SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

 

Die Nuwe Suid-Afrika: Verklaarbare “wonderwerke”, enkele spektakels, maar ’n langer-duur debakel

Lawrence Schlemmer

is direkteur van die Helen Suzman-stigting/MarkData (Edms) Bpk.

Ter aanvang
Wat spektakels betref is die grootste, en oorwegend die mooiste, spektakel diť van ’n groot en diverse land wat vir die eerste keer in sy kleurryke en verdeelde geskiedenis werklik verenig is. Mits daar nie een of ander neutraliserende proses plaasvind wat die verskeidenheid en die opbouende spannings oorskadu nie, sal ons almal in een van die boeiendste eksperimente ter wÍreld kan voortboer.

Verder, en kort gestel, my reaksies op die drie moontlikhede in ons temavraag: mirakel, spektakel of debakel?

Mirakel? Slegs op ’n afstand.

Spektakel? Nie eintlik nie, maar met ’n paar groot uitsonderings.

Debakel? Nie op kort termyn nie, maar op die langer duur wel moontlik.

Die mirakelskikking?
Ons nasionale skikking in die jare 1990 tot 1994 was miskien die helderste baken in ons hele geskiedenis en ek wil die beduidendheid daarvan geensins afkraak nie. Maar die ekstase wat in sekere sieninge hieroor voorkom, is hoegenaamd nie ’n grondslag vir ’n bestendige toekoms nie. Die idee van ’n wonderwerk lÍ grotendeels in die behoeftes van diegene wat die “mirakel” ervaar.

Die beeld van ’n groot en dramatiese wonderwerk met ons skikking is egter verstaanbaar, veral onder diegene wat die proses vanaf ’n afstand of binne ’n moralistiese raamwerk bejeŽn het. ’n Strakke en abstrakte siening van apartheid, teenoor ’n ongenuanseerde beeld van ’n onderdrukte en woedende swart eenheid, dui tog op ’n onafwendbare krisis en tragedie — ’n situasie wat ’n inderdaad ’n wonderwerk verg.

Die opvatting van die “mirakel” is onmiddellik deur ’n menigte rolspelers toegeŽien, miskien omdat die beeld hulle eie bydraes opgehemel het. ’n SprokieswÍreld van helde en versoeners met ’n paar handige volksvyande is hierna in talle konferensies geskep, en soos alle goeie sprokiesverhale het dit die rolspelers verder bang gemaak of gemotiveer. So is die simboliek verdiep, en die boodskap van ’n mirakel is die wÍreld ingestuur.

Die real-politieke werklikheid was egter veel minder boeiend en ook minder vleiend vir die deelnemers. Wat die blankes aanbetref het sanksies ’n bron van kommer oor die toekoms geword, hoewel die meeste van hulle tot die einde toe sanksies probeer omseil het. Hulle het egter vaagweg besef dat die internasionale veldtog teen apartheid tot een of ander breekpunt sou lei, en daarom was hulle vatbaar vir oplossings en die een of ander skikking. Hulle is egter nooit werklik geraadpleeg oor die vorm van die skikking nie — al mandaat wat hulle gegee het, was 69 persent-instemming tot verdere onderhandeling in die referendum van Maart 1992. Hulle het nooit die resultaat van die onderhandeling spesifiek aanvaar nie. Dit het wel so voorgekom, maar dit was omdat hulle FW de Klerk amper geheel en al vertrou het om hul belange te beskerm. Ek wil nie sÍ dat die blankes gekul is nie, maar die vetroue wat hulle in die onderhandelingproses gehad het, was in sekere opsigte ’n blanko tjek.

Wat die leiers van die bevryding betref, was die besluit om sekere kompromisse in die skikking te aanvaar ook nie in wortel ’n versoeningsgebaar nie. Hulle het hulself in ’n moeilike bedingingsituasie bevind. Hul strategiese bondgenote in die Sowjetunie het soos die oggendmis verdwyn, De Klerk het vinnig ’n positiewe profiel en waardering internasionaal verwerf en hoewel hulle baie internasionale steun geniet het, was die belangrikste steun van liberaalgesindes en gematigde regerings wat ’n skikking sou verkies het. Die ANC het, sonder om dit ooit te erken, ook geweet dat hul gewapende stryd en selfs die UDF se “onregeerbaarheid” nie die regering tot oorgawe kon dwing nie. Hulle het dus min opsie gehad anders as om te onderhandel.

