SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Verruiming van die siel se register

S E (Lisbť) Smuts


Departement Suider-Afrikaanse Tale
Universiteit van Kaapstad

Die aandag van jou oŽ
Petra MŁller

Tafelberg 2002
ISBN: 0 6240 4104 2
Prys: R79,95

Die aandag van jou oŽ’n Mens lees nie as ’n maagd nie, veral nie as die woord liefde ter sprake is nie. Die “liefde neem ’n duisend vorme aan” (ID du Plessis) sedert baie vroeg in die Afrikaanse poŽsie. PoŽsielesers dra kennis van verskillende posisies van “gebed” en ingebed wees. LitNet-lesers, so word gesÍ, is geoefende, “bidderende” LÍNet-lesers.

Petra MŁller se “gedigte vir die liefde” het so pas verskyn as Die aandag van jou oŽ.

’n Mens wonder, het ons dieselfde in gedagte as liefde ter sprake kom? Watter liefde? En hoe kom liefde ter sprake as poŽtiese lingua? Sheba sÍ oor die lingua of tong in MŁller se gedig “Sheba, haar lied”: “Ek hou my woord met wat nie goed gesÍ kan word nie. / Want die tong is ’n deugniet en ’n danser / en ook die wynpers van die soetigheid, / die tong waarmee ek hier jou skoonheid opnoem / en die donker fermentasie van jou bloed.”

Die gedigte in hierdie digbundel is op mekaar geŽnt met ’n meesterhand. Die ses afdelings word deur die gedigte se heen en weer verwysings verbind sodat die bundel ’n hegte eenheid vorm. Dit is een van die grootste digbundels in Afrikaans, sÍ Andrť P Brink op die agterblad van die digbundel.

Groot, groter, grootste? Die trappe van vergelyking is ’n ongemaklike standpunt om in te neem by die eerste lees van die 141 veeleisende gedigte in Die aandag van jou oŽ. Maar na ’n paar keer se herlees besef ’n mens hoe die gedigte die (verliefde) stilte van ’n leser tot ’n heeltemal onverwagse uitdrukking en vernuwing laat kom. Die gedigte gaan by die gemeenplase en alledaagsheid verby van daardie liefde wat in die G-kol sing. Wanneer hierdie gedigte van Petra MŁller ’n mens so tref, kan ’n leser die digbundel in dieselfde lig begin sien as Brink. Die “gedigte vir die liefde” kan in die holte van die oor gehou word om elegies, liries, beswerend verby ’n (liefdes)doofheid te sing.

In ’n onderhoud praat Petra MŁller oor poŽsie en oor liefde. Sy sÍ: “As jy ’n siel het, het jy ’n gevoel vir die poŽsie.” En, sÍ sy, “Die liefde gaan deur die persoonlike tot die onpersoonlike.” (“Seedigter besing nou haar liefde vir grond”, Die Burger, 29 Mei 2002.)

Die gedigte in Die aandag van jou oŽ brei hierdie refleksies op ’n indringende manier uit. Die woord liefde word in die gedig “skaam brief” oorweeg: “baie selde word die skugter woord / genoem: selfs in die gedig vlug dit / onagterhaalbaar weg tussen stief, dief, geklief; / so min woorde wil in hierdie taal begin te rym / met liefde“. Die woorde van onder andere “skaam brief” word deur die digter se “wegwerk” vorm gegee as “pyltjies ... met gif getip”, maar dit dra ’n skaamheid, skugterheid en onagterhaalbare aard, en ten slotte registreer die woord as “... ’n klank / wat wegswiep tussen dood en lewe”.

“(W)ant selfs nou ook weet ons nie genoeg / van liefde nie om diť gedig te skryf,” lees ’n mens in die gedig “pylverlossing”:

ek wonder dikwels wat die gedig is
wat my binnegedring het soos ’n pyl
of ’n skip

dit is nie van jou nie
dit is nie van my nie

en hoewel dit van die liefde is
is dit ook nie van die liefde nie
want selfs nou ook weet ons nie genoeg
van liefde nie om diť gedig te skryf

maar die gedig weet van liefde
en is daarvan hoogvol gelaai
dat dit ’n sterfte sou kon bring soos ’n pyl,
ůf voortvaar, soos ’n skip vol slawe

ons is die toeval by die groot geleentheid
van die deurvaar van die pyl

dit wat hier gebeur, is net ’n singerige stilte,
’n asem terug in die keel geruk,
’n slaaf wat lag in sy verlede.

Die digbundeltitel fokus op “oŽ” en bied dit as ’n uitgangspunt. Die eerste afdeling heet “OňMBLIK I” en die slotafdeling “OňMBLIK II”. Die blik in afdeling een is in hoofsaak ’n elegiese terugblik op die liefde en die lewe wat eindig in die dood. ’n Beeld van die son en beelde van die dood staan in teenaanlegging in die ses gedigte van die inleidende afdeling. In die gedig “oŽmblik” skiet die son saad en ontplof soos ’n distelknop: “Die son het in jou oŽ / saad geskiet / en hang, en hang /  die ligte tyd, verward, / bly staan en huiwer /       in die dynsigheid // en roekeloos ontplof /       die droŽ distelknop”.

