SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My meditasiemat of jou feng shui-bed?

Ons eksperiment met alternatiewe vorme van spiritualiteit

Magdaleen du Toit

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002


WAT IS SPIRITUALITEIT? Dis eintlik ’n woord wat vreemd is aan ons godsdienstige tradisie. En tog vind ons dat mense ’n behoefte het aan die woord spiritueel in onderskeiding van begrippe soos godsdienstig of geestelik of religieus. Dis asof hulle ’n woord soek wat onaangeraak is deur inhoude waarmee hulle hulle al vasgeloop het, of waarmee hulle nie heeltemal vrede het nie.

Vir my is spiritualiteit ’n kwaliteit wat gewoonlik beslag kry as gevolg van ’n proses. Hierdie kwaliteit is dikwels ongerep teenwoordig by kinders, en ook in die sogenaamde “primitiewe” gemeenskappe. Dis ’n bewustheid van die heelheid en samehang van alle dinge, van ’n gees, God se Gees, wat alles deurweef, in alles teenwoordig is en alles met mekaar verbind. As gevolg van die Westerse manier van dink wat alles wil kategoriseer en begrens, verloor ons vroeg reeds hierdie bewussyn, en dan verg dit soms ’n baie pynlike proses om dit weer te herwin — om as’t ware weer die pad huis toe te vind.

Om op hierdie spirituele pad te loop veronderstel transformasie — as jy erns maak met die proses, kan jy nie anders as om te verander nie, en die individu se verandering word deel van ’n groter (hoewel stadiger) proses van kollektiewe transformasie of evolusie. Menslike evolusie het nie opgehou toe die mens begin regop loop het nie. Fisieke evolusie het wel grootliks gestabiliseer, maar die evolusie van die mens se gees gaan voort.

Die verwysing na feng shui en meditasie in ons onderwerp roep vir baie mense onmiddellik ’n new age-konnotasie op. Wat is hierdie “new age” of “nuwe era” wat baie mense so in angssweet laat uitslaan? Ek wil graag na die jongste drie astrologiese eras, die eras van die Ram, die Visse en die Waterdraer, verwys as aanknopingspunt om te verduidelik wat ek bedoel met kollektiewe evolusie, en hoe dit ons elkeen se individuele spiritualiteit raak.


Fases in kollektiewe transformasie
Die twee duisend jaar wat die geboorte van Christus voorafgegaan het, was die astrologiese era van die Ram, simbolies van die tyd toe die offerdier versoening tussen God en mens moes bewerkstellig. Spiritualiteit is kollektief en ritualisties beleef. Dit was die era van fisieke mag; die uiterlike, tasbare wÍreld van die vyf sintuie was belangrik; dit het gegaan om oorlewing; en instinktiewe, onbewuste optrede was tipies. Die individu was ondergeskik aan die groep, en ’n kollektiewe moraal en waardes het geheers. Groepsidentiteit was belangrik, die individu het homself net geken in terme van sy identiteit as groeplid, nie in terme van sy innerlike self nie. Na buite is oorlog gemaak om die integriteit van die groep te beskerm, en na binne is van verskillende meganismes gebruik gemaak om groeplede onderhorig te hou: beloning en straf, ’n streng gesagstruktuur met ’n uitgebreide rangorde, ’n baie duidelike omlyning van wat aanvaarbaar en wat onaanvaarbaar is. Individue wat die bestaande orde bevraagteken het, is geÔsoleer, verwerp en selfs tereggestel.

Ten tyde van die geboorte van Jesus Christus breek die volgende tweeduisendjaarfase aan: die era van die Visse. Dis betekenisvol dat die vroeŽ Christene juis die simbool van die vis vir hulle toegeŽien het. Die kollektiewe mag van die vorige era begin nou plek maak vir individuele mag of vir die bemagtiging van die individu. Jesus het iets nuuts en unieks in terme van menslike bewussyn gebring — persoonlike mag, maar met ’n spesifieke kwalifikasie: hierdie mag setel nie in polarisasie soos in die vorige era nie, dit is bemagtiging deur liefde. Die liefde is ’n integrerende beginsel. Die temas hier is eie oordeel (nie meer die groep of die leiers wat voorsÍ nie), eie verantwoordelikheid, begrip en deernis. Die individu hoef nie meer sy identiteit in die groep te vind nie, maar kan nou in voeling kom met sy diepste, outentieke self en sy roeping daarvolgens vervul. Wat sy godsdiens betref, het die mens nou nie meer ’n priester nodig om deur middel van ’n offer vir hom die pad na God oop te maak nie; hy kan direk en self na God uitreik.

