SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Menseregtedag-communique van die Groep van 63

21 Maart 2001

Met Menseregtedag op Suid-Afrika se amptelike kalender gee Suid-Afrikaners aan hulself en die wÍreld te kenne dat menseregte ons erns is. Maar menseregte kan slegs relevant en van konkrete belang wees indien ons die implikasies daarvan insien en dit uitleef.

Ofskoon die woord menseregte suggereer dat ons hier op die terrein van die reg beweeg, het menseregte implikasies wat veel wyer strek. Daarom vind dit neerslag op bykans elke terrein van die staatshuishouding.

Menseregte het gegroei tot ’n maatstaf vir gelyke en billike behandeling van alle lede van die burgery en vir ’n verantwoordelike regering. Kortom, menseregte het die status verwerf van die norm vir verantwoordelike en fatsoenlike politiek.

Maar om menseregte hierdie posisie te laat behou en sy voortgesette relevansie te verseker, is dit belangrik om te begryp dat dit nie as staties gesien moet word nie. Die woord menseregte het dus nie ’n vaste of onveranderlike betekenis nie. Inteendeel, menseregte is ’n dinamiese begrip wat moet tred hou met veranderende waardes en wat nuwe betekenis verwerf na gelang nuwe insig ontwikkel oor die vereistes van billikheid en redelikheid in ’n konkrete situasie. Menseregte kan slegs bydra tot ’n waardige menslike bestaan en tot die goeie gehalte van ’n gemeenskap indien dit in antwoord op nuwe sosiale en politieke probleme deurlopend nuwe norme en maatstawwe neerlÍ. Dit is juis aan die dinamiese aard van menseregte te danke dat dit daarin geslaag het om sosiaal en polities ter sake te word en te bly. Diegene wat menseregte staties as ’n voltooide saak sien en wat nie die voortgesette ontwikkeling daarvan voorsien nie, neem die wapen teen menseregte op. Sulke mense verval in ’n konserwatiewe politiek en verbeur so die dinamiese impuls wat menseregte vir die politiek bied.

In die verloop van die moderne geskiedenis is daar aan die hand van die menseregtelike gedagterigting daarin geslaag om ’n uitbreidende aantal waardes en belange van die voordeel van juridiese beskerming te voorsien. Dit het van ons die erfgename van ’n stel vryhede gemaak waarsonder demokratiese politiek onmoontlik sou wees. Die reg op vryheid van geloof, oortuiging, uitdrukking, beweging en assosiasie tel onder diť vryhede, wat in ’n simbiotiese verhouding met demokratiese politiek staan en wat om daardie rede ons almal se koestering verg. Dieselfde geld vir die reg op gelykheid en die noodsaak vir die bekamping van diskriminasie — iets waarsonder demokratiese politiek eweneens ’n onbereikbare ideaal sal bly.

Dit is noodsaaklik om in te sien dat menseregte se oer-impetus die risiko is dat ’n oppermagtige owerheid kan trap op die belange van hulle wat in ’n magtelose en kwesbare situasie teenoor ’n magtige owerheid verkeer. Menseregte poog vanaf die vroegste herkoms daarvan om die magteloses en kwesbares deur die toekenning van regte te bemagtig teenoor die magtige owerheid. Terselfdertyd is dit daarop gemik om die owerheid se gesag aan die dissipline van beperkende regsreŽls te onderwerp. Juis daarom is menseregte tereg begaan oor die belange van die gearresteerde, die aangehoudene en die beskuldigde. Wanneer ons daarop aanspraak maak dat ons getrou aan menseregte is, is daar geen moontlikheid om enige van die winste wat met menseregte behaal is, prys te gee nie. Trouens, diť regte moet steeds, ten spyte van die druk van ’n besondere situasie, in stand gehou word.

’n Altyd sentrale doelwit van menseregte is om die oormag van die owerheid tot die voordeel van die kwesbares te reguleer en om die kwesbares deur gunstige regsreŽls te bemagtig. Sodoende word gelykheid, wat ’n demokratiese bousteen is, ook bevorder. Die eietydse internasionale ontplooiing van menseregte is juis skerp op hierdie doelwit gefokus. Hierdie internasionale tendens is getrou aan die basiese doelwitte van menseregte. Daarom behoort dit heelhartig ondersteun te word. Daarteenoor is daar neo-isolasionistiese en neo-konserwatiewe retireringstendense in die Suid-Afrikaanse samelewing vaardig wat wil laer trek teen die verdere heilsame ontplooiing van menseregtelike politiek. Diť neo-konserwatisme verval juis in ’n benoude politiek wat menseregte finaal aan uitgediende inhoude van die verlede wil vasketting en die oŽ toeknyp vir die nuwe uitdagings wat menseregte die hoof moet bied.

