SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Na aanleiding van die botsing op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees tussen die sanger Steve Hofmeyr en joernaliste van die feeskoerant Krit het die Departement Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch onlangs ’n paneelbespreking aangebied oor die verhouding tussen kunstenaars en kritici. Die kunstenaars was verteenwoordig deur Marthinus Basson, Valiant Swart en Margit Meyer-RŲdenbeck (Dowwe Dolla) en die resensente deur GabriŽl Botma, kunsredakteur van Die Burger, en die musiekresensent Pieter Redelinghuys, alias Chutney de Ridder.

Vier studente van die US se Departement Joernalistiek, Yvonne Beyers, Ingrid Bosch, Carine van Rooyen en Almari Wessels, doen verslag oor die bespreking. Herman Wasserman, dosent in diť departement en voorheen resensent by Die Burger, gee ’n wyer oorsig oor die kwessie van kunstenaar, kritikus en publiek.

Kunstenaars, kritici en kunspubliek — vyande of vennote?

Herman Wasserman

Maak nou nie saak wie reg of verkeerd is nie, ’n vuishou is die einde van ’n gesprek. Jy kies daarmee om jou punt met kneukels eerder as met woorde duidelik te maak.

Laat ’n mens dit uit die staanspoor uit dus duidelik stel — geweld gaan kwalik enige vrae oor die verhouding tussen kunstenaar, kritikus en kunspubliek oplos. Want diť verhouding berus op ’n gesprek oor die kuns, en dit is ’n gesprek wat nie gister of eergister ontstaan het nie, en ook nie een wat mŰre of oormŰre verby gaan wees nie. En ook nie ooit verby behoort te wees nie — want kuns het juis eerder te make met vrae as met sekerhede, eerder met die verskuiwing van grense as die neerlÍ daarvan, eerder met nuwe perspektiewe as met die finaliteit van die reeds bekende. Maar ironies genoeg het Steve Hofmeyr se vuishou op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, toe hy hom gewreek het op joernaliste wat nie sy goedkeuring weggedra het nie, tůg die onbedoelde resultaat gehad dat daar weer ’n effense kunsdebat opgevlam het in ’n land wat ’n te veel het aan praatjies oor sport en politiek (hoewel laasgenoemde soms wťl herinner aan ’n vrotterige amateurkomedie).

Dat Hofmeyr se bullebakkery onsmaaklik was, val nie te beredeneer nie. Maar of dit wel verrassend was in die konteks van die fees, dit is ’n heel ander vraag. Sedert sy ontstaan is die fees al gekenmerk deur voorvalle van onverdraagsaamheid: Miriam Makeba is met blikkies gegooi toe sy op Kaktus wou sing, onthou iemand nog? En is die bohaai oor die P-woord in Johan Scott se kunswerk Vernacular: Love your Mother Tongue al vergete? En Constand Viljoen wat glo plakkate van lamppale afgeruk het omdat sy gesig op ’n naakte vrouebolyf gepryk het? Het iemand telling gehou van die aantal kere dat die saaldeure op Oudtshoorn geklap het agter ’n gewetensbeswaarde wat uit ’n Breyten-stuk gestap het? Gelees dat die kragdrade van die Kanadese kunstenaar Marna Varna se woonwa vanjaar in Baron van Reede-straat ontkoppel is omdat sy mense glo gesteur het met haar luidrugtige kunsinstallasie? Dat sy blykbaar selfs uitgetrap is deur ’n feesganger omdat sy nie Afrikaans met hom gepraat het nie?

Daar was maar nog altyd aggressie in die lug op Oudtshoorn. ’n Mens kan mos dink al daardie rooivleis en brandewyn, gekombineer met die langdurige blootstelling aan son en covers wat oral van straatverhoŽ uitgeblÍr word, kan niks goed vir die geestesgesondheid beteken nie.

Natuurlik wil ’n mens nie ontken dat daar al pragtige en interessante dinge op die KKNK gebeur het nie, en dis nie die doel hier om die fees af te kraak nie. Die debat oor die aard van die fees is egter ’n afsonderlike een. Van belang hier is die kwessies wat op die jongste fees ter sprake gekom het ten opsigte van die rol van resensente en kunstenaars en die publiek se reaksie daarop.

’n Mens kan diť vrae op verskeie maniere aanpak. Jy kan die gewraakte resensie in Krit gaan ontleed, kritiseer of probeer verdedig. Die kwessie van Steve, die Redakteur, die Resensent en die Baie Groot Bohaai is egter al in meningsrubrieke en brieweblaaie so deurgetrap dat dit dalk nodig is om ’n bietjie afstand daarvan te kry en eerder oor die onderliggende aannames, kwessies en verhoudinge tussen kunstenaar, kritikus en publiek te praat as oor die spesifieke manier waarop hulle op die KKNK gemanifesteer het.