Wat Jesus en die era van die Visse gebring het, was so revolusionÍr dat dit vir die kollektief-gekondisioneerde verstand en gemoed van destyds te veel was om te verteer. Daarom moes die Christus-gebeure vertolk word in terme van die temas van die vorige era: die antieke offermetafoor is dus weer ingespan om Jesus se lewe en sterwe te verklaar, sodat die nuwe bewussyn wat hy gebring het, in twee duisend jaar eintlik nog nooit tot volle bloei kon kom nie.

En nou het ons alreeds weer oor die drumpel getree van die nuwe astrologiese era, die era van die Waterdraer. Die Waterdraer simboliseer uitstorting, mededeelsaamheid, oorvloed. Ons beweeg nou van die vlak van individuele bewussyn na ’n meer universele, spirituele bewussyn. Ervarings verkry nou simboliese waarde. Mense raak al meer daarvan bewus dat dit wat hulle beleef, nie ’n vaste, eendimensionele betekenis het nie, maar dat dit op baie maniere vertolk kan word. Dit gaan nie oor die situasie as sodanig nie, maar oor die betekenis wat jy kies om daaraan te heg. Die sleutels vir hierdie era is metafore, simbole en argetipes, en ons taak is om kreatief daarmee om te gaan om self nuwe werklikhede te skep. Dis by uitstek ’n tyd van grensoorskryding: die inligtingsera met sy informasienetwerke — al digter wordende webbe wat die aarde omspan en almal met almal verbind Ö sonder dat jy met jou vinger aan daardie werklikheid kan raak.

Natuurlik leef al drie hierdie bewussynsvlakke gelyktydig in ons elkeen — dit hang van onsself af watter vlak ons aktiveer. Dis interessant om te kyk hoe mense reageer in tye van drastiese transformasie, wanneer dit wat vir hulle bekend was, grootliks verdwyn. Sommige mense val terug in die Ram-bewussyn, trek laer, definieer hulself in terme van die groep, maak oorlog na buite en regeer met ’n ysterhand na binne.

Ook die kerk en die dogma werk sterk met hierdie Ram-bewussyn. Die grense word baie duidelik getrek en die gesagstrukture en rangordes hou alles netjies in orde. Die hemel en die hel funksioneer as die uiterste beloning en straf. Diegene wat die orde en die dogma bevraagteken, word met die tug gedreig, verdag gemaak en verketter.

Dit is opmerklik hoe gemaklik veral die jongmense van vandag is met hierdie nuwe bewussyn van die Waterdraer-era. Hulle slaag daarin om hulle los te maak van die geykte interpretasies van hulle werklikheid en van die gewigtigheid van hul vrees Ö en hulle vlieg. Maar daarby moet ek sÍ, ek het baie gesprekke met mense van my eie ouderdom en ouer wat ook hulle bagasie afskud en vlerke kry.


’n Spiritualiteit van ervaring en betekenisgewing
Die spiritualiteit wat hierdie vlak van bewussyn vir ons moontlik maak, noem ek ’n spiritualiteit van ervaring en betekenisgewing. Om te verduidelik wat ek daarmee bedoel, moet ek begin deur te sÍ wat dit NIE is nie, en daarvoor moet ek gaan draai by die spiritualiteit van my eie kindertyd.

My kennismaking met godsdiens en die Bybel het by my die wete gevestig dat ’n mens die lewe nie kon vertrou nie. ’n Mens kon byvoorbeeld vir ewig uit jou lekker speelplek verjaag word net omdat jy nuuskierig was en aan ’n appel geproe het. Hier is sommer op ’n arbitrÍre manier besluite geneem oor die lot van ’n Kain en ’n Abel, ’n bakker en ’n skinker. Hier kon ’n “liefdevolle” God ’n pa stuur om sy seun te gaan slag. Gelukkig was daar op die ou end ’n ram agter ’n bos, maar toe diť God sy eie seun laat offer, was daar nie ’n ram nie Ö Die religieuse wÍreld was vir my een van wispelturigheid, bloed, wraak en verskrikking.

