SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Regstreekse uitsending uit ongetemde Afrika: die openingseremonie van die krieketwÍreldbeker as koloniale fantasie

Herman Wasserman

Dit is ’n groot internasionale sportgeleentheid, maar die WÍreldbeker-kriekettoernooi wat tans in Suid-Afrika gehou word (en, ten spyte van proteste, hofsake en toutrekkery, ook amptelik in Zimbabwe en Kenia), word veral ook gesien as ’n kans wat Afrika te beurt geval het om sy deel te kry van die media-aandag en inkomste wat gepaard gaan met so ’n groot toernooi. Daar is dus in die voorafpublisiteit gepoog om ’n bepaalde Afrika-identiteit aan die toernooi te verleen: van die kwagga-motief in die logo tot ’n advertensie waarin, sou ’n sinikus sÍ, oudpresident Nelson Mandela gekommodifiseer word om waardevolle buitelandse valuta te lok of ten minste ’n nasionalistiese gees in Suid-Afrika gaande te maak. Wie sal dan nie die versoenende gebaar van Madiba in ’n Springbok-trui by die rugbywÍreldbeker in 1995 onthou nie?

In sy toespraak by die opening van die toernooi op Nuweland het president Thabo Mbeki dan ook daarna verwys dat dit die eerste keer is dat die Internasionale Krieketraad die toernooi na Afrika bring.

Uiteindelik, sou ’n mens uit al bostaande kon aflei, het Afrika se tyd gekom om diť eens koloniale sport op eie bodem op te eis.

Maar word dit werklik deur Afrikane opgeŽis?

Oor die implikasies van die hofbeslissings oor die wedstryde wat vir Zimbabwe en Kenia geskeduleer is, en wat dit beteken vir die internasionale magsverhoudinge in die sportsoort, sal iemand met beter kennis van krieketpolitiek en -administrasie maar moet oordeel. Sover dit egter die simboliese raamwerk aangaan waarbinne die toernooi uit die staanspoor geplaas is, is dit nie sonder meer die geval nie. ’n Mens sou Roland Barthes hier kon byhaal: Beskou ’n mens die openingseremonie op Nuweland as ’n reeks simbole met behulp waarvan daar ’n sosiale mitologie gekonstrueer word, en op grond waarvan daar dan onderskei kan word tussen ’n “ons” en ’n “hulle”, lyk dit nie asof ons hier te make het met ’n Afrika-perspektief op die krieketwÍreldbeker nie. Inteendeel, die “ons” hier is eerder Westerlinge met ’n bepaalde, voorafopgestelde reeks idees oor Afrika. Dit lyk asof hier vanuit ’n Afrika-oogpunt vertel word — aan die woord is ’n verteller wat die kyker inlig oor verskeie Suid-Afrikaanse gewoontes, tradisies, kulture en dies meer — maar as jy krities die konnotasies verbonde aan hierdie tekens ontleed, raak dit duidelik dat hierdie vertelling gevoed word uit bestaande stereotipes en vooroordele wat verband hou met ’n veel ouer diskoers, naamlik die van kolonialisme.

Hokaai nou, sal sommige kritici dalk sÍ, die skouspel is hoogstens ’n toeristiese een, gemik daarop om buitelandse valuta te laat instroom. Suid-Afrika moet homself bemark, en waar wil jy nou ’n beter verhoog hÍ as hierdie een?

Goed en wel, niemand wil stry daarmee nie — toerisme is ’n belangrike bron van werkskepping (hoewel die openingseremonie ruim van vrywilligers gebruik gemaak het) en die ekonomiese inspuiting wat diť bedryf verskaf, is nie te versmaai nie. Die vraag is egter watter Suid-Afrika voorgehou word aan die buitewÍreld, en veral, wie bepaal daardie beeld? Wat is die magsverhoudinge onderliggend aan die representasie van Suid-Afrika aan die buiteland? Daaruit sou selfs ’n volgende vraag kon spruit: Wie bepaal die verdeling van die materiŽle winste van toerisme?

David Spurr (1993) dui aan hoedat DerdewÍreld-kulture binne ’n kapitalistiese wÍreldekonomie uitgebuit kan word ten koste van inheemse inwoners. Sulke kulture word ahistories en akontekstueel uitgebeeld as eksoties, op dieselfde vlak as natuurverskynsels, sonder inagneming van die ekonomieŽ, geskiedenisse en simboliese stelsels waarin hierdie kulture tot stand gekom het en steeds voortbestaan. Kultuur verkry dan ’n essensialistiese, natuurlike karakter — byna as ’n biologiese of geografiese verskynsel. Dit is dus ook te verwagte dat die berugte kategorie van “ras” ook hiermee verbind word en die moontlikheid van kulture om mekaar te beÔnvloed en met mekaar te vermeng, en die materiŽle verhoudinge waarbinne kulture tot mekaar staan, uit die oog verloor word.

