SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Identiteite: Op 'n analoŽ wyse bedink

Danie Goosen

(Hierdie lesing maak deel uit van Oopgesprek, die KKNK se lesingreeks ondersteun deur Die Burger.)

Ons staan hier onder stil by die woord identiteit. Die vraag is hoe ons met 'n skeppende idee van identiteit kan werk. Watter idee van identiteit kan daarvoor sorg dat ons ervaring 'n eg menslike ervaring word? En daarteenoor, watter idee van identiteit ontwrig ons mens-wees? Want die wyse waarop ons vandag oor identiteit nadink, kan dit vir ons moontlik maak om 'n volle lewe te lewe, maar dit kan ook ons mens-wees ten diepste ontspoor.

Om nader aan 'n antwoord op diť vrae te beweeg verwys ons in enkele inleidende paragrawe na die woord identiteit binne die konteks van die globale wÍreld. In die tweede deel fokus ons op die woord identiteit as 'n analoŽ begrip, dit wil sÍ as 'n begrip wat sowel vir verskille as vir ooreenkomste voorsiening maak. In die laaste paragrawe word verwys na die identiteit van Afrikane, bruin Afrikaanssprekendes en Afrikaners. Kortom, kan ons diť identiteite ook in analoŽ terme bedink?

A. INLEIDING
Hoekom vandag hoegenaamd oor identiteit praat? 'n Mens hoor immers dikwels dat dit eintlik vandag onvanpas is om byvoorbeeld vir die identiteit van jou taalgemeenskap in te tree. Identiteit is in die globale wÍreld uit pas met die tydsgees. Want, word gesÍ, alles het "vloeibaar" geword, ook ons identiteite. Juis daarom maak dit ook nie meer sin om ons identiteite op te eis nie. Die hoofkunstenaar by vanjaar se KKNK-fees, Minette Vari, sÍ dat sy alles wat rotsagtig is, vloeibaar wil maak. Juis daarom, sÍ sy, laat rotsagtige dinge soos identiteit haar met 'n ongemak. Prof Jonathan Jansen sÍ op sy beurt identiteite druk ons in kassies. Hy voel ongemaklik daarbinne.

Ek stem met Minette en Jonathan saam: dit wat rotsagtig is, moet dikwels vloeibaar gemaak word. Ek verskil egter van hulle as hulle daarmee bedoel dat ons identiteite moet afskaf. Ja, ons moet dikwels identiteite vloeibaar maak, maar nie met die doel om hulle op te hef nie, maar om hulle te verlewendig.

Die kritieke vraag is natuurlik waarom ons vandag so eensydig klem lÍ op die vloeibaarheid van die dinge. En wie lÍ die verpligting tot vloeibaarheid aan ons op? Diť verpligting hou vandag verband met die magtige voorskriftelikheid van die globale mark. Dit vra van ons om letterlik alles, vanaf die mees heilige tot die mees alledaagse dinge, tot blote verhandelbare produkte te vervlugtig. Ook ons gemeenskapsidentiteite word aan diť eis onderwerp. Maar dit verklaar ook waarom ons etniese identiteite vandag in die mode kan wees, net om mŰre weer met 'n ander mode vervang te word. Vandag kan ons produkte met 'n chic etniese beeld koop en 'n besigtigingstoer na 'n etniese tema-park onderneem waar ons teen $100 per dag 'n tradisionele San-gemeenskap kan "ervaar". MŰre koop ons weer produkte wat 'n post-etniese en industriŽle beeld dra. G'n wonder dat ons identiteite dan ook vandag onder ernstige druk verkeer nie. VanweŽ hulle kommodifisering word hulle van hul sin gestroop en tot betekenislose beelde vervlugtig. Maar daarom kan 'n mens ook verstaan as mense beweer dat ons identiteite tot die verlede behoort. Tussen die eertydse wÍreld van identiteite, sÍ hulle, en die hedendaagse wÍreld van die globale mark heers 'n kontras wat vergelyk kan word met die kontras tussen 'n eertydse San-jagter en hedendaagse verbruikers in 'n postmoderne shopping mall. Tensy die San-jagter miskien nog in 'n gebalsemde vorm in die shopping mall te koop is, behoort die San-jagter volgens die "ge-mall-ifiseerde" wÍreld tot 'n verbygegane era.