Ek het my heel vroeg eenvoudig emosioneel van daardie inhoude gedissosieer, maar omdat ek my losgemaak het van dit wat my bang gemaak het, was ek ook nie ontvanklik vir ontroering nie. Daar was net mooi niks wat my geraak het nie.

Toe ek twaalf of dertien jaar oud was, het ek een nag wakker geskrik met ’n akute angs vir die hel, en dit het my uitgedryf om oor die volgende paar jaar iets te probeer maak van hierdie religieuse inhoude wat nie vir my betekenis gehad het nie. Ek het al die geykte formules opgeroep: Jy moet jou hart vir Jesus gee Ö jy moet jou sondes bely en glo dat Jesus daarvoor gesterf het Ö

Dit het nie vir my sin gemaak nie. Ek het geweet ek is ’n goeie mens, ek het nie gedink ek het Írens iets so verskriklik gedoen dat dit die hel verdien tensy iemand daarvoor sterf nie. En dat ek my sondigheid kon geŽrf het Ö dit was nou eers vir my ’n raaisel. Maar as ’n mens met iemand daaroor probeer praat het, is jy maar net weer met al die formules gegooi.

Op universiteit was daar twee godsdienstige gesprekke: aan die een kant ’n groep charismatiese fundamentaliste, en aan die ander kant ’n groep streng gereformeerdes wat die godsdiens akademies benader en totaal verintellektualiseer het. Ek het by albei hierdie groepe gaan kers opsteek — sonder sukses. Die vroom groep het die wÍreld ontvlug, en by die intellektuele was daar ’n skromelike gebrek aan deernis. Ten minste kon ek my in hierdie jare verloor in die aangrypende religieuse musiek wat ek in die universiteitskoor kon sing: die Messias, die Johannes-passie, die Gloria van Vivaldi, die Brahms Requiem. Dit het geresoneer met iets wat diep binne-in my was, ’n bepaalde sekerheid wat ek nou nog nie onder woorde kan bring nie.

Die keerpunt het vir my gekom toe my kinders gebore is. Wat myself betref, het ek toe nog steeds geen helderheid gehad oor begrippe soos sondebesef en soenverdienste nie. Maar meteens was die realiteit van kinders in my lewe vir my ’n dwingender werklikheid as enigiets anders. Ek was bereid om die ewige verdoemenis daarvoor te trotseer, maar ek sou nie hierdie kleintjies blootstel aan inhoude wat hulle vertroue in die lewe sou skend nie. Dus het my kinders modder en water en sonlig en reŽn en sand en see ervaar met die wete van ’n goeie God wat ’n mens so liefhet dat hy hierdie speelplek vir jou gemaak het waar jy alles mag ondersoek en ontdek. Ek het Bybelstories vertel wat hierdie liefde bevestig het. Ek het nie met informasie en formules gewerk wat nie in hulle werklikheid kon tuiskom nie. Hulle moes God as liefde ervaar. Dit was die evangelie volgens Mamma. Ek het vir die eerste keer begin om my eie intuÔsie aangaande God te vertrou.

Op diť manier het daar vir myself ook helderheid gekom. Ek het besef ek kan self die religieuse inhoude kies waarmee ek wil werk. Diť waarmee ek nie kan werk nie, kan ek altyd eenkant neersit tot later, of ek kan hulle herinterpreteer totdat hulle vir my sin maak. In my proses van deel hÍ aan my kinders se spirituele belewing het ek as’t ware my eie kindertyd nuut uitgespeel. “One is never too old to have a happy childhood,” het iemand onlangs vir my gesÍ.


Religieuse “waarhede” is relatief
Wat ek met hierdie verwysing na my eie spirituele geskiedenis wil sÍ, is dat alle religieuse “waarhede” nie alle mense op dieselfde manier aanspreek nie. Dit wat vir MY onverstaanbaar is, is dalk vir iemand anders ’n verlossende insig wat soos ’n weerligstraal sy hele bestaan verhelder. Daar is nie iets soos pasklaar religieuse inhoude wat vir almal “waar” is nie. Kennis alleen bring jou nog nie waar jy wil wees nie. Jy tree met jou hele komplekse menswees en met jou totale omstandighede in wisselwerking met religieuse inhoude, en dit wat dŠŠr tot stand kom, begin eers om vir JOU “waarheid” te word. Vir elke individu is die chemiese proses anders, en die resultaat gevolglik uniek.

