SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kan die Nuwe Hervormers ons gesond maak?

Christina Landman

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002


Inleiding

Die Suid-Afrikaanse samelewing is siek. Nie siek soos in “pervers” nie, hoor. O nee. Ons is nie pervers nie.[1] Ons is siek aan ander goed, soos eensaamheid, disembodiment, en toekomsloosheid. Ons verliese maak ons siek - die verlies aan hoop, werk, sinvolle verhoudings, gesondheid, drome, noem dit maar. Ons is siek soos mense wat gesond moet word. En ek dink ook ons wŪl gesond word. En om gesond te word, keer ons ons na godsdiens.

Dis daarom baie belangrik dat ons ons sal afvra of die soort godsdienstige diskoerse wat ons hier in Suid-Afrika het, mense inderdaad gesonder maak, en of dit hulle nie sieker maak nie:

  • Maak die soort lewensvreemde piŽtisme wat ons hier het, en wat altyd in die hemel rondploeter, mense nie nog meer eensaam nie?

  • Vervreem fundamentalistiese voorskrifte oor liggaamlikheid wat 10 000 jaar terug dateer en gerig is op die oorlewing van ’n groep mense wat in die woestyn voortvlugtig is, hulle nie nog meer van hulle liggame nie?

  • Gee ongenadige vorme van geloofgenesing hulle nie nog meer valse hoop oor die toekoms nie?

  • En laat die kerke se politieke naÔwiteit en onvermoŽ om in ’n sekulÍre staat morele leiers te wees, Christene nie nog meer sonder woorde om oor hulle moraliteit te praat nie?

    Ek kan verstaan dat die Nuwe Hervormers bekommerd is oor die invloed van hierdie godsdienstige diskoerse op mense. Hulle is veral daaroor bekommerd dat die manier waarop mense oor Jesus praat, hulle siek maak. Hulle wil die fundamentalistiese Jesus, die piŽtistiese Jesus en die dogmatiese Jesus vervang met die histories-kulturele Jesus, en hulle glo dat dit mense gesonder sal maak.

    My praatjie gaan dus gewoon hieroor: Wat is die diskoerse oor Jesus wat mense sieker maak, en watter alternatiewe diskoerse bied die Nuwe Hervormers aan wat mense, volgens hulle, gesonder sal maak? En dan, uiteindelik, sal ek afsluit met vra of die Nuwe Hervormers se Jesus wel aan gesonde mense se kant staan.

    Maar eers moet ek net vinnig sÍ wat ek onder ’n “diskoers” verstaan. ’n Diskoers is ’n groot verhaal, ’n narratief, ’n storie, waaraan die grootste deel van die samelewing glo, en wat ons gedrag bepaal en beheer. Ons sal veronderstel dat sekere godsdienstige diskoerse mense se lewens tot siekwordens toe beheer, en dat dit teoloŽ (soos die Nuwe Hervormers en andere) se werk is om hierdie diskoerse na ’n gesonde plek te vat. Die vraag is net, kry hulle dit reg?


    Watter diskoerse oor Jesus maak mense siek?


    1. Diskoerse dat Jesus (net) jou siel verlos (die Jesus van die PiŽtisme). Ek dink julle sal saam met my stem dat wanneer ’n vrou deur drie mans verkrag word en die dominee vir haar sÍ, kom ons bid vir die siele van die verkragters, hierdie diskoers dat verlossing maar net oor siele gaan, niemand gesond gaan maak nie.
    2. Diskoerse dat as jy vir Jesus kies, jy moet verander (die Jesus van die Fundamentalisme). In my kort loopbaan as berader het ek hierdie diskoers nog altyd net raakgeloop as daar sprake is dat jy moet verander na die dominee of pastoor se diskoers. As ’n persoon homoseksueel is, moet hulle bid dat Jesus hulle verander om hulle van hulle siekte te genees. PasiŽnte met desperaatheid in hulle oŽ kom vra jou om vir hulle medisyne te gee, of selfs te hipnotiseer, sodat hulle van hierdie “siekte en sonde” ontslae kan raak en hulle “goeters met vroue sal werk”.

