SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Jong Afrikaners en die Nuwe Afrikaanse Beweging

Johann Rossouw

In sy Rapport-rubriek van 12 Mei (“Zoid-generasie is afwesig in die stryd”) stel Tim du Plessis heelwat belangrike kwessies oor die Nuwe Afrikaanse Beweging (NAB) aan die orde. Aangesien hy my by die naam uitsonder as “die enigste werklike jongeling” in die leiersgeledere van die NAB, neem ek graag die vrymoedigheid om hier te reageer.

In die eerste plek maak Du Plessis die stelling dat naas myself die ander leiersfigure in die NAB “oorwegend wit Afrikanermans in hul vroe middeljare” is. Feitelik is hierdie stelling nie heeltemal korrek nie, aangesien die NAB ongetwyfeld ook onder meer Orania en Solidariteit insluit wat onderskeidelik knap jong leiersfigure soos Carel (iv) Boshoff, Dirk Hermann en Kallie Kriel in hul geledere het. Hierbenewens maak ’n organisasie soos Jeug Onbeperk, ’n drukgroep wat pertinent gestig is om die skade van regstellende aksie onder jong Afrikaanssprekendes teen te staan, ook soms hul merk.

Maar Du Plessis se vraag oor waarom daar nie meer jongmense “in die strate en op die markpleine is nie”, is ’n belangrike en geldige vraag. Miskien kan die vraag beter beantwoord word deur dit om te draai en te vra: Waarom s die meeste leiersfigure (en openbare steun) vir die NAB dan juis middeljarig? (Die vraag waarom die meeste van hulle manlik is, is ewe belangrik, maar ’n kwessie wat op sy eie behoorlik en inklusief bespreek moet word.)

Kyk ’n mens na die figure wat Du Plessis uitsonder — Danie Goosen, Dan Roodt, Pieter Mulder (met uitgediende politieke begrippe soos eenheid en “Christelike Nasionale” vorm Cassie Aucamp allesbehalwe deel van die NAB met sy klem op die federatiewe gedagte) — val dit op dat al hierdie en ander middeljarige wit Afrikaanssprekendes opgegroei het in die jare vyftig en sestig, en jong volwassenes in die jare sewentig was. Dit beteken nie net dat hulle identiteit onlosmaaklik was van Afrikaner-nasionalisme en sy gepaardgaande klem op ’n sterk gemeenskapslewe nie, maar ook dat hulle ’n allernoodsaaklike oorlewering van tradisie van hul ouers en grootouers ontvang het. Suksesvolle oorlewering tussen generasies is die voorwaarde van ’n duursame politieke bewussyn. Verder is suksesvolle oorlewering afhanklik van lewenskragtige instellings, presies dt wat Afrikaanse kerke, skole, universiteite en verenigings vanaf die jare vyftig tot so om en by die middel jare sewentig was.

En toe breek twee sleuteljare aan, naamlik 1975 en die koms van televisie, en Soweto 1976. Die koms van televisie is om verskeie redes belangrik, en ter wille van beperkte ruimte noem ek dit net kortliks: die oorgang van die gedrukte media (boeke, koerante) na die elektroniese media (televisie, internet) skep nie net ’n krisis in die oorlewering van tradisie na die jong, wit Afrikaners van my generasie nie, maar verskuif ook die klem van duursaamheid en diepte na vervlietendheid en oppervlak. Wreldwyd het hierdie oorgang gelei tot die vernietiging van ’n politieke en gemeenskapslewe, die opkoms van materialisme en die verbruikersamelewing, en ’n krisis van instellings. Die wit Afrikaanse wreld was geen uitsondering op di rel nie, soos wat verskeie verskynsels vanaf die vroe jare tagtig bevestig: Afrikanerjappies; taal wat verander van ’n tuig om ’n wreld mee te skep na ’n instrument om mee te “kommunikeer” (die oorgang van Standaardafrikaans en verskillende kleurryke dialekte na die huidige Engfrikaans); en die krisis waarin al die tradisionele Afrikaanse instellings beland het, en waarvan die verengelsing van die Afrikaanse universiteite en die debat oor die kerk die jongste voorbeelde is.