Dan is dit ook belangrik om te weet dat die waarheid waarmee jy werk, hoogstens “waarheid in proses” is, ’n waarheid vir die hier en nou. Wie weet wat mŰre en oormŰre oor jou pad gaan kom? Die volgende ervaring verg dalk van jou om ’n volgende of ’n dieper waarheid te ontdek. As jy vandag se waarheid stol, stagneer jy.

In ’n sin is alle dogma gestolde waarheid. Dit wat eens toepaslik was vir ’n bepaalde situasie, is nou vir alle ewigheid gestol en word as ’n monolitiese, onaantasbare waarheid aangebied. Dis die dilemma wat die huidige godsdiensdebat uitwys: die waarheid, wat veronderstel is om beweeglik te bly, het in dogma gaan vasval, en nou het ons ’n wa en ’n span osse nodig om dit daar uit te sleep en weer aan die beweeg te kry.

As die dogma, die teologie en die tradisie dan nie vir ’n mens antwoorde gee wat in jou situasie sin maak nie, het jy ’n hele paar keuses. Jy kan in selftwyfel en skuldgevoelens verval, of jy kan in ontnugtering alles oorboord gooi en jou oorgee aan ’n gesekulariseerde lewe ontdaan van enige Godsbewustheid. Jy kan jou wend tot ’n ander tradisie of dissipline, maar mense vind dikwels dat hulle uit een klein dammetjie maar net weer in ’n volgende beland, waar die probleme hulleself dikwels herhaal. ’n Ander moontlikheid is om die inhoude, begrippe en ervarings uit jou eie tradisie vir jouself toe te eien op ’n manier wat vir JOU sin maak.


Eie interpretasie van begrippe

  • Sonde
    Omdat sonde so ’n sentrale tema is in die religieuse kultuur waarin ek my bevind, was dit een van die begrippe waarmee ek moes werk om ’n betekenis te vind wat vir my sin maak. Om moralistiese inhoud daaraan te gee (in die sin van ’n lys onbehoorlikhede soos dobbel, dans en drink), was nie vir my aanvaarbaar nie, en ek het ook geskop teen die gedagte dat ek in wese verdorwe is, in sonde ontvang en gebore, onbekwaam tot die goeie. Vir my het dit uiteindelik sin gemaak om dit te verbind met die belewenis van afgesny wees van God — Godverlatenheid — en die psigiese pyn wat ’n mens beleef wanneer jy in daardie diepste van dieptes beland. Maar dit het natuurlik geverg dat ek eers daardie bodem self moes tref voordat ek met hierdie betekenis kon werk.

  • Jesus se lewe
    Wat Jesus betref, het ek ’n paar jaar gelede in ’n gesprek met ’n predikant gesÍ dat ek my hoogstens met sy lewe kan besig hou; oor sy dood soek ek nog vir myself antwoorde. Hy het in aansluiting daarby gesÍ dat hy verkies om aan Jesus te dink as die Voordanser, ’n metafoor wat my onmiddellik aangegryp het. Onlangs het dit weer vir my baie sterk betekenis gekry met Laurika Rauch se weergawe van Sidney Carter se liedjie “Lord of the Dance”:
    I danced on a Friday when the sky turned black
    It’s hard to dance with the devil on your back
    They buried my body and they thought I’d gone
    But I am the dance, and I still go on.

    I am the dance Ö “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe.” Ons kan ook sÍ: LIEFDE is die weg en die waarheid en die lewe. God is liefde, en in Jesus het hierdie liefde ’n menslike ervaring geword. Dis ’n liefde wat nie maar net gesÍ is nie — dis veral geleef; dans is hier ’n metafoor vir ’n intens-geleefde lewe. Die era van ’n oog vir ’n oog, ’n tand vir ’n tand was verby, en dit was tyd om te demonstreer wat onvoorwaardelike liefde beteken.

