SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Leila word te lig

Willem Anker

Klip op boek om dit nou by kalahari.net te koop!

leila word lig, deur Chanette Paul-Hughes.
Human & Rousseau, Kaapstad
2005
Slapband
256 bladsye
ISBN 0-7981-4440-8
R125.00

Leila de Winter, nooiensvan Sonnekus, staan op skei. Haar man, Charles, is 'n diktator en sy empire is die huwelik. Charles se idee van 'n huwelik kom reg uit die mond van Paulus, nie eens Middeleeus nie, maar Bybels, in die slegte sin van die woord - en dan kry die man homself ook nog so jammer dat hy aan die ween gaan en dreig met selfmoord as hy sy vrou vang rook. Hierby pleeg Jerome, beeldhouer en sielsgenoot van Leila, selfmoord. Wat hy agterlaat, behalwe 'n geheimsinnige selfmoordbrief, is 'n reeks selfs meer geheimsinnige en obskure beeldhouwerke. Johanna, vriendin van beide Leila en Jerome, beskryf die beelde soos volg: "Dit staan in 'n kraal in sy agterjaart. He lost it, Leila. Dis 'n absolute klomp crap. Stukke geroeste yster opmekaar gestapel en aanmekaar gesweis. Stukke glas in die metaal ingesmelt. Woorde in die skroot gekrap" (pp 10-11).

Grootliks lÍ die spanningslyn van die roman in die ontsyfering van die boodskap opgesluit in die beelde - die laaste insig van Jerome wat ook nouliks met die omstandighede en oorsaak van sy dood verbind is. 'n Intellektuele speurtog na die ingewikkelde mitologiese kodesisteem waarvolgens die skroot en glas sal begin praat.

Leila gaan op 'n reis, weg van haar verbrokkelde huwelik na die duistere verlede en bewussyn van Jerome. 'n Reis wat haar ook in noue kontak bring met die werk en lewe van Helen Martins, skepper van die bekende Uilhuis op Nieu-Bethesda. Gou word dit egter duidelik dat dit ook 'n ontdekkingsreis na haarself is. Wanneer Johanna een nag te veel dagga gerook het, praat sy baie reguit met Leila: "Jy, Leila, is 'n softie. En jy sal nooit Írens kom as jy 'n softie bly nie. Fok Charles, fok die nuwe Afrikanergewete. Fok Calvyn. En Leila, fok jou ook, want jy het nie 'n clue waaroor die lewe gaan nie" (p 57).

Behalwe die ontsyfering van Jerome se misterieuse dood het Leila ook 'n persoonlike lewe en agtergrond om deur te werk en mee vrede te maak. Gewapen met die e-pos-briefwisseling tussen haar en Jerome wat sy in 'n lÍer bewaar het, en met die hulp van Machiel, die aantreklike kunstenaar, en Loes, die moederlike eienaar van die De Zeevrouw-restaurant en B&B op Nieu-Bethesda, pak sy hierdie tog aan.

Die roman worstel met die verhouding tussen die lewe en die kunswerk, maar veral beeld dit 'n vroulike inisiasieritueel of proses van selfontdekking uit: 'n veel toegankliker weergawe van wat Lettie Viljoen op 'n uiters verwikkelde vlak in Karolina Ferreira vermag het.

Dit is 'n uiters leesbare teks wat handel oor die dood, die lewe, eksistensialisme en Outsider-kuns. Oor Outsider Art sÍ Jerome:

"Ek sou dit graag as Buitelingkuns wou vertaal [...] Dis nie net kuns wat deur buitelinge gemaak word nie. Daar is ook iets speels en buitelend omtrent meeste Outsider Art. Dis asof mens bollemakiesie moet slaan binne jou verwysingsraamwerk van die kunste om sin daarvan te kan maak ... en ek dink om dit te kan skep ook" (p 7).

Een van die sentrale temas in die roman is immers ook om anders, of onderstebo, na die wÍreld te kyk om 'n nuwe waarheid te bekom. Soos Odin onderstebo in die boom Yggdrasil gehang het om die lewe te ontsyfer, waarna hy sy een oog geoffer het vir wysheid.

Die biografie en kunsteorie van Helen Martins word goed in die teks ingewerk, alhoewel soms oorverduidelikend. Die randkarakters, onder wie Helen seker sou kon tel in haar aanwesige afwesigheid, is oor die algemeen interessant, soos ook byvoorbeeld Oupa Blikkies, wat lanterns uit ou blikke en ander skroot optower.

