SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Manifes van Protes

Jaco Botha

Skrywers deur die eeue was nog altyd in wese rebelle, al is daar in die meeste gevalle slegs teen bestaande tekste gerebelleer. Soms, binne ’n ideologies onbevredigende omgewing, kring daardie verset egter tot in die “regte” lewe uit.

Dit is dan ook wat binne die apartheidsera gebeur het.

Afrikaanse skrywers soos Andrť Brink en Breyten Breytenbach (om maar twee name te noem) het hulself baie ongewild by die regiem gemaak om teen die beleid van die dag in te skrywe. Versetliteratuur het gevolglik een van die belangrikste strominge binne die Afrikaanse letterkunde geword. Dit is dan verset nie net teen die politieke bestel van die dag nie, maar ook verset teen ’n marginalisering van oa vroue en homoseksuele. Daardie skrywers het tot ’n grote mate bygedra tot ons, as Afrikaanse lesers, se lewensiening van vandag.

Na die val van Apartheid en die aftakeling van ’n secure estetiese model deur die postmodernisme, het die “rebelle” ’n bietjie van ’n windstilte of lugleegte ervaar. Waaroor of waarteen om nou te skrywe? is deur menige skrywer gevra.

Veral die jonger skrywers het hierdie “gebrek aan ’n vyand of suiwer doel” erg swaar beleef. Ons moes eenvoudig maar skrywe om girls te beÔndruk of drank te bekostig, terwyl die ouer skrywers in die apartheid-era ’n doel in die lewe gehad het.

Ons almal het ons eie realiteite, maar dit was vir my werklik goed om in Rapport van 2 Maart Koos Kombuis se grondverskuiwende en heel mooi artikel, Die sagte sprong, te lees. Kombuis het die krapperigheid in my eie gemoed verwoord deur die gevare verbonde aan die NNP se “troue” met die ANC uit te wys. Daardie artikel sien ek ook as die eerste sinvolle geskrif in ’n nuwe Afrikaanse periode van verset.

Kombuis skryf oa:

Is this for real? Of is ons om die bos gelei? Klink ek soos Dan Roodt as ek myself afvra of dit die begin van die einde is? As dit inderdaad so is, het ons pas die subtielste staatsgreep in die geskiedenis van die wÍreldpolitiek beleef. ’n Sagte sprong in die arms van die diktator in. En die diktator — ene Thabo Botha — sit op fluweelkussings en praat met ’n stem wat drup van die heuning. Dit laat my wens meer mense in Suid-Afrika het 1984 van George Orwell gelees.

Anders as ander Afrikaanse skrywers, soos Dan Roodt en Jaap Steyn, gryp Kombuis in sy rebellie nie terug na vroeŽre ideologieŽ (die knusheid van ’n wit kindertyd in Suid-Afrika) om die huidige ongemaklikheid te bestry nie. Dit is nie ’n swart meerderheidsregering, of Afrikanisering wat Kombuis bekommer nie, maar eerder die potensiŽle vergrype van ’n eenparty-staat. Ons pragtige konstitusie is maar net tot so ’n mate gefortifiseer.

Soos Kombuis verkies ek ook om ’n alternatiewe roete as diť van die Roodts te volg. Ek sien dit as ’n saak van onmoontlikheid om ’n groepering soos die Afrikaner te definieer en gevolglik vir so ’n groepering, indien mens wou, in die bres te tree. Wat ek eerder sal doen is om in die tradisie van die skrywer te sÍ waarteen ek als is en te kyk of daar genoeg mense is wat saam met my stem om ’n noemenswaardige verskil te kan maak.

Ek wil dit dan ook hier duidelik stel dat my betoog op alle Suid-Afrikaners gerig is, en nie bloot ’n senuweeagtige ge-”ra ra ra” vir ’n nuwe groep gemarginaliseerdes is nie.

Ek moet ook noem dat hierdie bloot ’n emotiewe werksdokument is, wat slegs bedoel is om lesers te inspireer om verder te praat en te skrywe.

Hiermee dan my Manifes van Protes.

  • Ek is teen ’n eenparty-staat of ongeopponeerde regering

    Maak nie saak hoe edel die intensies van ’n eenparty-staat is nie, dit skep die volgende gevare:

    1. Goeie leiers in ’n party kan deur die jare deur swakker leiers vervang word, of goeie leiers kan (soos in Zimbabwe gebeur het) die pad byster raak en dan is daar eenvoudig geen teenwigte om daardie leiers tot besinning te roep nie.

    2. Die stand van selfs ’n goeie konstitusie is nie veilig onder ’n eenparty-staat nie (en weer eens verwys ek na die voorbeeld van Zimbabwe). ’n Konstitusie kan willekeurig deur ’n meerderheidsregering verander word, of die afdwing van so ’n konstitusie kan eenvoudig geÔgnoreer word.