      Of vroue wat (soos een vrou dit gestel het) “kondÍm gemoer” is, word met goddelike gesag aangesÍ om meer onderdanig te wees omdat die geweld dan glo sal stop. As sy verander, sal Jesus/God vir haar sorg.

      Ek dink u sal saamstem dat patriargale diskoerse soos hierdie, mense (en veral mans) in Suid-Afrika baie siek gemaak het.

    3. Diskoerse dat Jesus mense wat genoeg glo, sal genees (die Jesus van die Charismatici). Geloof speel ’n baie belangrike rol in mense se gesondword en verskeie studies het al bewys dat mense met ’n sterk geloofsbasis krisisse en verliese uiteindelik beter kan hanteer, en ’n beter kans het op gesondword, as mense daarsonder. Sekere vorme van geloofsgenesing - veral diť wat met die uitdryf van demone werk - verteenwoordig egter die ergste vorme van spirituele geweld (spiritual abuse) wat ’n mens kan kry. Met die belofte om bonatuurlik gesond te word, word mense geboelie in gedragspatrone en skuldbelydenisse wat hulle sieker maak. Hulle word beroof van God as die Een wat ook aan die kant van siekes staan. In die hospitaal waar ek deeltyds as berader werk, het ek al gesien hoe staan mense op uit rystoele, en hoe gooi hulle hulle krukke weg, nie omdat iets uit hulle uit gedryf is nie, maar omdat iets in hulle ingesit word, naamlik ’n geloof dat God jou help om uit jou omstandighede op te staan. Dis wanneer jy konsentreer nie op wat verkeerd is met mense nie, maar op wat reg is met hulle, dat hulle die motivering kry om gesond te word. Ek verstom my daar telkens weer hoe mense hulleself gesond maak omdat hulle hande met God vat. Dit is, myns insiens, geloofsgenesing in ’n gesonde vorm.

    4. Diskoerse dat mense goed of sleg is afhangende van hoe hulle in Jesus glo (die Jesus van die apartheidskerke). Apartheidsteologie het nie net wit en swart teen mekaar opgesweep, en mans en vroue in stereotipes teenoor mekaar opgestel nie. Dit het homself ook as regter aangestel oor watter teoloŽ ware teoloŽ is, en watter vals is. TeoloŽ soos Piet Strauss - wat die nasionale voorsitter van die Voortrekkers en basies ongeleerd is en vrouepredikante en -teoloŽ in die kerk vervolg - is hiervolgens ware teoloŽ, terwyl teoloŽ wat nie deur die kerk aangestel is en deur hulle beheer kan word nie, valse teoloŽ is.

    Op ’n onlangse vergadering van regse predikante uit die Gereformeerde tradisie het teoloŽ soos Sakkie Spangenberg die skuld gekry vir die verval in die kerk. Die Afrikaanse kerke uit die Gereformeerde tradisie het sedert 1994 ’n derde van hulle lidmate verloor, en sal nog ’n derde verloor binne die volgende vyf jaar. Die rede vir hierdie verval is egter nie ek en Sakkie Spangenberg nie. Hulle verval is eerder daaraan te wyte dat hulle nie sonder die staat agter hulle kan oorleef nie. Die rede vir hulle verval is veral hulle onvermoŽ om swart mense uit die Gereformeerde tradisie wat binne hulle grense ingetrek het, in hulle eredienste te akkommodeer. Hulle onvermoŽ om van hulle bagasie ontslae te raak en om die toekoms te omarm, is dus die rede vir hulle verval. Boonop is hulle liturgie en prediking ’n onspirituele spulletjie wat nog net ’n nostalgiese ouderdomsgroep aanspreek. Hulle bankrot teologie en gebrek aan pastorale uitreiking kan mense nie deur hulle krisisse en verliese help nie. Die hoofrede vir hulle verval is natuurlik dat hulle vir “die teoloŽ in die dagpers” die skuld vir hulle verval gee, en self in onskuldfantasieŽ verval wat hulle impotent maak om te hervorm.