Toeristiese belangstelling in ander, veraf kulture kan dus dikwels gesien word as ’n eksotiserende diskoers — ’n mens sou selfs kon sÍ aangedryf deur neo-imperialistiese impulse — waarvolgens kultuur gekommodifiseer word vir Westerse verbruik. Kultuur word geprivatiseer — dus uit die politieke terrein verskuif na die terrein van vermaak, die gesin, die sosiale verkeer — en in kuriostalletjies, temaparke en belastingvrye lughawewinkels verkoop (Johnson 2003). In plaas daarvan om byvoorbeeld ’n taal soos Zoeloe gelykberegtiging met Engels te gee in die parlement of in die howe, word die toeristiese speelplek Shakaland opgerig. Sodoende word inheemse kulture as “outentiek” of “eksoties” uitgebeeld ten einde ’n Westerse fantasie van andersheid (Van Elteren 1995:60) te voed. Toerisme word ’n manier waarop die koloniale strewe om te ontdek en te besit, voortgesit word. Vergelyk in hierdie verband Etienne van Heerden (1998:4) se opmerkings oor die representasie van Suid-Afrika in hedendaagse Europese tekste:

Wanneer die joernalis of skrywer uit Europa Suid-Afrika besoek, hou ons hom dikwels agterdogtig dop. Het hy besit in gedagte? Wanneer hy in Amsterdam uitasem rapporteer oor die afstande in Suid-Afrika, die grootheid van die land, die ruimtes, dan herken baie Suid-Afrikaners die aptyt vir, die honger nŠ Ö

Wat het dit alles met krieket te doen? ’n Mens sou kon beweer dat die manier waarop die krieketwÍreldbeker in die openingseremonie aangebied is as ’n toernooi gemerk deur ’n spesifieke Suid-Afrikaansheid, uit presies hierdie ingesteldheid spruit. Eerder as om die toernooi binne die ervaringswerklikheid van Suid-Afrikaners te plaas, het die openingseremonie koloniale fantasieŽ gevoed.

Een van die vroegste stukkies kommentaar waarmee die kyker op SABC 3 se regstreekse uitsending aangemoedig is om vanuit ’n koloniale perspektief te kyk, was die beskrywing van die vasteland as “ongetem”. “Welcome to Untamed Africa,” het die kommentator die kyker gegroet. Van daar af is dit die ene kuriowinkel. Dat daar na die verrigtinge gekyk word deur ’n Westerse oog, is eksplisiet gemaak deur die groepie akteurs wat saam met die komediant Marc Lottering op ’n karretjie rondry tussen die skouspel deur. Hierdie groepie, is die kyker oor die ooglopende ingelig, verteenwoordig toeriste wat Suid-Afrika se natuurskoon bewonder. Saam met Lottering kyk hulle dan ook na voorstellings van die Groot Vyf wat in troppe op die Nuwelandse gras rondbaljaar. Die eerste teken dat kultuur hier ook gesien word as skouspel, en meer so, vanuit die rassistiese veronderstelling dat sekere “primitiewe” kulture op die vlak van natuurverskynsels bestaan, is die groepie San-jagters wat saam met bogenoemde Groot Vyf rondskarrel, asof op die jag uit, terwyl ander kulturele items vir later gehou en saamgegroepeer is.

Die waarnemingspunt van die Westerse toeriste word verder beklemtoon deur van tyd tot tyd die beeld te raam asof binne ’n videokamera se loerraampie, kompleet met ’n flitsende “record”-liggie in die hoek. Hierdie waarnemingsposisie ken mag toe aan die Westerse waarnemer, ’n gesagsposisie van waar die blik (“gaze”) ook oorheersing impliseer:

Surveillance of colonial space is a regular feature of exploration and travel writing. The emergence of “landscape” and the concomitant desire for a commanding view that could provide a sweeping visual mastery of the scene was (Ö) a significant method by which European explorers and travellers could obtain a position of panoramic observation, itself a representation of knowledge and power over colonial space. The desire for a literal position of visual command is metaphoric of the “panoptic” operation of the imperial gaze in which the observed find themselves constituted (Ashcroft et al. 1998:227-8).

Die kyker word ingelig dat township-inwoners behulpsaam was met die maak van die artefakte, en sodoende word die geografiese ruimte van andersheid, daardie onbekende gebiede waarvan toeriste net hoor, of hoogstens op ’n toer van geneem word, ook binne die gebied van die skouspel gebring. Later word hierdie romantisering van die township-lewe voortgesit deur danspassies wat veronderstel is om ’n gekuier in ’n sjebien voor te stel — sonder enige poging om ůf die bestaan van townships ůf die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van sjebiens, histories te veranker.