Wat veral onrusbarend was uit die polemiek wat gevolg het op die insident by die KKNK, is die groot aantal mense wat ůf Steve se optrede probeer verdedig het, ůf hul misnoeŽ met resensente in die algemeen uitgespreek het. Wat eersgenoemde betref, het die reaksies dikwels gespreek van ’n ontstellende ongeŽrgdheid ten opsigte van geweld, wat weer eens in ’n land met ’n geskiedenis soos diť van Suid-Afrika dalk nie behoort te verras nie, maar eweneens nie daarom minder skokkend is nie. Maar onderliggend aan baie van hierdie reaksies was die sentiment dat resensente eintlik net daarop uit is om af te breek, brood uit die mond van kunstenaars te neem en op die ou end die pret van aanhangers en gehore bederf.

Laat ons dus die vraag vra: Waarom is resensies nodig?

  • Waarom is resensente nodig?

    In ’n insiggewende artikel op die webtuiste Salon.com ’n paar jaar gelede (18 Augustus, 1999) het die resensent Charles Taylor dieselfde vraag gevra. Hy het weer na die grappie verwys dat almal twee beroepe het: sy of haar gewone werk, en dan diť van filmresensent. En omdat almal ’n mening het oor films (of enige ander kuns wat hulle kyk), word daar dikwels hewig van resensente verskil. Dis natuurlik goed dat mense hul eie opinies het, en geen kritikus wat sy of haar taak korrek verstaan, sal daarop aandring dat almal met sy of haar mening moet saamstem nie. Maar ’n ander punt wat Taylor maak en wat van belang is vir die konflikte wat dikwels tussen veral die publiek en resensente ontstaan, is dat resensente se kundigheid dikwels teen hulle gehou word. Analiseer hulle ’n film of ’n boek of ’n toneelstuk te veel, word hulle van elitisme of snobisme beskuldig. Is hulle te krities, is hulle suurgatte.

    En die keersy: hou ’n resensent van iets “oppervlakkig”, sy dit ’n ligte Hollywood-komedie of ’n borrelgom-popmusiek, is hy of sy nie meer geloofwaardig nie. Dieselfde tipe frons wat gereserveer word vir die dag dat ’n wynliefhebber betrap word met ’n glas Klippies-en-Coke, word gehou vir ’n gerespekteerde resensent wat dit waag om iets goeds te sÍ oor, sÍ maar, Britney Spears.

    Waarom is resensente nodig?

    Daar is verskeie redes: Omdat hulle, hopelik, oor ’n ingeligte mening beskik wat nuwe betekenismoontlikhede kan ontsluit in ’n teaterstuk, ’n film, ’n boek, en sodoende die publiek help om meer genot uit sulke kunswerke te put. Omdat hul resensies as roetewysers kan dien na ander soortelyke werke en breŽr kontekste, danksy die feit dat hulle, hopelik, al baie blootstelling aan kuns gehad het. Omdat hulle liefhebbers is wat ander mense met hul passie kan aansteek. Omdat hulle, soos Marthinus Basson in ’n onlangse paneelbespreking ( sien berigte hiernaas) oor die kwessie uitgewys het, veral in Suid-Afrika waar toneelstukke byvoorbeeld nie juis meer uitgegee word nie, kan dien as historici en argivarisse. Omdat hulle in die bres tree vir goeie kunswerke en dit onder die aandag van die publiek bring. Omdat hulle, doodgewoon, die publiek geld en moeite kan spaar deur hulle af te raai om na ’n bepaalde film of toneelstuk te gaan kyk. Maar veral, deesdae, om ’n intelligente en substansiŽle debat oor kuns aan die gang te sit. Want, soos Taylor voorts opmerk (en al meer ander kritici dit beaam — onlangs op Die Burger se kunsblad is byvoorbeeld berig oor Amerikaanse kritici wat in die publikasie American Art soortgelyke menings gehuldig het), word ’n kritiese gesprek oor die kunste al hoe skaarser in ’n era gekenmerk deur media-bohaai, oftewel hype. Omdat die vermaaklikheidsbedryf daar so groot geword het, en omdat die media (in die breŽ sin) in die nuwe ekonomie sentraal staan, speel geld al hoe groter rol in die kuns- en vermaakwÍreld.

