SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nuwe Hervorming in Perspektief

Dr Piet Muller

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002

Een van die verwyte wat gereeld na die voorstanders van die Nuwe Hervorming geslinger word, is dat hulle die vermetelheid het om hul beweging hoegenaamd as ’n “hervorming” aan te bied. Die Hervorming was immers ’n unieke, eenmalige gebeurtenis; ’n teruggryp na en ’n herstel van die “ware Christendom”.

Wanneer ’n mens egter dieselfde instrumente waarmee groei en verandering in ander instellings gemeet word, ook op die kerkgeskiedenis toepas, dan lyk die prentjie dramaties anders.

Volgens Land & Jarman vertoon alle organisasies, van ’n verhouding tot ’n maatskappy en ’n kerk, drie duidelike fases. Die eerste fase is die pionier- of entrepreneursfase: iemand kry ’n nuwe idee en begin iets nuuts. Oorleef dit hierdie fase, ontwikkkel daar geleidelik ’n tweede fase wat in vele opsigte dramaties van die eerste verskil: dit is ’n professionaliseringsfase, waarin beroepsbestuurders — of in die kerk se geval beroepsteoloŽ en priesters — die beheer van die instelling oorneem.

Alle organisasies is egter in voortdurende dialoog gewikkel met hul omgewing. Kan dit nie by die steeds veranderende omgewing aanpas nie, sterf dit. Pas dit egter suksesvol aan, ontstaan daar ’n nuwe groeifase, wat in vele opsigte lyk soos ’n nuwe eerste fase, en daarna begin die siklus weer van voor af.

Daarom kan die groei van ’n organisasie of instelling nooit as ’n reguit lyn uitgedruk word nie. Dit is eerder ’n stygende lyn van voortdurende nuwe beginne, waarvan elke nuwe groeifase ’n belangrike verandering in die wese en aard van ’n organisasie verteenwoordig.

Draai ’n mens hierdie groeikurwes regop, vorm dit die tipiese S-kurwe. Plaas gerus die kerkverband waarin u die meeste belangstelling het, op hierdie S-kurwe en besluit self hoe na aan die begin of die einde van die siklus dit hom bevind.

Pas ’n mens hierdie beginsel toe op die geskiedenis van die kerk, dan sal die eerste groeifase die ontstaan van die christendom as ’n Joodse sekte voorstel. Die tweede groeifase verteenwoordig die oorgang vanaf ’n Joodse sekte na ’n Hellenistiese kerk, en die spanning tussen die nuwe bekeerlinge uit die “heidendom” en die Joodse Christene bereik bykans breekpunt. Met fase drie kom keiser Konstantyn op die toneel en help om die ortodoksie te vestig. Joodse christene wat vasklou aan die monoteÔsme, word as “ketters” uit die kerk gedryf.

Die volgende fase verteenwoordig die ontstaan van ’n professionele priesterdom, op ’n tydstip toe so ’n instelling deur die JudaÔsme (en later die Islam) verwerp is. Dit hou enorme teologiese en politieke implikasies vir die kerk in, onder meer dat vroue geen ampte in die kerk mag beklee nie, omdat hulle (in die woorde van ’n pous) “nie die aardse beelddraers van ’n manlike God kan wees nie”. Hiermee word vroue tot tweedeklas-christene veroordeel.

Die volgende groeifase verteenwoordig die voltooiing van die apostoliese geloofsbelydenis, waarmee finaal ’n streep getrek word tussen die Hellenistiese christene en die christene van die Midde-Ooste.

Die fase daarna het eweneens enorme politieke en teologiese gevolge. Dit hang saam met die skeuring tussen die Oos-Romeinse en die Wes-Romeinse Ryk, wat nie alleen die christendom in twee kampe verdeel nie, maar aanleiding gee tot twee verskillende christelike tradisies. In die Weste word ’n teologie ontwikkel rondom Jesus van Golgota. Dit is ’n teologie wat die sondeval as katastrofaal beleef. By Anselmus kristalliseer hierdie gedagte uit tot op die punt waar die mens so doemwaardig is dat net die offerdood van ’n wese wat waarlik God en waarlik mens is, die gevolge van sonde kan afkoop. Die mens self kan niks bydra tot sy eie heil nie, en moet net dankbaar God se verlossing aanvaar. Hierdie standpunt is net so deur die Protestantse Hervorming van die sestiende eeu aanvaar.

