SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

'n Boek is 'n boek is 'n boek?

Marita van der Vyver

Wen 'n Marita-boekpakkie!

LitNet bederf sy lesers met 'n kans om 'n Marita-boekpakkie te wen wat bestaan uit Griet skryf 'n sprokie, Griet kom weer en die splinternuwe Die hart van ons huis. Die boeke word geskenk met die vriendelike ondersteuning van Tafelberg-uitgewers. Al wat julle moet doen is om die volgende drie vrae te beantwoord:

1. Wat is Marita se man se naam? (Antwoord in onderstaande artikel.)
2. Noem jou drie gunsteling Suid-Afrikaanse skrywers.
3. Vertel ons hoe ons LitNet vir jou as leser kan verbeter.

Stuur julle antwoorde per e-pos na sharon@litnet.co.za

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 12 November, waarna 'n gelukstrekking sal plaasvind.

Klik op omslag om te bestel by kalahari.net
Koop hierdie boek nou! Die hart van ons huis
Deur: Marita van der Vyver
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 0624042359
2004
Bladsye: 220
Sagteband
Marita van der Vyver

Groot was my vreugde toe iemand my nou die dag laat weet dat my nuwe boek, Die hart van ons huis, tweede op die algehele topverkoperlys in Suid-Afrika is. Net onder (heelwat onder, wat verkope betref, neem ek aan) die internasionale treffer The Da Vinci Code. Maar terwyl ek nog wonder of dit 'n geldige verskoning is om 'n bottel sjampanje oop te maak, sien ek dat dit die topverkoperlys vir fiksie is.

En my boek is niefiksie. Of is dit?

Teen di tyd begin ek self wonder.

Want intussen stuur my Hollandse vertaler, Riet de Jong-Goossens, vir my 'n lesersverslag waarin sy die boek "'n outobiografiese roman" noem. Nee, skryf ek vir haar, dis nie 'n roman nie. Ja, skryf sy terug, maar dit lees soos 'n roman.

En ek sien voor in die boek, op die rugkant van die titelblad, staan gedruk "Ander romans deur Marita van der Vyver". Let wel, "ander" romans. En dan volg 'n lysie van my vorige volwasse romans.

Maar in hierdie lysie vind ek ook Die dinge van 'n kind, wat deur sommige lesers as 'n jeugroman beskou word. Of dan in elk geval 'n soort brugboek tussen jeug- en volwasse lektuur. Terwyl my vier "amptelike" jeugromans nie in die lysie ingesluit is nie.

Vir die gemiddelde leser moet al hierdie letterkundige afkampings nogal verwarrend wees. Fiksie of niefiksie. Volwasse roman of jeugroman. Outobiografie of reisverhaal. Persoonlik het ek nog altyd gevoel dit maak nie saak in watter kampie enige van my boeke deur bemarkers of verkopers gedruk word nie. Wat saak maak, is dat die boek gels word.

Maar vir die mense wat die lyste opstel, daardie lyste wat boeke volgens verkope nommer, maak dit seker saak. As 'n niefiksieboek per abuis in die tweede plek op die fiksielys beland, dan steel daardie boek immers die posisie van 'n ander boek wat eintlik tweede op die lys moes gepryk het. Dan word daardie skelm boek mos 'n imposteur, 'n indringer, Hamlet se aanmatigende oom wat die troon steel!

Dis met sulke skuldige gedagtes in my agterkop dat ek toe nie die bottel sjampanje oopmaak nie. Besluit ek moet eerder sorg dat die boek op die "regte" lys beland. Fluister 'n paar woorde in 'n paar mense se ore - en siedaar, enkele dae later ontvang ek 'n e-pos van 'n vriendelike meneer wat hierdie lyste help opstel. Die Suid-Afrikaanse indeks van boekverkope, of so iets. Ene Anthony (as ek reg onthou) vra my in mooi duidelike leketaal of my boek gaan oor plekke en gebeure wat ek opgemaak het, of oor regte plekke en dinge wat regtig gebeur het. En ek antwoord, net so mooi duidelik, dat dit gaan oor my en my gesin (wat regtig bestaan) se lewe op 'n Franse dorpie (wat regtig bestaan) en dat alles waaroor ek skryf, regtig met ons gebeur het. (Glo dit of nie.)

Wel, natuurlik het alles nie altyd presies gebeur soos ek dit beskryf nie. Enige skrywer weet tog 'n bietjie oordrywing kan 'n sappige storie net sappiger maak. (Selfs joernaliste weet dit.) Soms oordryf jy dus, soms las jy 'n stertjie by, soms laat jy feite weg om jou naastes se privaatheid te beskerm, soms verander jy die einde van 'n storie om dit meer humoristies of meer treffend te maak.

Maar basies, skryf ek vir ene Anthony, is hierdie boek nie 'n "opgemaakte" storie nie. Basies beskou ek dit as niefiksie.

Dog nou het ek alles mooi duidelik uitgespel.

Kry ek wraggies weer 'n e-pos van ene Anthony. Hy is die wetenskaplike soort, skryf hy, nie die letterkundige soort nie, dus wil hy net ddseker maak dat hy my reg verstaan. Bedoel ek dat al die karakters in my boek regte mense is? Ja, antwoord ek dadelik. Wel, nie almal nie. Maar amper almal

En op hierdie punt begin ek toe self twyfel.

Oor die verskil tussen fiksie en niefiksie.

