SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die geeste van Karel Schoeman

Johann Rossouw

Daar is min ervarings wat so aangrypend is om mee te maak as die gebaar waarmee ’n groot kunstenaar die laaste steen in die gebou van sy lewenswerk l. Karel Schoeman se pasverskene Die laaste Afrikaanse boek: outobiografiese aantekeninge (Human & Rousseau) is so ’n ervaring. Dit is ’n werk ryk aan verskillende leesvlakke: ’n getuienis van selfverwesenliking (in die Jungiaanse sin van die woord) en verligting (in die Zen-Boeddhistiese sin van die woord); ’n boeiende blik op die ontstaan van die kunstenaar se werke en die skeppingsproses wat daartoe gelei het; ’n lewensverhaal; en ’n haas ongewenaarde blik oor veral die Afrikaner se kultuurpolitieke geskiedenis van die afgelope sestig jaar of wat, maar ook van die brer Suid-Afrika en die land se interaksie met die wreld vanaf Jan van Riebeeck se koms na die Kaap.

Die vier genoemde temas kan vergelyk word met die jaarringe van ’n ou boom, waarvan die kultuurpolitieke aspek die onpersoonlikste en buitenste ring sou wees, terwyl ’n mens algaande vanaf die lewensverhaal na die skeppingsproses na die selfverwesenliking en verligting by die intiemste binnering sou uitkom.

Dit is dan ook gepas om in ’n poging tot waardering van hierdie boek eers by die buitenste ring te begin ten einde beter begrip te verwerf van hoe die buitekant van hierdie skrywer met sy binnekant saamhang. Ook is so ’n poging tot waardering om ’n ander rede gepas, naamlik weens die herhaalde en juiste klem wat Schoeman l op die onverdeelbare eenheid van alles, die dieper samehang van dit wat is — vanaf die advertensieplakkate wat hy nou laat in sy lewe op wandelinge deur die verlate Sondagstrate van Trompsburg tekom tot die herinneringe van Nadezjda Mandelstam en Vergilius.

Wat die kultuurpolitieke aspek betref, bied Schoeman aan ons ’n deurtastende oorsig van die prosesse wat vorm gegee het aan die wreld waarin hy gebore en geto is, soos die oorhand wat die blankes uiteindelik met Brittanje se steun teen die middel van die negentiende eeu verkry het in wat vandag nog as die Vrystaat bekend staan, en destyds tot die stigting van die republiek van die Oranje-Vrystaat gelei het; die Anglo-Boereoorlog en sy nawerking in veral die Vrystaat (hoewel Schoeman dit betreklik oorsigtelik behandel, gegewe die oorbewerking van hierdie besondere historiese akker gedurende die afgelope tyd rondom die herdenking van di oorlog, waaraan hy duidelik nie erg het nie); die opbloei van Afrikaner-nasionalisme, die koms van 1961 se republiek en sy verdwyning skaars 30 jaar later, en tussendeur die geskiedenisse van veral die dorpies in die Suid-Vrystaat, soos Smithfield, Philippolis en dan natuurlik sy geboorte- en aftreedorp, Trompsburg. Schoeman het homself al baie lank terug gevestig as ’n onortodokse geskiedskrywer — hy teken sy huiwering voor die term “historikus” pertinent in die boek aan — vernaamlik omdat hy nie net dokumente nie, maar ook artefakte en objekte gebruik om meesleurende rekonstruksies te maak van die verlede soos dit gelf is (in soverre so iets hoegenaamd moontlik is, en soos wat hy ook in die boek toegee). Hierdie vaardigheid word ryklik hier tentoongestel, met di onderskeiding dat sy invalshoek nou uitdruklik is om hierdie rekonstruksies te onderneem in verband met die wreld waaruit hy self kom. Reeds dan, in hierdie spesifieke invalshoek in die onpersoonlike jaarring van die kultuurpolitieke geskiedenis, is dit haas van meet af duidelik dat hierdie werk, soos Schoeman dit self baie later in die boek onomwonde stel, inderdaad sy persoonlikste werk is, selfs nog veel persoonliker as die dubbelbiografie van sy grootouers aan moederskant, Merksteen, en die evokatiewe verslag van sy laaste besoek aan Nederland, Stamland.