Op sy beurt het Soweto 1976 die einde van Afrikaner-nasionalisme ingelui. Daarna was daar bittermin intellektuele of kunstenaars wat hulle met die establishment vereenselwig het, en het die politiek verval tot die brute handhawing van mag. Dit is dan ook opvallend dat nie ’n enkele van die leiersfigure in die NAB, met die moontlike uitsondering van Dan Roodt, terughunker na Afrikaner-nasionalisme nie. Trouens, die beste kritici van Afrikaner-nasionalisme kan onder hierdie figure gevind word. Dit is dan ook in hierdie lig wat die geweldige energie wat ’n ander middeljarige Afrikanerman, Chris Louw, met die Boetman-debat ontketen het, verstaan moet word.

In die tweede plek kan Du Plessis se vraag waarom jongmense nie vandag vir Afrikaans “in die strate en op die markpleine is nie”, dan weer bekyk word. Die mense van my generasie en jonger word inderwaarheid, om die redes wat hier bo uiteengesit is, soos hul tydsgenote wreldwyd oorwegend deur politieke apatie gekenmerk. Die prentjie sou waarskynlik reeds anders gelyk het as die NAB kon steun op twee belangrike bronne wat by ander identiteitsbewegings wreldwyd aanwesig is, naamlik sterk mediabewustheid en ordentlike finansiering. Wat sterk mediabewustheid betref, het die massiewe betrokkenheid van Franse jongelinge tussen 15 en 23 in die pas afgelope presidentsverkiesing bewys wat gedoen kan word as die televisie, die internet en die musiekbedryf saamspan. Met die uitsondering van KykNet is daar min of geen gemeenskapswussyn in die Afrikaanse elektroniese media te sien nie. Wat ordentlike finansiering betref, is dit ’n ongelukkige feit dat gevestigde Afrikaanse sakebelange op enkele uitsonderings na nog nie gesnap het dat hul eie ekonomiese toekoms van die sukses van die NAB afhang nie.

In die derde plek voer Du Plessis oor Afrikaanse jongmense aan “dat dit hul Suid-Afrikaansheid is wat die wreld vir hulle oopmaak as hulle tussen skool en universiteit wil gaan toer. Nie hul Afrikaansheid nie.” Dit is nie duidelik waarom hy Suid-Afrikaansheid en Afrikaansheid so teenoor mekaar opstel nie. ’n Sin vir die eie sowel as die gemeenskaplike is op stuk van sake albei ewe belangrik om jouself in eie kring n daarbuite te handhaaf. (Terloops, hoewel om Suid-Afrikaner te wees ’n mens ongetwyfeld goed toerus vir die eise van ’n multikulturele samelewing, is die begrip “Suid-Afrikaans” as sodanig nog steeds betreklik niksseggend.)

Dit is nie die bedoeling met hierdie artikel om oor my eie betrokkenheid by die NAB uit te wei nie, maar ek kan vir die interessantheid noem dat die feit dat ek sedert 1994 eers in professionele hoedanigheid en tans as student my daagliks in ’n Franse omgewing bevind het, onontbeerlik vir my betrokkenheid was. Dit het my nie net baie gou my Afrikaansheid laat herontdek en herwaardeer nie, maar my ook laat besef dat presies my Afrikaansheid my outomaties aan die linkerkant van die nuwe politiek, plaaslik sowel as globaal, stel, naamlik die stryd om ’n wreld wat werklik diversiteit en verskil erken.

In di opsig verskil ek geensins van Karen Zoid of ander jong Afrikaanse stemme nie: elke vol sing soos hy gebek is. Wat belangrik is, is dat ons almal op ons eie manier nuwe inhoud aan Afrikaansheid probeer gee. Dit vorm alles deel van die NAB. Sentraal tot hierdie proses is ’n weiering om die huidige as finaal te aanvaar. Soos Carel (iv) Boshoff in sy Afrikaanse Rewolusie (EPOG-uitgewers, 2001) skryf, “Miskien sal daar nog ’n Afrikaanse lewe wees. Ek glo daaraan. Ek is nie vir onderhorigheid gebore nie.”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.