SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102 Tel. 012-3625704 • Faks: 012-3625688 • nstassen@proteaboekhuis.co.za

PERSVERKLARING:

EK KEN JOU GOED GENOEG … DIE BRIEFWISSELING TUSSEN NP VAN WYK LOUW EN WEG LOUW 1936 TOT 1939

Bykans ’n jaar ná die dringende aansoek van Peter Nicolaas Moltke Louw en andere teen Stassen Uitgewers BK, handeldrywend as Protea Boekhuis, John C Kannemeyer en die Universiteit van Stellenbosch (wat op 23 en 24 Maart 2005 aangehoor is), waarin ’n tydelike interdik aangevra word om die verspreiding van Ek ken jou goed genoeg … te verbied, is op 15 Maart 2006 uitspraak gelewer en die applikante se aansoek van die hand gewys.

In sy uitspraak het regter Siraj Desai daarop gewys dat die briewe van ooglopende geskiedkundige en letterkundige belang is, en dat dit onwaarskynlik is dat die oningeligte leser net op die “sensasionele gedeeltes” van die briewe sal fokus. Verder is die konteks waarin die briewe geskryf is, baie duidelik.

Regter Desai het boonop daarop gewys dat gedeeltes van die briewe wat oor Van Wyk Louw se liefdeslewe handel, reeds vir ’n geruime tyd in die openbare domein is en dat enige suggestie dat die briewe trauma onder die familielede sewentig jaar ná die gebeure sal veroorsaak, vergesog is. Daar is bevind dat die submissie van die applikante dat die briewe ’n “rou en skokkende effek op die gemoed van die leser” het, sonder enige meriete hoegenaamd is.

Die regter het voorts bevind dat die boek ’n groter impak het as gevolg van die wyse waarop die boek saamgestel en gepubliseer is, en dat hy nie oortuig is dat die publikasie van die boek enige benadeling of onherstelbare skade aan die beeld en reputasie van die Louw-broers sal veroorsaak nie.

Voorts is bevind dat die applikante nie die eienaars van die outeursreg op die boek is nie, maar dat die briewe en die outeursregte daarop wettig in die besit van die Universiteit van Stellenbosch is en dat die applikante en die afstammelinge van die Louw-broers geen beswaar gehad het teen die feit dat die Universiteit van Stellenbosch die kurator van die erfenis van die Louw-broers is nie. Daar is bevind dat dit uitsluitlik binne die Universiteit van Stellenbosch se diskresie berus om te besluit of die briewe gepubliseer moet word of nie, en dat die applikante se argumente in dié verband vaag en verwarrend is. Boonop het die applikante nie daarin geslaag het om te bewys dat hulle ’n prima facie-reg op die briewe besit nie.

Regter Desai het ook bevind dat die Universiteit van Stellenbosch as die houers van die outeursreg in die briewe die waarde daarvan besef en nie die publikasie en verspreiding daarvan wil verbied nie.

Ten laaste is bevind dat die boek “’n werk van besondere letterkundige meriete” is en dat die publikasie van die “ongewone en interessante inhoud” van die werk die Afrikaanse letterkunde, indien nie die hele Suid-Afrikaanse letterkunde nie, onteenseglik verryk.

Geen kostebevel is gemaak nie. Adv PJJ de Jager, SC, en adv CAC Korf het vir die verweerder opgetree en adv NF Rautenbach vir die applikante.

’n Kopie van die uitspraak is hierby aangeheg.

Nicol Stassen
PROTEA BOEKHUIS


LitNet: 28 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.