SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Afrikaans is my taal en ek is Afrikaans

EKM Dido

(Hierdie lesing maak deel uit van Oopgesprek, die KKNK se lesingreeks ondersteun deur Die Burger.)

Dames en here, goeiemre. Ndi bhulisile.

Eerstens wil ek vir Gerrit Brand en die kordineerders van die KKNK vir die uitnodiging bedank.

"Wat is identiteit?" het ek myself dikwels in dae van innerlike worsteling en wroeging afgevra - en dit nogal in di Nuwe Suid-Afrika-era!

Woordeboeke en sosiologiese verklarings en beskrywings kon helaas geen jota helderheid bring of iets doen om my innerlike stryd te verlig nie. Wi ek is, vorm deel van my identiteit. Dit het ek lankal geweet.

Wt ek is, was juis die knelpunt. Ek't van kleintyd af geweet dat ek op verskillende name uitgeken word: Bruin, Kleurling, Sogenaamde kleurling, Coloured. Daarmee kon ek saam leef, want ek was dit tog als. Selfs my identiteitsboekie het my dan as kale Kleurling bestempel terwyl ander lede in my eigene familie as Cape Coloured en Other Coloured in hlle identiteitsboekies beskryf was. En nie een van ons was optelkinders nie. In daai ou dorpie het almal geweet dat jy wil gaap lank voor jy dit gedoen het.

Ja, ek het geweet wat ek was - of so het ek gedink.

Tot die ding van die "Khoi" en die "San" en die "Black" kop uitgesteek en my heeltemal verwar het. Ek was tog sekerlik nie een van hlle nie? Magtag! Is dit dan nie genoeg dat ek Saartjie Baartman se hare en neus gerf het nie?

T was dit beslis nie 'n grap nie. Ek het in 'n diep put van identiteitloosheid verdrink. En niemand kon my help nie, want dit was elk geval moeilik om hart oop te vlek en te beskryf.

Dan was daar my moedertaal waarvan ek weggehol het - als om in te pas. Maar danksy die skryf van "Die storie van Monica Peters" het ek gehalt en dit teruggeien. Met trots, moet ek byvoeg.

Maar die ding van die kleur het my steeds ondergekry. Ek was nie swart nie, ek was nie Khoi nie; ek was nie San nie. Wou nie wees nie. EK WAS KLEURLING, BRUIN, SO-CALLED COLOURED! My gedragspatroon het onder my o verander. Ek het my van die samelewing onttrek. Swart en wit het ek ten alle koste vermy. Sien, die swart mense het my met ope arms aanvaar soos ek was. Tot ek my mond oopmaak en hulle in hul voertaal aanspreek. Dan het hulle my as 'n melaatse aangesien en my met skeef-krom Engels doodgeslaan. Aan die ander kant wou ek ook nie langs witmense wees nie. Net vir ingeval hulle op 'n dag "Hei, Boesman, staan soontoe!" sou uitlaat.

Swart en wit kon nog gaan. Dis die marteling wat ek vanaf sommige van my eie kleurlingmense moes verduur en nog steeds moet verduur. Als oor my moedertaal wat elk geval hulle s'n ook is, en oor my cruzanians - wat seker beter is as di van baie.

Ek het toe self uitgefigure wat identiteit se kernpunte vir my is. Dis wat ek is; wie ek is; my taal; my kultuur; en dies meer. Al die ander aanhangsels van identiteit was nie vir my belangrik nie.

En weer eens was dit die skrywery en skrywers wat my te hulp gesnel het en sodoende kon ek my probleem hok slaan. Haai, ek kry mos nou gedagte: daai skrywers wat my onwetend deur my identiteitskrisis gehelp het, was nogal wit! En ver van die Nuwe Suid-Afrika moes ek toe in 'n ander land gaan ontdek en erken dat ek eerstens Dido, 'n Suid-Afrikaner n bruin, kleurling, coloured, wit, swart, Khoi, San en als is wat nog wil bykom. Ek is ek, en trots daarop met cruzanians en al! Met multikulturele identiteit kon ek salig aan "'n Stringetjie bloukrale" skryf.

Maar wat van my medemens met wie ek dieselfde velkleur deel? Deur geletterdes en di met status word ek uitgejou. "Wie is jy om vir my te s ek is Coloured?" of "Waar kom julle daaraan dat ek Khoi of San is? Ek ken my familieboom. Algaar Eeuropeans!" kom dit telkens.