  • Jesus as beliggaming van die liefde
    Navorsing het getoon dat elke menslike emosie herlei kan word na een van twee basiese emosies: liefde of vrees. Vrees is ’n natuurlike, instinktiewe reaksie op alles wat as vreemd of bedreigend beleef word. Dis ’n oorlewingsimpuls wat onmiddellik alles in werking stel om die individu te verdedig. Vrees laat mense toeklamp en ineenkrimp. Hulle trek laer en hulle wÍreld verklein. Dit is die bewussyn van die Ram-era. Dit verg ’n hoŽr bewussynsvlak om ’n vreemde of bedreigende situasie met liefde tegemoet te gaan, dit wil sÍ met ’n oop, ontvanklike houding wat sÍ: Ek oordeel nie; ek is beskikbaar vir wat ook al oor my pad kom; ek is bereid om kreatief daarmee om te gaan om ’n beter werklikheid te help skep.

    Van hierdie bewussyn was Jesus as die kosmiese Christus die beliggaming. Hy het hierdie liefdesbeginsel as ’n kosmiese energie kom aktiveer. As Voordanser het hy kom demonstreer hoe hierdie liefde elke aspek van ons menswees raak. Hy het nie weggeskram van enige ervaring nie, en hy het nie gehuiwer om radikaal en revolusionÍr met die beginsel van die liefde in die werklikheid in te gryp nie.

  • Jesus se kruisdood
    Soos sy lewe was, so was sy dood. As ’n mens die tema van kosmiese liefde deurtrek na die kruisgebeure, is dit duidelik dat dit niks te doen het met versoening in die sin van ’n offer aan ’n wraakgierige God nie. Vir my illustreer die kruis twee dinge: Aan die een kant illustreer dit hoe kragtig die menslike instink is om dit wat jy vrees, te vernietig. Aan die ander kant demonstreer dit dat radikale liefde dit moontlik maak om hierdie neiging om te keer — nie net vir Jesus nie, vir elkeen van ons.

    Hierdie gebeure het universeel die moontlikheid geskep vir ’n nuwe vlak van menslike bewussyn. Die Christus-bewussyn is nie iets eksklusiefs wat net bedoel is vir diegene wat hulleself Christene noem nie. Dis volkome moontlik om volgens die liefdesbeginsel te leef al het jy die naam Jesus nog nooit eens gehoor nie. Wat Christus kom doen het, was miskien uniek, maar beslis nie eksklusief nie. Die bewussynsvlak van onvoorwaardelike liefde is in die hele kosmos geaktiveer en elkeen kan deel hÍ daaraan.

  • Verlossing
    Versoening en verlossing is dus geleŽ in die moontlikheid wat hierdie nuwe bewussyn vir ons bring om uit te reik na mekaar, om mekaar sonder voorwaardes en sonder oordeel in ons harte en ons wÍrelde op te neem. DIT is vir my die spirituele tema van die Christus-gebeure. Indien daar dan, soos duidelik uit die huidige Jesus-debat blyk, verskille en probleme bestaan oor historiese aspekte van Jesus se bestaan, doen dit nog geen afbreuk aan die beslissende manier waarop die Christus-bewussyn op die mens se psigospirituele werklikheid kom ingryp het nie. “The Christ is not a person, it is an experience,” het iemand gesÍ.

  • Die wederkoms
    Die wederkoms van Jesus sien ek nie as die terugkeer van ’n fisiese persoon nie, maar as ’n grootskaalse ontwaking by individue van ’n outentieke Christus-bewussyn. So herleef Jesus as die kosmiese Christus. Die versoening wat hierdeur ’n werklikheid word, kry uiteindelik gestalte nie net tussen mens en mens nie, maar ook tussen mens en planeet. Tot dusver het ons met ’n algehele gebrek aan begrip en deernis met die aarde omgegaan. Ons het haar gesien as ’n objek wat vir ons gerief bestaan en haar uitgebuit vanuit die magsposisie wat ons vir onsself toegeŽien het. Ons het haar gevrees, daarom moes ons haar onderwerp en oor haar heers. Die kosmiese Christus bring ook verlossing vir Moeder Aarde deurdat die polarisasie tussen mens en planeet opgehef word.

