderhandel. Volgens Medscheme het die prys van dubbelterapie van R20 000 tot R3 000 per jaar gedaal, terwyl die prys van driedubbele terapie van R37 000 tot net minder as R7 780 per jaar gedaal het.

    Dis goeie nuus vir mense met MIV/Vigs wat aan ’n mediese fonds behoort. Maar wat van diegene wat nie ’n fonds het nie? Hulle vestig hul hoop op die staat, maar die SA regering is huiwerig om hom te verbind tot die hulpbronne wat nodig is om die pandemie te bestry. Net soos die besparing van koste in berekening gebring moet word, moet die kostedoeltreffendheid van ARV-behandelig as ’n opsie vir langtermynbehandeling in ag geneem word.

    Die MIV-positiewe mens wat ARV-behandeling ontvang, het ’n kleiner kans om die siekte oor te dra, wat beteken daar sal minder nuwe MIV-positiewe gevalle wees en minder verbandhoudende mediese koste.

    MIV-positiewe mense wat ARV-behandeling ontvang, toon ook ’n laer voorkoms van toevallige infeksies, wat ook die koste vir die behandeling van hierdie infeksies sal afbring.

    MIV-positiewe op ARV-behandelig kan steeds na hul kinders omsien, wat beteken die getal Vigs-wesies kan verminder.

    MIV-positiewe mense wat in betrekkings staan, kan hul werk voortsit, wat beteken hul werkgewers word die koste gespaar om hulle te vervang. Dit kan ’n positiewe uitwerking hÍ op winsgewendheid en sodoende op die regering se belastinginkomste.

    Met ander woorde: die regering behoort ’n wyer siening te hÍ van kostedoeltreffendheid. Dit kan net moontlik wees dat dit meer kos om MIV-positiewe mense nie te behandel nie as wat dit kos om hulle wel van die nodige medisyne te voorsien.

    3. Armoede en infrastruktuurontwikkeling

    Die vlak van armoede in Suid-Afrika is skrikwekkend en maak ons demokrasie, die “struggle” en bevryding bespotlik. Statistiek — as ons daarop kan staatmaak — sÍ vir ons dat armoede die afgelope nege jaar in Suid-Afrika toegeneem het en dat nege miljoen mense gedwing word om met minder as ’n skamele R400 per maand te oorleef. Ons huidige welsynstelsel betaal geen voordele uit aan omtrent 60 persent van die armes in die land nie.

    Asof dit nie erg genoeg is nie: baie mense wat geregtig is op welsynstoelaes, ontvang dit nie, weens die ondoeltreffendheid met die implementering van die stelsel. Dit is duidelik dat ons die huidige stelsel moet hersien en moet begin om verligting te bring ten opsigte van die knersende armoede waaronder so baie mense gebuk gaan.

    Om regverdig te wees teenoor die huidige regering, moet genoem word dat groot welslae behaal is met die verskaffing van dienste aan ons mense. Meer huise is gebou, meer waterpype is aangelÍ, gemeenskappe is van elektrisiteit voorsien, en meer mense het toegang tot telefone.

    Ek wil egter sÍ dat dat daar nie genoeg gedoen is nie en dat die regering te kort skiet met die doelwitte wat hy vir homself gestel het. Mens moet ook kyk na die kwaliteit dienste wat gelewer word en of mense kan bekostig om daarvoor te betaal.

    Dit is alles belangrike uitdagings waarvoor ons antwoorde moet vind as ons wil slaag as ’n land en om ons demokrasie te konsolideer.

    4. Werkskepping

    Ek glo almal sal saamstem dat werkskepping een van die grootste uitdagings is wat Suid-Afrika in die gesig staar. Dit is ook een van die probleme ten opsigte waarvan die regering die afgelope nege jaar klaaglik misluk het. Ons land het sedert 1994 ’n miljoen werkgeleenthede verloor en ons steier onder ’n werkloosheidsyfer van bykans 40 persent.

    Dit is baie duidelik dat iets gedoen moet word aan die situasie. Die regering kom vůůr ’n verkiesing altyd met die boodskap van werkskepping, maar na die verkiesings sÍ hy dit is nie die regering se verantwoordelikheid nie, maar dat hy net ’n klimaat vir werkskepping daar moet stel.

    Te oordeel aan sy argumente na ’n verkiesing, is dit baie duidelik dat hy ook te kort skiet om die omgewing vir werkskepping daar te stel.

