SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die ervaringe van ’n gay aktivis-geneesheer

Deon Knobel

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002


In die besluit oor die naam van my lesing het Johann voorgestel dat ons dit noem Die ervaringe van ’n gay aktivis-geneesheer. Eers het ek gevoel dat die woord “gay” in werklikheid heeltemal irrelevant is. Ek verwag ook nie dat dr Hertzog mŰre nodig het om vir u te moet sÍ “My naam is Hertzog, en ek is heteroseksueel,” of vanoggend Christina Landman, wat die geval ook mag wees nie. Met my voorbereiding vir vanoggend het ek oor die afgelope twee maande besef dat my seksuele oriŽntasie wel in my geval ’n belangrike rol gespeel het.

Verder ter opening ’n stuk graffiti wat ek in die vroeŽ 1980’s op ’n muur in die Tuine in Kaapstad gesien het: “APART AIDS A TERRIBLE DIS EASE.”

Ek verwag en sal verstaan as daar van u is wat vanoggend deur sommige van my verhale en stellings groot ongemak en selfs weersin sal ervaar. Veral my naaste vriende en familie, sowel as Roy, my metgesel vir 38 jaar, vra ek dat julle my sal verduur en saam met my hierdie pad van ontboeseming en blootstelling sal loop met dieselfde liefde en opregtheid waarin ek vanoggend probeer praat. Aan Max du Preez, kwaad soos ek soms vir hom word, sÍ ek dankie vir sy woorde: “Leef uit wat jy is, met eerlikheid sonder om ander te benadeel, dan sal jy gesond wees.”

Ek wil ook graag beklemtoon dat alhoewel ek talle insidente noem wat vir my pynlik en hartseer was, daar ook in my kinderjare, sowel as in my professionele loopbaan, veel was om voor dankbaar te wees. As gesin het ons baie heerlike en opwindende ervaringe gehad het, veral toe daar nog, behalwe ons vier ouer Knobel-kinders, ook twee niggies vir ses jaar by ons gewoon het

Dit is my vertroue dat u almal aan die einde van die lesing die “Gay” van my naam sal deurtrek en my aanvaar as ’n mens, geneesheer en sieketrooster wat, afgesien van seksuele oriŽntasie, in ’n tyd van uitdaging en nood in die grootste epidemie wat die wÍreld nog geteister het, ingespring het en sonder enige verwyte of blaam, probeer het om op my manier ’n verskil te maak. Ek vertrou ook dat u nie my lewe as “lyding, verguising, verwerping en pyn” sal opsom nie, maar as ervaringe van ’n persoon wat vir andere omgee en ook as rolmodel wil dien vir jonger gay persone wat eensaam en verward voel en glo hulle situasie is uniek.

A. Aanloop en agtergrond
1.

Die vyfde internasionale VIGS-kongres in Montreal wat ek en John Pegge albei op eie inisiatief en koste bygewoon het, was met twee en ’n half uur vertraag voordat president Kenneth Kaunda die kongres kon open, omdat persone met MIV en VIGS by die hek bymekaar gekom het om te protesteer: “Ons is nie die probleem nie, ons is deel van die oplossing.” Hierdie protes-aksie het terloops op dieselfde dag plaasgevind as die Tianamen-slagting in China.

2.
Uiteindelik het die organiseerders bes gegee, en die eerste persoon met MIV/VIGS wat die tienduisende wetenskaplikes toegespreek het, was Carol Lavafor, ’n dame met die mooiste haselneutbruin oŽ wat ek nog gesien het, behalwe my skoonsuster Christine s’n en my pa se stoet-Jerseykoeie op die plaas. Kortasem, en oorweldig deur die groot gehoor, het sy begin deur te vertel van haar oupa, ’n Noord-Amerikaanse Indiaanse “Medicine Man” wat aan haar as klein kind gesÍ het “If people speak with their hearts and people listen with their hearts, many wonderful things will happen“ — as mense praat met die hart en andere luister met die hart, sal vele wonderlike dinge gebeur. Ek praat vandag met u uit my hart, en vertrou dat u bereid is om met u hart te luister, en miskien gebeur daar vanoggend ook wonderlike dinge.

