SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Magtig opgesette werk kort drastiese terugsnoeiing

Hennie Aucamp

Die laaste Afrikaanse boek
outobiografiese aantekeninge

Karel Schoeman
Human & Rousseau
2002.

Die laaste Afrikaanse boekDie egodokument Die laaste Afrikaanse boek deur Karel Schoeman het ’n ondertitel: outobiografiese aantekeninge. Beide titel en ondertitel lewer probleme op vir hierdie leser. Die kort verduideliking voor in die boek rakende die titel slaan wel op die toenemende probleme van die Afrikaanse skrywer om gepubliseer te raak, maar teen diť tyd is daar al ’n negatiewe persepsie by die leser gevestig, naamlik dat dit aan Karel Schoeman gegee is om die Afrikaanse letterkunde af en toe te sluit. “Outobiografiese aantekeninge” kon myns insiens doodgewoon geheet het: “’n outobiografie” of “’n lewe”. Wil “aantekeninge” voorlopigheid aandui? ’n Suggestie wees dat ’n outobiografie veel omvangryker sou gewees het? (Die laaste Afrikaanse boek beslaan klaar 683 bladsye.)

Die laaste Afrikaanse boek is sowel ’n leesavontuur as ’n leesfrustrasie. Laat met die avontuurlike begin word.

Nog nooit het daar in Afrikaans ’n boek verskyn wat die ontstaansgeskiedenis van elke geskrif van ’n skrywer, van pamflette tot omvangryke niefiksie en substansiŽle romans, met soveel presiesheid en insig karteer as Die laaste Afrikaanse boek nie. Vir die navorser is diť boek onmisbaar; net jammer, bitter jammer, dat die uitgewer in gebreke gebly het om ’n register en ’n volledige publikasielys te voorsien. ’n Uitgewer moet homself vooraf afvra vir watter segment van die leespubliek ’n tome soos diť bestem is. Tog seker vir ’n akademiese of semi-akademiese publiek, in welke geval volledige tegniese informasie ’n vanselfsprekendheid is.

Maar Die laaste Afrikaanse boek is nie net op die oeuvre van Schoeman self ingebuig nie. Dis ook ’n verkenning van die boek as sodanig, en word ’n leesverslag — weer eens: uniek in Afrikaans — van haas al die boeke wat in ’n leeftyd op Schoeman ingewerk en sy temas en styl beÔnvloed het. ’n Mens wens net dat Schoeman sy leser meer dikwels die kans gegun het om self gevolgtrekkings te maak. Hierdie leser het tydens Schoeman se Paarl-periode, nav talle aanhalings uit sy destydse leeswerk, tot diť gevolgtrekking gekom: “Sinsritmes, inventaristegnieke — kortom, die tipiese Schoeman-styl — is vroeg al gevorm.” Later som Schoeman diť gevolgtrekking self op, en voeg ook by “beelde”. Hiermee bevestig hy sy wantroue in die Afrikaanse kritikus, iets waarmee skrywers soms wel simpatie kan hÍ, maar in die vaarwater van diť instelling volg onvermydelik selfingenomenheid.

Hoeveel selfvoldaanheid en selfverwenning mag ’n outobiograaf hom veroorloof? Hier lÍ ’n wesenlike probleem. BiografieŽ — ek praat nou nie van hagiografieŽ nie — is onvermydelike regstellings by outobiografieŽ.

Wat wel in ag geneem moet word, is dat alles wat met Schoeman gebeur het, latere wendings en ingrype in sy lewe en werk voorberei het. Schoeman se lewensinstelling is byvoorbeeld sterk bepaal deur die Paarlse openbare biblioteek, en biblioteke sou dwarsdeur sy lewe ’n vormingsfaktor bly; ’n baie sterk faktor in die jare van sy rypheid in Kaapstad, waar hy by die Suid-Afrikaanse Biblioteek gewerk het.

Die biblioteekwese in Suid-Afrika is natuurlik ingebed in die geskiedenis van die land, en word tereg ’n “sosiokulturele getuienis” genoem. Dit is een van die groot winste van Die laaste Afrikaanse boek dat dit ook ’n sosiokulturele geskiedenis is, veral van die afgelope sestig jaar.

Trompsburg is een van die dorpe wat met fragmente uit die verlede opgebou word, en Schoeman se beskrywings is ’n pragtige voorbeeld van hoe ’n vervloŽ dorp weer ’n lewende organisme kan word met behulp van foto’s, amptelike materiaal en literÍre voorbeelde. Die literÍre materiaal in diť geval is oorwegend van CM van den Heever, en in mindere mate van sy broers Kootjie en Giel. Van den Heever kom van Trompsburg af, en romans soos Droogte en Kromburg adem die gees van ’n tipiese plattelandse dorp in die veertigerjare.