Veral die SAKP en die vakbondleiers in die ANC het ook volle vertroue gehad in hulle vermoŽns om die destydse regering in enige onderhandeling ore aan te sit, terwyl daar aan regeringskant in die begin ’n baie groot mistasting van die ANC se strategiese vaardighede was. Die regering, die opposisiepartye en die sakewÍreld was ook hopeloos vasgevang in ou verdeeldhede.

Wat gewone mense en hul groepsgesindhede betref was verhoudinge nooit eintlik giftig nie. Hoewel dit voor die hand liggend was dat die oorgrote meerderheid onder swartmense apartheid verwerp het, het hulle destyds nog vertroue in die ekonomie gehad om formele werk te skep met stygende loonvlakke. Uit talle meningsopnames het dit ook duidelik geblyk dat tussen ses en sewe uit tien gewone ANC-ondersteuners heftig teen enige voortgesette stryd met blankes gekant was.

Die “wonderwerk” van vergifnis en versoening is derhalwe in ’n sin deur die omstandighede afgedwing. Wat egter wel deur feitlik almal as ’n klein wonderwerkie gevier kan word, is dat ons vooraanstaande leiers op die nippertjie ’n paar rasionele besluite geneem het. In die geskiedenis van die politiek is rasionele keuses seldsaam genoeg om as minstens halwe wonderwerke beskou te word.

Verrassings in die skikkingsproses
Een van my grootste verrassings in die skikkingsproses was hoe redelik maklik dit was vir die regsadviseurs aan albei kante om mekaar te vind oor ’n konsepgrondwet. Ek het baie meer spanning rondom sekere elemente daarvan verwag.

Die adviseurs aan ANC-kant was natuurlik sterk gekant teen enige beperkinge op die mag van die meerderheid en ek het verwag dat die adviseurs aan regeringskant sekere sterk teenwigte as nie-onderhandelbaar sou beskou het. Die meeste nielinkse grondwetkenners in die tagtiger- en vroeŽ negentigerjare het aanvaar dat ’n meerderheidsregering in ’n etnies verdeelde land met ’n demografiese wanbalans nie lewensvatbaar sou wees nie. Selfs vanuit ’n liberale hoek het Van Zyl Slabbert en David Welsh in 1979 die belangrike voorstel gemaak van “coalescent politics Ö maximally representative of (diverse interests) while operating on a broadly consensual basis”. Hulle het ’n magsdelingskabinet en ’n minderheidsveto voorgestel (South Africa’s Options, New York: St Martins Press, 1979).

Teen die tyd van die onderhandelings het politiese korrektheid egter daarvoor gesorg dat die adviseurs aan regeringskant blykbaar besluit het dat dit ůf onmoontlik ůf onregverdig sou wees om van die ANC te verwag om enige ondubbelsinnige verskansing van die belange van minderhede te aanvaar. Die breekpunt wat ek sou verwag het oor die magte van federale eenhede, of oor iets soos ’n tweede kamer vir historiese belangegroepe, het nooit gekom nie. Die huiwering om rasse-elemente in die grondwet in te bou was miskien verstaanbaar, maar een van die wÍreld se voorste kenners op die gebied van grondwetlike reŽlings in verdeelde lande, prof Donald Horowitz, het juis aan die begin van die onderhandelinge ’n briljante boek oor Suid-Afrika die lig laat sien. Hierin was daar presiese voorskrifte oor hoe meerderheidsdominasie vermy sou kon word sonder om enige regte op grond van ras of kultuur te verskans. Sy voorstelle het op ’n kiesstelsel neergekom wat alle partye sou beloon indien hulle stemme uit die volle diversiteit van kiesers sou kon lok (Donald L Horowitz, A Democratic South Africa, Constitutional Engineering in a Divided Society, 1991, Oxford University Press). Sover ek kon sien, was dit weer eens uit politiese korrektheid oor die hoof gesien.

As gevolg hiervan het die NP, toe sy bedingingsmag op sy sterkste was, versuim om op balanserende meganismes in die grondwet aan te dring, iets wat die internasionale gemeeenskap op daardie stadium sou ondersteun het. Dus, afgesien van redelik swak waarborge oor tale en ’n handves van individuele regte, is die baie stewige en gesofistikeerde grondwet in effek ’n grondslag vir sterk meerderheidsregering.