Naatloos word die brer kultuurpolitieke gegewens verbind aan Schoeman se lewensverhaal. Soos wat ’n mens van hierdie soort onderneming kan verwag, word die onpersoonlikste die uitvoerigste aangebied, terwyl die stiltes en weglatings toeneem soos wat die meer persoonlike aan die orde gestel word. Schoeman se diskresie en stilswye is al lankal legendaries, en wie meer van die mens agter die boeke wou weet, was aangewese op persoonlike staaltjies van mense wat hom ken of geken het (van laasgenoemde is daar klaarblyklik heelwat meer as van eersgenoemde), of die enkele onderhoude met hom en berigte oor hom, waarvan daar oor ’n tydperk van nagenoeg 35 jaar kwalik soveel as tien verskyn het. Reeds uit hierdie skrapse getuienis kon ’n mens ’n beeld verkry van ’n intens persoonlike man, intellektueel uiters briljant, emosioneel betreklik ongedurig en selfs onvolwasse, uiters gekultiveerd, intens en sterk op die religie ingestel.

By die lees van hierdie boek is dit verbasend in hoe ’n mate bogenoemde beeld van Schoeman ooreenstem met die beeld wat hy dan ook met sobere eerlikheid van homself skets, hoewel die emosionele volwassenheid en stabiliteit wat hy duidelik verwerf het, ’n pragtige bykomende element is. Soos Antonio Tabucchi per geleentheid geskryf het, is die geheue ’n meestervervalser, maar in Schoeman se geval kon hierdie leser nie anders nie as om verwonderd te staan oor hoevl Schoeman onthou en hoe hy sinvol deur hierdie massas en massas herinneringe sif totdat ’n patroon na vore tree. Verre sy dit van hierdie leser om eers te probeer om die sleuteloomblikke van Schoeman se lewensverhaal hier te probeer opsom, want daarvoor is die boek self daar om te lees. Wat egter opval, is die hoogs buitengewone omstandighede waaruit hierdie uitsonderlike mens na vore getree het: hy groei feitlik vaderloos op in die haas uitsluitlike geselskap van sy Nederlandse moeder, ’n vrou wat eiesinnig en standvastig haar weg deur die lewe gebaan het en, vir soverre ’n mens Schoeman se getuienis oor haar as objektief kan aanvaar (want dit is duidelik dat die band tussen hulle so intiem was dat dit selfs vir hom moeilik is om objektief daaroor te skryf), haarself onbaatsugtig aan hom gewy het en nooit in sy pad na selfverwesenliking gestaan het nie, selfs nie wanneer dit, volgens sy eie erkenning, soms in selfsugtige gedrag aan sy kant tot uiting gekom het nie; hy groei op in die bloeityd van Hollywood en Europa se rolprentbedrywe, maar is veral ’n produk van die Europese boekekultuur soos dit deur sy grootouers en sy moeder aan hom oorgelewer is, wat daarvoor sorg dat hy al teen sy tienderjare meer boeke gelees het — waaronder Dickens tel — as wat die meeste Suid-Afrikaners nie eens in ’n leeftyd lees nie; en hy gaan uiteindelik sy hele lewe lank sy weg in die soms blinde tasting na wat hy uiteindelik sou word, deur ses of agt romanpogings voor hy sy eerste selfgerekende geslaagde novelle op nagenoeg twintig voltooi, deur die Katolisisme, ’n vae periode van agnostisisme (’n woord wat hy nie self gebruik nie, maar wat nie onvanpas is nie), tot uiteindelik deur Jung na die Zen-Boeddhisme (al sy dit ingeklee in Schoeman se kenmerkend hoogs individuele wyse). Eg on-Suid-Afrikaans, eintlik eg on-Afrikaans, het Karel Schoeman vreesloos gewaag om sy passies te leef, dikwels sonder veel oorweging vir die praktiese implikasies, en algaande sy lewenswerk geskep.