    In hierdie hipermoderne era van massakultuur kan resensente nie meer probeer hoop om pouse van goeie smaak te wees wat die finale stempel van goed- of afkeuring op ’n kunswerk plaas nie. Die internet lÍ besaai met resensies deur al wat aanhanger is (op Amazon.com het skrywers ’n tyd gelede selfs hulself as ander skrywers voorgedoen en mekaar se boeke sů sleggesÍ; een sů ’n slimmerd het selfs onderaan die Bybel homself as die Skrywer voorgedoen en erken “die fliek was beter”). Menings is gedemokratiseer, en dis wonderlik.

    Maar dit het ongelukkig meegebring dat menings ook aansienlik vervlak het tot publisiteit sonder substansie of kritiek. Op televisie sien jy skaars meer ’n verwysing na ’n rolprent of ’n teaterstuk of ’n konsert sonder dat dit in die formaat van ’n sonskyn-lewenstylprogram aangebied word. Die grensdrade tussen publisiteit en joernalistiek word Šl slapper getrap. Die gevolg? ’n Skaaptrop-mentaliteit waar mense eerder aangemoedig word om ’n film te gaan kyk wat die grootste loketinkomste gekry het (“Number 1 at the Box Office”) as omdat dit goed gemotiveerde lof van ’n resensent ontvang het. ’n Jaar of wat gelede het hierdie publisiteitsmasjien self sy eie resensent uitgespoeg: Sony Pictures het die naam van ’n fiktiewe resensent uitgedink, ene David Manning, wie se gloeiende “resensies” hulle op filmplakkate “aangehaal” het.

    As dit waar is van hoofstroom-films, is dit op ’n omgekeerde manier waar van die SA kunstoneel, waar, so word dikwels beweer, die teater (steeds) op sterwe na dood is, waar die paar simfonie-orkeste wat nog oor is, veg om oorlewing, waar briljante akteurs in sepies moet speel om aan die lewe te bly. Hier word resensente kwalik geneem as hulle kritiek durf uitspreek, want hulle laat kunstenaars honger ly. Of hulle weerspieŽl ’n “onafrikaanse” houding deur lieflinge van die volk af te kraak. Of hulle is pretbederwers as hulle wenkbroue lig oor die balans op kunstefeeste oorhel na ligte vermaak eerder as soliede kuns, want kyk dan hoe geniet almal hulself en hoeveel geld bring dit in en hoe bevorder dit ons bedreigde moedertaal.

    Hoor hierso: daar is ’n verskil tussen snobberige elitisme en toeganklike, maar ingeligte en kritiese besprekings en ontledings.

    Die publiek wat so gretig was om nŠ die KKNK-insident gal te braak oor resensente, moet ’n slag selfondersoek doen. Die kunste in Suid-Afrika kan nie van feeste alleen leef nie, nůg sal ’n oppervlakkige heuningsmeerdery van kunstenaars daartoe bydra dat die kunste in Suid-Afrika gesond bly (of gesond word), groei en gedy. Op die lang duur sal uitsluitlik onkritiese, ophemelende kunsjoernalistiek bloedarmoedige kuns tot gevolg hÍ. As ’n mens net swiets eet, kry jy sooibrand en jy produseer net winde.

    Dit sal egter nie kunstenaars se skuld wees nie — hulle is afhanklik van ’n betalende publiek, en as daardie publiek nie om gehalte vra nie, gaan hulle dit uiteindelik glad nie kry nie. Dit sal ook nie net die media se skuld wees nie — kunsblaaie is afhanklik van adverteerders, wat weer wil weet deur hoeveel mense die kunsblaaie gelees word. Dis ’n eenvoudige sommetjie. Steek hand in eie boesem en (as die gemengde metafoor vergeef sal word) in eie sak.

  • Is die media sonder skuld?

    Maar die media is nie sonder skuld nie. Om onder die vaandel van vryheid van spraak te beweer dat ’n resensent maar enigiets kan kwytraak, is arrogant. So ’n houding van alles-mag skep geleentheid vir misbruik van die mag waaroor ’n resensent vanweŽ sy of haar posisie beskik. Resensente behoort, net soos ander joernaliste, ook te dink oor die etiese implikasies van hul optrede indien hulle hul geloofwaardigheid wil behou en hul verantwoordelikheid teenoor die publiek (kunstenaar ťn gehoor) wil nakom. Ook resensente moet hul werk meet aan die media-etiese beginsels soos akkuraatheid (en dit veronderstel navorsing, noukeurigheid en ingeligtheid), billikheid (dit veronderstel onder meer dat ’n kunstenaar binne sy of haar genre beoordeel sal word, met die konteks van die uitvoering en die publikasie in ag genome) en onafhanklikheid (om eerlik en met integriteit ’n eie mening te ontwikkel en dit duidelik te stel, om nie voorgeskryf te word deur kunstenaarsvriende of base of diegene wat die beursies vashou nie).