In die Oosterse Kerk, daarenteen, is die middelpunt van belangstelling nie Jesus van Golgota nie, maar Jesus van die Berg van Verheerliking. Hy is ons oudste broer in die geloof en die voorbeeld van die geestelike hoogtes wat elke mens kan bereik deur net Jesus se woorde ernstig op te neem en die pad van heiligmaking te bewandel deur Jesus se voorbeeld na te volg. Druk ’n mens hierdie opvatting effens verder, kom ’n mens weer uit by die standpunt wat deur baie vroeŽ christene gehandhaaf is en in die Nag Hammadi-geskrifte weerspieŽl word: dat elke mens Jesus se tweelingbroer kan word en nie net ’n christen hoef te wees nie, maar self ook ’n christus — ’n gesalfde — kan word.

Ons sien dus dat die christendom inderdaad in twee groot tradisies verdeel is, elk met ’n eie verlossingsplan. ’n Geval dus van een Jesus, twee Christusse.

Pas ’n mens die wette van verandering op die twintigste en een en twintigste eeue toe, kom ’n mens eweneens tot verrassende gevolgtrekkings. Dan lyk die periode waarin ons tans leef, baie soos die polsende en gistende periode twee duisend jaar gelede wat die ontstaan van die christendom self voorafgegaan het. Dit is ’n tydperk waarin die grense tussen Oos en Wes uitgewis is en die groot wÍreldgodsdienste skouer aan skouer langs mekaar bestaan. ’n Tydperk van ongekende sinkretisme, waarin selfs christene besig is om elemente uit ander godsdienste te neem om hul eie persoonlike godsdiens mee te verryk.

In Amerika is die Boeddhisme reeds die vinnig-groeiendste godsdiens onder intellektuele; in Nederland word gereformeerde kerke omskep in moskees; en in Frankryk — so wys ’n onlangse sosiologiese studie — gaan slegs vyf persent van die bevolking gereeld kerk toe, maar vyf en twintig persent dui aan dat hulle ůf mediteer ůf al met meditasie geŽksperimenteer het.

Twee deurslaggewende ontdekkings is ook in die twintigste eeu gemaak: in 1945 word daar by Nag Hammadi in Egipte ’n kruik met vyf en vyftig kodekse en manuskripte gevind. Vir die eerste keer het ons ’n blik op wat vroeŽ christene self geglo het. Skielik besef ons dat die christendom, voor die vorming van die ortodoksie, ’n groter verskeidenheid vertoon het as wat ons ooit vermoed het. Daar was groepe waarin vroue as volkome gelykwaardige lidmate aanvaar is en aan wie se aktiwiteite hulle kon deelneem sonder enige vorm van beletsel. Hulle het nie net gepreek en sakramente bedien nie, maar inderdaad ook die hoogste ampte in die kerk beklee.

Alle christene het ook nie aanvaar dat Jesus goddelik was of uit ’n maagd gebore is nie. Nie almal het gereken dat sy teregstelling enige besondere soenverdienste gehad het nie; en nog ander het geglo dat die christusskap op Jesus neergedaal het tydens sy doop deur Johannes die Doper. En hoewel ’n belewenis van die “lewende Jesus” vir almal belangrik was, het dit hoegenaamd nie beteken dat sy letterlike opstanding as feit aanvaar is nie.

In 1947 is die Dooie See-rolle ontdek, wat eweneens ’n venster van begrip oopgemaak het op die periode tussen die Ou en die Nuwe Testament. Dit het ons inderdaad weer ’n nuwe waardering gegee vir hoe “Joods” Jesus en sy eerste volgelinge was.