Wat die lewenswerk betref — en hiermee beweeg ons na die derde en meer persoonlike jaarring — gee Schoeman ’n boeiende blik op die ontstaan van sy boeke, fiksie sowel as geskiedenis, en sy skeppingsproses. Hy is vrygewig met die vertellinge van waar hy hierdie huis of daardie landskap, hierdie aanhaling of daardie boektitel, tegekom het. Soms het hierdie leser die gevoel gekry dat Schoeman dit ten dele doen om die vergrype van literre teoretici (of minstens die handjievol wat nog in Afrikaans oorgebly het en vinnig minder word) — ’n spesie waarvoor hy kennelik nie veel ooghare het nie — te probeer beperk. Hy waarsku meer as een keer dat lesers versigtig moet wees om sonder meer afleidings oor die outobiografiese inhoude van sy boeke te maak, dui passasies en gebeure aan wat inderdaad outobiografies was, wys hoe gebeurtenisse en indrukke uit ander se lewens uiteindelik deur hom tot fiksie omgewerk is, en wys ook daarop dat romanskrywers haas enigiets sal aanwend om hul werk tot stand te bring. Die geheelindruk wat dit laat, is dat die skryfproses, altans volgens Schoeman, allereers uit die volkome natuurlike begeerte tot skryf ontstaan, en dat as hierdie begeerte nie vanself daar is nie, dit geen sin het om jouself tot skryf te pynig nie. Want, en dit s hy meer as een keer, skryf is pynigend, en — so kan hierdie leser aflei — beslis nie in alle opsigte natuurlik nie. Dit vereis selfdissipline, vreesloosheid om aand vir aand in jou onderbewuste af te daal (miskien, bespiegel Schoeman, is dt waarom skryf so pynlik is), en ’n groot dosis alleenheid (wat hom op een plek noop om sonder meer te verklaar dat ’n liefdesverhouding nie vir ’n kunstenaar moontlik is nie, en op ’n ander dat dit ten beste ’n moeilike onderneming vir ’n skeppende persoon is).

En so, deur die ringe van hierdie ou boom se lewe, kom hy uiteindelik, veral in die laaste gedeelte van die boek, getitel “1999: Trompsburg”, by die proses van selfverwesenliking en verligting waardeur hy is, ’n proses wat in enige mens se lewe lewenslank duur, selfs vir di uitsonderlikes wat van meet af aan bewustelik daarop ingestel is. En hier meld ’n pragtige paradoks hom aan, naamlik dat die naam wat hy eintlik nog altyd aan sy manier van wees kon gee, di van Zen is  hoewel Zen, by uitstek, die kuns van die afleer van naamgewing (en verwoording) is (of nie is nie). Schoeman maak geen aansprake daarop om homself ’n Zen-Boeddhis te noem nie, maar bloot — en dit ook aangrypend stamelend vir so ’n verbale mens — dat hy in die Zen-Boeddhisme as ‘t ware rus vir sy siel gevind het. So kan die hele laaste gedeelte van die boek inderwaarheid as getuienis van hierdie aankoms gelees word, die weergawe van die so-heid van dinge soos hy dit beleef: wandelinge in en om Trompsburg, detail uit die alledaagse lewe, herinneringe, al hoe minder besinning en bloot aantekening, tot uiteindelik net die stilte bly, voltrek met ’n Latynse aanhaling, ’n aanhaling wat die meeste van sy lesers ongetwyfeld nie sal verstaan met die eerste lees nie — dit wil s, om homself en hulle die swye op te l.