    DIT kan die nuwe reformasie wees wat deur teoloŽ en toekomskundiges voorspel word, en dit hoef nie, soos ook voorspel word, ’n reformasie te wees wat die Christendom van bo tot onder skeur nie. Dit kan dalk juis ’n reformasie wees wat mense uit al die verskillende gelowe en tradisies by mekaar uitbring.

    * * *

    God se teenwoordigheid in die wÍreld
    In my eie spirituele belewing is daar ’n konsep wat vir my baie belangrik is, en dit is dat alle dinge op ’n subtiele vlak verbind is, dat hulle verwant is aan mekaar en deur ’n goddelike intelligensie, ’n goddelike wil en ’n goddelike liefde onderspan word.

    Van hierdie interkonneksie het ek op ’n keer baie bewus geword toe ek in die Hogsback gestap het. Tussen die oerou bome teen die berghang het ek skielik op ’n oopte afgekom. Die son het van bo af ingeskyn en ek het in my spore vasgesteek. Voor my was ’n massiewe spinnerak wat van die hoogste takke van die bome af tot op die grond en kruis en dwars gespan was. Ek het nie gedink so iets is moontlik nie — dit was so groot soos ’n gebou. Die son het van bo af ingeskyn op hierdie duisende drade en elkeen het geskitter. Dit was onbeskryflik; elke tak en blaar was verbind met elke ander tak en blaar en spriet op daardie plek. Ek het ’n ruk na die ongelooflike gesig staan en kyk, en toe het ek een tree verskuif. Die son het nou anders geval en skielik kon ek die reuse-spinnerak nie meer sien nie. Dit was asof ek alles net gedroom het.

    God self is daardie onsigbare web wat alles bymekaar hou, en waar mense op ’n enkele punt in warmte aan mekaar se lewens raak, stuur dit energie deur die hele web. Ons het elkeen hierdie ervarings dat ons skielik van naby bewus word van een of ander aspek van die goddelikheid. Gewoonlik is dit so vervlietend dat ’n mens agterna dikwels vir jouself sÍ jy het jou dit net verbeel. Dis jou keuse of jy dit as verbeelding wil afmaak en of jy dit vir jou as ’n unieke tyding wil toe-eien.

    Betekenisgewing in alledaagse situasies
    Wanneer ek praat van ’n spiritualiteit van betekenisgewing, wil ek beklemtoon dat dit nie net die heilige geskrifte is wat boodskappe van God dra nie. Die ganse omvattende werklikheid waarbinne ons leef, is ’n heilige geskrif. Jou ervarings is die taal van God se gesprek met jou. Die merkwaardige van hierdie ervaringstaal is dat dit aan ONS oorgelaat word om betekenis daaraan te gee. Elke situasie het ’n oneindige aantal interpretasiemoontlikhede — almal geldig — en dit is ons wat besluit watter betekenis ons aan ’n ervaring gaan heg.

    Ons is nie maar toevallig op hierdie tydstip in ’n land soos Suid-Afrika nie. Die rykdom van ervarings waarmee ons elke dag te doen kry, stel besondere eise aan ons, en gee ons terselfdertyd ’n unieke geleentheid om te help bou aan die gees van hierdie land. Suid-Afrika is ’n mikrokosmos waarin die hele wÍreld se temas hulle afspeel. Wat ons hier in ’n gees van liefde nuut kan skep, kan deur die web vibreer en ’n oneindige reikwydte hÍ.

    Natuurlik is dit baie maklik om slagofferbetekenis aan baie ervarings in die Suid-Afrika van vandag te heg. Dis volkome geldig om dit te doen. Maar is dit nie juis waar die geloofsuitdaging lÍ nie — om die NIE-vanselfsprekende te doen: om te worstel met jouself en die situasie totdat jy ’n ander betekenis as die geykte daaraan kan gee, ’n betekenis wat jou en al die ander mense in die situasie in gelyke mate vry maak en bemagtig.