    Wat laasgenoemde beginsel betref het GabriŽl Botma, kunsredakteur van Die Burger, by die reeds genoemde paneelbespreking ’n baie goeie punt gemaak: dit is ’n voorveronderstelling van die kunskritiek dat daar ’n sekere mate van spanning tussen kunstenaar en resensent sal bestaan. Sonder hierdie gaping is kritiek immers nutteloos.

    Resensente, net soos ander joernaliste, sal nooit volledig objektief kan wees nie. Die skryf van resensies (anders as byvoorbeeld nuusberigte) is wel ’n joernalistieke genre waarin waarde-oordele aanvaar en verwag word. Maar hierdie subjektiwiteit moet ’n gegronde subjektiwiteit wees. Resensente wat sterk en selfs kras menings uitspreek, behoort hierdie menings te kan staaf aan die hand van ’n wye verwysingsraamwerk en met behulp van goeie argumentering. Hulle behoort vars insigte te demonstreer en nie net geykthede kwyt te raak nie. Daar is wel resensente in hierdie land by wie dit aan hierdie vaardighede ontbreek. Maar daar is in hierdie land ook skitterende resensente wat nie altyd die eer of die geld kry wat hul oorsese eweknieŽ beskore is nie.

    Bowenal moet resensente, net soos ander joernaliste, in die openbare belang optree. Kommerwekkend van die reaksie op die Steve Hofmeyr-insident was dat sowel kunstenaars as publiek dikwels Hofmeyr se optrede probeer regverdig het, en sodoende teenoor die media te staan gekom het. As resensente dan deur kunstenaars verafsku word, en hul leserspubliek hulle nie ondersteun nie, vir wie skryf hulle dan? As resensente net vir hulself of een of ander ideaal van estetiese standaarde hul beroep beoefen, is hulle inderdaad besig om hulself die vergetelheid in te skryf.

    Die resensent se verantwoordelikheid teenoor die publiek mag nie versaak word nie. Hierdie verantwoordelikheid behels om in voeling te bly met die publiek. Dit hou in dat resensente die publiek waarsku teen swak kuns, dat die publiek aangemoedig word om ’n bepaalde kunstenaar of werk te ondersteun, dat die publiek gehelp word om ’n kunswerk beter te verstaan of in ’n groter konteks te plaas of in verband te bring met sy of haar sosiale omgewing. Maar wanneer resensente hoogmoedig raak en hul lesers se smaak beledig of hul intelligensie onderskat of hulle nie steur aan lesers se terugvoer nie, word die openbare belang nie gedien nie. Wanneer kunstenaars afgekraak word sonder relevante motivering, word die openbare belang ook nie gedien nie. Voordat die baniere van vrye spraak met seremoniŽle verontwaardiging oopgevou word, moet resensente hulself ook hierdie vrae afvra.

  • Laat die gesprek voortgaan

    Die KKNK-insident en die reaksie daarop het maar weer geÔllustreer dat ’n vermoŽ tot saaklike, beredeneerde debat nog hopeloos onderontwikkeld is in die Afrikaanse omgewing. Die geneigdheid om persoonlike aanvalle te loods, houe onder die belt te plant, mekaar te beswadder eerder as mekaar te uitoorlÍ, standpuntinname met aggressie te verwar, is ’n streep wat nog sterk deur onse mense loop. Ons moet leer om beskaafd te verskil. Ons moet leer om gesprek te voer, en ons moet dit meer dikwels doen. Ons moet leer om sterk menings te huldig en hulle op ’n intelligente manier te verdedig. Ons moet ons verwysingsraamwerke uitbrei, ons moet die kunste beter ondersteun, en ons moet leer luister.

    En ons moet om vadersnaam leer om vir onsself te lag. Darem vreemd dat dit juis in die konteks van die kunste en die kritiek is dat hierdie onvermoŽ nou weer geÔllustreer is. Want wat is die media dan anders as ’n spreekbuis vir skrywer ťn leser? Wat is die verhoog dan anders as ’n gespreksruimte? Wat is ’n kunsliefhebber dan anders as iemand wat wil hoor hoe daar op nuwe maniere aan hom of haar vrae gestel word?

    Kunstenaars, kritici en kunspubliek is vennote in ’n gesprek. Laat hierdie gesprek voortgaan.

    *

    All this from a pair of “k*k shoes”

    Ingrid Bosch

    STELLENBOSCH — “Steve Hofmeyr shouldn’t be reviewed.” “The gap between critics and artists will never be bridged.” “There’s no publicity like bad publicity.” Opinions like these ran rife as artists faced their critics today in an open debate held at the Fismer Hall in the Stellenbosch University Conservatorium.