    Die Onafhanklike Demokrate glo meer aandag behoort gegee te word aan werkskepping in die informele sektor. As gevolg van die lae vlakke van opleiding en onderrig in die informele sektor is dit duidelik dat baie mense in hierdie sektor nie in die formele ekonomie opgeneem sal word nie. Deur ons prioriteite te verskuif na die informele sektor kan ons argumenteer dat groter ondersteuning gegee moet word aan kleiner ondernemings, sowel finansieel as wat die oordrag van vaardighede betref.

    Hulle behoort grootliks vry te wees van burokratiese rompslomp. Hulle behoort toelaes te kry en hul kredietbehoeftes moet vereenvoudig word om by hul eiesoortige behoeftes te pas.

    Ek glo ook dat die landbousektor meer mense in diens kan neem as wat tans die geval is. Om dit te kan doen moet klein produsente groter steun geniet.

    Daar is ongelukkig geen kitsoplossing vir werkskepping in SA nie. Enige politieke party wat beweer daar is so ’n oplossing, aas bloot op die hoop van baie mense. Selfs die verwagtings van die Groei en Ontwikkelingsberaad is hoogs optimisties, waar openbare werke gesien word as die wonder-oplossing vir ons werkloosheidskopseer. Die probleem is dat ons ’n Departement van Openbare Werke het wat totaal onbevoeg is om so ’n grootskaalse werkskeppingsprojek te bestuur. Minder as 400 permanente betrekkings is verlede jaar deur Openbare Werke geskep, en ek is geensins oortuig daarvan dat hulle die miljoen poste kan skep waarvan ons op die Groei en Ontwikkelingsberaad gepraat het nie.

    5. Korrupsie

    Hoewel dit ook in ontwikkelde lande voorkom, is korrupsie besonder skadelik vir ontwikkelende lande, soos SA, wat geneig is om minder hulpmiddels tot hul beskikking te hÍ om die probleem aan te spreek — hulpmiddels wat nou vermors word of nie op die mees doeltreffende manier benut word nie

    Korrupsie het ’n ernstige nadelige uitwerking op menslike sekuriteit.

  • Dit bedreig ekonomiese groei.
  • Dit bedreig doeltreffendheid en maatskaplike ontwikkeling.
  • Dit skep betekenisvol hoŽr vlakke van risiko en onsekerheid in ekonomiese transaksies.
  • Dit verwring openbare besteding, deurdat dit skaars hulpbronne weglei na mindere of niebestaande voorkeure.
  • Dit dien as ’n afskrikmiddel wat moontlik belowende ekonomiese aktiwiteite en belegging verwater.
  • Dit belemmer private inisiatief en ondernemingsgees.

    Korrupsie word dan sowel die oorsaak as die gevolg van onderontwikkeling en armoede in die breŽ.

    Polities gesproke is korrupsie dikwels ’n gevolg van die onbeheerbare monopolie van mag in outoritÍre en totalitÍre regerings. Waar verteenwoordigende prosesse swak is, of glad nie bestaan om ’n regering tot verantwoordelikheid te roep nie, verskaf politieke strukture die grootste geleenthede vir korrupsie. Dit kom voor waar daar ’n afwesigheid is van politieke meganismes waardeur ’n regering wat korrupsiepraktyke verdra, goedpraat of selfs daaraan deelneem, uitgestem kan word.

    Die politieke invloed is van so ’n aard dat die kieser se siening van wydverspreide korrupsie so beÔnvloed word dat dit sy vertroue in die regmatigheid en betroubaarheid van die regering wegvreet.

    Die demokrasie in Suid-Afrika kan floreer as ons hou by die basiese beginsels van eerlikheid, ordentlikheid en respek.

    Slot

    Dit kan nie langer aanvaar word dat die fokus van doeltreffende politieke mag by ’n nasionale regering setel nie. Doeltreffende politieke mag word gedeel en onderhandel deur uiteenlopende magte en agentskappe op nasionale, streeks- en internasionale vlak.

    Kosmopolitiese demokrasie behels die ontwikkeling van administratiewe vaardighede en onafhanklike hulpmiddels op streeks- en wÍreldvlak as ’n noodsaaklike element vir hulle in plaaslike en nasionale politiek. Dit sluit in die verstewiging van administratiewe vermoŽ en verantwoordbaarheid van streeksinstellings soos Sadec en die Europese Unie, saamlopend met die ontwikkeling van die administratiewe vermoŽ en vorm van verantwoordbaarheid van die Verenigde Nasies self. ’n Kosmopolitiese demokrasie sal nie vra vir ’n vermindering per se van die staat se mag en vermoŽ nie. Dit sal eerder daarna streef om demokratiese instellings te verryk en te ontwikkel op streeks- en wÍreldvlak as ’n noodsaaklike element vir hulle op die vlak van die volkstaat.

    Lesers word uitgenooi om te reageer by egrundling@mweb.co.za.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.