    Ek wil graag ’n baie alledaagse ervaring beskryf as voorbeeld van wat ek bedoel met nuwe inhoud gee. Twee jaar gelede het ek my werk by ’n gevestigde onderneming as gevolg van ’n voortslepende transformasieproses verloor. Ek het een oggend met my hond langs die Moreletaspruit in ons omgewing gaan stap, en het soos dikwels in daardie tyd geloop en tob oor my finansiŽle posisie. Onder ’n boom langs die spruit het ek afgekom op twee mans. Hulle het pas ’n vars, warm witbrood op ’n plastieksak oopgebreek en ’n blik sardyne daaroor uitgekeer. Die geur van die brood het oor die veld gehang en ek het op die ingewing van die oomblik nadergestap en gesÍ: “Julle brood ruik verskriklik lekker!”

    Die twee het ingenome gelag en ons het ’n paar woorde gewissel wat ons harte verwarm en ons onderlinge menslikheid bevestig het. Ek het geweet as ek sou vra, sou hulle hul maaltyd met my deel. Ek het ligter gevoel toe ek wegstap.

    Soos ek verder loop, het ek begin dink: brood Ö vis Ö mense langs die water Ö en ’n ou verhaal skiet my te binne van mense langs ’n meer waar vyf brode en twee visse uiteindelik genoeg was om ’n hele skare te voed. Ek eien vir my ’n boodskap toe: Dis tog moontlik dat my karige bronne gerek kan word op ’n manier wat my verstand te bowe gaan. En ek voel hoe ’n klomp energie weer in my sisteem terugvloei.

    Op daardie oomblik was my vraag nie of die storie van die vyf brode en die twee visse histories waar of wetenskaplik waar is nie. Vir my het dit in die moment in my eie lewe eksistensieel waar geword. ’n Mens sou ook kon sÍ dis blote toeval — ook ’n geldige betekenis — dis ’n mens se eie keuse om vir jou daardie taal toe te eien of nie.

    Maar selfs sonder die verhaal van die brode en die visse het die ervaring al vir my genoeg betekenis ingehou. Die kortstondige ontmoeting met die twee mans was ’n oomblik waarin ons mekaar kon aankyk sonder enige etikette of stereotipering. Daar is baie ander betekenisse wat aan die situasie gegee sou kon word, die voor die hand liggendste seker: Wat maak die twee leeglÍers tienuur op ’n weeksoggend hier? Netnou is hier nog ’n inbraak. Of: Ek moet hier uitkom, ’n mens kan verkrag word.

    Persepsies en betekenisse het ’n manier om hulleself waar te maak. As ek vir myself ’n slagofferbetekenis in ’n situasie kies, maak die situasie dikwels vir my die betekenis waar. Dit hang net af waar ek my energie belÍ.

    Ons hoef nie by gekondisioneerde, vreesgebaseerde betekenisse te bly steek nie. Skep nuwe betekenis — stuur ’n ander trilling deur die web. Iemand anders sal dit wel aanvoel en daarmee saam begin resoneer. Ons kan so ineenkrimp van vrees dat ons uiteindelik sit met ’n ongeleefde lewe. Ek kry soms die indruk dat kerke verkies om ’n TUISTE vir lidmate se vrese te wees pleks daarvan om hulle daarvan vry te maak.

    Wat beteken “glo” in praktiese terme? Dit is om te weet jy is in staat om nuwe inhoud aan ’n situasie te gee en DAARMEE VOL TE HOU. Ons kan almal op die water loop. Ons gaan verseker ook by tye sink, maar dis deel van die proses. ’n Mens moet net nie toelaat dat jou kollektiewe identiteit vir jou vertel dis NIE moontlik om op water te loop nie.

    Om so te lewe beteken om soos ’n kind opgewonde en entoesiasties te raak wanneer almal skepties is. Maar dit beteken ook om, wanneer almal Prozac sluk, jou pyn sonder narkose in die gesig te kyk en enduit die pad daarmee te loop. En dit beteken veral om jouself in die gesig te kyk en jou pad met integriteit te loop.


    ’n Wens
    Ek wil graag vir ons elkeen ’n wens uitspreek: dat ons die moed sal hÍ om elke situasie vreesloos tegemoet te gaan, dat ons die vermoŽ sal hÍ om kompromisloos, revolusionÍr en kreatief met die liefde te werk, en dat die lewe vir ons vol vitaliteit en “radikale verwondering” (Abraham Heschel) sal wees. In die woorde van die Noord-Amerikaanse Indiane: Mag ons soos dolfyne speel in die stroom van die lewe.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.