Schoeman het min geduld met Van den Heever as romanskrywer, maar is wel simpatiek teenoor die dorpskameŽ wat ’n flonkering aan Van den Heever se romans gee. Nou is dit juis hierdie kameŽ wat deur Schoeman in sy vroeŽ hoofstuk oor Trompsburg ingebou is en ’n besondere “periode”-allure en lewendigheid daaraan verleen.

Daar is talle fasette van Schoeman se lewe wat sů nou met sy werk skakel — fasette soos sy tydelike oorgaan tot die Katolieke geloof, sy homoseksualiteit, sy politieke ingesteldheid — dat Schoeman-bewonderaars hulle jare reeds vrae in diť verband afgevra het. Hierdie vrae word nou deur Schoeman self beantwoord, baie eerlik, in soverre ’n buitestaander die woord “eerlik” oor ’n ander se interpretasie van eie lewe mag gebruik.

Schoeman se gemoeidheid met politiek was vroeg reeds daar, maar verskans in stories wat oor ander tye handel: die verlede, soos in By Fakkellig, of toekomsgerig, soos in Na die geliefde land. Verkwiklik is byvoorbeeld dat Schoeman hom nie, soos ’n jong geslag “vadermoordenaars” in die Afrikaanse letterkunde, van ’n “holier than thou”-houding bedien nie. Een aanhaling oor Apartheid is hier voldoende: “Toenemend het ek ook besef dat my eie bevoorregte bestaan op daardie sistematiese en geÔnstitusionaliseerde onreg berus, daarvan afhanklik is en onvermydelik al hoe nouer daarmee vervleg, sonder dat ek kon sien wat ek daaromtrent kon doen.”

Bogemelde aanhaling kom uit Schoeman se Johannesburg-periode, 1966-1968. Later het hy, nŠ ’n lang buitelandse verblyf, eers in Amsterdam, toe weer in Cavendish en Glasgow in Skotland, teruggekeer na Suid-Afrika.

NŠ sy Europese verlede het hy hom kennelik ontuis gevoel in ’n Suid-Afrika waar politieke spanninge hand oor hand toegeneem het. Wat Schoeman sedertdien gedoen het, grens aan die heroÔese. As hy dan in Suid-Afrika wil aanbly, moet hy vir homself diť land toe-eien, het Schoeman besluit, en die afloop van diť besluit het die Suid-Afrikaanse letterkunde en sosiokulturele geskiedskrywing op ’n onvoorstelbare skaal verryk.

Daar was die stroom gehalteromans, die biografieŽ en ander kulturele optekenings, soos byvoorbeeld oor die Vrystaatse boukuns, en oor die San-deskundige, Lucy Lloyd. Karel Schoeman het vir die huidige geslag Suid-Afrikaners ’n oorsigtelike, geskakeerde verlede besorg, iets wat hulle vroeŽr nie gehad het nie, en dit is, in Timmermans se onverganklike woorde, “geen klein ding in een mensch zijn leven”. Hiervoor verdien hy die allerhoogste toekennings waaroor ’n land en ’n gemeenskap beskik.

Na alle lofbetuigings moet helaas hardop en reguit gesÍ word dat Die laaste Afrikaanse boek gebruikeronvriendelik is, wat meer sake insluit as die gebrek aan ’n register. Die ongedissiplineerdheid van die skrywer is nůg ’n struikelblok — moet die leser werklik van elke aanhaling, elke boek, elke mens in Schoeman se lewe kennis neem? Wanneer statistiese beramings gedoen word — en dit moet ’n uitgewer tog vooraf doen — gaan dit skokkend wees hoeveel ruimte bloot aan aanhalings afgestaan word, onder meer lang stukke in Duits. Onteenseglik het diť aanhalings groot betekenis vir Schoeman, maar wat hy vergeet, is dat hy hom nie op Europese bodem bevind nie.

Schoeman voel soms skuldig oor sy grenslose selfkoestering, en praat van “’n sterrereŽn van aanhalings, herinnerings, beelde en eggo’s” wat dreig om hom te “oorweldig”. Op die ou end is dit nie die skrywer wat oorweldig word nie, maar die leser. Selfkritiek raak telkens opgehef, want sodra Schoeman homself beskuldig, kanselleer hy diť kritiek, en praat hy weer vergoelikend oor die “breedsprakigheid van die ouderdom”.

’n Herdruk van Die laaste Afrikaanse boek lyk in diť stadium na ’n ekonomiese onhaalbaarheid, maar sou dit gebeur, wil ’n mens vra dat dit ’n hersiene en drasties teruggesnoeide uitgawe sal wees. Beide Schoeman en die publiek sal hierby baat.


Ander resensies van Schoeman se boek deur: Andrť Brink, Chris van der Merwe en Johann Rossouw)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.