Tot sover die oorsig van die lees van hierdie groot boek. Dit sou sekerlik moontlik wees om krities op dele van die boek te reageer, veral met betrekking tot die uiters pessimistiese blik wat Schoeman van die wreld en veral die wel en wee van die Afrikaner-wreld in die tweede helfte van die twintigste eeu gee. As leser het jy begrip daarvoor dat iemand wie se vroegste herinneringe in verlies gedoop is, en wat sy laaste roman Verliesfontein sou noem, geneig is om verlies en verganklikheid as invalshoek op homself en sy tyd te neem. Inderdaad ht baie van wat eens bestaan het, verlore gegaan. Maar dit was nog altyd so; trouens, dit is die erkenning van hierdie verganklikheid van dinge wat die Boeddha self aanvanklik op sy eie weg na verligting geplaas het. Jy sou dit aan Schoeman kon stel dat alle dood ook geboorte is, dat die wreld waaruit hy kom, wel onherroeplik verlore gaan, maar dat dit eweseer, weliswaar dikwels in ander vorme, onherroeplik voortbestaan en aan nuwe vorme geboorte skenk. Vorm is alles, so het die Boeddha geleer, maar vorm, so het die Boeddha ook geleer, bly gaan n kom. Verligting l anderkant die vashou aan die vorme, ook aan die vashou aan die idee dat hierdie jou laaste boek sou wees: ’n idee waaraan Schoeman ten minste sedert die skryf van Armosyn van die Kaap vashou en waarvan hy duidelik nog nie afskeid geneem het nie — deur ook hierdie boek as sy laaste aan te kondig — maar wat weerspreek word deur die feit, terloops deur homself vermeld, dat hy alreeds weer met die skryf en redigering van vyf “kleiner” historiese projekte besig geraak het (waarvan minstens twee heel onlangs by Protea die lig gesien het).

Maar verligting is nie ’n finale proses nie. Selfs nie eens die dood bring finaliteit nie. Hoe ook al: hierdie opmerkings ter syde, is Die laaste Afrikaanse boek ’n aangrypende leeservaring. Sy haas 700 bladsye ten spyt, kon hierdie leser dit eenvoudig nie neersit nie. Vir my was dit ’n reis van verligting oor hoe ons gekom het tot waar ons nou is, maar ook oor wat skryf is. Jy kan nie help om feitlik sonder meer wanhopig te word oor die absolute verval van ’n eiesoortige Afrikaanse (kultuur)lewe wanneer jy hierdie boek lees nie, maar jy kan eweseer nie help om aansienlike moed te skep oor wat wel (in Afrikaans) moontlik is, gegewe ontvanklikheid en harde werk, as jy die op sy eie manier hopelose tyd waaruit Schoeman gekom het en wat hy uiteindelik geword het, in onskou neem nie.

In laaste instansie is Die laaste Afrikaanse boek ’n boek van geeste. Schoeman is, soos ’n mens sou verwag van iemand vir wie verlies en verganklikheid sulke groot temas is, begeesterd deur geeste, selfs besete deur die geeste. Hy beskryf op ’n plek in die boek hoe hy een aand in 1969, tydens ’n ete in Belgi in die geselskap van ander jong Afrikaners, skielik helder besef het dat die wreld waaruit hulle kom, en bepaald die apartheidstelsel, onvolhoubaar is en weldra in duie sal stort en onder die puin van die geskiedenis sal verdwyn, net nog ’n laag onder lae vir die toekomstige argeoloog en spektroloog. Di besef het vir hom gepaardgegaan met ’n visioen van skimme, van geeste, wat agter elkeen van die uitgelate jongmense se stoele kom stelling inneem het, wakend en wagtend.

Op sy oudag is Schoeman ’n man wat met sy eie geeste vrede gemaak het, wat vredig deur die strate van Trompsburg en die kamers van sy huis deur hulle vergesel word, ryk aan geeste waar hy — volgens eie weergawe — arm aan mense was en is. En tog, tog het ’n lewe onder die geeste, soos in die geval van miskien sy grootste karakter, Versluis in ’n Ander Land, vir hom meer oor die mense geleer as wat die meeste mense ooit van hulself of die geeste sal weet.

Lees, liewe leser, Die laaste Afrikaanse boek. Dit is dalk jou laaste kans om so ’n groot gees in Afrikaans te ontmoet.

Ander resensies van Schoeman se boek deur: Andr Brink, Chris van der Merwe en Hennie Aucamp)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.