SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

My eerste en laaste bydrae tot die Seminaarkamer

Koos A Kombuis

’n Ruk gelede stuur Kabous Verwoerd vir my die volgende vraag in ’n epos: “Mis jy nie partykeer die anger nie?”

Aanvanklik irriteer die vraag my. Ek kan aan honderde spitsvondige antwoorde dink. Soos: “Dink jy miskien ‘anger’ is ’n fashion statement?”

“Anger”, woede, ontstokenheid is immers nie iets wat in isolasie kan bestaan nie. ’n Mens is nie net kwaad nie; jy is kwaad vir iemand. Selfs Eminem was kwaad vir sy ma. Anger is nie iets wat kunstenaars kan naboots om hulle kuns groter punch te gee nie. Om met nostalgie van jou eie “anger” te praat is soos om te sÍ jy mis jou laaste drugs hangover (let wel: nie die drugs nie, maar die hangover).

Vanoggend het ek opgestaan en ewe skielik besef dat ek Kabous ’n veel beter antwoord as dit kan gee. Want daar is inderdŠŠd iemand vir wie ek kwaad is. Baie, baie kwaad. Ek is kwater vir hierdie ou as wat ek ooit vir Danie Botha, Peter Marais, Anton Goosen, die Campbells of Barney die pers dinosourussie sal wees.

Om eerlik te wees, ek het nooit gedink ek sal ooit by die punt kom waar ek so kwaad kan wees dat ek iemand anders se vryheid van spraak wil laat inkort nie. Soos Jean-Jacques Rousseau het ek nog altyd gevoel, “Al verskil ek van jou, sal ek tot die dood toe veg vir jou reg om jou opinie uit te spreek.”

In Suid-Afrika vandag is daar egter ’n sekere persoon wie se statements in die media so belaglik, so naÔef, en so beledigend vir die gemiddelde denkende persoon se intelligensie is dat mens liefs niks verder van hom moet hoor nie. Plaas hom onder huisarres, of as dit prakties onuitvoerbaar is, konfiskeer sy donnerse computer. Verban sy briewe van ons koerantblaaie. Boikot sy gedagtes, want hulle vergiftig ons en ons kinders se gedagtes met negatiwiteit. Hy is ’n gevaarliker invloed op ons kultuur as Nigeriese misdaad-sindikate. Hy is selfs gevaarliker as boy bands.

Nee, verkeerd geraai. Ek praat nie van Joan Hambidge nie. Ek praat van die selfaangestelde profeet van Kerkplein. Die skrywer van drie boeke (waarvan een genadiglik uit slegs twee sinne bestaan). Die maer man met die leŽ Al Gore-uitdrukking. Die leier van Praag.

Sal iemand asseblief aan Dan Roodt probeer verduidelik dat hy niť ’n goeie of interessante skrywer is nie, dat hy nooit een sal wees nie, en dat hy hom voortaan liefs moet bepaal by die uitgee van boeke van ander mense wat wel kan skryf? Hy het mos nou sy niche gekry in die lewe. Hy is ’n uitgewer van Afrikaanse publikasies. Dis ’n edel taak, en iets wat hy goed kan doen. Die oomblik wanneer hy egter vergeet waarmee hy eintlik moet besig wees, en hom begeef in die politiek, begin hy kak praat. Om die waarheid te sÍ, ek het nog nooit in my lewe soveel kak uit die mond van een persoon gelees as sy sogenaamde intellektuele bydraes die afgelope paar weke in LitNet se brieweblad of die bladsye van Rapport nie. Die bietjie respek wat ek verlede jaar vir hom begin kry het, het verdamp soos die reuk van Domestos in ’n longdrop.

Hier is maar net een voorbeeld (ek haal aan uit ’n brief van hom van ’n week of twee gelede):

Die begrip “Afrikaner” is veel sterker as diť van “Suid-Afrikaner”. Trouens, daar bestaan nie so iets soos ’n Suid-Afrikaner nie, behalwe in die sin van ’n redelik arbitrÍre burgerskap en stel grense wat deur ’n koloniale oorlog tydens 1899-1902 tot stand gekom het. Daar is niks samehangends of samebindends omtrent “Suid-Afrika” nie.

In dieselfde brief gaan hy voort om te beweer dat Afrikaanse en Engelse mense binne Suid-Afrika se kultuur so ver uit mekaar is dat hulle mekaar nouliks kan verstaan. Hy gebruik hierdie analogie om te bewys dat daar nooit in der ewigheid enige raakpunte tussen wit en swart Suid-Afrikaners sal wees nie, en sluit sy betoog af met ’n onsubtiele en uiters onverantwoordelike dreigement van anargie en geweld:

Die opstand van die Afrikaners gaan in die letterkunde en in die filosofie begin, en eindig in die strate. Ek kan nie wag om die einde van “Suid-Afrika” te aanskou nie.

Gelukkig weet ons dat daar in die praktyk geen gevaar is dat Dan ’n gewapende opstand sal kan lei nie! Sy dreigemente van burgerlike chaos is so hol soos die striptease wat hy ’n paar jaar gelede op Werkersdag sou gereŽl het. ’n Interessante idee, maar ons wag nou nog vir die ontplooiing (of ontknoping) daarvan. Nee wat: Dan se woede is altyd hoogs teoreties (amper sÍ ek “akademies”), en dit sal altyd hoogs teoreties bly.

Dit beteken egter nie dat sy idees nie gevaarlik is nie.

