SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Frisse andersheid, hoogs vermaaklik en selfs ontroerend

Francois Smith

Passievrug
Karel Glastra van Loon
vertaal deur Daniel Hugo

Passievrug — bestel nou by Kalahari.netKarel Glastra van Loon was pas in Suid-Afrika om Passievrug, Daniel Hugo se vertaling van sy suksesvolle debuutroman bekend te stel. Die boek is kleurryk, effens uitspattig en byderwets - dit gee die omslag van die Afrikaanse vertaling reeds te kenne. En, ja, die boek gaan oor passie, en soos jy van die fetus op die omslag kan aflei, gaan dit ook oor die vrug van die passie. (Hugo het tereg met die bekendstelling in Kaapstad opgemerk die woord “grenadella” sou in diť geval nie vir die Nederlandse “passievrucht” gedeug het nie.)

Maar suksesvol is die boek inderdaad, want net in Nederland is meer as 260 000 eksemplare verkoop. En Afrikaans is een van die handvol tale waarin dit al vertaal is. Die kommersiŽle sukses van die roman sou beslis ’n rol gespeel het in die uitgewer Queillerie se keuse om dit te laat vertaal. (Die uitgewersnaam bestaan glo uitsluitlik nog net vir die enkele vertaling uit Nederlands wat hy per jaar uitgee.) Maar dan is die roman ook toeganklik, en dit het immers ’n goeie dosis passie. Alles faktore wat in gedagte gehou moet word as jy met ’n vertaling in die beperkte en moeilike Suid-Afrikaanse boekemark sukses wil behaal.

Daniel Hugo se vertaling lees vlot, en ’n mens kry nooit die indruk dat hy die sleutel waarin die vertelling geskied, verloor nie. Daar is enkele (weliswaar baie subtiele) Nederlandse segswyses behou. Diegene met ’n mate van blootstelling aan Nederlanders sal weet dat hulle op baie spesifieke maniere reageer - moet jy dit alles uitvertaal? Ek glo nie. Ek glo nie jy kan nie. Die roman is immers tot in sy murg in ’n Nederlandse roman. Dit gaan nie net om die ruimte en karakters nie, maar om ’n Nederlandse wÍreldbeskouing wat die deursnee-Afrikaanssprekende as anders sal ervaar.

Terloops, in ’n onderhoud met Van Loon en Hugo wat ek vir Die Burger gedoen het, het die gesprek uitgeloop op ’n heel interessante onderskeid wat gemaak is tussen “tipies Nederlandse” en “tipies Afrikaanse” ingesteldheid jeens ironie. Albei die skrywers distansieer hulle van wat hulle in diť opsig as tipies van hul onderskeie taalgroepe sien. Van Loon sÍ hy kan die Nederlandse ironiese lewenshouding nie verdra nie, want op diť manier kan almal hulle altyd verontskuldig en word daar nooit standpunt ingeneem oor belangrike kwessies nie.

Hugo reken Afrikaanssprekendes ken nie ironie nie. Hy sien dit as ’n soort onvolwassenheid, aangesien kinders nie ironie kan vertaan nie. Daarom, sÍ hy, word ons mees ironiese skrywer, Etienne Leroux, so min gelees.

Dit is dan opvallend dat die roman se protagonis, Armin, sonder ’n sweempie ironie is. Dit is ’n ingesteldheid wat funksioneel is vir die plot, maar dit gee die roman tog ’n strakke en ietwat oppervlakkige karakter.

Die verhaal kan soos volg saamgevat word: Tien jaar na die dood van sy vrou, Monica, kom Armin agter dat hy onmoontlik die pa van hul seun, Bo, kon wees. Nadat hy en sy nuwe minnares, Ellen, lank tevergeefs probeer het om ’n kind te hÍ, ondergaan hy ’n vrugbaarheidstoets en daar het jy dit: hy ly aan ’n soort genetiese afwyking wat hom so vrugbaar soos ’n klei-os maak. Die vraag waarom die hele intrige dus wentel, is: Wie het Bo by Monica verwek? Monica swyg letterlik soos die graf. Monica is dood.

Nie dat daar regtig ’n tekort aan kandidate is nie, want die sedelike norme wat in die verhaal betrek word, is redelik vrysinnig. Armin se verhouding met Ellen is eintlik ’n uitvloeisel van sy huwelik met Monica: hulle drietjies was ’n keer saam in die bed. Om die waarheid te sÍ is die liefde oor die algemeen op ’n redelik vrye grondslag bedryf.