Daar is twee karakters in die storie wat ek moes "vermom", ander name en adresse en selfs 'n ander voorkoms moes gee, anders het ek dalk sonde met die bure opgetel. Op die ou end het ek hulle so deeglik vermom dat ek hulle eintlik in ander mense verander het. Met ander woorde, ek het hulle "opgemaak". Soos in fiksie.

En selfs die "regte" mense waaroor ek skryf - die Amerikaanse buurman, die Marokkaanse Hakima, die burgemeester en sy sekretaresse, en my kinders se onderwysers, bowenal my familie en my gesin - hulle het almal ook "karakters" geword. Bloot omdat hulle doen en late tussen die blaaie van 'n boek beskryf word. Soos in fiksie.

Byvoorbeeld: my Franse man, wat natuurlik nie Afrikaans lees nie, was laas week skoon opgewonde toe iemand vir ons 'n tydskrif stuur waarin 'n uittreksel uit die boek in Engels vertaal is. Uiteindelik kan hy met sy eie o sien wat ek alles oor hom kwytraak! En n hy die uittreksel gelees het, s hy so half ingedagte: "Dis 'n vrmde ervaring om 'n karakter in 'n boek te word. Dis ek, maar dis ook nie ek nie. Ek lees oor myself asof ek oor iemand anders lees."

Nou moet ek byvoeg dat Alain nie ongewoond is daaraan om sy naam in koerante of tydskrifte te sien nie. Ek praat maklik oor hom as ek onderhoude met die pers voer, of as ek self 'n artikeltjie vir die pers skryf. Wat die hart van vol is, ensovoorts. Maar dis die eerste keer dat ek in 'n boek oor hom skryf.

Dis die eerste keer dat hy soos 'n karakter in 'n storie voel.

Nogtans, skryf ek vir die wetenskaplike Anthony, beskou ek die boek as niefiksie. Grotendeels. In hooftrekke.

Bra onwetenskaplik klink ek toe vir myself.

Maar kom ons neem aan, argumentshalwe, dat die meeste lesers die boek as niefiksie gaan beskou. Dan is dit nog nie die einde van die storie nie. Want nou wil die boekverkopers en die bibliotekarisse weet watter soort niefiksie. Met ander woorde, op watse rak moet die boek uitgestal word? Onder outobiografie of onder reisverhale, of onder humor?

S vir hulle onder rillers, stel Alain voor. Met al die rampe en ellendes wat ons gesin tref, klink ons soos iets wat Stephen King uitgedink het.

Nee, eerder fantasie, meen my seun. "The Addams Family. Dis hoe Ma ons laat lyk."

As ek heeltemal eerlik wil wees, weet ek self nie op watse rak Die hart van ons huis hoort nie. Nie binneversiering nie, daarvan is ek seker, al klink dit dalk soos die titel van 'n dekorboek.

Maar dis ook nie 'n outobiografie nie. Lesers wat op soek is na sensasionele geheime uit my donker verlede, sal diep teleurgesteld wees. Goeie outobiografiese geskrifte vereis absolute eerlikheid - en dis nou eenmaal makliker as die meeste van die mense oor wie jy skryf, reeds dood is. Anders gestel, ek is nog nie oud genoeg vir 'n eerlike outobiografie nie.

En dis ook nie 'n reisboek nie. Dit gaan weliswaar oor 'n streek wat vir die meeste Afrikaanse lesers eksoties verleidelik klink, maar ek is nie 'n reisiger in hierdie streek nie. Ek het lankal meer as 'n reisiger in Provence geword. Ek woon al amper 'n dekade hier, my dogter is hier gebore, my seun skryf en lees Frans beter as Afrikaans of Engels.

'n Reisskrywer hoef nie verantwoording te doen aan die mense oor wie sy skryf nie. Teen die tyd dat die boek verskyn, is sy al weer op 'n ander plek, op 'n volgende reis. Terwyl ek bly woon tussen die mense oor wie ek skryf. Ek koop my daaglikse brood by hulle. My kinders speel met hulle kinders. Dit maak 'n groot verskil, glo my.

Selfs al lees die mense op my klein dorpie nie Afrikaans nie, meestal nie eens Engels nie (soms nie eens Frans nie), moet ek versigtig wees oor wat ek skryf. Ek mag met hulle spot, soos wat ek met myself spot, maar ek mag hulle nie kwets nie. Dit gaan vir my om iets so eenvoudig soos respek vir my naastes. En in so 'n gehuggie is almal jou naastes - die bakker, die bankier, die burgemeester. Almal in dieselfde bootjie.

Kan ons dit nie as 'n "humorboek" bemark nie? wil iemand weet. Wel, as jy in die tweede helfte van jou lewe onverwags in 'n vreemde land moet aanpas, 'n vreemde taal en kultuur moet aanleer, vreemde gewoontes en tradisies moet aangryp, dan het jy 'n humorsin nodig om te oorleef. Elke enkele dag. So natuurlik is daar 'n goeie dosis humor in hierdie boek. Maar dit kan seker van al my vorige boeke ook ges word. Griet skryf 'n sprokie was vol (swarterige) humor - en tog is dit nie as 'n "humorboek" bemark nie.

Nee, ek weet regtig nie op watse rak Die hart van ons huis hoort nie. As ek gedwing word om dit in een frase op te som, sal ek s dis 'n lighartige relaas oor my onidilliese lewe in 'n idilliese landskap. Griet het nie meer nodig om sprokies te skryf nie, liewe leser. Ds wat ek eintlik wil s. Die werklikheid het vreemder as enige sprokie geword.

Besluit maar self op watter rak jy drvoor gaan soek.



LitNet: 21 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.