Die feit dat identiteite vanweŽ die dominante mark-ideologie tot blote produkte vervlugtig word, is 'n feit van ons tyd. Nogtans vertel dit nie die volle verhaal nie. Ons ervaar vandag terselfdertyd die enorme belangrikheid van identiteite. Miljoene eis hul identiteite op. Waarom? Omdat identiteite in die era van globalisme skanse teen die sinlose redusering van alles tot produkte bied. Om daarom ook van ons te eis om ons identiteite prys te gee is so goed as om van ons te verwag om ons skanse teen die sinlose weg te gooi. Die vraag is daarom ook nie of ons sonder identiteite kan klaarkom nie. Ook die globale wÍreld bewys ons kan nie. Die vraag is veel eerder hoe ons in 'n globale wÍreld skeppend daarmee kan handel.

Mense is per definisie oriŽnteringswesens. Dit is daarom ook een van die belangrikste dinge wat ons as mense, vanaf die vroegste grotbewoners tot en met die hipermoderne mens, kenmerk: ons wil weet wat ons rol is tussen die sterre en die aarde. Gemeenskapsidentiteite speel in hierdie verband 'n onontbeerlike rol. Hulle is by uitstek oriŽnteringsinstrumente, kompasse wat die sosiale werklikheid rig. Om daarom ook van ons te verwag om nie onsself aan die hand van ons identiteite te oriŽnteer nie, beteken nie net om ons weerloos teenoor die vernietigende uitholling van die mark te laat nie, dit beteken ook om 'n onmenslike eis aan ons te stel, want dit weerhou ons daarvan om die tipies menslike te doen, naamlik om onsself ten opsigte van die geheel van dit wat is te oriŽnteer.

B. IDENTITEIT: TWEE UITEENLOPENDE BENADERINGS
Ons kan op twee uiteenlopende wyses oor identiteit nadink, naamlik in negatief-uitsluitende ůf...ůf-terme, of in positief-deelnemende ťn...ťn-terme. Wat hier onder volg, is 'n poging om die implikasies van diť onderskeid te deurdink.

Die twee benaderings jeens identiteit vertel botsende verhale oor die oorsprong van identiteite. Die een benadering (die ůf...ůf-benadering) lÍ ten grondslag van die wyse waarop die moderne era oor die oorsprong van identiteit nagedink het; die ander benadering (die ťn...ťn-benadering) lÍ ten grondslag van die wyse waarop die Christelike tradisie daaroor nagedink het.

  • Die moderne verhaal oor identiteit: Vadermoord
    Waarskynlik het niemand die moderne era se benadering jeens identiteit so vertel soos Sigmund Freud nie. Freud het in sy nadenke oor die geboorte van identiteit 'n verhaal vertel van wat volgens hom in die oertyd van die mens afgespeel het. Anders as Freud dink ons egter nie sy verhaal verwys na die oorspronge van identiteit as sodanig nie, maar eerder na die wyse waarop die moderne mens (onder wie Freud self) diť oorspronge bedink het.

    Volgens Freud begin die storie van identiteit wanneer die gesag van die sogenaamde oervader van die mens deur sy seuns uitgedaag word. Aan die begin het die vader alle gesag en beskik hy oor al die hulpbronne, waaronder al die vroue. Omdat hierdie toestand vir die seuns ondraaglik geraak het, sluit hulle 'n onderlinge kontrak om moord op die vader te pleeg. Volgens die verhaal stig die seuns hulle eie identiteit wanneer hulle hul pa vermoor en so beheer oor sy hulpbronne neem. So word die gewelddadige dood van hul oorsprong die voorwaarde vir hul eie identiteit. Slegs in die dood van die ander kan die eie identiteit na vore tree.

    Freud se verhaal is normatief vir die ganse moderne era. So vind dit reeds 'n eeu voor Freud sy bekendste simboliese uitdrukking in die rewolusionÍre moord op koning Louis XVI deur die Paryse massas. In en deur die moord op die koning stig die moderne liberaal-demokratiese wÍreld sy eie identiteit. Ons kan sÍ koningsmoord is die funderingsakte van die liberaal-demokratiese wÍreld.