    The debate, which was hosted by the US Department of Journalism, came in the wake of the Steve Hofmeyr assault on Krit editor Jan-Jan Joubert at this year’s Klein Karoo Arts Festival (KKNK) after a controversial review on Hofmeyr’s concert was published in the festival’s newspaper.

    In the artists’ corner was comedian Margit Meyer-RŲdenbeck (Dowwe Dolla) and director Marthinus Basson, with a very brief appearance by singer Valiant Swart. In the critics’ corner sat GabriŽl Botma, art editor of Die Burger and well-known reviewer Pieter Redelinghuys (alias Chutney de Ridder). Dr Herman Wasserman, a US journalism lecturer and both a reviewer and a reviewee himself, “refereed” the show.

    The critics had the first blow, with Botma declaring that “the gap between artists and critics can never and will never be bridged” in a democratic country like South Africa. Redelinghuys backed him by saying that objectivity and being the “master of one’s art” were the most important tools that a critic can have.

    Valiant Swart struck back with a quote from Mick Jagger who said “I don’t care what’s written on page 10, all I care about is that my face is on the cover.” Basson entertained the crowd with a few punches, declaring that “Steve Hofmeyr hijacked the KKNK,” that Hofmeyr’s shoes were indeed “k*k” and that “commercial artists” like Steve do “not deserve to be invited back next year”. “We don’t have artists anymore, only personalities like Steve Hofmeyr,” declared Basson.

    Basson crossed the floor at one stage and sided with the critics. “I can’t understand why all the artists are backing Steve ÖThe only reason why Jan-Jan is not the hero is because Steve appeared in the Huisgenoot with a puppy-dog face and his k*k shoes!”

    Basson also said that commercial acts do not need to be reviewed as they already have a large audience, whereas “serious productions can’t survive without reviews.”

    This, of course, unleashed a number of counter-blows from the audience, who asked the question “What is art?”

    RŲdenbeck answered this question by saying that “An artist is someone who creates something new and original.” Bad reviews do not really bother her. She said that “People don’t really read reviews; I know I certainly don’t.”

    In between his anti-Steve rhetoric, Basson scored a few very valuable points. According to him, critics have a dual function: firstly to provide publicity for the artists and secondly to act as a historian whose reviews serve as an archive to preserve art that cannot be written down or hang on a wall forever.

    The critics expressed their disappointment that it is not the reviews themselves that initiate debate, but rather the sensation that is associated with them. The audience felt that this was due to the lack of editorial space dedicated to the arts in newspapers. This sparked off an informal audience debate on the merits of sports versus art. “Play the ball and not the man,” declared one sports enthusiast.

    The stand-off ended in a draw Ö and we wait with bated breath for the next round of the debate: Will the reigning champion Steve Hofmeyr retain his title with another knockout victory?

    Debat rondom kunstenaars en kritici ontlok vurige reaksie

    Yvonne Beyers

    STELLENBOSCH — “Ek sit in die kleinste vertrek in my huis. Ek het u kritiek voor my. Binne ’n oogwink sal dit agter my wees.” Diť repliek van die Duitse komponis Max Reger op ’n negatiewe resensie is hier gebruik om ’n debat oor die rol van die resensent in die samelewing in te lei.

    Die paneelbespreking is gereŽl deur die Departement Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch, en dr Herman Wasserman, senior lektor, was die gespreksleier.

    Die vraag “Kunstenaars en kritici, vyande of vennote?” het in die lig van die onlangse kontroversiŽle onderonsie tussen die vermaaklikheidster Steve Hofmeyr en die redakteur van Krit, Jan-Jan Joubert, voor ’n uitgelese gehoor onder die loep gekom.

    Die resensente GabriŽl Botma en Pieter Redelinghuys (oftewel Chutney de Ridder) het diť tameletjie saam met die regisseur Marthinus Basson, die musikant Valiant Swart en die aktrise Margit Meyer-RŲdenbeck aangepak.

    Volgens Botma, kunsredakteur van Die Burger, dien kritici as brugbouers tussen kunstenaars en die publiek en moet hulle dikwels een van die partye in die proses van resensering “ontmasker”. “En dan is almal vir hulle kwaad.” Botma het gesÍ dat daar nie probeer moet word om die twee ekstreme posisies wat kunstenaars en kritici inneem, by mekaar uit te bring nie, aangesien “dit waaroor dit (die resensie) eintlik gaan, dan in die slag bly.”