Die probleem het egter nie net by die adviseurs gelÍ nie. Deel van die probleem was die uitermate selfvertroue van die NP, met sy verwagting dat hy tussen 30 en 40 persent van die stem sou kon wen. Optimisme is ’n wonderlike eienskap, maar of politici daarmee risiko’s met die basiese belange van hul ondersteuners kan neem is ’n vraag wat nog baie gevra sal word.

Alles in ag geneem was die NP-regering in 1990 tot 1994, seer sekerlik in vergelyking met die ANC, onvoorbereid op die uitdagings voor hul deur. Vandag is selfs linksgesinde kenners bekommerd oor die oormatige selfvoldaanheid wat ’n onaantasbare meerderheid by die regering geskep het (sien byvoorbeeld Adam Habib, “Do the people have power yet?” in die Sunday Times van 4 Maart). Meerderheidsgesindes mag egter wel die onvoorbereidheid van die NP as die eintlike wonderwerk beskou.

Na die skikking: meer verklaarbare wonderwerke, byvoorbeeld die makro-ekonomiese mirakel
In 1996 het ’n verdere “wonderwerk” die ekonomie getref in die vorm van die ANC se makro-ekonomiese beleid GEAR. ’n Menigte sakelui en ekonome het amper in die strate gedans oor die feit dat ’n regering vol baie onlangse sosialiste ’n makro-ekonomiese beleid baie na aan diť van Margaret Thatcher en die IMF/WÍreldbank aanvaar het. Heribert Adam en Van Zyl Slabbert het ’n boek geskryf met die titel Comrades in business. Weer eens, egter: met nadere betragting het hierdie wonderwerk vinniger as die inflasiekoers weggekrimp.

Die ANC het hoegenaamd nie ’n neoliberale of Thatcheristiese bekering ondergaan nie. Die ANC het sedert 1994 konsekwent wat ’n mens as “sinkretiese” beleidsrigtings kon beskryf, gevolg, waarin diep teenstrydige maatreŽls eenvoudig teen mekaar moet kompeteer totdat die Kabinet een bo die ander sal uitlig. Ons ekonomiese beleid is hiervolgens dan ook ’n kookpot van teenstrydighede. Eerstens word die vakbonde gepaai met kragtige beskerming van die regte van arbeid, op vlakke wat selfs die ontwikkelde Wes-Europa nie meer kan handhaaf nie. Tweedens is ons belastingkoerse, teen huidige norme gemeet, hoog genoeg om die hoogste vlakke van publieke dienslewering en welsyn aan die armes onder alle ontluikende ekonomieŽ te handhaaf (behalwe diť van die olieryk lande — maar The Economist het onlangs Suid-Afrika se blanke belastingbetalers met ’n ryk oliebron vergelyk). Derdens het die ANC, met die oog op beleggersvertroue in die ekonomie, homself tot fiskale en monetÍre dissipline verbind, en daarmee die lof van die sakegemeenskap uitgelok.

Die ANC se weiering om sy fiskale beleid op sinvolle kortstondige wyse te verslap, ondanks stygende werkloosheid en verdiepte ongelykheid, word dikwels deur sakemense as ’n buitengewone en wonderbaarlike toewyding aan ’n mededingende ekonomie gesien. Weer eens, egter, moet ek die pretbederwer wees. Daar was ’n bepaalde doel in hierdie buitengewone toewyding — bemagtiging van sy eie elite.

Kyk net wat die ANC van die sakewÍreld gekry het in dankbaarheid vir sy konserwatiewe ekonomiese beleid — amper geen saketeenstand ten opsigte van regstellende aksie en bemagtigingshandveste nie, en die apatiese aanvaarding van ’n bos nuwe regulasies op sakebedrywe wat tans die ekonomie al hoe meer kniehalter. Weer eens, dus, blyk die wonderwerk eintlik ’n fynbeplande bemagtigingstrategie te gewees het.

Twee spektakels

1. Afrikaner-reaksies
Die mees tragiese spektakel van die dekade was beslis die ineenstorting en verbrokkeling van Afrikaanse politieke en maatskaplike organisasie. Dit het alledaagse mense diep getref. Ek het seker minstens ’n dosyn of wat meningsopnames oor die afgelope dekade uitgevoer waarin ek alle volwassenes uitgevra het oor aspekte van die nuwe bestel wat hulle of grief of tevrede stel, gewoonlik in oop vrae wat spontane antwoorde verg. Sonder enige uitsondering het die spontane antwoorde van blanke Afrikaners baie min van diť van Engelssprekendes verskil, behalwe meer verwysing na godsdienstige waardes onder die Afrikaners. Die merkwaardigste is die feit dat goed onder tien persent van die antwoorde van blanke Afrikaners na die amptelike behandeling van die Afrikaanse taal, kultuur, plekname of soortgelyke temas verwys het. Heel onlangs het die vlakke begin styg, maar vanaf ’n baie lae basis.