    Maar Freud se verhaal lÍ ook ten grondslag van die sogenaamde postmoderne era. Daar is bykans nie 'n postmoderne denker wat nie op een of ander wyse by die verhaal van die vadermoord aansluit nie. Figure soos Blanchot, Bataille, Lacan en Derrida is op verskillende wyses tot hierdie verhaal verbind. Dit blyk onder meer in die wyse waarop hulle oor die ekonomie van taal en die stig van betekenis deur taal nadink. Volgens Derrida, byvoorbeeld, word die betekenis van dinge wat deur ons taal tot stand gebring word, slegs moontlik omdat ons tegelyk van dit waarna ons taal verwys, afskeid neem. Sonder die afskeid van die dinge waarna ons taal verwys, kan betekenis volgens Derrida nie in en deur ons taal gestig word nie. Slegs in die afskeid (dit is Freud se vadermoord) is betekenis moontlik. So is dit byvoorbeeld slegs moontlik om oor 'n blom 'n gedig te skryf as ons tegelyk van die ware blom waarna die gedig verwys, afskeid neem. Sonder die opoffering van die ware blom bly ons stom daaraan vasgeknoop en kan dit nie in my gedig tot woorde gebring word nie. Die opoffering van die ware blom word die voorwaarde vir die blom om hoegenaamd binne die gedig na vore te tree en daar 'n identiteit te verwerf. Dat die talige blom soos in die Christelike tradisie tot sy reg kom juis omdat dit aan die ware blom deelneem en so die ware blom ontsluit, word glad nie in diť postmoderne taalteorie verreken nie.

    Maar die postmoderne opvatting van identiteit vind duidelik uitdrukking onder die sogenaamde "God is dood"-teoloŽ van die laaste dekades. Diť teoloŽ sÍ dat 'n betekenisvolle Christelike lewe hier op aarde slegs moontlik is wanneer van God afskeid geneem word. Slegs in die dood van God, sÍ hulle, kan ons hier op aarde ons egte menslikheid verwerf. In die dood van die transendente Ander word die immanente self bevry. Ten grondslag van diť postmoderne opvatting lÍ die moderne moordverhaal oor identiteit. Dat die immanente werklikheid juis sinvol is omdat dit aan sy transendente oorsprong deelneem, word glad nie deur diť teoloŽ verreken nie.

  • Die Christelike verhaal: Deelname
    Volgens die Christelike tradisie verwesenlik die veelheid van identiteite hulself omdat elkeen van hulle (die lewelose dinge, plante, diere, mense, ensovoorts), in die taal van die groot Christelike denker, Thomas Aquinas, met verskillende grade van intensiteit aan hul oorsprong deelneem. Alle dinge verwesenlik hul doel of essensie wanneer hulle, elkeen op sy eie wyse en met sy eie intensiteit, gemeenskap met hul oorsprong onderhou. Die sleutelkodes hier is nie selfverwesenliking deur moord op die oorsprong nie, maar deur deelname daaraan; nie die gewelddadige breuk met die oorsprong nie, maar eerder die deelnemende gemeenskap daarmee.

    Die vraag is natuurlik wat die Christelike tradisie met die woorde deelnemende gemeenskap bedoel het.

    Met verwysing na Aquinas kan 'n mens sÍ die deelnemende gemeenskap moet by uitstek as 'n analoŽ saak verstaan word. 'n AnaloŽ begrip is 'n begrip wat ruimte laat vir sowel eenheid as verskille. Die woord Afrikaner is byvoorbeeld 'n analoŽ begrip, want Afrikaners word deur sowel 'n eenheid as 'n veelheid gekenmerk. Dieselfde is waar van die begrip deelnemende gemeenskap. As 'n analoŽ begrip verwys dit na sowel die eenheid as die verskil tussen die goddelike oorsprong en die veelheid van identiteite.

    Ons verwys na slegs twee implikasies daarvan. Dit hou verband met die twee uiteenlopende wyses waarop identiteite self, asook hul onderlinge verhoudinge, verstaan word.

