SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die onsigbares: Verskillende verhaallyne word behendig vervleg


Fernel Abrahams


Die onsigbares
EKM Dido
Kwela Boeke: 2003

Bestel hierEKM Dido se vierde roman, Die onsigbares, het kort gelede by Kwela verskyn. Die boek vertel die verhaal van vier vroue wat met lede van die polisiemag getroud is: Joan Arries, Gladys Mhauli, Shalon van Dyk en Nadia Viljoen. Die vier vroue en die gesinne rondom hulle kry elk te make met die sekondre gevolge van die toenemende geweld teen die polisie, van korrupsie en van die enorme druk waaronder die polisie werk. Hoewel die vier verhale in verskillende dele van die land afspeel, word hulle deur Joan as fokuspunt met mekaar geskakel.

Die boek vervleg verskillende verhaallyne met groter behendigheid as wat tevore by Dido die geval was, en daar word doeltreffend gebruik gemaak van tegnieke soos die terugflits om die spanning toenemend te laat styg. Dit is uiteindelik die al groter spanning in die boek - wat uitloop op die gesinsmoord in Nadia Viljoen se verhaal - wat dit ’n lekkerleesboek maak, ten spyte van die ietwat onsekere verhaalbegin. Die leser word by die karakters se lewens betrek, by hulle onsekerheid, by hulle blywees, en ook by hulle probeerslae om die spanning waarmee hulle saamleef, te verwerk.

Verskillende verhaalgrepe en perspektiewe word soos stukkies van ’n speurverhaal blootgel, uitgestel en dan weer aangevul. Die leser maak eerstens kennis met Joan Arries, tot ’n groot mate die hoofkarakter, en haar buurvrou Magda, vol sgoed en geleende wyshede, maar altyd bereid om te help en te luister. Joan se man ervaar geweldige druk by die werk, en die daaglikse berigte van geweld teen lede van die polisie begin sy tol eis: wanneer sy maat vermoor word, lyk dit asof Willem Arries se wreld begin om in duie te stort.

Joan en haar kinders ly ewe veel; tog word daar nog altyd van haar as vrou verwag om haar man te ondersteun, maar dit voel vir haar asof daar nooit erkenning gegee word aan hoe die polisieman se werk sy verhoudings met sy gesin raak nie. Op p 46 merk Joan teenoor Magda op:

Maar niemand het ’n sessie met my en die kinders gehad nie. Niemand praat my moed in as ek myself aan die slaap moet hou en maak of ek nie my man se nagmerries of rondrollery hoor nie. Niemand nie. Jy sal sweer ons is onsigbaar!

Nt so voel Gladys Mhauli, wat haar dubbelverdiepinghuis en kind in ’n brand verloor het. Haar man is tuis vreesbevange dat die mense wat hulle huis aan die brand gesteek het, sal terugkom, en niks wat sy doen, help skynbaar nie. Haar versoeke dat hy hulp moet kry, val op brak grond.

Maar elke keer as hy uit die werf in die straat stap, loop hy brebors asof hy vir g’n mens in die wreld bang is nie. En wanneer die owerhede hulle mannekrag lof toesing, dink sy met ’n suur smaak in haar mond, word daar nooit van die vrou en die kinders gepraat nie (p 111).

Die voorlaaste hoofstuk van die boek is waarskynlik tegnies die hoogtepunt. Die skrywer maak gebruik van die clich dat ’n mens se lewe voor jou o verbyflits in die paar oomblikke net voor jy sterf, maar dit word op so ’n spannende wyse aangewend dat die leser nooit seker is wat gebeur nie - of die vrou werklik sterwend is nie, en of haar onbewuste deur ’n nagmerrie haar diepste vrese uitspeel nie. Die klimaks skakel ook goed by die voorval wat die eerste krisis in die verhaal meebring, naamlik wanneer Willem byna waansinnig sy vuurwapen in sy agterplaas leegskiet en sodoende die bedreiging van ’n gesinsmoord die huis inbring.

