SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan geld alleen regmaak wat krom is?

Salie Manie


ANC-parlementslid

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, September 2002

Agt jaar binne die Nuwe Suid-Afrika ervaar ons nog steeds baie probleme — soos werkloosheid, ho vlakke van misdaad, armoede ens. Hierdie probleme gaan vir baie lank nog met ons wees — en die regering, ongeag wie dit is, sal op hul eie nie hierdie probleme kan oplos nie.

En geld alleenlik sal nie ons probleme kan regstel nie.

Hoe benader ons die probleem(e) en van watter oogpunt sien ons dit? Is dit omdat daar nou meer en meer wit mense is wat ons kan beskryf as arm, dat ons dit vandag hier bespreek?

As mense mt ons geraak word deur swaarkry, armoede en siektes. Ongeag watter godsdiens ons praktiseer — God verwag van ons om te doen wat ons kan as mense om verligting te bring vir die wat ly en swaarkry.

Die reaksie van die oorgrote meerderheid is die visstok-voorbeeld: gee die mense wat arm is, ’n visstok en leer hulle om vis te vang, dan sal hulle nooit honger ly nie. In teorie is daar niks verkeerd daarmee nie — maar hoe pas ons dit toe op ’n sesjarige kindjie of ’n tagtigjarige sieklike oumens wat miskien niks te ete gehad het vir die afgelope dag of twee nie? Wat ons kortkom, is die visstok EN die geld. Maar meer belangrik: ons kort mense wat omgee — mense met die regte gesindheid, wie se harte op die regte plek is. Ek is oortuig dat ons genoeg sulke mense in ons land het.

Nou wat skiet dan kort?

Eerstens, sal ek s, is dit ons houding teenoor ander mense en ander groepe. Hulle is nie ons mense nie en daarom laat dit ons koud — totdat dieselfde probleme aan ons deur klop. Ek dink ek verstaan egter ook hoekom wit mense ’n bietjie terugstaan: dis dinge soos regstellende aksie; dat hul kinders nie werk kan kry nie; die probleem oor ons grense in Zimbabwe; onsekerheid oor die toekoms.

Swart mense, aan die ander kant, raak ook mismoedig, maar vir ander redes. Hulle het vas geglo dat hulle ’n beter lewe sal h sodra die Nuwe Suid-Afrika aankom. Dit ht toe gekom — maar hulle kry nog steeds swaar.

Ons moet vertroue ontwikkel in mekaar. Laat ons mekaar nie mislei nie — hierdie vertroue bestaan nog nie. Vermo om deur ander en mekaar se o te sien is noodsaaklik. As swart en wit nie ’n gesamentlike poging aanwend om armoede te bekamp en ons ekonomie te laat groei nie, gaan ons nog vir baie jare met hierdie probleme sit. Wit en swart moet aanvaar dat hul toekoms baie nou gekoppel aan mekaar is en dat ons almal deel vorm van ’n nuwe Suid-Afrikaanse nasie.

Dit beteken nie dat ons ons taal, kultuur of godsdiens prysgee nie. Die Suid-Afrikaanse ekonomie benodig ’n brer en beter “skills”-basis. Ek moet s, as voorsitter van die Arbeidskomitee voel ek dat ons ’n baie gesofistikeerde program het. Ongelukkig gaan dit tyd neem voordat ons die voordele daarvan sal kan benut.

Tweedens moet ons ons kapasiteit van goedere vervaardig, baie meer versterk, sodat ons self al ons minerale kan omskep in goedere wat ons kan uitvoer.

Derdens moet ons meer doen om buitelandse beleggings binne ons ekonomie aan te moedig.

Vierdens voel ek dat die Proudly South African-projek baie meer ondersteuning moet kry en beter verstaan moet word deur die algemene publiek.

Terselfdertyd moet ons baie meer georganiseerd raak en ’n gemeenskapsprogram uitwerk om by die armes uit te kom. Ons benodig dus ’n reuse- en ’n dapper plan.

Daar is ’n spreekwoord wat s: “’n Boer maak ’n plan.” Waar is die plan?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.