    3. Wanneer daar geen kompetisie vir ’n regerende party is nie, lei dit in baie gevalle tot lae standaarde, onverantwoordbare korrupsie en die oordondering van minderheidsgroepe.

  • Ek is teen werkloosheid, armoede en die daaruit voortspruitende misdaad

    Oral in die wÍreld sal mens misdaad kry, maar in Suid-Afrika is dit ’n besonderse probleem agv die grootskaalse armoede en ekonomiese wanbalanse. Hierdie klaaglike situasie lei in baie gevalle ook tot geweldsmisdade wat uit frustrasie gebore is.

    Al hoe hierdie situasie opgelos kan word, is deur effektiewe regeringsbestuur en samewerkingsprojekte met die privaatsektor. Slegs wanneer daar op ’n massiewe vlak werksgeleenthede gegenereer word, sal Suid-Afrika ’n kans hÍ om uit hierdie klaaglike situasie op te staan.

    Effektiewe regeringsbestuur oor die lang termyn gebeur slegs agv “checks and balances”. Wat kan ’n kieser in ’n eenparty-staat tog doen indien so ’n regering nie “deliver” nie.

    Binne ’n kapitalistiese bestel sien ons dat slegs regerings met sterk opposisiepartye, soos in Brittanje en die VSA, ’n gesonde ekonomie kan verseker.

  • Ek is teen openbare sensuur

    Ek glo in die reg van die individu om te kies; om, indien hy/sy so voel, selfsensuur toe te pas. Maar ek is teen die onderdrukking van enige opinie, of materiaal, al is daardie opinie nie polities modieus nie, of al het daardie opinie die potensiaal om sekere groeperinge te affronteer.

    Openbare sensuur is ’n skending van menseregte en lei tot kulturele verarming.

  • Ek is teen diskriminasie in al haar vorme

    Ek glo dat daar inisiatiewe en konsepte soos regstellende aksie nodig is om die ongelykhede en onregverdighede van die verlede aan te spreek. Ek glo dat sulke inisiatiewe egter met groot deursigtigheid, effektiwiteit en verantwoordelikheid bestuur moet word, om nie gewoon ’n herhaling van die foute van die verlede in bloot in ’n ander kleur te wees nie.

    Ons regstelsel sÍ dat die Reg nie tot die vlak van die krimineel mag daal om regverdigheid te bewerkstellig nie, en ek voel dat met regstellende aksies, dieselfde riglyn gevolg behoort te word.

    Daar moet duidelike teikens en tydskale gestel word, sodat ons so spoedig moontlik kan arriveer by gelyke regte en gelyke kompetisie vir almal.

  • Ek is teen die skending van menseregte

    Ek glo in vryheid van spraak, beweging, geloof en taal.

    Vanuit lesse uit die Hitler- en Verwoerd-eras glo ek mens moet versigtig wees vir sosiale manipulering. Die reg van mense om saam te koek en dieselfde taal te praat en kultuur te bedryf, is net so belangrik soos die reg om vryelik te beweeg en toegang te hÍ tot alle openbare instansies en inisiatiewe.

    Mens kan niemand dwing om iets te doen, of nie te doen nie, behalwe as daardie persoon se reg in die proses diť van iemand ander inperk of negeer.

  • Ek is teen politieke manteldraaiers

    Een van die enigste redes hoekom mense in die vorige verkiesing vir die NNP gestem het, is juis vanweŽ die vrees en kommer oor ’n oordonderende meerderheidsregering.

    Die NNP-leierskap het hul kiesers verlaat en in die sagte verebed van die ANC geklim.

    Die ANC gaan egter op ’n kol agterkom dat hulle ’n kat in die sak (’n leierskap sonder volgelinge) gekoop het, en dan gaan Peter Marais, met al sy razzmatazz, nie veel meer mense van enige iets kan oortuig nie.

  • Ek is teen apatie

    Ek verseg om bloot te aanvaar dat dinge sommer so is. Ek is nie bereid om verlaagde standaarde in enige sektore — die staat, die privaatsektor, die onderwys, sport of die kunste — stilswyend te aanvaar nie.

    Ek is nie bereid om bloot te sÍ “ag ja” as korrupsie toegesmeer word, of onregverdig en onkonstitusioneel opgetree word nie.

    Daar is met bloed en trane ’n legitieme stem vir alle Suid-Afrikaners vermag. Ek sal opstaan en getel word.

    Wie is saam met my?



    Wat dink jy van Jaco Botha se Manifes? Stuur jou reaksie aan SÍNet.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.