In die son en die dood se oog kan nie direk ingekyk word nie, is ’n insig waaroor Julia Kristeva skryf. Hieraan word ’n mens herinner in die bostaande gedig en die titelgedig, “Die aandag van jou oŽ”: “Ek kyk nooit na jou oŽ nie. Ek weet: / die aandag van jou oŽ op ’n ander horison gerig, / het my vergeet. // Ek kyk nou na die grond. Kyk stip — ...”. Die gedigte is elegies, maar die ontsag vir die dood sluit steeds ’n herdenking van die aarde se skoonheid in: “Die aandag van jou oŽ, toe dit my verlaat, / het my die groen bruin gevlekte skoonheid / van die aarde nagelaat.”

Die woordspel rondom “oŽ” sluit verskillende woordbetekenisse in: oombliklike oogopslag, kyk, en die insig van sien deur ’n derde oog. Ook “sig”. In diť gedig word die beeld van die geliefde se oŽ beklemtoon: “my lief het vuurklipoŽ / met veldspaat deurgevlek / ek bly maar geologies / steeds dolwe op die plek”. Die sig is ’n wederkerige sien, maar dit is ook ’n wederkerigheid wat ’n tussenruimte en afstand skep soos die laaste twee strofes van “sig” kan impliseer:

soms het my lief die oŽ
wat helder is soos lug
en dan is ek die grysblou duif
wat in die bloute dryf

my lief het oŽ wat my sien
dis alles wat ek weet
o wÍreld donker důnkerte
as hulle my vergeet.

Die laaste afdeling, “OňMBLIK II”, skep ’n hoogtepunt — ’n tematiese kulminasie vir al die gedigte.

Die idee van ’n blik word ook interessant uitgebrei deur die foto op die agterblad: ’n blik deur ’n kamera-oog en ’n aantreklike foto van die (jonger) digter geneem deur haar eggenoot, Wilhelm GrŁtter. Ook die fotograaf skep ’n tussenruimte en ’n afstand deur sy skeppingsproses. Hedendaagse foto-teorieŽ (soos byvoorbeeld in die skryfwerk van Susan Sontag) beklemtoon hoe distansiŽring en afstand kan funksioneer om begeerte te bewerk (en, soms, om ’n erotiese reaksie te skep). Hierdie fotobeeld van die digter is ook ’n oombliklike stolling van die tyd: veranderlikheid en sterflikheid word oŽnskynlik tot stilstand gebring. OŽnskynlik, want terselfdertyd word meedoŽnlose vloeiendheid en voortgang beklemtoon.

Op die agterblad is daar (saam met die foto van die digter en die Brink-aanhaling) ’n voorstelling van Shiva. Shiva dans in ’n vuurkrans. “(V)uur is hy, hy kom van vuur.” Vuur, as ’n beeld van transformasie, word in verskeie gedigte gebruik en vorm ’n belangrike fokus van die digbundel.

“Water is skoon, lug is skoon, maar skoner / is vlam ...”, word in die gedig “Sweef” beklemtoon.

Vuur transformeer tot “vuurkool”, “as”, en “dun rook”, en hierdie transformasieprosesse is deel van die gedaanteveranderinge van leef. In “sig” word van die geliefde gesÍ: “my lief het vuurklipoŽ”. Die geliefde in “wintersnag II” se hele lewe is uiteindelik verminder tot “’n vuurkool onder as”: “... en wie is dit wat daar in die bed oor homself / gevou lÍ, met sy oop mond in die kussing, / sy knieŽ om sy hele lewe opgetrek? // hy sal nog ure lank warm bly / soos ’n vuurkool onder as; / sż is reeds koud / met die stomvuur in haar palm”.

Shiva se vuurdans illustreer hoe oŽnskynlik teenstrydige prosesse, geboorte en sterfte, skepping en vernietiging, ’n integrale deel vorm van die kreatiewe krag van transformasie, en ’n vereiste is vir vernuwing.

Shiva dans

Shiva dans in ’n vuurkrans.
Niks kan hom verteer nie —
vuur is hy, hy kom van vuur.
Shiva dans die vlam se boog
met al vier arms en geslote oŽ.
Shiva dans op ’n skedelkrans!

Glans omarm sy mooi gebare —
      ”Kom tog hier en sterwe.
      Gaan dan heen en word gebore!”
— hy strek sy soepel vingers op en roep die lig
      uit heelalskerwe
slaan sy soepel vingers neer en roep vernietiging:
      ook dit gebeur.

Shiva dans op donker dwerge, Shiva dans
die sewe strome; ongetelde eone tuimel
van hom weg soos vonke en begin te lewe.

