SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ek vra niemand anders om van die Woordfees te onttrek nie

Max du Preez

is 'n bekroonde joernalis, skrywer en politieke kommentator.

  • Klik hier om die Pleister-seminaar se bydraes te lees!
  • Toe LitNet my gevra het om aan die Pleister-debat deel te neem, was my eerste instink om dieselfde obvious gemeenplasighede oor vryheid van spraak kwyt te raak as Joan Hambidge, Martie Meiring, John Miles en ander, wat ek toe 'n dag later op LitNet lees. Want hulle is reg, ek glo ook nie enigiemand se mond moet gesnoer word nie. Ek glo alle menings, ook die van ekstremiste, moet in die ring gegooi word, sodat ons almal dit kan bekyk en oorweeg. Ek het immers 'n stewige kriminele rekord agter my naam vir my stryd teen sensuur en die stilmaak van stemme.

    Dan Roodt se stem moet ook nie stilgemaak word nie, hoe onwelriekend en dom sy opinies ook al is. As die staat dit ooit sou oorweeg om hom of enige ander lid van die lunatic fringe stil te maak, sal ek daarteen baklei - ek kan nooit vergeet dat daar 'n tyd was dat die Afrikaner-establishment my as lid van die lunatic fringe afgemaak het nie.

    Maar niemand wou tot dusver Roodt se mond snoer nie. Hy het sy eie webwerf, sy eie uitgewery en hy is seker die mees ywerige skrywer van eposse en briewe aan koerante in Suid-Afrika - en dit word gepubliseer. Hy reël gereeld betogings en proteste en diverse media-sirkusse. Ek het hom al 'n hele paar maal as gas van geselsradioprogramme gehoor. Ek het self al op 'n besprekingsprogram op kykNET met hom gedebatteer. Vir 'n man sonder party of organisasie - hy is net 'n individu met 'n modem - kry hy geweldig baie publisiteit vir sy persoonlike sienings. Die grondwet wat Roodt so haat, beskerm hom, en met reg.

    Ek dink nie die Woordfees het Roodt genooi oor die intellektuele bydrae wat hy sou kon maak nie. Ek dink hy is genooi weens sy vermaaklikheidswaarde. Hy is soos 'n apie wat in sy hok in die dieretuin masturbeer - mense put 'n perverse genot daaruit om daarna te gaan kyk. As Roodt ook, soos baie van sy geesgenote, kakieklere en 'n woeste baard gedra en net uit die Ou Testament aangehaal het, sou niemand van hom kennis geneem het nie. Maar nou dra hy Gucci pakke, bly in 'n fancy golf estate en gebruik graag Franse terme. Dis tog 'n nuutjie. 'n Hoender wat met twee koppe gebore is, is ook 'n nuutjie.

    Sou die Woordfees armer wees sonder Roodt se bydrae? Nee, ons weet almal wat hy te sê het: swartmense is geneties agterlik met ononderdrukbare drange om te moor, steel en verkrag; apartheid was glad nie so sleg nie; witmense en veral Afrikaners is superieure wesens. Ons het dit mos al tevore gehoor: by die ou HNP, by Barend Strydom van Wit Wolf-faam; by die Boeremag, by die Kerk van die Skepper; by Eugene Terre'Blanche en sy lot; en voor hulle by die ou apartheid-ideoloë. En dan het hy dit ook oor die staat en almal wat nie Afrikaans is nie, wat Afrikaans finaal wil vernietig. Hoeveel keer het ons dit al gehoor sedert 1994?

    Sou die Woordfees-organiseerders vir Barend Strydom, die Slagter van Pretoria, uitnooi om aan die fees te kom deelneem om oor sy persoonlike filosofie te gesels? Sou die Woordfees iemand wat verkondig dat alle vroue inherent minderwaardig is en onderdruk behoort te word, nooi om van hul forums gebruik te maak? Dis mos absurd. Ek sal ook Strydom en die vrouehater se reg op vrye spraak verdedig, maar ek sou nooit kon goedkeur dat hulle prestigieuse platforms aangebied word om aan hul haatlikhede respektabiliteit te verleen nie. En wat my betref, is Dan Roodt in dieselfde klas as die mense.

    So: ek wil beslis nie hê Roodt se mond moet gesnoer word nie. Ek het niks met die Woordfees of die Universiteit van Stellenbosch te make nie, hulle kan doen soos hulle lekker kry. Maar as 'n mens en 'n landsburger en 'n Afrikaner mag ek sê: ek wil protes aanteken daarteen dat 'n haatspreker soos Roodt deur goedbedoelende, normale mense verdere geloofwaardigheid gegee word deur as gasspreker na 'n universiteit genooi te word. Elke keer as hy sy mond oopmaak, wat redelik gereeld is, bereken hy skade aan die saak van die Afrikaanse taal en almal wat dit praat en gee hy diepe aanstoot aan die meeste Suid-Afrikaners.

    Ek dink dis tyd dat ons nou verby die stomme apie in die hok stap.

    Ek vra niemand anders om van die Woordfees te onttrek nie. Ek praat net namens myself. Ek wil nie geassosieer wees met 'n fees wat indirek Roodt se walglikhede verder versprei en aan hom 'n status en geloofwaardigheid gee wat hy nie verdien nie. Roodt is die groot kampioen van self-promovering, hy het nie hulp nodig om sy idees aan die groot klok gehang te kry nie. Veral nie die Universiteit van Stellenbosch nie. Laat ou Dan sy eie vuil werk doen.

    Ek gaan liewer rugby kyk op Saterdag 12 Maart.



    LitNet: 23 Februarie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.