3.
Nou na myself: Ek is gebore as vierde van sewe kinders van Gideon en Esther Knobel, albei uit kerklike huisgesinne en albei godvresende en toegewyde ouers, hoofsaaklik afstammelinge van Hugenote-voorouers. Albei grootvaders was in diens van die NG kerk, oupa Roux as sendeling in Bethlehem, en oupa Knobel as predikant in Amersfoort en later Hartebeesfontein.

4.
Gideon was as twaalfjarige wees gelaat, saam met sy twee susters en ses broers, toe hulle ouers albei binne 11 maande van mekaar oorlede is, en ouma Knobel onder baie tragiese omstandighede. Die jong seun word in pleegsorg van sy tante Katie en predikant oom Karel groot, waar hy my agtjarige moeder in die sendingtuin ontmoet.

5.
NŠ die geboorte van my suster Estie, wat later as predikant gekwalifiseer het (praat van NG-diskriminasie teen vroue as predikante wat veroorsaak het dat sy eers 35 jaar na haar teologiegraad die admissie-eksamen kon aflÍ en gelegitimeer word) — volg twee broers, Wilhelm, later bekende sestiger-digter, en Henri, uitnemende boer en gemeenskapsman.

6.
Wilhelm, wat as tengerige baba die wÍreld binnegekom het, en vir maande koliek en ander probleme gehad het, was nie ons pa se boerseun waarna hy so gretig uitgesien het nie. Henri, aan die ander kant, was so haastig om op die plaas te kom dat hy met sy agt-pond-massa my ma met sy bevalling op die kombuisvloer oorval het. Met die hulp van ’n getroue swart bediende wat Ma se instruksies moes volg, is my pa se boerseun uiteindelik gebore — robuust en lewendig van sy eerste ure, sonder kwale of skete. Ongelukkig het ons pa nie altyd reggekry om sy voorkeur weg te steek nie, en “ons boerseun” het in ’n mate gelei tot gevoelens van minderwaardigheid by ons ander twee.

7.
Ek het altyd vermoed dat my moeder, toe sy weer swanger raak, heimlik begeer het om ’n tweede dogter te hÍ. Ek sÍ dit omdat ek, van ek my verstand gekry het, ’n gevoel van andersheid ervaar het — anders tot wat en wie, het ek nie geweet nie. ’n pop gevra, en gekry, toe my mangels uitgehaal is; altyd by Mamma in die huis rond was, geleer brei het, masjienwerk begin doen, en later, toe sy ’n weefstoel aangeskaf het, geleer het om te weef — inderdaad vir June Strauss, my klavieronderwyseres, ’n blou-en-silwerdraad-stola geweef. Ek en die buurseun Andries het die dames van die Huisvlyt erg frusteer deurdat ons baie gouer die intriges van “tatting” en allerhande ander vlytighede aangeleer het.

8.
Nie dat ek nie ook begeer het om soos broer Henri te wees nie, wat dae van ligdag to donker met sy windbuks die werf en plaas deurkruis het om sy jaglus te bevredig en dosyne mossies en duiwe te skiet omdat hulle “die vgugte en koging opvgeet”. “Pragtig, my ou boerseun, jy doen ’n groot werk.” Jare later het Henri as vader van sy eie gesin ’n voerbak vir voŽls in sy tuin opgerig en alle skiet van voŽltjies was verbode. As ek as kind die dag besluit het om die kinderheld op elke tree en voetstap te volg, het dit nie juis veel later as tien- of elfuur geword voordat ek tou opgegooi het en terug sou vlug na die beskermende atmosfeer in die huis nie.

9.
Saterdagaande se fanatiese jaglus op hase in die landerye en weivelde was afgryslik bloeddorstig; die sinnelose vang van dosyne onskadelike babers, waarvan ons boermense nie die modderige smaak kon verdra nie, is deur Wilhelm in gedigte treffend beskryf — met sy sensitiewe aard kon hy hierdie sportsoorte nie verstaan of verdra nie; die stertjies afsny en knatertjies uithaal van lammers, tot groot vermaak en pret van die helpers en boerkinders, het my maag laat draai — ons het dit nie geŽet soos die Karoo-mense glo doen nie — miskien sou dit ons slimmer gemaak het.

