SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie is Vasti Roodt?

Vasti Roodt is ’n lektor aan die Universiteit van Stellenbosch in Politieke Filosofie, Filosofie en Kuns, Klassieke en Moderne Politieke Denke en Sosiale Geregtigheid. Sy is tans besig met ’n doktorsgraad oor Nietszche.

Mis-

Vasti Roodt

(Hierdie bydrae is vroer vanjaar gelewer tydens die Woordfees se gewilde Filosofiekafee in die Dorpstraat Teater Caf.)

Vasti Roodt

Foto deur Naomi Kranholdt

Mislukte souffls, misbolle waar jy wil trap en vermiste wapens van massavernietiging is redes tot misnoe; dralende dominees mishandel hul gehoor; misverstande dryf mense uitmekaar; misantrope dink dis hoe dit hoort; skrywers is maar bra deur die mis en dus geneig tot misplaaste idees, mistastings en misgissings. Kortom: die wreld is toe onder die mis.

As ’n verwysing na ’n onbereikte moontlikheid, of ’n duiding van begeerte of verlange, is mis- egter ook die geboortegrond van die filosofie. Filosofie is, soos ons weet, die liefde vir wysheid. Sokrates het egter aangevoer dat hierdie liefde eintlik ’n uitdrukking is van ’n gebrek, ’n verlange na dit wat ons nie besit nie. Met ander woorde, die filosofie word op gang gebring deur die gemis aan wysheid, die wete dat ons nie weet nie.

Wat behels hierdie wysheid wat filosowe verlang om te besit? Wat is dit wat ons behoort raak te vat juis wanneer ons dinge mis het? Een antwoord is dat dit hier gaan om kennis van die waarheid wat agter al ons misverstande en mistastings skuil gaan.

Maar juis hier l die knoop. Vir sover die liefde vir wysheid juis uitgedruk word in die verlange na wysheid, kan di wat reeds wys is - dit wil s, di wat reeds die waarheid rkgevat het - nie meer die wysheid liefh nie. Filosofie kom dus tot ’n einde wanneer filosowe vind wat hulle vermis het en daardeur bevry word van verlange. Anders gestel, die besit van die waarheid spel die dood van die filosofie, en dus ook die einde van die filosoof. Geen wonder nie dat Plato die filosofie beskryf het as ’n oefening in hoe om te sterf.

As hierdie die enigste tradisie in die filosofie was, was daar al lankal nie meer filosofie nie. Gelukkig was en is daar naas diegene wat hulself uitgee as besitters van die waarheid, ook di wat nie hul verlange wil besweer nie, wat die waarheid aanhou mis. Sulke filosowe verlustig hulself nie in onkunde nie. Hulle verstaan bloot iets omtrent die liefde wat momentum gee aan die soeke na waarheid.

Liefde - in die filosofie soos in die lewe - berus op die spanning tussen begeerte en besit, tussen verlange en vervulling, tussen die onwis en die wis. Mis-, in die filosofiese sin van die woord, is uiteindelik die noodsaaklike leemte tussen hierdie twee pole. Die kuns van die filosofie is om binne hierdie leemte te beweeg sonder om die slagoffer van f onkunde f ’n laaste waarheid te word.

Wat meer is, filosofie wat op hierdie wyse beoefen word, bring ons dalk nader aan die waarheid as die dogmatiese gerigtheid daarop. Om ’n gedagte by Nietzsche te leen: as die waarheid ’n vrou is, dan het die dogmatiese denkers wat haar ywerig probeer vasvat, haar reeds verloor. Di wat haar egter haar afstand gun, wat haar nie probeer oorrompel of toe-eien nie, is di wat die naaste aan haar kom, wat haar rakelings mis.

Ek wil dus eindig deur te s: bewaar ons van di wat die waarheid beet het, wat die verlange opgegee het, wat niks meer mis nie. Hulle wil dat ons die liefde vir die dood verruil.

Aan die skrywers: lank lewe julle — en ons — mistastings, misplaaste idees, mislukte redenasies, misverstande en misgissings. Want solank, en net solank, daar mis- is, is daar filosofie!



LitNet: 29 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.