    O ja, en is dit nie insiggewend dat die Boeremag wat besluit het om ’n paar teoloŽ dood te skiet, juis by ’n kerk vergader het nie? Dis dan, soos Pieter Craffert sÍ, wanneer godsdiens van jou ’n monster maak.


    Kan die Nuwe Hervormers se diskoerse oor Jesus mense gesond maak?

    En dit bring ons nou by die Nuwe Hervormers. Is hulle monsters of genesers? Ons het aan die begin gesÍ dat ons samelewing ’n desperate behoefte aan genesing het. En ons het dit gemeen met die gemeenskap waarin Jesus geleef het.

  • Ook ons leef in ’n samelewing waar daar sterk politieke oorheersing deur ’n enkele party is.

  • Ook ons word weerloos uitgelewer aan skielike armoede en geweld.

  • Ook ons ly geweldig verliese waarvoor ons hulpeloos staan.

  • Ook ons het behoefte om genees te word van siektes (soos Vigs/MIV) wat nie deur mense genees kan word nie.

    Soos in Jesus se tyd, dink ek dat godsdiens ’n belangrike rol kan en moet speel in ons genesing. As gevolg van Jesus se lewe en werk het daar alternatiewe diskoerse in die samelewing ontstaan (soos oor sy goddelikheid), en is daar ander simbole gevorm (soos sy maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart), wat mense as genesend beleef het.
    Uiteindelik sou hierdie diskoerse en simbole “die Christendom” vorm. Ja, hierdie diskoerse en simbole was inderdaad so sterk, en dit het mense so aangespreek, en hulle het so genees daardeur gevoel, dat dit ’n hele nuwe godsdiens gevorm het.

    ’n Spesifieke kenmerk van die Christendom is egter dat dit in staat was om op verskillende tye in die geskiedenis sigself kragdadig te hervorm en in ’n ander rigting te stuur. Deur die eeue het Christene hulle eie diskoerse en simbole dan ook dikwels herbekyk en “hervorm” wanneer daar ’n groot behoefte aan genesing in die samelewing was en die ou diskoerse en simbole nie meer gewerk het nie.

    Is ons met die Nuwe Hervorming nou weer in so ’n situasie waar diskoerse en simbole in so ’n mate hervorm kan word dat dit ’n hele nuwe rigting in die Christendom gaan inlui? En kan die Nuwe Hervorming se alternatiewe diskoerse en simbole ons gesond maak?

    Ek het die Nuwe Hervorming se Jesus meestal uit die koerante leer ken, en ek moet sÍ dat hulle Jesus vir my baie vaag en suutjies was (ek wou sÍ “impotent”, maar ek dink ek het die woord nou al gebruik en ’n mens wil tog nie daaroor gepsigoanaliseer word nie, wil jy?). Maar nadat ek hulle nuwe boek, Die Nuwe Hervorming (Protea: 2002), gelees het, het hulle my amper oortuig om ook ’n Nuwe Hervormer te word. Ek was veral beÔndruk met

  • die manier waarop hulle byvoorbeeld die gelykenisse van Jesus as alternatiewe diskoerse vir mense se genesing ontgin, en

  • die manier waarop hulle simbole (soos die opstanding en Jesus se wonderwerke) na ’n gesonde plek verplaas. Ek wil dit herhaal: hulle ondermyn nie hierdie simbole nie, maar verplaas dit na waar dit beskikbaar sou kon wees vir spirituele selfgenesing - alhoewel, soos ek netnou sal aandui, ek nie dink hulle daarin kan slaag om die finale stap te neem en mense te oortuig om hierdie genesing te verinnerlik nie.

