SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie is Paul Cilliers?

Hy is ’n filosoof wat eers ’n ingenieur was. Sy werk fokus op kompleskiteitsteorie en dekonstruksie. Hy oorleef deur musiek te luister en te lees.

Ont-

Paul Cilliers

(Hierdie bydrae is vroer vanjaar gelewer tydens die Woordfees se gewilde Filosofiekafee in die Dorpstraat Teater Caf.)

Paul Cilliers

Foto deur Naomi Kranholdt

Die voorvoegsel ont- is eintlik heel eenvoudig om te verstaan. Dit beteken om iets weg te vat of te verwyder, soos byvoorbeeld om te ontpop. Na die tyd het jy nie meer jou pop nie. Dit is eintlik heeltemal voor die hand liggend, soos Heidegger sou ges het.

Ont- is dikwels goeie nuus, soos wanneer iets wat jy besig is om te brand, ontvlam. Die meeste mense is maar te bly om ontkiem te word, en as jy iemand ontbeer sal sy jou ewig dankbaar wees. Verder het ons almal soveel laste dat dit ’n goeie ding sal wees as ons meer gereeld en met groter oorgawe ontlas.

Daar mag dalk verskil wees hieroor, maar ek dink oor die algemeen is dit ook baie goed om iemand te ontnugter. Dit is veral effektief met mense wat in hulle aard vervelig is, of met mense wat dink hulle is belangrik. Hulle moet ontaard word. Dit mag jou dalk ’n bietjie ontgeld, veral as hulle groot is, maar hoe gouer jy hulle ontnugter, hoe gouer word hulle vaak en gaan huis toe. Ek hoop ook dat u tans sistematies besig is om uself te ontnugter, want ’n gesonde oordeel is iets wat filosofie permanent vir jou kan bederf. Op hierdie belangrike insig sal ek later terugkom.

Daar is aspekte van ont- wat vir my minder duidelik is. Moet mens byvoorbeeld iemand ontgogel? Ek wonder of die meeste mense nie van hulle gogels h nie, en wat sal jy nou anyway met iemand anders se gogel doen?

Ont- kan egter ook uiters nadelige en pynlike gevolge h. Dink maar aan ontboesem. Wie sou so ’n aaklige daad kon bedink? Miskien dieselfde soort mens wat daaraan kon dink om iemand te ontwortel. Daarvan kan mens niks goed s nie, behalwe miskien dat dit effe minder wreed is as om iemand te onthoring.

Sekere gebruike van ont- verwar my net heeltemal. Wat beteken dit byvoorbeeld om te ontbyt? As jou tande eers in iets was, help dit nie om hulle uit te trek nie. Wat gebyt is, is gebyt. Ek het dieselfde probleem met ontsteek en ontkom. Baie mense sou wens dat dit kon gebeur, maar ek dink die tweede wet van termodinamika maak dit onmoontlik.

Maar laat ons terugkeer tot dit waaroor ek met gesag kan praat: die Filosofie. Een van die sentrale filosofiese studievelde is ontologie. Dit behels, soos almal weet, ’n sistematiese studie wat moet sorg dat logika nie jou denke benvloed nie. Dit hou sterk verband met die belangrikheid van die begrip ontsyfer. Mens moet altyd onthou dat getalle jou deurmekaar maak, en daarom moet hulle liefs vermy word.

Die ding wat eintlik ons filosofiese verstaan van die wreld die meeste bemoeilik, is dat daar so baie dinge is waarvan ons hou. Dit is werklik tragies, en ons moet die innerlike krag ontwikkel om nie soos diere van mekaar en van die wreld te hou nie. Daarom is die grootste bydrae wat die Filosofie kan maak om ons te leer om te onthou. Ek het self nog nie hierdie kuns heeltemal bemeester nie, en daarom moet u asseblief onthou om my te onthou om my te onthou.



LitNet: 26 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.