    Eerstens, omdat moderne mense hul eie identiteit juis in afgrensing van hul oorsprong verwerf, word hulle ook self per definisie as losstaande en geÔsoleerde wesens ervaar. Soos die verhouding met die oorsprong, so ook die verhouding onderling. Losgesny van hul oorsprong en hul deelname daaraan word moderne mense per definisie vryswewende individue, vereensaamde en selfstaande wesens. Maar dit verklaar onder meer waarom iets soos blote kontraktuele verhoudinge so belangrik vir moderne mense geword het. Ons verhoudinge word voortaan aan die hand van koue en onpersoonlike kontrakte gereŽl. Dit volg logies uit die uitgangspunt: as moderne mense per definisie vryswewende individue is, kan hulle slegs by wyse van kontraktuele verpligtinge teenoor ander ewe vryswewende individue verhoudinge aanknoop.

    Omdat die Christelike tradisie, daarenteen, ons mens-wees vanuit sy gemeenskap met die goddelike oorsprong verstaan, word mense ook self per definisie as gemeenskapswesens verstaan. Maar ook dit verklaar waarom hier nie in die eerste plek sprake is van kontraktuele verhoudinge tussen mense nie, maar eerder van mense wat by voorbaat in 'n deelnemende gemeenskap met andere ingeskryf is. Rondom hierdie saak sluit die Christelike gemeenskapsopvatting en die moderne liberale individualisme mekaar uit.

    Tweedens, omdat die moderne era die oorsprong van identiteite in geweld opsoek, is dit ook nie vreemd dat hy die verhouding tussen identiteite in gewelddadige terme verstaan nie. Dit word kernagtig saamgevat in die beroemde uitspraak van die vroeŽ moderne denker, Thomas Hobbes, wat sÍ dat die mens vir sy/haar medemens 'n wolf is, homo homini lupus. Tussen die self en die ander heers uitsluiting en geweld eerder as deelname en gemeenskap. Diť feit vind vandag veral uitdrukking in die kapitalistiese voorskrif dat ons mekaar nie as gemeenskapswesens nie, maar eerder as mededingers moet ervaar. Die moderne klem op die noodsaak om die verhoudinge tussen mense by wyse van onpersoonlike kontrakte te reŽl, is dan ook en veral 'n gevolg van die feit dat vryswewende individue mekaar by voorbaat as mededingers ervaar.

    Die Christelike tradisie dink anders oor die verhoudinge tussen identiteite. As hy die verhouding tussen die oorsprong en die veelheid van identiteite in deelnemende terme verstaan, is dit ook nie vreemd dat hy die verhouding tussen mense as sodanig as 'n deelnemende gebeure verstaan nie. Voordat ons as vryswewende individue met mekaar in konflik kan tree, is ons alreeds deelnemende wesens. En om te herhaal: volgens die analoŽ verstaan daarvan word diť deelnemende gemeenskap deur die erkenning van sowel ons eendersheid as ons andersheid gekenmerk.

    Hierin lÍ die sleutel tot die verstaan van die identiteitsvraag in Suid-Afrika. Ook in Suid-Afrika hoef identiteite nie verstaan te word as dinge wat mekaar per definisie uitsluit en waarvan hul onderlinge verhoudinge slegs agterna by wyse van onpersoonlike kontrakte gereŽl moet word nie. Die verhouding tussen die identiteite kan eerder verstaan word as by voorbaat 'n deelnemende verhouding waarin op 'n analoŽ wyse sowel ons eendersheid as ons andersheid erken word.

    C. DIE POLITIEK VAN IDENTITEIT: AFRIKANE, BRUINES EN AFRIKANERS
    Ons bedink die verhouding tussen identiteite soos Afrikaan, bruin Afrikaanssprekende en Afrikaner meestal in uitsluitende terme. Ons kan byvoorbeeld nie Afrikane en Afrikaners tegelyk wees nie. Of om dit te formuleer in aansluiting by die konstruktiewe opvatting van identiteit: ons kan nie oor die verhouding tussen Afrikaners en Afrikane in analoŽ terme dink nie. Ons slaag nie daarin om in die verhouding sowel die ooreenkomste as die verskille te erken nie. Maar daarmee kontinueer ons die modernistiese en gewelddadige verhaal oor ons identiteite.