Daar is talle menseregtelike kwessies wat Suid-Afrikaners se aandag opeis, maar die fokus moet vir die oomblik vernaamlik op drie dringende sake wees wat in die huidige situasie in Suid-Afrika in ons menseregte-praktyk geÔnkorporeer moet word. Die sake is van soveel belang dat teensinnigheid om dit in die menseregte-kultuur op te neem ’n daad van vyandigheid teen menseregte self uitmaak. Hierdie sake is:

1. Die regte van die slagoffers en potensiŽle slagoffers van misdaad

Die staat ontleen sy legitimiteit aan sy deurlopende vermoŽ om misdaad daadwerklik te bekamp om sodoende die burgery te beskerm en terselfdertyd te verhoed dat mense weens die staat se onvermoŽ eie reg gebruik. Wanneer die owerheid sy plig versuim om die burgery teen misdaad te beskerm, werk dit nie net mee tot die skending van die regte van die slagoffer nie, maar word die legitimiteit van die staat eweneens ondergrawe.

Die owerheid behoort in te sien dat sy basiese plig om misdaad te bestry ’n menseregtelike plig is. Vir sover die owerheid onsuksesvol is om misdaad te bestry, faal dit terselfdertyd om ’n menseregtelike orde in stand te hou. Wanneer daarop aangedring word — hetsy deur die totale Suid-Afrikaanse samelewing of welke ander minderheidsgemeenskap ook al — dat die owerheid hom behoorlik moet kwyt van sy plig om misdaad te bestry, moet die regering begryp dat hy eintlik bloot daaraan herinner word om sy mees basiese menseregtelike verpligtinge na te kom, of andersins as ’n mislukte owerheid beskou te word wat mense stimuleer om eie reg te gebruik en sy eie legitimiteit so af te takel. Die mees onvanpaste reaksie van die regering is om aan sy menseregtelike pligte te probeer ontkom deur aanvalle te doen op diegene wat daarop aandring dat die regering sy basiese pligte moet nakom.

2. Die noodsaak van geslagsgelykheid

Ondanks al die lippediens wat in Suid-Afrika aan geslagsgelykheid en die verwydering van geslagsdiskriminasie betuig word, is die Suid-Afrikaanse samelewing steeds blootgestel aan die teistering van diepgewortelde stereotipes oor die minderwaardigheid van vroue. Diť stereotipes manifesteer nie net in die neerhalende stereotipering van vroue en die voortgesette toekenning van minderwaardige private rolle aan vroue nie, maar ook in die skokkende hoŽ voorkoms van geweld teen vroue binne alle gemeenskappe in Suid-Afrika. Diť onaanneemlike toedrag van sake toon dat die grondwetlike beskerming van gendergelykheid tekort skiet in die ideaal om geslagsgelykheid en gelyke menswaardigheid te bewerkstellig. Vir die bereiking van geslagsgelykheid is veel meer as ’n laissez faire-houding noodsaaklik. Dit vereis trouens dat ons almal ons deur ons optrede doelgerig moet beywer vir die bereiking van daardie oogmerk.

Regeringslui behoort hulle verantwoordelikheid met betrekking tot hierdie kwessie onder oŽ te sien. Uitsprake soos diť van die minister van veiligheid en sekuriteit, Steve Tshwete, verlede jaar waarin hy blanke vroue in die skyf kry oor hulle beweerde afwesigheid by Vrouedag-byeenkomste, en sy onlangse uitspraak dat vroue meer as mans by misdaad betrokke is, is reŽlreg in stryd met die oogmerk van geslagsgelykheid. Laasgenoemde stelling oor vroue se misdadigheid is — veral komende van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit — nie net ongegrond nie, maar ook aangrensend aan geslagsgebaseerde haatspraak, wat teen die agtergrond van die hoŽ voorkoms van geweld teen vroue onverantwoordelik en dwaas is.

Ook binne die Afrikaanse samelewing moet energie dringend gefokus word daarop om ’n kultuur van geslagsgelykheid, soos beoog in die Internasionale Konvensie vir die Verwydering van Diskriminasie teen Vroue, te bewerkstellig.