    Pieter Redelinghuys, ’n rubriekskrywer vir Die Burger, het die belang van kundigheid en objektiwiteit by die resensent beklemtoon. “Iemand is nie ’n goeie resensent as hy nie ’n kundige (op die gebied waaroor hy skryf) is nie. Die resensent moet eers weet waarůůr hy skryf. Vir die res moet hy objektief staan.”

    Marthinus Basson, wat by vanjaar se Klein-Karoo Nasionale Kunstefees vir die produksie Die Goue Seun met die Slurpie-prys bekroon is, het die “onbenydenswaardige posisie” van kunstenaars probeer verdedig en gesÍ dat resensente twee belangrike funksies in die samelewing moet vervul: “Resensies moet publisiteit bied Ö (want) kunstenaars Ö se profiel word deur die media gebou. Verder is die resensent ’n geskiedskrywer en is dit sy verantwoordelikheid om die feite reg te kry.” Basson het vermaaklikheidsterre wat volgens hom kunstefeeste “kaap” en voortdurend baie geld maak en dus nie van feeste vir hul brood en botter afhanklik is nie, gekritiseer. “Ons het nie meer kunstenaars nie, ons het persoonlikhede. Persoonlikheid het ’n produk geword.”

    Valiant Swart het gesÍ dat daar nie iets soos slegte publisiteit bestaan nie, maar dat resensente steeds altyd ingelig moet wees. Hy het nŠ sy vinnige kommentaar verdwyn en nie weer sy opwagting gemaak nie.

    Volgens Margit Meyer-RŲdenbeck, die aktrise meer bekend as Dowwe Dolla, is kunstenaars sowel as die media ingestel op geld. Sy het kritiek uitgespreek teen resensies wat persoonlike aanvalle op kunstenaars loods en gesÍ dat produksies altyd binne hul relevante genres beoordeel moet word. “Jy moet skryf vir diegene wat die tipe smaak het Ö vir die ou wat dit gaan kyk.”

    Meyer-RŲdenbeck se kommentaar dat die publiek nie resensies lees nie en bloot ingestel is op sensasie, is deur Botma as “teleurstellend” afgemaak. “Die doel van ’n resensie is om ’n debat aan die gang te sit. Binne die Afrikaanse mark is daar geen kunsdebat aan die gang nie Öen dit is juis die uitruil van idees wat resensies sinvol maak.”

    Die resensent en digter Joan Hambidge het vanuit die gehoor gesÍ dat vermaaklikheidsterre soos Steve Hofmeyr nie geresenseer moet word nie, omdat die publiek in elk geval na hulle gaan kyk en die resensent hom moet bemoei met die ontwikkeling van die teater. Basson het in reaksie hierop gesÍ dat vermaaklikheidsterre soos Hofmeyr “niks vir die kunste doen nie”.

    Terwyl Basson gevoel het dat resensente ’n groter verantwoordelikheid teenoor die teater as boeke en musiek het omdat dit “vervlietend” is, het De Ridder sů ’n onderskeid as gevaarlik bestempel.

    Die rol van die publiek is vurig tydens die debat bespreek. Volgens Botma is dit die “publiek se taak om deur hul reaksie ontslae te raak van swak kunstenaars en resensente.”

    Basson het gesÍ dat resensies die publiek dramaties beÔnvloed en dat die kunste meer aandag in plaaslike koerante moet kry. De Ridder het in reaksie hierop gesÍ dat koerante op verkope ingestel is en dat die publiek nie genoeg geld aan die kunste spandeer om dit vir koerante moontlik te maak om meer spasie daaraan af te staan nie.

    Uit die gehoor se reaksie was dit duidelik dat daar van resensente verwag word om ’n opvoedkundige rol in terme van die kunste te speel. Die behoefte aan ’n forum wat aan die publiek die geleentheid bied om kommentaar op resensies te lewer, het ook uit die reaksie van die gehoor geblyk.

    Meyer-RŲdenbeck het die debat afgesluit deur te sÍ dat kunstenaars en kritici sterk oor kwessies rondom die kunste voel, maar dat dit ’n “catch-22”-situasie is omdat die kunste eenvoudig nie ’n prioriteit in Suid-Afrika is nie.

    Kunstenaars en resensente — die debat duur voort

    Carine van Rooyen

    STELLENBOSCH — Die debat rondom die rol van resensente en die reaksie van die kunstenaars wat dikwels onder hul skerp penne deurloop, het Vrydag opnuut in ’n forumgesprek op Stellenbosch opgevlam.


    Die paneelbespreking tussen kunstenaars en kritici is gereŽl deur die Departement Joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch (US), met dr Herman Wasserman, senior lektor aan diť departement, as gespreksleier.