    Die groot vraag is: Waarom? Waarom kontinueer ons die modernistiese verhaal oor ons identiteite?

    Die belangrikste rede lÍ opgesluit in ons verbintenis tot die grootste en mees invloedryke instelling van die moderne wÍreld, naamlik die nasiestaat en die soort kontrak wat dit is. Die negatiewe opvatting van identiteit het veral in die moderne nasiestaat diť instrument gevind waarmee hy konkrete inhoud aan homself gegee het. Vanaf hul vroegste oorspronge in die vroeŽ moderne tyd is die tendens onder nasiestate om hulself by wyse van hul afgrensing jeens die veelheid van identiteite te stig. Ernst Renan het in sy beroemde lofrede op die nasionalisme die moderne nasiestaat besing omdat dit daartoe in staat is om die veelheid van identiteite kontraktueel onder die gesag van die ťťn sentraliserende nasiestaat te plaas en hulle so op te hef. Hy was 'n politieke Freudiaan reeds voordat Freud op die toneel verskyn het.

    Nasiestate en die soort kontrak wat hulle is, verrinneweer identiteite op twee wyses, naamlik deur middel van uitsluiting of opheffing. Enersyds stig hul hulself deur hulself van ander identiteite af te grens. Apartheid was hiervan in ons eie geskiedenis 'n voorbeeld. Die nasiestaat wat apartheid was, was homself omdat hy homself op 'n negatiewe wyse van andere afgegrens het.

    Andersyds stig nasiestate hulself deur ander identiteite resloos in die eie staat te absorbeer. Diť opheffingstrategie het dieselfde effek op identiteite as die uitsluitingstrategie. Identiteite verdwyn in die groter geheel.

    Dit is wat vandag in Suid-Afrika met die Afronasionalistiese projek gebeur. Diť projek steun op die nasiestaatlike opheffingstrategie: die nasiestaat is homself deur die negatiewe opheffing van die ander identiteite binne sy grense. Die toenemende tendens tot sentralisering van gesag en die toenemende ongeduld waarmee die aansprake van die Afrikaanse gemeenskap deur amptenary en selfs die hoogste gesag bejeŽn word, is sprekend hiervan. Die legitieme aanspraak van die Afrikaanse gemeenskap op onderwys in sy moedertaal word toenemend onder ernstige politieke druk geplaas, gedelegitimeer en afgemaak as 'n sug na die apartheidsverlede.

    Beide nasionalismes, sowel die ou nasionalistiese projek van Afrikaners as die teenswoordige Afronasionalistiese projek, sluit aan by die negatiewe opvatting van identiteit. Beide omhels die Freudiaanse verhaal van die moord op die ander as die voorwaarde vir die eie self.

    Die vraag is of ons ook wat ons politieke verbeelding betref in konstruktiewer terme oor ons identiteite kan nadink.

    Vanaf die vroegste oomblikke van die moderne wÍreld was daar slegs een tradisie wat die nasionalistiese projek in terme van sy gewelddadige uitgangspunte uitgedaag het, naamlik die federale tradisie. Anders as die nasionalistiese projek steun die federale tradisie op die idee dat identiteite nie hul verhouding in uitsluitende terme nie, maar in deelnemend-analoŽ terme moet verstaan. In die federatiewe geheel neem identiteite so aan mekaar deel dat sowel die ooreenstemminge as die verskille tussen hulle erken word. Wanneer maar net een van die identiteite uitgesluit of opgehef word, word diť geheel benadeel. Deelname van identiteite op 'n analoŽ grondslag is die ononderhandelbare voorwaarde vir die federatiewe geheel om hoegenaamd 'n volwaardige geheel te kan wees.

    Alhoewel die federale tradisie vandag wÍreldwyd steun geniet, was die federale tradisie vanaf die begin van die moderne wÍreld eerder die "alternatiewe" tradisie. Die federale tradisie is vanaf die vroeŽ moderniteit deur die nasiestaatlike projek tot die agtergrond verdring. Vanuit diť agtergrond-posisie was hy egter ook 'n herinnering daaraan dat ons oor identiteite in analoog-deelnemende terme kan dink. Kan dit wees dat sy stem ook hier tussen ons gehoor sal word?

