SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die stem van jong Suid-Afrika praat eerder as raas

Mandy Rossouw

Sol Plaatje Diskoers-reeks, Aardklop, September 2002

Jong Suid-Afrikaners is maar ’n moeilike klomp mense. Hulle wil nie in ’n blik gedruk word nie, maar hulle kan ook nie wegkom van sekere vooropgestelde begrippe en idees daarrondom nie. Begrippe soos Afrikaner, Afrikaanse en Afrikaan. Hierdie welbesproke terme ry die golf van omstredenheid sedert die 1994-verkiesing ons geleer het om polities korrek te wees.

Dit is belangrike terme om te definieer en te problematiseer, want daarsonder kan ons nie uit ons verlede sin maak nie, maar ons kan ook nie die hede verstaan of die toekoms beplan nie.

Noodwendig word ras, taal en herkoms gempliseer in al drie terme. Veiligheidshalwe kan ons almal ten minste saamstem dit is nou verbind met geografie. Deur jouself ’n Afrikaan te noem bevestig jy jou commitment tot die kontinent. ’n Afrikaner sien homself as deel van Suid-Afrika en Afrikaanses, glo dit of nie, en kom hoofsaaklik voor in sekere dele van sekere provinsies in Suid-Afrika.

Jy kan met enige vroeg-twintiger in Suid-Afrika lang debatte voer oor die aard van hierdie terme en hoe dit toegepas behoort te word. Maar daar l die probleem. Ons problematiseer sake tot die punt waar belangstelling in die onderwerp later op nul staan. Want jongmense in Suid-Afrika het genoeg insecurities. Ons besef dat as jy ’n werk wil h, moet jy rrig, rrig goed wees in wat jy doen. Ons gaan oorsee en moet klokslag aan ’n klomp Amerikaners verduidelik dat ons inderdaad nie met ’n leeu werk toe gaan nie, ten spyte van wat Breyten Breytenbach hulle vertel oor ons. Jy moet keer vir jou wickets by politieke partye en ouer garde in die samelewing wat jou vra waarom jy nie demands maak en mobiliseer teen godweetwat nie.

So, om dan nog jouself te moet definieer in terme van drie redelik beperkte konsepte, is bloot tydrowend. Ons sou graag wou rondsit en heeldag briewe aan dagkoerante skryf oor hoekom ’n Afrikaner “sy herkoms verlon” want hy noem homself ’n Afrikaan.

Maar die waarheid is, ons weet ons sal nooit aan die vereistes kan voldoen wat die ouer garde aan ons stel nie. Ons sal nooit Afrikaans so suiwer kan praat soos hulle wil h nie, want al my laptop se buttons is in Engels as ek emails tik vir my buddies wat travel.

Ons sal nooit die verlede so goed kan onthou om met elke erfenisdag hulde te bring aan elke generaal, impi of comrade wat die land gebring het tot waar hy is nie.

Ons sal nooit genoeg tyd h om te tel hoeveel Afrikaanse dramas die SABC2 nou weer uitgeskop het nie.

Ons sal nooit kan wees wat ons vaders en moeders en onderwysers en dominees wil h ons moet wees nie, so daarom bly ons maar besig.

Want werk in hierdie land is volop. Ons werk hard om ouer mense te oortuig dinge is nie so erg soos dit lyk nie. Ons werk hard om te bewys dat, al word ons nie geskool by Afrikaans-only universiteite nie, sal ons steeds ’n goeie opvoeding kry. Ons werk hard, want, die hemele weet, as ons dit nie doen nie, wie sal? Definitief nie genoemde briefskrywers wat elke week ’n nuwe voorbeeld het van hoe die land agteruitgaan nie. Net omdat hulle vullis nie op die openbare vakansiedag opgelaai is nie.

Nou waarom gaan so baie van ons oorsee, om te werk, rond te reis of net te swerf vir ’n tyd lank?