Hierdie bevindinge strook met openbare optredes. Afgesien van die randeiergroeperinge, wat vermoedelik die een of ander vorm van gewapende optrede oorweeg, is daar ’n geweldige apatie oor die openbare behandeling van Afrikaans by deursnit-Afrikaanssprekendes, blank en bruin. Tog, wanneer dieselfde mense spesifiek oor die behandeling van Afrikaans ondervra word, borrel die griewe, en soms die woede, letterlik uit.

Met ander woorde, toewyding aan taalbehoud en kultuurgebondenheid is beduidend by sowel blanke as bruin Afrikaanssprekendes, maar hierdie sentimente word nie op die vlak van die openbare politieke dinamiek ervaar nie. Afrikaners het hul kultuur en taal as ’t ware van die openbare terrein onttrek, min of meer soos Jode wat vir alle praktiese doeleindes hulle Joodsheid in openbare interaksie versluier. Presies dieselfde geld vir baie Afrikaanse sakeorganisasies.

Daar is natuurlik uitsonderings — gewoonlik in professionele en intellektuele kringe is daar ’n goed bekende en aktiewe artikulering van Afrikaanse taal- en kultuurbelange, en my indruk is dat hierdie aktiwiteite tans aansterk. Maar, weer eens soos by die Jode, word daar nie noodwendig ’n aktiewe interaksie met die volk in die breŽ gehandhaaf nie.

Daar is na my mening ook ander faktore werksaam. Een is die nasleep van apartheid toe Afrikaanse taal- en kultuurinhoude verstrengel geraak het met rassegevoelens en belangebeskerming, en die hele pakket deur die ou regering ten koste van buitegroepe bevorder is, en wel op ’n besonder burokratiese en oninspirerende vlak. Afrikaanssprekendes het in diť tyd die gewoonte om openbare verantwoordelikheid vir hul taal en kultuur te neem, verleer. Dit was miskien ’n geval van oorbeskerming onder ’n aweregse vaandel.

’n Tweede faktor is die talle Afrikaner “politieke entrepreneurs” wat hul eie reputasies by die regering probeer versterk in hul felle kritiek op enige vorm van kultuurbehoud.

Die Jode is as gevolg van ’n giftige skrikbewind van antisemitisme in verskeie lande daartoe gedwing om hul identiteit van die openbare terrein te onttrek, maar nŠ Hitler se massamoorde en die Tweede WÍreldoorlog het hulle besef dat hierdie ontwykende benadering hulle probleme steeds verdiep. Hulle het daarna na sinvolle en vasberade protes en waardebetoging oorgeslaan, met beduidende sukses.

Afrikaners is, met groot uitsonderings, byna presies in die ontwykende en teruggetrokke fase wat die Jode as minderheid deurgemaak het. Net soos die Jode ontdek het, sal ons ook ontdek dat dit geensins help om ’n identiteit te versluier nie. Buitendien, as gevolg van sy eie geskiedenis is die ANC waarskynlik meer gevoelig vir verantwoordelike protesaksies as die meeste owerhede. Van nou af kan ’n mens verwag dat Afrikaanssprekendes hulle stemme weer sal ontdek.

2. “Slagoffers”, Vigs-beleid en Zimbabwe
Die ANC is ’n formidabele strategiese masjien, en hul strategieŽ word op baie verskillende snare gespeel. Een van die strategieŽ is die baie verstaanbare uitbuiting van “slagoffer”-status vir politieke gewin (Afrikaners het dit eerder self gedoen). Hierdie strategie is tot ’n fyn kuns verhef, en daarom kan ’n mens verwag dat die naslepe van apartheid nog vir minstens ’n verdere dekade of twee as politieke skietgoed gebruik gaan word. Hierdie is ’n voortslepende spektakel, met ’n verskeidenheid van vierings, okkasies en toekennings.

Dit was egter voorspelbaar, dit is verstaanbaar en kan ook regverdig word. Die grootse enkele vereiste in die politiek is egter dat dit nie die voorgemelde strategie van belangeprotes lamlÍ nie.