Kyk ’n mens na watter kerkhistorici in Amerika, Europa en selfs ook in Suid-Afrika internasionaal publiseer — en ek wil die woorde “internasionaal publiseer” herhaal — merk ’n mens dat die oorgrote meerderheid van hulle vandag stoei met die implikasies van hierdie ontdekkings. Hulle word gedwing om vrae te vra soos: “Waarom is vroue uit kerklike ampte verdryf?” “Wat is die implikasies vir die christendom van die opvatting van vroeŽ christene dat Jesus nie goddelik was of letterlik opgestaan het uit die dood nie?”

Hulle word ook gedwing om die soort vrae te vra wat slegs ’n vyftal radikale hervormers in die sestiende eeu durf vra het — maar onder dreigemente van dood nooit verder gevoer het nie. Vrae soos: “Waarom is net sekere geskrifte gekanoniseer en ander nie?” “Waarom is slegs vier van die vyf en twintig bekende evangelies en vyf fragmente van evangelies in die Nuwe Testament opgeneem?” — en “Hoekom kritiseer nie een van hierdie evangelies vir Petrus nie?” Het dit dalk iets te doen met die aanspraak van die biskop van Rome dat hy die direkte opvolger van die apostel Petrus is en daarom die belangrikste biskop in die christendom?

Die hulp van die rekenaar kan vandag ook ingeroep word om die outeurskap en die ouderdom van sekere geskrifte te bepaal. My kollega, prof Hansie Wolmarans, het byvoorbeeld met behulp van die rekenaar ’n studie gedoen van die Jakobus-geskrif. Op grond van die woord dupsigos (“tweesielig”) kon met die hulp van rekenaarstudies bepaal word dat hierdie geskrif eers in die tweede eeu geskryf is en die outeur daarvan dus nie die apostel Jakobus kon gewees het nie.

Op dieselfde maniere word vandag twyfel uitgespreek oor die outeurskap en ouderdom van geskrifte soos 1 en 2 Petrus en oor Paulus se sogenaamde pastorale briewe — juis daardie briewe wat klaarblyklik die vroeŽ Paulus weerspreek en waarin die vrou uit kerklike ampte geweer en ’n minderwaardige posisie gegee word.

As ek gevolglik alle faktore teen mekaar opweeg, kan ek nie anders as om te voorspel dat daar binne die christendom ’n belangrike grondverskuiwing aan die gang is nie. ’n Grondverskuiwing wat net so omvattend en belangrik is as enige van die voorafgaande grondverskuiwings, of “hervormings”, wat in die verlede plaasgevind het.

Dit is nie onmoontlik nie dat ons tans die geboorte beleef van ’n derde christelike tradisie, naas die Katoliek-Protestantse en die Grieks-Ortodokse tradisies. ’n Derde tradisie wat Jesus aanvaar as ’n buitengewone wysheidsleraar wat die Koninkryk van God verkondig het. ’n Koninkryk wat kindertjies reeds het en wat volwassenes in hierdie lewe reeds kan binnegaan as hulle “weergebore word” — wat beteken dat ’n mens die manier waarop jy oor jou naaste en die wÍreld dink, radikaal moet verander.

Op grond van die Nag Hammadi-geskrifte sou ’n mens kon sÍ dat dit ’n tradisie sal wees waarin vroue ’n reuse-aandeel sal hÍ, soos reeds bewys word deur die werk van prof Elaine Pagels van Princeton en haar vrouestudente, en Karin Armstrong, skryfster van A History of God.

Dit sal ’n tradisie wees wat groot klem plaas op ’n persoonlike verhouding met die “lewende Jesus” (oftewel Jesus as persoonlike leermeester); en waarin ’n mens opgeroep word om die wÍreld waarin jy leef, op ’n besondere manier heilig te maak deur allereers hard aan jou eie geestelike groei te werk. Om inderdaad Jesus se “Thomas” of tweelingbroer te word.

Soos Jesus in die Evangelie van Thomas verklaar: “Kap hout, ek is daar; tel ’n klip op en jy sal my vind.”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.