    Twee bekende resensente van die Afrikaanse drukmedia, GabriŽl Botma en Pieter Redelinghuys (oftewel Chutney de Ridder), het die US se Konservatorium as arena gebruik om met die aktrise Margit Meyer-RŲdenbeck (beter bekend as Dowwe Dolla) en die regisseur Marthinus Basson oor diť netelige kwessie te debatteer.

    Die rol van die resensent is onlangs weer onder die loep geneem na aanleiding van die resensie wat Riekie Human van een van Steve Hofmeyr se vertonings by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) geskryf het. Diť resensie, wat in die feeskoerant, Krit, verskyn het, het daartoe gelei dat Hofmeyr met die redakteur, Jan-Jan Joubert, handgemeen geraak het.

    Botma het die gesprek geopen deur te verwys na die “twee teenoorgestelde pole” in die debat, verteenwoordig deur kunstenaars en kritici, wat maar weinig “om dieselfde vuur” wil sit.

    Hy het genoem dat resensente in die skryf van resensies soms die kant van die kunstenaar kies, maar dikwels ook nie. Die gevolg is dat resensente hulself menigmaal in ’n “ongemaklike posisie” tussen publiek en kunstenaar bevind waar beide partye vir hķlle kwaad is — ’n posisie wat later deur Basson as “onbenydenswaardig” beskryf is.

    “Jy kan nie iemand as ’n goeie resensent beskou as hy of sy nie ’n kundige op sy gebied is nie,” het Redelinghuys bygevoeg, wat telkemale verwys het na die verantwoordelikheid van die resensent. Ook die objektiwiteit van die resensent, in die konteks van die Hofmeyr-debakel, is deur Redelinghuys benadruk.

    Basson het die aandag gevestig op die verskeie funksies van resensente wat as “geskiedskrywers” ’n noodsaaklike rol in die skep van kunstenaars se reputasies speel. Volgens Basson is die probleem egter dat “ons (land) nie meer kunstenaars het nie, maar persoonlikhede.” Hy het die optrede van Hofmeyr as “buffelagtig” beskryf en gesÍ dat kunstenaars soos hż die KKNK “kaap”. Die sukses van die afgelope kunstefees is volgens hom te bevraagteken.

    “Dit gaan vir die media ťn die kunstenaar oor geld,” het Meyer-RŲdenbeck van haar laat hoor, wat ook gesÍ het dat “bittermin mense resensies lees”. Botma het hierop gereageer deur te noem dat hy “teleurgesteld” is omdat daar “nie ’n kunsdebat aan die gang is nie” en dat die doel van resensente juis is om die publiek oor die kunste te laat prŠŠt. “Dit is nie juis verkeerd dat daar sterk reaksie op ’n resensie is nie,” het Redelinghuys beaam.

    ’n Vraag uit die gehoor het die kollig laat val op wŪť as “kunstenaars” beskou kan word. “As daar ’n gehoor is, is dit vir my teater,” het Meyer-RŲdenbeck oor haarself as kunstenaar gesÍ. ’n Ander gehoorlid het gesÍ dat kunstenaars soos Hofmeyr nie geresenseer behoort te word nie en buitendien nie geresenseer wŪl word nie, soos hy “skouspelagtig” by die kunstefees getoon het.

    “Suid-Afrikaanse kunstenaars is nie gewoond aan werklik skerp kritiek nie,” het Redelinghuys bygevoeg. Hy het ook die publiek gekritiseer vir die feit dat hulle nie buite die konteks van ’n kunstefees in die kunste belangstel en hulle geld daarin ploeg nie.

    ’n Gehoorlid het opgemerk dat daar ’n tekort aan ’n “plek” vir die publiek is om prakties by die kunsdebat betrokke te raak. AcŠma Fick, ůůk ’n gehoorlid en ’n musiekdosent aan die US, het haar misnoeŽ uitgespreek oor die beperkte ruimte wat in die drukmedia aan die kunste afgestaan word.

    Die musikant Valiant Swart was aanvanklik by die gesprek ingesluit, maar het kort nŠ die aanvang van die debat die Konservatorium verlaat.

    Vuisgeveg lok bekgeveg oor kuns uit

    Almari Wessels

    STELLENBOSCH — Steve Hofmeyr se vuisgeveg met die media by die onlangse KKNK het aanleiding gegee tot ’n bekgeveg in die Fismersaal van die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch, waar daar nie plek vir ’n muis (of Hofmeyr se boots) was nie.

    “Ons praat vandag oor iets waaroor die Klein Karoo se stof nog nie gaan lÍ het nie. Iets waaroor die tonge eerder as die vuiste moes geklap het,” het die hoof van die Departement van Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch, prof Lizette Rabe, die onderwerp van die debat — “Kunstenaars en kritici: Vyande of vennote?” — mee ingelei.