Ek sien dit as ’n siftingsproses. Dit is relatief maklik om visa in die hand by ’n agentskap in Londen aan te klop en ’n werk te kry as sekuriteitswag, konstruksiewerker of skakelbordoperateur. Dit ook heel maklik om plek te kry in ’n huis aan die oostekant van die stad (die poskode begin altyd met ’n E) waar jy een badkamer deel met 15 mense. Dit is verspotmaklik om vriende te kry wat saam die Springbokke ondersteun rondom ’n Weber waarop boerewors sis — die boerewors wat jy saam met die Castles by die Suid-Afrikaanse winkel gekoop het.

Jy mis jou ma en jy mis die son. Maar jy vertel vir almal: ek kan nie my R20 000 per maand salaris opgee nie. Dit, dames en here, is waar dit moeilik raak. Want R20 000 per maand help jou om jou studielening af te betaal en dit help jou om te spaar vir ’n kar, maar dit beteken nie jy gaan terugkom nie om ooit daai kennis te kom terugploeg of daai kar te kom koop nie.

Want met elke sesweke-vakansie by die huis sien jy hoe Suid-Afrika verander. Jy sien hoe goed jou vriende aanpas in ’n werksomgewing wat onderskryf word deur kwalifikasies en prestasies, nie familiebande en wie jy ken nie. Jy sien hoe Thembi Nkosi en Johan Francois lustig vry op Isidingo, maar jou ma hou aan met kyk. En dan begin jy verstaan dat transformasie was nie net ’n modewoord vir die 1994-verkiesing nie, dit is aan 't gebeur. En omdat jy dit nie kan hanteer nie, spring jy terug op ’n 747 na triestige Engeland waar jy jou wonde lek met die hulp van baie Ouma-beskuit en Klipdrift, weereens gekoop by die Suid-Afrikaanse winkel.

Dit neem dus baie vir ’n jong 20-jarige om sy ouers te los en die wreld op ’n werksvakansie te gaan verken, maar dit neem selfs meer om daai 20-jarige te laat terugkom. Daarom het Suid-Afrika die voorreg om te weet dat die wat terugkom, wil hier wees. En kan, met ondervinding wat oorsee opgedoen is, ’n bydrae maak, iets teruggee. Nie noodwendig om sopkombuise Saterdagoggende te beman nie, maar om nuwe idees te ontwikkel en onsself te definieer soos ons wil, nie soos ons vaders, moeders, onderwysers en dominees dit wil h nie.

Maar die Suid-Afrikaanse politiek leer ons, soos die Bybel, om verdraagsaam te wees. Om te weet dat ander antwoorde bestaan, beter antwoorde selfs. Dit sou niemand baat as jong Suid-Afrikaners om teen ouer Suid-Afrikaners te mobilise and make demands nie. Daar moet bloot ’n commitment wees van albei kante om mekaar aan te hoor, oop te stel en te luister. Om te onthou dat vreemdheid nie altyd ’n bedreiging is nie en nuwe stemme uit jonger oorde nie noodwendig op die verkeerde pad is nie — ons is immers deur Suid-Afrikaners grootgemaak.

Maar ’n fokusverskuiwing moet bepleit word. Ek stel dit onomwonde: Die Afrikaanse taal sal voortbestaan in Suid-Afrika. As die jongeres dit kan waarborg, kan die oueres ons dan help met die helse taak wat ons elke dag mee besig is? Kan julle aan ons die infrastruktuur beskikbaar stel om onsself uit te leef soos ons wil? En sal julle saam met ons kom as ons grense wil oorsteek om ’n beter Suid-Afrika te bou?

Ek dink die Suid-Afrikaanse jeug staan voor opwindende maar baie vreesaanjaende uitdagings. Ouer Suid-Afrikaners staan egter voor ’n selfs groter uitdaging: om hul kinders en kleinkinders toe te laat en te ondersteun om hierdie uitdagings op ongewone en unieke wyses aan te pak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.