Waarom is Armin dan so begaan oor die identiteit van Bo se biologiese pa? Hy was tog bewustelik deel van ’n verhoudingsnetwerk waarin hierdie soort glipsie voortdurend ’n moontlikheid was. Is dit vir hom ’n morele kwessie? Voel hy werklik dat daar teenoor hom verraad gepleeg is? Dit is ’n sleutelaspek van die roman wat my nie werklik oortuig nie. Die hele intrige kom daarom vir my futloos en bedink voor.

In die onderhoud het Van Loon laat blyk dat dit wel gaan om moraliteit; dat die roman onder meer vra wat liefde werklik is. Vir hom gaan dit oor die vaslegging van ’n persoonlike moraliteit te midde van die verval van amptelike strukture soos die Kerk.

Hugo, daarenteen, het die roman glad nie as moralisties gesien nie. Armin wroeg volgens hom omdat hy biologies uitgedaag word, omdat sy biologiese voortbestaan as ‘t ware kortgeknip word.

Indien jy Hugo se standpunt aanvaar, raak die ontknoping egter problematies. Die afloop van die verhaal sal nie hier verklap word nie — dit sal te veel van die pret bederf. En die roman bied heelwat genot. Dit is ’n vernuftig gestruktureerde roman met aantreklike, byderwetse karakters en ’n eietydse problematiek. Die vertelling spring rond en bont tussen tydsgewrigte sonder dat dit ’n leesversperring word. (Hierdie tydshantering was ook ’n uitdaging vir die vertaler, aangesien die tydsaanduiding in Afrikaans aansienlik verskil van die in Nederlands.)

Van Loon koppel die verspringende struktuur van die roman aan die wyse waarop hy (trouens mense oor die algemeen) stories vertel: Jy begin ’n verhaal, onthou dan iets anders wat mense moet weet, en onderbreek jou vertelling dan deur eers die agtergrondinligting te vertel. Natuurlik gebeur dit so in gesprekke, maar in ’n roman word dit doelbewus op ’n bepaalde manier georden. Hoe bou jy spanning en behou samehang? Daarin lÍ die kuns. Van Loon hanteer dit oor die algemeen baie goed. Soms verspring sy neweverhaaltjies ’n bietjie onbeteueld, en jy kry die indruk dat van die waarnemings ’n opstapeling is van inligting wat nie ter sake is nie. En as jy boonop nie werklik oortuig is van die beweegredes vir Armin se strewe nie, word dit ’n kwessie van koeitjies en kalfies.

Miskien nog opmerkings oor die vertaling. Hugo het in die onderhoud laat blyk dat hy beslis nie ’n Nederlandse sfeer wou skep nie. Hy bedoel daarmee nie dat hy die verhaal uit Nederland wou verplaas nie, maar hy wou nie dat die taalgebruik Nederlands klink nie. In hierdie opsig is die manier waarop die karakters vloek, egter interessant. Vir Nederlanders is die woord “god” en al die Christelike ekwivalente daarvan dikwels niks meer as ’n redelik onskuldige tussenwerpsel nie. Nie vir Afrikaanssprekendes nie. In diť opsig is die vertaling nog baie Nederlands.

Dalk is die ongebonde seksualiteit van die romanwÍreld ook iets nuuts vir die deursnee Afrikaanse leser. Vir diegene wat hulle tot Loslyf moet wend om vas te stel hoe die liefde op Afrikaans bedryf word, bied Passievrug nog voorbeeldmateriaal. Maar dat dit net vir Afrikaanssprekendes moeilik is om ’n gepaste intieme woordeskat te kry, is heel waarskynlik bog. Ook Van Loon het in die onderhoud laat blyk hoe moeilik hy tussen bepaalde taalregisters gekies het. Sou hy pik of lul gebruik vir wat heel dikwels in Nederland nog as roede of zijn geslacht bekend staan? Hugo reken wat vir die man in hierdie opsig aanvaarbaar is, is dikwels nie vir die vrou nie. Wat vir ’n Transvaler aanvaarbaar is, is nie vir ’n Kapenaar nie. Daarby, sÍ Hugo, word Afrikaans al hoe diverser omdat die standaardiserende kragte verdwyn. Die radio en TV, sÍ hy, wat van die mees vormende invloede was, speel nie meer daardie rol nie, omdat omroepers tans toegelaat word om te praat soos hulle wil. Hoe dit ook al sy, dit sal interessant wees om te weet hoe die diverse Afrikaanse spraakgemeenskap op die woord meisieskoekie reageer.

Ten slotte: Passievrug is nie ’n gewigtige of diepgaande roman nie. Baie sal sÍ genadiglik nie. Dit het egter ’n frisse andersheid wat hoogs vermaaklik en selfs ontroerend is. Lees dit gerus.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.