    O ja, en ek wou sÍ dat dit goed was om weer herinner te word aan die Evangelie van Thomas wat ’n Jesus aan ons beskryf wat vir die hier en die nou is. Dit was goed om weer na Jesus te kyk as die een wat baie klem lÍ op saam eet en die genesing van gemeenskap wat daarin opgesluit is. Ek dink net nie dat mense in Suid-Afrika genesing soek deur ’n “innerlike vlug” soos Thomas dit voorstel nie, maar eerder deur hulle verhoudings genees wil word.

    So, wat pla dan aan die Nuwe Hervormers?

    1. Hulle naam. ’n Mens is bly en beÔndruk dat hulle vir hulleself so ’n positiewe naam gegee het. In plaas van “die Nuwe Hervormers” kon hulleself “die Ou Ondermyners” genoem het, soos die meeste mense eintlik aan hulle dink. Maar soos Jesus wat homself altyd positiewe name gegee het wanneer die mense hom sleggesÍ het, en met sy “Ek is ...”-uitsprake vir ons ’n goeie voorbeeld gegee het hoe om verbale geweld teen te gaan, het die Nuwe Hervormers ook hulleself ’n kragtige en goeie naam gegee.

      Dis net, die naam is pretensieus. Wat die Nuwe Hervormers wil doen, is heeltemal anders as wat Hervormers in die verlede gedoen het. Daar was baie hervormings in die kerk(e) se verlede, en in al hierdie hervormings het dit daarom gegaan om TERUG te gaan in tyd. Ook Luther wou die kerk herstel soos hy “oorspronklik” in Nuwe Testamentiese tye was (of sou gewees het). Die Nuwe Hervorming wil dit nie doen nie. Inteendeel, hulle neem juis die postmoderne hede (as daar so iets is) ernstig op. Hulle wil juis vir ons wys dat die “oorspronklike Christendom” nie so wonderlik en vol wonderwerke was soos ons dink nie. Vir kerkmense is hervorming in hierdie sin nog heeltemal ondenkbaar.

      Boonop was die Hervorming wat ons die beste ken - die Protestantse Hervorming van die 16de eeu - ’n volksbeweging. As gevolg van die swak kerkhistorici wat ons in die land het, is ons geleer dat hierdie ’n teologiese hervorming was, maar dit was eintlik en uiteindelik ’n volksbeweging. En in alle liefde dink ek nie die Nuwe Hervorming het die massas agter hulle nie. Inteendeel, die meerderheid mense glo dat die Nuwe Hervormers hulle simbole by hulle steel. Hulle verstaan nie dat die Nuwe Hervormers hierdie simbole na ’n postmoderne omgewing wil verplaas nie. Die mense voel eerder beroof en ondermyn. Hulle kan glad nie “bond” met die Nuwe Hervormers se Jesus(se) nie. Die wit mense kan nie vir hom lief word nie. En die swart mense kan hom nie dans nie.

      Die Nuwe Hervormers veronderstel dat ons in ’n postmoderne samelewing leef, maar dis nie die geval nie. Jy sal ’n dokter kry wat bedags met moderne tegnologie en ’n modernistiese siening van liggaamlikheid werk, saans huis toe gaan en sy vrou volgens eeu-oue kulturele gebruike beheer, en Sondag ’n premoderne godsdienstige diskoers ondersteun. Die meeste Suid-Afrikaners het shifting identities waarmee hulle tussen hierdie modernistiese en premodernistiese identiteite rondskuif. In die proses maak hulle hulleself en die mense om hulle ontsettend siek, maar hulle is nog lank nie in staat om die speelse integrasie van identiteite wat die postmodernisme veronderstel, te verinnerlik nie.

      Opgesom dan, dink ek dat die Nuwe Hervormers wonderlike, gesonde dinge wil doen, maar dat hulle die samelewing verkeerd lees en nie ’n massale navolging gaan kry om inderdaad ’n hele “hervorming” te bewerkstellig nie.

