SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie is Elias Nel?

Elias Nel word groot in Verneukpan en later in Kraaifontein. Sy bundel kortverhale, Iets goeds uit Verneukpan?, het einde 1998 verskyn. Elias is ook ’n bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging.

Ont-

Elias Nel

(Hierdie bydrae is vroeër vanjaar gelewer tydens die Woordfees se gewilde Filosofiekafee in die Dorpstraat Teater Café.)

Elias Nel

Foto deur Naomi Kranholdt

Ek hoor toe mos hulle ontbied my om hier in Stellenbosch ’n storie te kom vertel oor die voorvoegsel ont-. Nou vir stories skrik ek nie. Stories is my lewe! Soos Sarel Seemonster van Wielie Walie sou sê.

Dis toe ek hoor dat daar ’n klomp filosowe ook gaan wees dat ek so ontstig en ontsteld word. Die rede vir my ontsteltenis is dat mense my vroeër jare vertel het dat filosowe vreeslike annerster mense is.

Ek kon vir dae nie ontspan nie en het gedurende hierdie tyd vreeslik ontberinge gely terwyl ek probeer uitpluis en ontrafel hoe ek uit die probleem gaan kom.

Nou ja, toe maak ek maar soos altyd wanneer ek ontmoedig voel en ek gaan soek raad by my oompietjie in die Boesmanland. (Sê ’n mens hoeka nog “Boesmanland” of is dit nou al “Sanland”?)

Oompietjie staan toe hoeka gereed met raad en daad om hom oor sy susterskind te ontferm. Hy sê toe: “My tjeent hoefie bang te weesie, kyk filisowe is ok mos maar net mense en dan moet my ou tjeent ok onthou:

Vorie Jirre is alman gelyk
of jy nou arm is of altemit ryk.
Die Jirre hettie hele mense gekom maak
en Hy sallie selle agter alman kyk!”

Ek kry toe die gedagte Oompietjie het seker vir Hans du Plessis ook onder hande gehad, maar om hulle albei se onthalwe sê ek toe maar niks.

Die raad tróós toe, maar dit hélp nie, want ek het my mos al klaar verbind om saam met die filosowe aan tafel te sit en as ek my onttrek kan die Woordfees my dit later laat ontgeld.

En in my hart sit die stuk vrees vir die filosowe, want hulle ontleed glo ’n mens se motiewe en jou karakter en dan stel hulle ’n profiel van jou saam.

Kyk, ’n mens kan omtrent met enigiets van my mors, maar as daar een ding is wat jy moet uitlos, dan is dit nou my profiel! Ek meen, ’n mens het mos darem ok jou skaamte.

Jy moet darem onthou as mense eers jou profiel gesien het, dan het jy jouself aan die wêreld onthul en niks wat jy agterna doen sal die daad kan ontdoen nie!

Ennie mense sê as die klomp filosowe jou nou eers beet het, dan kan jy maar vergeet: jy kan nie aan hulle ontkom nie. Die mense het hoeka daai jare daar op Verneukpan gesê dit smaak vir hulle ’n filosoof en ’n Filistyn is een en dieselfde ding.

Jong, en as hulle jou nou glo so ontleed dan gaan dit later so woes, dis kompleet of jy ontbloot daar voor hulle staan.

En hou dit dan daar op? Nee, vir wat? Hulle ONTLOK jou om jou eie tekortkominge te ontset. En so ontrafel hulle jou en so staan ’n ontboesem jy jouself en later sien die hele wêreld jou profiel!

En dink net watter skande sal dit ontketen as die wêreld jou naakte profiel moet sien.

En, sê my slimmer vrinne, die filosowe kan jou ontneem van jou vermoê om ’n sinvolle diskoers te voer. (Wat dit nou ook al mag beteken!)

En as jy dit uitvind, jy kom dit in ieder geval agter wanneer dit te laat is. Maar wanneer jy dit nou einde ten laaste uitvind, sal jy ontdek hier diep binne in jou ontstaan daar ’n brandende begeerte om hierdie mense te ontglip.

Maar dié wat weet, sê dis gans en geheel onmoontlik om weg te kom. Jy sal maar tussen hulle moet bly. Alleen soos ’n ontheemde in ’n vreemde land, vir ewig geskei van dit wat vir jou dierbaar en heilig is. Jou dae sal tekenend wees van iemand wat totaal ontgogeld is. ontvolk en ontworteld sal jy dae in eensaamheid deurbring.

In jou hart glo jy later dat jou ou bietjie kennis nooit die weë kan ontsluit waarlangs filosowe met soveel gemak beweeg nie.

En dis met hierdie doodse vrees in my gemoed dat ek hier beland het. totaal ontstem, ontsier en ontsenu, en so byna-byna van my profiel ontneem. ja, amper ontman, as julle nou verstaan wat ek bedoel.

En soos julle kan sien, al die spanning, die lyding en ontwrigting het my geheel en al onthaar!



LitNet: 26 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.