3. Die regte van minderhede

Die erkenning van die regte van kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgemeenskappe is ’n noodsaaklike bestanddeel van ’n demokratiese bestel. Die parogiale opvatting waaraan halsstarrig in sekere konserwatiefdenkende kringe in Suid-Afrika geklou word as sou minderheidsregte bloot ’n toevallige bykomstigheid tot demokrasie wees, is fundamenteel gebrekkig en dui op ’n algehele verwarring oor die voorwaardes vir ’n gesonde demokratiese bestel.

’n Demokratiese bestel moet funksioneer op die grondslag van die gelyke akkommodering van alle groepe en individue. In die skerp heterogene Suid-Afrika toon die veel gekoesterde demokratiese ideaal egter toenemend tekens van verval tot ’n stelsel van demokraties vyandige meerderheidsdominasie. Hiervolgens kry die meerderheidsbelang konsekwent voorkeur en word die belange van die minderhede konsekwent en in ’n groeiende mate benadeel. Hierdeur word die minderhede in al hoe groter mate van die bestel vervreem en tot tweedeklasburgers gereduseer wat op die toevallige genade van die meerderheid aangewese is.

Die programmatiese transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing aan die hand van die ANC se sentralistiese nasiebou-ideologie lewer al hoe meer getuienis van hoe meerderheidsdominasie in die afwesigheid van minderheidsbeskerming vrye teuels het om onder meer Afrikaanse minderheidsbelange te minag en te benadeel. Die meerderheidsoorheersende ANC-bewind se onbeheersde aftakeling van Afrikaans, soos so pas weer gedemonstreer deur die minister van onderwys, Kader Asmal, se aanval op universiteite waar onderrig in Afrikaans plaasvind, is die jongste simptoom van wanfunksionering van Suid-Afrika se manke demokrasie.

Die spoedige toevoeging van minderheidsregte word dringend benodig ten einde te sorg dat dat daar aan die demokratiese voorskrif van gelykheid voldoen word en dat die Suid-Afrikaanse samelewing van die verergerende patologie van meerderheidsdominasie gevrywaar word. Daardeur moet verseker word dat minderheidsbelange buite die besluitnemingsbevoegdheid van die meerderheid geplaas word. Terselfdertyd moet minderhede, waaronder die Afrikaanse minderheid en enige ander minderheid wat daarvan gebruik wil maak, bemagtig word deur besluitnemingsbevoegdheid oor die belange van die minderhede in die hande van daardie minderhede te plaas.

Dit is die betoog van die die Groep van 63 dat hierdie drie kwessies dringend en daadwerklik aangespreek word. Die regte van misdaadslagoffers, die regte van vroue en die regte van kulturele minderhede is nou die toets of daar werklik ’n ernstige verbintenis tot menseregte en demokrasie bestaan. ’n Trae, voetslepende en ongeŽrgde houding oor hierdie kwessies verraai wesenlike dislojaliteit teenoor menseregte en demokrasie. ’n Afwysende houding daarteenoor neem nie die eise van fatsoenlike regering in ’n beskaafde gemeenskap ernstig op nie.

Die Groep van 63 sien sy medeverantwoordelikheid jeens hierdie drie vraagstukke onder oŽ en vertrou dat alle ander rolspelers diť verantwoordelikheid deel. Oor presies een jaar, op 21 Maart 2002, moet bestek opgeneem word oor waar Suid-Afrika dan met betrekking tot hierdie drie kwessies staan. As minderheidsbelange, die regte van misdaadslagoffers en die regte van vroue wesenlik belangriker geword het en daadwerklik in die grondwetlike en politieke praktyk verreken is, kan ons daarop aanspraak maak dat ons in die geheel op die pad van menseregte en demokrasie gevorder het. As die posisie oor hierdie drie kardinale kwessies stagnant gebly het, of as ons verder geretireer het, is ons klaarblyklik besig om die stryd om demokrasie en menseregte te verloor. Die huidige toedrag van sake bied geen rede tot selftevredenheid nie. Tog sou ons met almal se toegewyde aandag daarna kon uitsien om volgende jaar op 21 Maart bestek van die stand van menseregte en demokrasie op te neem.

KONTAKPERSONE

Dr Koos Malan 082 372 2045
Mnr Johann Rossouw 083 459 6364

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.