Shiva dans die skitterende daaiman van sy voorkop.
Shiva dans Parvati uit die dood trug, in die naam
van sy verlange. Shiva dans die lingam van die liefde
saam met slange en demone; strek hom oor die skepping,
keer hom op homself in; einde is daar niť
aan Shiva nie.

Kali dans, Vishnu dans, Devas dans, Indra dans —
niemand dans soos Shiva nie.

“Shiva dans die lingam”, die fallus “van die liefde”. Die fallus kry onder andere betekenis deur die penis, maar word interessanter voorgestel deur die gedig. “Shiva dans die lingam van die liefde” kan gelees word as die opwekking van begeerte. Hy dans “Parvati”, sy vroulike metgesel, “uit die dood trug”.

Petra MŁller se “gedigte vir die liefde” sluit gedigte in wat die vurigheid van liefde en seksuele drif herskep. In die gedig “bewing” se eerste versreŽls word die gedigtitel betekenis gegee: “so bly geliefdes jonk op sekere plekke / ingekeep as rotsgravure”. Die slot van hierdie gedig laat “n mens aflei dat “lawa” ’n verskynsel is van “bewing”, maar bowenal van seksuele vuur: “juis op daardie verskuiwende oomblik / waar die aarde eendag op ’n dinsdagmŰre / seismies skeur /       asof aangedaan van lawa, // en dan weer met ’n klipperige sug / ter ruste gaan”.

Vir my is die hooglied van die versameling liefdesgedigte in Die aandag van jou oŽ die gedig “Smeltvuur”:

Ek het geswem in die vuur van die nag
met my lyf aan ‘t gloei soos ’n ou verhaal.

Jy het van my afgedrup toe ek uitstap
een spatsel lig na die ander.

Ek het my gebeente gesien glim.
In my vlees, soos met x-strale.

Miskien sal ek van jou genees, maar ek
wil nie daar wees in die fosforlose donker
waar jy nie sal wees nie,
al loop die groot wit baai nog elke dag
van hier af aan na Witsand,
al kom klop die getye gereeld aan by die oesterbank
en al kom die seekatte uit hole met alsiende oŽ
om my te bespied.

Ek wil swem in die vuur van die nag
met my liggaam aangetas en sterflik,
besmet met daardie seekennis
waarvan die tentakelde gevaartes afstort
in hul dieptes,

seesprekend aan ‘t stroom
en radioaktief tussen ander seegedoentes.
Ek is spraakloos waar die sages
van die bowewÍreld oorvertel word,
oesterstil bedags, en snags
’n skuimstil gedagte ter see —
iets wat heen gloei en
mylewyd meegee.

Is dit Shiva, Parvati, of ’n androgene vereniging van die twee, se vuur wat hier ter sprake is? Of is dit dalk die oeroue insig van die “wyfiewolf” se “heldersiende oŽ” (“Torementoso II)? Is dit ’n ander gedaante van hierdie “wilde vrou” van wie ’n mens lees in “Tormentoso II”: “en soms, wanneer die huis se dak wil lig / hou sy die glas omhoog en rig ’n heildronk / aan verwilderdheid&nbps;...”. Eggo haar insig die insig van ’n ander Hooglied — die liefde en die vurige lewe is die teenmiddel teen die dood (in die lewe)?

Petra MŁller verwys in die onderhoud in Die Burger na hierdie digbundel as haar “bruin boekie”. “Dit is haar eerbetoon aan die liefde, en het die kleur van grond.” Die “bruin boekie” skep by my die verwagting van ’n aantreklike en spesiale ontwerp en verpakking. Die omslag se onaantreklike kleurkombinasies en die lettertipes laat hierdie verwagtinge in die steek. Wat ’n jammerte dat “Fernande” (die pragtige, sensuele vrou en metgesel van Picasso) op die voorblad verklein (en verkleur/verpienk) tot ’n te klein weergawe van die oorspronklike skildery. Die gedig “Vrou Picasso” word makliker gelees teen die agtergrond van die gepubliseerde memoires van Fernande Olivier wat ’n omskrywing gee van haar verhouding met Picasso. Die leser se herinneringe aan ander skilderye en beeldhouwerke deur Picasso van hierdie minnaar van hom moet instaan by die lees van die gedig. Die afdruk op die voorblad laat hierdie interessante gedig in die steek.

Maar ek is terdeŽ bewus dat Die aandag van jou oŽ ’n bundel gedigte is en nie ’n grafiese kunswerk nie. Met Petra MŁller se stelling in gedagte, “As jy ’n siel het, het jy ’n gevoel vir die poŽsie”, kan bygevoeg word: as jy ’n siel het, of ’n halfpad-siel het, kan hierdie “gedigte vir die liefde”, en die agterna-eggo’s wat hulle laat hoor, ’n verruiming van die siel se register tot gevolg hÍ.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.