    Die paneelbespreking is gereŽl deur diť departement, en dr Herman Wasserman, senior dosent, was die gespreksleier.

    En het die tonge nie geklap nie. Aan die voorpunt van hierdie debat was een van die deelnemers aan die paneel, die befaamde en omstrede regisseur, Marthinus Basson. “Die feite van ’n resensie moet reg wees, daarna word alles gryser.”

    Volgens Basson sou dit onaanvaarbaar gewees het van Human om te sÍ dat Hofmeyr se skoene van k*k gemaak is, maar haar uitlating oor sy “k*k skoene” is egter ’n “geldige opinie”.

    Die kunstenaars wat saam met hom laer getrek het, was die komediant en kabaretkunstenaar Margit Meyer-RŲdenbeck (oftewel Dowwe Dolla) en die rocksanger Valiant Swart. Swart het egter sy reputasie as Mystic Boer gestand gedoen en kort nŠ die begin van die debat op ’n misterieuse wyse verdwyn.

    DŪt darem nadat hy sy beskeie bydrae gelewer het waarby Pieter Redelinghuys, beter bekend as Die Burger se bylae, Jip, se musiekresensent, Chutney de Ridder, hom aangesluit het. “’n Resensent kan nie oor iets skryf waaroor hy nie ingelig is nie, anders word dit ’n persoonlike aanval. “Die oomblik dat jy dit regkry om hierdie gaping tussen kunstenaars en resensente te oorbrug, bly die doel van ’n resensie in die slag,” was die mening van GabriŽl Botma, kunsredakteur van Die Burger. Volgens Botma is die uiteindelike doel van ’n resensie om ’n debat aan die gang te sit.

    Dit is inderdaad wat die resensie van Riekie Human vandag in die Fismersaal reggekry het.

    “Dalk is dit goed dat dit gebeur het,” het RŲdenbeck gesÍ. Volgens haar lees mense in elk geval bittermin resensies en sal dit hulle weer aanmoedig om aktief in ’n debat oor kunstenaars en resensies betrokke te raak.

    Basson se uitlating dat kommersiŽle kunstenaars nie resensies en ondersteuning van die media nodig het nie, het veral reaksie ontlok. “Dit is vir my ongelooflik ontstellend dat elke kunstenaar in die land hom (Steve Hofmeyr) back. En waarom? Ö Wat my die meeste grief, is dat hy nie die geld nodig het om by ’n kunstefees te wees nie en hy hijack die hele f*kken fees.”

    Joan Hambidge, digter en vlymskerp resensent, wie se omstrede opmerkings gereeld ’n polemiek in Die Burger veroorsaak, het haar vanuit die gehoor by Basson aangesluit.

    “Mense soos Steve Hofmeyr en Patricia Lewis en ander hoef nie geresenseer te word nie. Ek stem saam met Marthinus (Basson) dat resensente geskiedskrywers is oor die ontwikkeling van die teater. Resensies behoort net vir kunstenaars te wees.”

    Lede van die gehoor het egter kapsie gemaak teen die manier waarop kommersiŽle kunstenaars nie as regte kunstenaars beskou word nie en gevra watter kriteria gebruik word om te bepaal of iemand ’n kunstenaar is of nie.

    RŲdenbeck het gesÍ sy beskou haarself as ’n kunstenaar omdat sy “iets geskep het wat nie bestaan het nie”.

    “Ek sit op ’n verhoog en daar is ’n gehoor. Dit is vir my teater.”

    Prof Temple Hauptfleisch, dramaturg en redakteur van die South African Theatre Journal, het gesÍ dat daar nie ’n onderskeid tussen kunstenaars gemaak kan word in terme van kwaliteit nie. “Dit gaan oor ’n breŽ spektrum van kunstenaars; oor hierdie selfde spektrum kry jy ook resensente.”

    Basson het die laaste hou ingekry deur die manier waarop kunsblaaie in koerante bedryf word, te bevraagteken. Volgens hom is dit onregverdig teenoor professionele kunstenaars om amateurtoneel met “hiperhosannas” te besing, terwyl professionele produksies gekritiseer word nie. “Die publiek het nie die kennis om ’n onderskeid tussen hierdie vorme te maak nie.”

    Die bekgeveg het (tot die ontsteltenis van sommiges) nie in ’n vuisgeveg ontaard nie, maar die twee pole — kunstenaars en kritici — wat volgens Botma “mekaar nooit moet ontmoet nie”, het ten minste saam in die kryt beland.

    Wat dink jy? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.