In ’n onlangse skrywe in Rapport verduidelik hy waarom hy nie geregistreer het vir die verkiesing nie, en bepleit hy dat Pretoria — ja, die hele enorme stad met sy honderde duisende inwoners — omskep moet word in ’n soort blanke tuisland of vesting van die Afrikaner-elite (bedoelende ouens soos hyself, neem ek aan).

Ek is nie meer die soort outydse “bleeding liberal” wat met sterre in my oŽ luister na elke pro-SA-advertensie op TV of wat voorgee om “Nkosi Sikelele” vlot te kan sing nie. Om die waarheid te sÍ, tot op ’n punt deel ek iets van Roodt se negatiwiteit. Ek het ook nie geregistreer vir die komende verkiesing nie — nie omdat ek nie glo in die demokratiese proses nie, maar omdat ek eerlikwaar nie weet vir wie om te stem nie; vir my is ’n wegblystem, veral met die huidige stand van ons opposisie, ook ’n statement.

Tot watter mate, wonder ek egter, is die gebrek aan ’n lewenskragtige opposisie en die lae gehalte van die sogenaamde Afrikanerdebat tans die skuld van Dan Roodt en sy vriende? Waar kom hierdie nuwe idee vandaan van “Afrikanerskap voor Suid-Afrikanerskap”? Mense wat op hierdie onuitvoerbare paradigma voortborduur, is nie besig om oplossings te soek vir ons land nie; hulle is, soos die Israelse regering, besig om mure om hulleself te bou.

Ek weier om myself te laat omsingel deur ’n muur. Ek weier om deel te wees van die definisie van Afrikaner soos uitgedink iewers in ’n rookgevulde yuppie-koffiekroeg met ’n Franse naam. Hoe lief ek ook al is vir Afrikaanse mense en hulle taal, Suid-Afrikanerskap sal altyd vir my belangriker wees as Afrikanerskap. En ek is seker dat ek nou praat namens die stille meerderheid — indien nie meerderheid in getalle nie, dan meerderheid wat hul kollektiewe IK betref — die mense wat te regdenkend en te besig met hul daaglikse take is om elke tweede dag na hul muise te gryp en ’n giftige brief die virtuele verskiet in te kliek.

Afrikaanssprekendes soos ons is Suid-Afrikaners. Ons rolmodelle is mense soos biskop Tutu en Nelson Mandela. Ons krieketkaptein is Graeme Smith (al wen sy span nie altyd nie). Ons luister nie net na blanke Afrikaanse musiek nie, maar ook na Dollar Brand, Tananas en Brasse vannie Kaap. Hoewel ons bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans in sekere situasies, soos aan die Universiteit van Stellenbosch, voel ons nie so bedreig deur, of minderwaardig teenoor, Engels dat ons onbeskof is teenoor Engelssprekende mense of nooit weer Herman Charles Bosman sal lees nie. Ons is gekant teen die huidige regering, nie omdat hulle “kaffers” is nie, maar omdat hulle korrup is en omdat hule aand- en mŰrepraatjies nie ooreenstem nie. Ons haat Mugabe omdat hy ’n mal diktator is, en ons wantrou Mbeki omdat die einste Mugabe waarskynlik een van die dae ’n spesiale kamer met ’n balkon in Azaleahof (’n upmarket ouetehuis in Stellenbosch) sal kry. Ons voel ontsteld oor plaasmoorde en misdaad, maar ons weet dat daar vir elke dief of kaper minstens tien wetsgehoorsame swart landsburgers bestaan wat net vir hulle gesinne probeer sorg en kop bo water hou en wat hoop op ’n beter, nierassige, nierassistiese Suid-Afrika. Die situasie rondom Vigs pla ons geweldig, nie omdat alle conspiracy theories noodwendig verkeerd is nie, maar omdat die Minister van Gesondheid ons ons keuse wil ontneem, en omdat ons land gevaar loop om die respek in die internasionale mediese gemeenskap te verloor wat ons destyds verwerf het met die hartoorplantings van prof Chris Barnard. Ons wil ons monumente behou, nie omdat ons saamstem met die idees waarvoor hulle staan nie, maar omdat dit dwaas is om die verlede te vernietig. Ensovoorts!

Weet Dan Roodt werklik wat geweld is, hoe ontwrigtend en pynlik dit is? Weet hy dat as hy die hele Suid-Afrika sou afbreek, soos hy dreig om te doen, hy ook alles sou afbreek wat die blankes beplan en laat bou het, soos die N1-hoofweg, Sanlam, ons treinspore en hawens, ons sterrewag in die Karoo, ons universiteite Ö in kort, al die infrastrukture wat van ons die mees welvarende staat in die subkontinent maak? Breek alles af, Dan, dan kyk ons wat maak jy sonder ’n PC en ’n diensverskaffer!

Nee wat, met jou praat ek nie verder nie. Nie eers in ’n live debat op TV nie. Van nou af verwys ek na jou in die derde persoon (en, waar moontlik, in die verlede tyd).

Dit is tyd dat hierdie bek die jÍm kry wat hy verdien (het). Gee die man verpligte gemeenskapsdiens. Laat hom gaan werk as manlike verpleŽr in ’n hospitaal vir Vigs-sterfgevalle vir ’n jaar. Come to think of it, dis dalk ’n gawe oplossing vir Thabo Mbeki ook. Hy en meneer Roodt sal heelwat hÍ om oor te gesels terwyl hulle hul besems tussen die kots rondstoot. In Engels, natuurlik, want Thabo sukkel bietjie met Afrikaans as hy nie sy papiertjies by hom het nie.

Kabous, ek vertrou jou vraag is nou beantwoord.



LitNet: 4 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.