Die vroue om wie die verhaal sentreer, vind uiteindelik ’n mate van uitkoms in die ondersteuningsgroep wat Joan op die been bring. In hierdie verband is daar egter “oplossings” wat ’n bietjie onhandig gehanteer is. Die leser kry byvoorbeeld nie insig in hoe Joan of Gladys die druk wat hulle mans ervaar en op hulle oordra, anders hanteer nie. Vir ’n roman waarvan die grootste gedeelte aan Joan en Willem Arries se verhaal afgestaan word, word daar min lig gewerp op hoekom Joan se steungroep so ’n positiewe uitwerking op haar huwelik het. Die verandering wat daar in Willem se gedrag plaasvind, kom derhalwe gebrekkig en onoortuigend voor.

Die boek ly ook gebrek aan goeie redigering. Daar is ’n paar keer waar twee verhaalgedeeltes gewoon nie strook nie - dit is jammer dat sulke foute deurgeglip het, aangesien dit die lees van die roman belemmer. Maar die gebrek aan redigering vind ook op ’n meer beduidende vlak in die teks neerslag - en dit is waarskynlik ’n groter beswaar. Die boek maak ’n belangrike bydrae deurdat bruin en swart mense in Afrikaans stem kry soos wat hulle praat - stem kry op ’n manier wat s dat bruin mense in Buffalo Flats hulleself anders uitdruk as in Blackheath, maar dat hulle hulleself kan uitdruk sonder dat hulle minder mens is. Miskien is dit juis daarom dat gesprekke en uitinge by individuele karakters minder oortuigend klink wanneer die natuurlike idiolek nie ewe goed volgehou word nie. ’n Verdere faktor wat tot die onnatuurlikheid van sommige van die dialoog bydra, is die tendens by die skrywer om agtergrondsinligting deur middel van gesprekke aan te bied. Terwyl sy gebruik maak van ’n derdepersoonsverteller, behoort sulke soort inligting juis deur kommentaar van die verteller ingevul word, eerder as dat dit so dikwels in gesprekke opgeneem word.

Dit is interessant dat terwyl die boek so dikwels deur gesprekke tussen karakters lewenslesse probeer aanbied (oor allerlei kwessies, soos hoe om jou kinders groot te maak, hoe om met min die pot aan die kook te hou, eerlikheid in verhoudings, ensovoorts), die kommentaar op korrupsie onder die polisie anders gehanteer word. Daar word deur die verhaalwendings aangetoon dat korrupsie ’n vernietigende uitwerking op die lewens van die magslede en hulle families kan h; die boek vaar egter nie uit teen onwettige drankverkope, die uitwerking van dwelms op die jeug, of die rol wat polisiekorrupsie mag speel in die toename in straffelose misdadigheid nie. Die kommentaar omtrent Shalon en Adam se dwelmsmokkelary fokus byvoorbeeld nie op die reg of verkeerd van dwelms aan skoolkinders verkoop nie, maar eerder tot watter mate dit hulle gesin se stabiliteit bedreig. Die indruk wat dit by die leser laat, is nie di van gevoellose of bose mense nie, maar eerder van mense wat op hulle eie manier - hoe gebrekkig ookal - op hulle nood reageer. Dit is miskien juis drom dat die geykte soort wyshede wat andersins dwarsdeur die boek loop, steurend is.

Die didaktiek waaraan die leser meermale blootgestel word, bring ’n bepaalde aspek van Dido se posisie as skrywer ter sprake. Wanneer bykans elke resensie en artikel daarna verwys dat sy die eerste bruin vrou is wat ’n boek gepubliseer het, word Dido deel gemaak van wat seker (by gebrek aan ’n beter benaming) ’n pioniersgeslag genoem kan word - die eerste groep bruin skrywers wat na ‘94 gepubliseer het. Die didaktiese toon herinner daarom aan die skrywersgeslag van die vroe twintigste eeu wat nie net ’n leeskultuur probeer aanwakker het nie, maar ook wou h dat hulle boeke die maatskaplike toestand waarin die Afrikaner homself bevind het, moes aanspreek. So ’n bydrae het dus sy plek in die Afrikaanse letterkunde van die 21ste eeu, maar die vertelvaardigheid in die voorlaaste hoofstuk van Die onsigbares suggereer dat die skrywer wel oor die tegniek beskik om al hoe meer daarop te fokus om verteller eerder as opvoeder te probeer wees.

19 November 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.