    2. Die Nuwe Hervormers is studeerkamerteoloŽ. Hulle is nou al dikwels daarvan beskuldig dat hulle net ’n klompie wit mans is wat, met gewone manlike voorbarigheid, hulle bietjie intellektuele masturbasie ’n hervorming noem. My probleem is eerder of hulle regtig weet hoe lyk lyding, en watter vrae mense rondom hulle lyding vra. As ons die vraag vra: “Kan die Nuwe Hervormers ons gesond maak?” moet ons ook vra, maar weet hulle hoe lyk siek mense; weet hulle hoe lyk dit wanneer godsdienstige diskoerse mense nog sieker maak? Kan hulle dit weet daar in hulle studeerkamers in upper-class suburbia? Hoe stel hulle hulleself bloot aan menslike lyding en verliese? Of werk hulle net met tekste? Is hulle hervorming dan tekstueel en nie kontekstueel nie? Het hulle Jesus nog genesende magte?

      Ek is bevrees, ek dink nie so nie.

      Ek wil graag ’n voorbeeld noem. Hoe word ’n vrou wat seksueel en fisies gemolesteer word, gesond deur aan die histories-kulturele Jesus te glo wat waarskynlik nie opgestaan het nie, en in sy graf lÍ en vrot soos sy in haar verhouding aan die afvrot is? Het sy nie eerder ’n kans op gesondword wanneer sy glo dat Jesus met ’n gesonde liggaam opgestaan het nadat hy fisies verskriklike geweld ervaar het toe hy gegesel en gekruisig is nie? Die verhaal van Jesus se opstanding verskaf ’n wonderlike narratiewe simbool van opstaan teen geweld. En ons kan dan maar die verhaal van Jesus se opstanding in die proses as “waar” oorvertel - dit sal mense regtig nie sieker maak nie, en ook nie dommer nie. Inteendeel.


    Afsluitend

    Terwyl ’n mens dan bekommerd is oor hoe siek die piŽtistiese, dogmatiese en fundamentalistiese Jesus mense maak wanneer hulle Jesus gebruik om mense te boelie en te beheer, weet ek nie of die Nuwe Hervormers Jesus vir ons bevry het nie. Ek dink in Suid-Afrika is Jesus nog steeds nie vry om ons gesond te maak nie. En dit terwyl ons gesondword so dringend nodig het en daarna uitsien.

    Menere, ek sou so graag wou hÍ dat julle beweging ’n invloedryke hervorming moet word. Maar eerder sien ek hoe julle mense laat laer trek in fundamentalistiese diskoerse wat hulle nog sieker maak.

    Menere, ek sou graag wou hÍ dat julle teologiese opleiding moet verander en verryk met alternatiewe diskoerse en vernuwende simbole en ’n genesende godsdienstige taal. Maar eerder sien ek dat fundamentalistiese Bybelskole oral teen ’n geweldige spoed (iets soos 25% per jaar) groei en dat teologiese opleiding soos diť wat u bied, agteruitgaan.

    Menere, ek sou so graag wou sien dat julle dit regkry om vir mense te leer om in ’n nuwe godsdienstige taal oor hulleself en God te praat, ’n taal wat ons gesond sal maak. Maar eerder sien ek dat godsdienstige taal in Suid-Afrika al hoe harder word, en dat mense al hoe vaardiger word om mekaar te demoniseer.

    Ek weet nie of julle ver gaan vorder op hierdie pad nie.

    Wat ek dink ons teoloŽ eerder nodig het, is om ’n ander (tussenin) pad te volg, en dit is om gewoon tussen mense in hulle lyding en verliese te gaan staan en saam nuwe woorde te ontdek waarmee ons God se hand kan vat.

    En is dit nie juis wat Jesus gedoen het nie?


    [1]Ek dink byvoorbeeld dat MIV/VIGS nie hier vinnig versprei (ook in die wit samelewing) omdat ons pervers is nie, maar ultimately omdat ons eensaam is.


    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.