SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Boek waarmee ’n mens moet saamleef soos ’n stuk vuur

Petra MŁller


Niggie
Ingrid Winterbach

NiggieBaie jare lank het ons wat in die uitgewerye gewerk het, dit as ’n heldere waarheid aanvaar dat jy min kan aanvang met ’n romanwerk oor die Boere-oorlog. Lesers wou hom nie lees nie, en skrywers wou hom ook nie eintlik skryf nie. Dit was soos ’n gevaarlike ding wat in ’n grot lÍ en slaap.

Nou het dit ontwaak.

Sekerlik as gevolg van die herdenking van die oorlog, maar meestal, dink ek, omdat sy tyd vir ontwaking ryp geword het, soos wat alle dinge ryp word in die tyd.

Noudat apartheid verkrummel het en die Kommissie oor ons gekom en gedeeltelik gegaan het — nou kan ons buite ons magskanse staan en inkyk na onsself. En dit is nie toevallig dat daardie nuwe soort inkyk ons reguit terugvoer na dit wat in die grot gelÍ en asemhaal het nie.

Wat is dit daar, die wese wat nou sigbaar word?

Geskiedskrywers doen tans groot verkennings. Maar dit is eintlik die romanskrywers wat daardie onbekendheid met versigtige woorde benoem-noem. En dit bly maar by die grotte en die skuilings.

Toe ek die grotboek Op soek na generaal Mannetjies Mentz gelees het, het ek gedink ek het nou die laaste moontlike woord gehoor oor die sluimerende patologie van geweld, vernaamlik oor die rol van man en vrou in die konfigurasie. Maar ek was verkeerd.

Want hierdie geweldige gesprek word voortgesit in ’n geweldige en resonante teks, Niggie van Ingrid Winterbach, waarvan ek eerlik kan sÍ dat dit my laat duisel net soos Mannetjies Mentz. Maar op ’n ander manier.

Hier het ons te doen met ’n doelbewuste rouklag, ’n visioenÍre lamentasie oor afstande, ’n psalmodiese afskil van bestaan-self waarin die oorlogsrumoer self op die agtergrond bly. Op die voorgrond staan ’n groep mans in ’n bergskuiling. Tussen hulle ontvou daar ’n allereienaardige drama van bestaan en van bowe-bestaan.

Dit gaan oor die sienlike en die onsienlike. En hoe jy as mens die oorgange daartussen sal vind — oorgange van dood of van verwonding, van daglig of van nagster, van verlange en van verstommings, taligheid of ontaligheid, verdowing van kruie of ander ekstases, van profesie, en veral van die durende droom. Mettertyd gewaar jy jy moet hierdie boek lees soos een van die Bybel se Openbaringsboeke — nie net met jou oŽ nie, maar met jou senuweepunte. Dit moet osmose in jou word, ’n saak van sypeling. Want hier beweeg jy gedurig tussen grense en dimensies waar jy realiteit moet beskou in die lig van afstand en van dit wat ons die ewigheid noem.

Dis ’n besonder digte teks. Byna poŽties dig. Die verhaal self is eenvoudig, maar gelaai. In die laaste stuiptrekkings van die Boere-oorlog, iewers naby die Grootrivier, beweeg ’n viertal krygers te perd noordwaarts om die jong Abraham Fouchť terug te besorg by sy moeder. Hy is so getraumatiseer toe sy ouer broer langs hom doodgeskiet is dat hy nie meer in gewone taal met ander mense kan praat nie. Hy maak drogwoorde op waarin die reste van menslike uitreiking na ander nog vaagweg gehoor kan word. Maar die orde van gewone spraak is hier versteur.

Twee van sy drie begeleiers is uitgeleerde aardwetenskaplikes — Reitz, ’n geoloog, en Ben, ’n natuurkundige. Oor hulle twee gaan dit hoofsaaklik in die boek — mansmense wat hul oŽ gerig hou op die wonder van ons materiŽle wÍreld: sy metamorfiese dieptes en sy krioelende dierbestaan.

In teenstelling tot die groep verloopte krygers tussen wie die aanvanklike vier in ’n grotskuiling beland en dan ook teen hul sin daar aangehou word op vermoede dat hul drosters is.

Die grotspul is ’n groteske versameling randfigure — ’n alkoholis, ’n paar daggarokers, ’n seun wat glad nie meer praat nie, ’n vertwyfelde Godsman: mense wat nie meer aan die stryd deelneem nie. En dan is daar die dominante figuur — ’n alleswetende en allesbeseffende swartman genaamd EsegiŽl, wat al die versorgingswerk doen, en wat nooit praat tensy hy aangespreek word nie. Hż hou die vuur aan die gang waarby aand na aand die gesprek gevoer word wat hierdie dwalende siele heen en weer tussen die wÍreld van werklikhede en van illusies voer. Uit die vlamme kom die onsienlike na vore.

Op diť vuurtema af het ek EsegiŽl 1 weer gaan lees — die groot vuurvisioen van die ou profeet, van die wiele binne wiele. En baie van die boek se verskuilde strominge begin verstaan.

Uit die metamorfiese vuur kom die afwesige smartlik na vore — dit wat hier totaal makeer, die vroue, diť manifesteer in die drome van die mans, as gestaltes wat bly roep en wink. Ben beken in verskrikking aan sy vriend dat hy nie meer die gesig van sy vrou in die konsentrasiekamp kan herroep nie. Maar met Reitz is dit nog erger: sy gestorwe jong vrou begin in sy gemoed te herleef. Hy můťt haar weer sien.

Agter die dimensie van die onsienlik geworde lÍ daar, soos ek dit lees, iets nog diepers en wink: die wÍreld van primÍre verleiding, die gestaltes van seduksie wat uit die bodemlose psige van die mens na vore kom as biologiese gegewe — die opgeefsels noem ons hulle, die chimeras, in hierdie geval ’n vroumensie met ’n glansende verehoedjie, ’n trieksterfiguur, wat by drie aparte mans manifesteer. Met haar open en sluit die boek. Sy is illusie.

In ’n poging om met sy gestorwe vrou in aanraking te kom, gaan soek Reitz die sjamaan-oompie op wat — met behulp van kruie en beswering — diť onmoontlike vermag. Dit is ’n Faustiaanse oomblik, baie onthutsend, ’n hoogtepunt van evokasie op ’n boekbladsy. En agter hierdie oproeping skuil ’n alchemistiese gegewe: iets wat manifesteer in ’n fles. Ek gaan dit nie probeer omskryf nie. Uit hierdie kompleksiteit vloei die verhaal voort na ’n vereenvouding, ’n vereniging van die manlike en die vroulike op ’n afgeleŽ Boerplaas, daar waar die leser dan ook die helende beginsel van Niggie aantref, sy wat die naam van die teks verskaf, en wat optree as teŽwig teenoor die illusionÍre triekstervrou.

Ek kan net ’n idee gee van die rykheid van die teks. En van die omsirkelende liriese skoonheid daarvan. Dis ’n teks waardeur ’n mens die dimensies van jou verblyf op hierdie stuk aarde in ontroering en ontsag kan verken.

Dit is selde dat ’n mens in ’n romanteks die element van ontsag teŽkom — dit wat die Bybel “vrese en bewing” noem. Hier is dit oral opgeroep, byna by taal verby.

Ek wil die roman Niggie by u aanbeveel as ’n sentrale transfigurasie in ons huidige romanwÍreld, ’n boek waarmee ’n mens moet saamleef soos ’n stuk vuur.



Hierdie resensie is oorspronklik op FMR uitgesaai.

Julie 2003


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.