Wanneer daardie ou strydros Johnny Clegg aan die beurt kom, word hy pertinent aangekondig as “die wit Zoeloe”, die bynaam wat hy in Frankryk gekry het tydens sy toere daar in die jare tagtig. Die Zoeloe-kultuur kry hier dus veral waarde wanneer dit opgedis word in ’n formaat wat verbruikbaar is vir wit gehore. Clegg se teenwoordigheid sou ook gelees kon word as tekenend van ’n optimistiese geloof in interkulturele wisselwerking, nes die optrede van die wit kwaito-sanger Lekgoa effens later saam met onder andere Arthur, en Judith Sepuma wie se lied — nota bene — “Rainbow Jazz” heet. So is die hele produksie gesitueer in ’n post-1994-reŽnboogdiskoers sonder enige inagneming hoegenaamd van die materiŽle ongelykhede wat juis hierdie wisselwerking tussen kulture aan bande lÍ.

Natuurlik verwag ’n mens nie dat daar by so ’n geleentheid ingegaan moet word op die aaklige detail van hierdie voortgesette ongelykhede nie, soos dat Suid-Afrika die land met die derde grootste verskil tussen ryk en arm in die wÍreld is (Jacobs 2003). Maar daar kon ten minste ’n poging aangewend gewees het om iets van die historiese of politiese konteks te laat blyk, al is dit net om erkenning te gee aan die rol wat kultuur gespeel het as ’n middel van weerstand teen die onreg van die verlede of die plek wat musiek in die townships gespeel het om samesyn te bevorder of sin te verleen aan ’n lewe van swaarkry.

Maar in stede daarvan het ons vrolike prentjies gekry van pantsoela-dansers, jollie Kaapse Klopse en die Soweto String Quartet wat “Afrosentriese musiek met Euro-styl” gespeel het. Nes die klem op Veronica Paeper se klassieke vernuf as ballet-choreograaf, het laasgenoemde opmerking dit laat klink asof daar tog net aan Westerse besoekers beklemtoon moet word dat die Westerse, en daarom universele, estetiese standaarde ook hier in donker Afrika nagestreef word.

En net vir ingeval buitelanders dalk oorweldig is deur die skouspel en gesukkel het om kop of stert uit te maak van die kleurryke kulturele smorgasbord wat aan hulle opgedis word, het die kommentator nuttige feite verskaf. Met behulp van apartheid se ou klassifikasies van wit, swart, gekleurd en IndiŽr, is die Suid-Afrikaanse bevolking persentasiegewys verdeel. Maar toe Basil D’Oliviera opstap in die geledere van beroemde Suid-Afrikaanse sportmanne van weleer, is daar nie ’n woord gesÍ oor hoe duur juis hierdie einste rasse-kategoriserings hom destyds gekos het nie.

’n Mens wil nie sinies wees oor die potensiaal wat groot sportgeleenthede soos die krieketwÍreldbeker het om ’n nuwe soort inklusiewe nasionalisme te begin konstrueer nie. Maar wanneer die simboliese netwerk waarbinne hierdie geleenthede geplaas word, iets verraai van die mentaliteit waarmee daar in hierdie era van globalisering op subtiele maniere mag uitgeoefen word oor inheemse kulture, moet kritiese vrae gestel word.

Wat natuurlik niks wegneem van die versugting dat die Proteas asseblief hul volgende wedstryd sal wen nie.


Verwysings

Ashcroft, Bill, Gareth Griffiths en Helen Tiffin. 1998. Key Concepts in Post-Colonial Studies. Londen: Routledge.

Jacobs, Sean. 2003. Reading politics, reading media. In: Wasserman, Herman & Sean Jacobs (reds) 2003 (ter perse). Mediating Change: Mass Media, Culture and the Transformation of South African Society. Kaapstad: Kwela.

Johnson, Krista. 2002. Opmerkings tydens paneelbespreking by die jaarkongres van die African Studies Association, Washington DC, 5-8 Desember.

SABC 3. 2003. Regstreekse uitsending van die openingseremonie van die krieketwÍreldbeker. 8 Februarie.

Spurr, David. 1993. The Rhetoric of Empire. Colonial Discourse in Journalism, Travel Writing, and Imperial Administration. Durham & Londen: Duke University Press.

Van Elteren, Mel. 1995. Kosmopolitisme en plaatsbesef in een globaliserende cultuur. In: Van den Eerenbeemt, Harry en Jaap Goedegebuure (reds). Cultuur en Identiteit. Tilburg: Tilburg University Press, 51-68.

Van Heerden, Etienne. 1998. Koloniale besitname het begin met ’n kaptein se kameelperd. Die Burger. 5 Maart: 4.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.