Ook die ruimtes, onder andere Nieu-Bethesda en Oudtshoorn tydens die KKNK, word goed geskets. Enige iemand wat al een aand laat in die Hoenderkopkroeg op Oudtshoorn was tussen dronkgatte wat saamsing met Dozi en die covers van onse Theuns, sal diť beskrywings geniet. Die uitgerekte skeisaak tussen Leila en Charles word oortuigend hanteer, veral in die manier waarop al die klein onbenullighede van die alledaagse lewe heeltemal uit verband geruk word en wapens teen die ander party word.

Reeds aan die begin van die roman word dit duidelik gemaak dat die mitologie vir Leila meer verstaanbaar as die werklikheid is. Die roman funksioneer op 'n sterk mitologiese onderbou en is deurspek met verwysings na Hebreeuse, Midde-Oosterse en Grieks-Romeinse mitologie. Die teks bied 'n verstaanbare bekendstelling aan esoteriese spiritualiteit en verskeie mitologiese figure. Dit word op 'n duidelike wyse hanteer: die roman self word nooit esoteries nie, 'n gevaarlike slaggat wat 'n tweede Leroux sal verg om deur te voer. Vir leke wat nog nooit van die Ouroborouslang, die Tarrot, Lillith of Astarte gehoor het nie, bied die teks verduidelikings, maar vir 'n leser meer bekend met hierdie figure, kan die verduidelikings soms oorvereenvoudigend wees. Dit wil soms voorkom asof die teks sekere lesings van die mitologiese inhoude juis ten dode toe verduidelik om die leser in 'n bepaalde drukgang te plaas, om ander lesings van die simbole te blokkeer sodat die komplekse mitologiese en simboliese gegewens inpas by die verhaalstruktuur.

Op 'n ander tegniese punt kom die dialoog soms onnatuurlik opreg voor, in die sin dat die karakters hulleself amper tť goed verduidelik. Hulle is te ontboesemend teenoor mekaar. "Ek begeer jou, Leila" (p 212), sÍ die een karakter, wat haar skaars ken, byvoorbeeld.

Beskrywings van emosie wissel tussen blote verduidelikings of die bogenoemde ontboesemings en meer diepgaande metafore: "Wat sy vir Charles voel, oorskry die grense van benoeming. Van kategorieŽ" (p 29) word 'n paar reŽls later gevolg met: "En is dit nie dalk die werklike aard van liefde nie? Dassiepis in sy genesende vorm" (p 29). Waar die eerste aanhaling bloot probeer beskryf hoe sy voel, bied die tweede aanhaling 'n metafoor wat hierdie gevoel duideliker uitbeeld, juis omdat metafore beweeg in 'n ruimte buite "die grense van benoeming". Hier is te make met die ou onderskeid tussen "showing" en "telling":

Dit het haar 'n hele ruk geneem om te begryp Charles voel bedreig deur haar weetlus - wat 'n wye draai loop om syfers en wiskundige vergelykings. Vir haar is die bou van 'n ingewikkelde konstruksie eerder 'n magiese proses as die gevolg van noukeurig berekende bewapening, drahoeke en soveel vragte Readymix van sekere MPA. En numerologie veel interessanter as Pythagoras (p 12).

Waar hier bo 'n duidelike voorbeeld van "telling" is, kon dieselfde idee, dieselfde verskil in die persoonlikhede van die twee karakters baie meer doeltreffend uitgebeeld word in 'n toneel wat die onderskeid, hierdie verskillende wÍrelde waarin hulle leef, wys, of "show". Machiel, die aantreklike kunstenaar, bly juis 'n betreklik eendimensionele karakter omdat hy onder meer soos volg beskryf word: "Hy is so volmaakte beeld van die kunstenaar dat dit vals voorkom" (p 144).

'n Ander hinderlike aspek van die teks word gevind in die intellektuele en filosofiese oordenkinge van die karakters, veral in die briefwisseling tussen Leila en Jerome. Sommige van hierdie bepeinsinge, veral waar idees rondom subjektiwiteit, metafisika, of die denke van Descartes in spel kom, klink, om eerlik te wees, soos 'n Filosofie 1-tutoriaal. Hierdie dele waar idees uitgespel word (telling) kon, volgens hierdie leser, eerder geskrap word en op konkrete wyse in die handelinge, gesprekke of alledaagse gebeure van die karakters betrek word (showing).

Die roman sal, met Paul-Hughes se interessante gebruik van die mitologie en kunsteorie, meer as die lees werd wees vir die meeste lesers. Die karakter van Leila, met al haar kwellinge en onsekerhede, sal op haar eie ander lesers aan die lees hou. Maar omdat daar op vele vlakke weggeskram word van kompleksiteit ter wille van leesbaarheid en toeganklikheid, sal ander miskien voel dat Leila dalk tť lig word.


LitNet: 26 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.