Tydens sulke tye swyg ek, want sien, ek was daar en herken die tekens en simptome: identiteitskrisis.

Skrik wakker, mense, en sien wat om julle aangaan! Doen iets - enigiets - en deel met daardie identiteitskrisis voor dit te laat is. Ons, die bruin mense, coloured, so-called coloured, San, Khoi, wat jy jouself ook al wil noem, word in hierdie nuwe Suid-Afrika net tydens die verloop na 'n stembus geken. En as die bus vol stemme is, word jy pens-en-pootjies duskant die pavement uitgeneuk!

Het ons dan so gou van die polisie-opleidingsaga vergeet? Tussen daardie duisende wat vir opleiding uitgenooi was, wou die regering geen kleurlinge h nie - te veel van di soort, was die rede. Onthou? Wie het vir my kleur daar op hor vlak voorspraak gemaak? Nie 'n dooie siel nie. Maar danksy die intrede van een hoogs aangestelde beampte kon kleurlinge vir hul opleiding gaan.

Vir hoe lank gaan ons hande gevou sit en wag dat werk in ons skote moet val? Staan op, en laat ons hierdie land wys waartoe ons in staat is. Deur middel van ons taal, Afrikaans, kan ons onsself bemagtig en mt mekaar ondersteun, want alleen sal ons nie bly staan nie.

Afrikaans is een van die min dinge wat ons voorouers vir ons nagelaat het. Wie het met die mal gedagte vorendag gekom dat Afrikaans aan die wit mense behoort?

Aikna, Afrikaans behoort aan die bruin mense. Dis ons erfstuk. Wil jy stry? Right. Kom ons gaan terug die geskiedenis in. Toe die Hollanders hier aankom, was hul taalmedium vir die Khoikhoi en die slawe vanuit Maleisi, Indonesi, Madagaskar en Wes-Afrika s moeilik om te verstaan dat hulle maar sommer hul eie taal "ontwerp" het - die geboorte van Afrikaans. Die wit mense het later net so aan hierdie nuwe inheemse taal begin saam praat, en het daarin geslaag om dit 'n erkende taal te maak en te verfyn. Als staan in wit en swart. Loer gerus in by LitNet. En diegene wat nog wil stry, kan maar g'rus hul lywe na die Taalmonument in Paarl toe vat en daar gaan kyk. Die maklikste is om maar net na die mense op die Cape Flats te luister. Veelsydige Afrikaans op sy beste.

Hierdie lewende, lewendige, vloeiende, buigsame taal met sy baie fasette is myne, joune en ons almal s'n, solank algaar onthou dat dit my (die bruin mens en Afrika se) erfstuk is.

Probeer maar om my taal onder te kry, en jy sal krap waar dit nie jeuk nie, want Afrikaans staan vir g'n taal ter wreld agteruit nie.

Hou 'n slag op om te hoor wat ek s en luister 'n bietjie. Afrikaans behoort aan ons, en dis duidelik dat mense daaromtrent blind en doof is wanneer dit by konstitusionele regte kom. By the way, wie s dat Afrikaans net deur wittes en gekleurdes gepraat word? Wie s dat Afrikaans net in 'n paar provinsies gepraat word? As jy dit dink, is jy maar sommer dik valekile - bot toe.

Afrikaans is daar vir almal, maar ons, aan wie dit oorspronklik behoort het, moet dit terugeien en dit met die ganse mensdom deel. Tussen ons almal kan ons taal net mooier en beter word.

Te lank word ons taal soos 'n slap snoek rondgeslinger soos dit politici en deskundiges pas. Te lank laat ons toe dat die wit man Afrikaans as sy alleenreg eien. Te lank sit ons handjies tussen boude gevou en laat die wit man die stryd om die behoud van ons taal manalleen voer. Te lank skuil ons agter Engels om status te bekom. Te lank martel en verwar ons ons kinders om in 'n ander taal groot te raak. En vir wat? Betaal daai duisende rande aan privaatskole en die tjint hardloop kort voor lank t'rug na sy roots toe. Na sy moedertaal toe. Na Afrikaans toe.

Afrikaans is my taal en ek is Afrikaans. Dit is immers wie en wat ek is.

VIVA AFRIKAANS! VIVA! CE LA VIE AFRIKAANS!



LitNet: 30 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.