SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Max du Preez bewys hoe broodnodig ’n moeilikheidmaker is

Johan Pienaar

Pale Native — Memories of a renegade reporter
Max du Preez

Zebra Press
R199,95
ISBN: 1868723720

Pale NativeMax du Preez is so ’n bietjie soos die Hustler-winkel op die hoek: niemand wat jy ken, besoek ooit die plek nie, maar dis die een besigheid wat jaar na jaar bly voortbestaan, terwyl besighede rondom die Hustler-winkel oop en toe maak, hulleself herontdek en allerhande nuwe wenresepte probeer.

Dis hoe dit is met Max du Preez: die meeste Afrikaners sal nie saam met hom om dieselfde vuur sit nie en hy is een van die Afrikaner se gunstelingteikens.

’n Briefskrywer aan die destydse Vrye Weekblad het na die publikasie verwys as “Max du Preez se flentergatkoerantjie”. Die ironie dat hy juis besig was om die flentergatkoerantjie te lees en daarvaan te skryf het die briefskrywer nie ontgaan nie en hy het toe verduidelik dat ’n mens maar soos ’n hond is .wat altyd na jou eie drek terugkeer.

Tog is en was Max du Preez een van die sterkste Afrikanerstemme van die laaste twee dekades, en of jy nou met hom saamstem of nie, as Max du Preez praat, luister mense.

In Pale Native slaag Max du Preez daarin om te bereik wat Jaap Steyn nie kon doen in sy biografie oor Piet Cilliť, Penvegter, nie: hy slaag daarin om ’n eerlike, gebalanseerde beeld van homself aan die leser voor te hou, terwyl hy ook sy leser geboei en vermaak hou.

Vier temas staan sentraal tot die boek: Max se verbintenis tot Afrikaan en Afrikaner wees, die prys wat hy moes betaal vir sy lewe, die onafgehandelde apartheidskwessies wat na ’n dekade steeds krap en wat dalk elke Afrikaner behoort te krap, en sy soeke na geregtigheid.

Pale Native is nie net ’n storie van sy lewe nie, maar veral ’n storie oor hoe sy denke ontwikkel het. Daarom handel die boek nie net oor sy lewe nie, maar word ’n substansiŽle gedeelte afgestaan aan die geskiedenis van sy voorvaders. Max ondersoek die gebeure wat gelei het tot die vorming van die Afrikanervolk en kyk dan na die geskiedenis van die volk uit ’n aweregse oogpunt. Hy lÍ die miskonsepsies van die verlede oor (onder andere) die Afrikaner se rasegtheid aan die leser voor en vernietig dan stelselmatig die mite.

Hy takel die geskiedenis van die Slagtersnekrebelle en stel dit ondubbelsinnig dat die rebelle nie vryheidsvegters was soos hulle in die Afrikanervolk se geskiedenis opgeneem was nie, maar eintlik net gewone misdadigers. Tog erken hy later dat hy ’n sagte plekkie in sy hart vir die mans het. Dis ’n sprekende voorbeeld van hoe Max du Preez in konflik verkeer met sy posisie as Afrikaner. Hy kan die rol van die Slagtersnekrebelle sien vir wat dit is, maar tog verstaan hy hulle, en nie net as Afrikaner nie, ook as moeilikheidmaker.

PW Botha het van Max gesÍ terwyl hy hom met sy berugte vinger in die borskas gepomp het: “Die man het sy lewe daaraan spandeer om moeilikheid vir almal te maak.” Dis miskien hoekom Max ’n sagte plekkie vir die Slagtersnekrebelle het, want hy is, soos hulle, in wese ’n moeilikheidmaker. Elkeen was bereid om mense hel te gee vir wat hulle geglo het reg is, hoewel die geskiedenis (ten minste vir nou) sekerlik gunstiger kyk na Max se stryd as na diť van die Slagtersnekrebelle.

Aan die einde van sy ondersoek na die geskiedenis van sy voorvaders laat glip hy die motief wat dieper strek as blote joernalistieke nuuskierigheid. Max du Preez probeer verstaan hoekom die Afrikaners, wat hy ken en ervaar as sagmoedige mense, met toegegee ’n hardegat streep, in die laaste deel van die twintigste eeu opgeŽindig het om van die ergste menseregte-vergrype van die eeu te pleeg en hy skryf:

This was more or less the time I was born: three years after the National Party
came into power in 1948. I never knew any other government until the ANC
assumed power in 1994. And that’s my exuse for being so screwed up.

Max is ook brutaal in sy erkentenis oor wat sy lewenstyl en -filosofie hom gekos het. Hy skryf hoe die prys verskeie verhoudings was en dat sy obsessie met Vrye Weekblad hom byna sy verhouding met sy kinders gekos het. Sonder om ooit direk die vraag te stel of dit alles die moeite werd was, maak hy teen die einde van Pale Native die bekentenis:

At noon on 24 August 1978, as I sat with a broken body in an aircraft wreck, the only thing that went through my mind was: I haven’t lived enough. Twenty-five years later, I still think that.

Twee dinge is duidelik by die lees van die biografie: Eerstens beeld Max homself soms doelbewus, maar meer kere onbewustelik, as allťťn uit. Die tweede insig wat mens gaandeweg bereik, is dat Max nooit ’n ander lewe vir homself sou kon kies nie. Die keuses wat hy gemaak het, het hy gemaak omdat hy nooit homself sou kon verraai nie. Juis daarom was sy keuses altyd beperk.

Hy vertel die storie van sy loopbaan as joernalis sonder verskoning. Hy romantiseer dit beslis nie en verduidelik sy besluite. Hy steek raak steke in die rigting van FW de Klerk en spaar nie die nuwe regering sweepslae as hy houe na hulle uitdeel nie. Tussendeur is daar fassinerende insigte oor die koerantwese en die politieke bestel van die laaste dekade of so.

Hy los egter sy felste kritiek vir Lothar Neethling en die redakteurs van Naspers se koerante. Veral die Naspers-groep koerante se swak hantering van die onthullings rondom Vlakplaas en die derde mag word kwaai gekritiseer.

’n Paar jaar terug het Max du Preez in ’n artikel in Beeld gesÍ dat sy gunstelingboek van alle tye Don Quixote is. Hy beken ook sy bewondering vir Che Guevara. Na die lees van die boek het ek weer eens besef hoe nodig die wÍreld beide van diť mense nodig het: Don Quixote om vreesloos windmeule te bestorm omdat windmeule tog soms monsters is, en Che Guevara omdat daar altyd bittereinders nodig is om te veg vir vryheid en geregtigheid, of ten minste vir wat hulle as vryheid en geregtigheid beskou. Max du Preez verteenwoordig miskien die beste van diť twee soorte mense in een.

Pale Native is maklik om te lees en raak nooit vasgevang in ’n pedantiese feite-oordrag nie; inteendeel, die boek is geskryf met ’n fyn humorsin. Dit behoort veral deur alle joernaliste, jonk, oud en voornemend, gelees te word.

By tye was Max du Preez die joernalis wat alle joernaliste moet strewe om te wees. Daardie strewe is ’n te vae herinnering in die Suid-Afrikaanse media.

27 November 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.