Maar ’n nog groter onlangse spektakel is die wyse waarop leiers in die ANC hul eie slagoffer-strategie geheel en al ondermyn het in hul optredes ten opsigte van Vigs and Zimbabwe. Hier het ’n mens te make met slagoffers in lewende lywe (terwyl hulle nog lewe gegun word) en die ANC het baie duidelik sy rug baie doelbewus op hulle gedraai. Daar is seker min voorbeelde in die geskiedenis van politieke leierskap waar ’n massiewe mededingende voordeel — die vereenselwiging tussen die ANC en menseregte — so onverskillig weggegooi is. Die onverklaarbaarheid van hierdie optrede maak dit ’n klein ironiese wonderwerk op sy eie.

’n Debakel op die langer duur?
Soos reeds genoem, berus die ANC se beleid op die beginsel van sinkretisme — die versoening van teenstrydighede. Dit is die lynregte teenoorgestelde van die Calvinistiese strewe na konsekwentheid, wat ook seker verlammend kan wees indien dit te ver gevoer word. Maar soos ook gesÍ, op ’n stadium word sekere van die teenstrydige elemente deur die voorhoede-leierskap uitgelig om sonder enige publisiteit voorkeur te kry.

Ons weet dat die ANC in sy “beter lewe vir almal” werklik ’n toewyding probeer openbaar vir die armes, die arbeiders, die dakloses, die werkloses, die pensioentrekkers — inderdaad vir almal, insluitende die voormalig bevoordeeldes (blankes). Maar tussen al die toewyding is daar beduidende ekstra toewyding aan die bevordering van die nuwe elite deur regstellende aksie en swartbemagtigingsbeleid.

Die meeste mense beskou hierdie as ’n teken van elitisme. Sommige sosialiste beskou die ANC reeds as ’n regs-liberale party wat uiteindelik die armes gaan uitverkoop (of verder gaan uitverkoop as wat reeds die geval is). Hulle is verkeerd oor die motiewe. Die ANC is geen neoliberale herlewing van Thatcher nie. Die sosialistiese kritici vergeet die geskiedenis van Kommunisitiese bewegings. “Voorhoede”-partye soos die Kommuniste en die ANC (hoewel hy nie meer ’n Kommunistiese ekonomiese beleid het nie) glo baie vas in een baie uitsonderlike priorititeit: bou die “politieke klas” — die politieke elite van meningsvormers wat tussen die verdwaalde en vervreemde massas rigting kan gee en die rewolusie sal beskerm teen korttermyn-populisme.

Indien hierdie stelling vreemd klink, dink net aan die Broederbond — ook ’n voorhoede en ’n politieke klas wat uitgelig is om die saak op die regte spore te hou.

Wat is die debakel dan? In alle gevalle van voorhoedepolitiek met ’n politieke klas wat die leidende formasie in die land word, ontwikkel hierdie elite sy eie prioriteite wat mettertyd die oorspronklike strewes onttroon. Uiteindelik word hulle soortgelyk aan ’n kapitalistiese elite, maar met ’n meer direkte greep op mag en beleid — so onaantasbaar as die geval met die ou Broederbond.

Ons weet reeds dat die plan is dat die nuwe elite die ou blanke korporasies moet koŲpteer en transformeer, die media uiteindelik sal beheer en ook mettertyd die politieke klas en die private ekonomie sal laat saamsmelt in ’n “enklave” — ’n soort nasionalisering van die privaat sektor via die agterdeur.

Blankes hoef (afgesien van die taalaangeleentheid) in die begin nie bekommerd te wees nie, omdat opgeleide mense altyd diensbaar sal wees binne die nuwe oorkoepelende politieke “korporasie” (mits hulle stilbly). Die volle debakel sal die armes op die verre rande van die nuwe orde tref. Dit gaan ons huidige ongelykheid soos ’n roostuin laat lyk.

Dit laat die vraag onmiddellik ontstaan van wat sal gebeur indien die armes op die rande van die enklave uiteindelik deur een of ander beweging gemobiliseer word om wraak te neem — ’n opvolgdebakel. Wie gaan hulle teiken? Die nuwe elites, of sal die magtelose ou elite die sondebok word, soos in Zimbabwe? Hierdie moontlikheid is die belangrikste rede om nie ’n passiewe rol te speel in die huidige koŲptasie-/bemagtigingspolitiek nie.



LitNet: 2 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.