    Ek sluit af met enkele verwysings na die allerbelangrike verhouding tussen Afrikaners en bruin Afrikaanssprekendes. Kan die federale denke ons help om diť verhouding in die toekoms as 'n deelnemend-federatiewe verhouding te verstaan?

    Onder sowel Afrikaners as bruin Afrikaanssprekendes word steeds in negatiewe terme oor hul verhouding nagedink. In die verlede het dit veral in uitsluitingstrategieŽ uitdrukking gevind, met die traumatiese skrapping van die bruin kiesers van die kiesersrol en die gewelddadige gebeure rondom Distrik Ses as belangrike metafore daarvan. Die oorgang van 1994 het nie noodwendig 'n verandering te weeg gebring nie. NŠ 1994 is ons egter geneig om die negatiewe aard van ons verhouding nie by wyse van uitsluitingstrategieŽ nie, maar eerder by wyse van opheffingstrategieŽ te kontinueer. Die ons wat daar tussen Afrikaners en bruin Afrikaanssprekendes nŠ 1994 moet wees, is 'n ons waarbinne nie die veelheid van verhale waaruit ons bestaan, erken mag word nie, maar eerder slegs die een verhaal. So verwys bekende figure uit die bruin wÍreld, soos Hein Willemse, Jakes Gerwel en Neville Alexander, dikwels met opmerklike ongeduld na diegene in die Afrikaanse wÍreld wat ook na hulself as Afrikaners verwys. In die Afrikaanse taalgemeenskap mag daar nie iets soos Afrikaners wees nie. Maar so kontinueer ons die gewelddadige tradisie van die moderniteit.

    Kom ons bevestig dit vandag teenoor mekaar: tussen Afrikaners en bruin Afrikaanssprekendes is daar talle ooreenkomste. Tussen die lewenstyl, gebruike en gewoontes van tannie Anna op die plaas in die hoŽveld en antie Katrina van die Kaapse Vlakte is bloedweinig verskil. Maar kom ons sÍ dit ook vandag vir mekaar: tussen Afrikaners en bruines is daar ook verskille. Tussen ons twee tannies is daar ook historiese verwysings wat hulle nie met mekaar deel nie. In tannie Anna se geheue lÍ nog die herinnering van die geweld van imperiale verowering teen haar oupa en ouma, pa en ma, en die heroÔese geveg van Boere-krygers daarteen. In antie Katrina lÍ nog die vlak herinnering van die geweld wat teen haar familie in Distrik Ses gepleeg is en die heroÔese weerstand wat haar eie seun teen 'n onderdrukkende regering gebied het. Tussen ons is ooreenkomste, maar tussen ons is ook verskille. Wie dit ontken en oor die Afrikaanse taalgemeenskap dink asof dit skielik 'n homogene en nie 'n analoŽ eenheid is nie, kontinueer die moderne verhaal van geweld.

    Die Afrikaanse taalgemeenskap staan vandag voor enorme uitdagings, ekonomies sowel as kultureel. Ons staan voor die noodsaak om op 'n gesamentlike grondslag 'n antwoord op die ekonomiese uitdagings te gee. Ons staan ook voor die noodsaak om op 'n gesamentlike grondslag 'n geloofwaardige en universeel aanvaarbare antwoord op die politieke druk waaraan ons moedertaal onderwerp word, te gee. En al hoe meer stemme sÍ diť dinge hou intiem met mekaar verband. Hoe effektiewer ons ons moedertaal uitbou, hoe effektiewer sal ons die ekonomiese uitdaging antwoord. Die vraag is hoe ons die woord gesamentlik in hierdie verband moet bedink.

    As ons hierop gaan antwoord by wyse van die instrumente vanuit die verlede, gaan ons nie daarin slaag om 'n gesamentlike antwoord te bied nie. Maar as ons die gesamentlik of die ons waarvan hier sprake is, vanuit sy analoŽ aard en in die besonder in federatief-deelnemende terme verstaan, sal ons die energie wat onder ons vaardig is, aktiveer. En juis dan sal ons die histories buitengewone doen en daarin slaag om 'n gesamentlike antwoord op die eise van ons tyd te gee.



    LitNet: 30 Maart 2005

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.