10.
Wilhelm het met die aanvang van sy studies op Stellenbosch sy eerste aanval van hipomanie ondervind, en die BipolÍre Affektiewe Steurnis, wat later geblyk het ’n genetiese familiekwaal te wees, sou uiteindelik tot sy dood lei op 38-jarige ouderdom. Na ’n jaar van terapie en drastiese behandeling is hy terug Stellenbosch toe en ontdek nou dat hy homoseksueel georiŽnteerd is, en begin dit aktief uitleef, nie sonder geweldige tweestryd en skuldgevoelens nie. Die wroeginge en hartseer wat dit my ouers veroorsaak het, was geweldig. Ek glo dat sy besluit om die Rooms-Katolieke geloof te aanvaar dalk was omdat hy geglo het hy sou gemoedsrus en “genesing” van sy oriŽntasie verkry. My moeder het dit uiteindelik totaal aanvaar, maar vir my pa het dit ’n stryd gebly, alhoewel hy en Wilhelm in latere jare baie nader aan mekaar beweeg het. Wilhelm se herhalende “senu-aanvalle” het my as jong seun en jeugdige hewig ontstel.

11.
Nadat hy sy honneursgrade in Filosofie en Frans behaal het, vertrek hy na Frankryk om met ’n beurs van die Franse regering aan die Sourbonne te studeer. Dit is weer ’n ander storie. En toe het ek as vyfdejaarstudent die moeilike taak gehad om hom te gaan besoek na ’n ernstige senu-aanval en uiteindelik moes ek die besluit neem om hom sy ideaal van nagraadse studie in Frankryk te ontneem en hom terug te bring na Suid-Afrika.

12.
Wat het ondertussen met my gebeur? As modelleerling was ek pligsgetrou, oplettend, gehoorsaam en vreeslik “mooi” en baie talentvol met die klavier. Ek het nie aan sport deelgeneem nie, en tot vandag is ek hopeloos met ’n bal. Ek kan nie onthou dat ek ooit in my gesig as “sissie” uitgeskel is nie, en tog weet ek in retrospek dat ek aan die benaming kon voldoen het. Ek kon pragtig fluit, selfs soos voŽltjies, totdat ’n skoolmaat eendag begin lag en my daarop wys dat ek met skewe lippe fluit. Dalk profeties van my skeefheid?? En toe juffrou Theronda ons in die sangklas laat fluit en ek stilbly, sÍ sy dis ’n skande dat ’n seun in standerd twee nog nie eers kan fluit nie. Toe dog ek, soos Gert Garries sou sÍ, “Fok julle!!” En ek oefen vir maande lank en toe hulle weer sÍ kan jy nou nog nie fluit nie, toe sing hulle ore van my sweepklap-fluit — so ’n regte beeswagter-fluit met die tong tussen die lippe. Julle het dit seker al in vertonings met applous gehoor.

13.
In my dertiende jaar word my laatlam-sustertjie, Therese Eleonore, gebore, enkele maande nadat my pa in ’n tussenverkiesing as Nasionale Party Volksraadslid verkies is. Die politieke en sosiale verpligtinge van my ouers het tot gevolg dat ek dikwels die klein baba moes versorg en oppas, en toe ontdek ek dat ek in ’n suiwer sopraanstem vir haar elke aand aan die slaap kon sing met “Neef Jakkals nooi vir gansie” op “Kom lente, liewe lente” se wysie. Die enigste keer wat ek ooit op skool aan ’n konsert of operette deelgeneem het, was toe ek as een van die koringblommetjies in die agtergrond moes staan en mooi lyk “maar moet asseblief nie probeer sing nie.”

14.
Met die vroeŽ aanvang van my puberteit het ek begin besef dat ek aangetrokke gevoel het tot die manlike spesies, en veral ’n baie aantreklike jong plaasbesturder wat deur my pa in diens geneem was. Enkele jare later, tewyl ons saam met my ouers in Kaapstad was, kom die nuus dat hy gearresteer is vir ontug met ’n minderjarige swart meisie. Ons het hom nooit weer gesien nie. Met versagtende omstadighede is hy ’n opgeskorte vonnis gegee, en is hy terug na sy familie in die ou Noord-Transvaal. Jare later, toe ek en my moeder deur sy geboortedorp gereis het, het ek die naam van sy familie opgesoek en met sy moeder gepraat. Sy vertel dat hy een nag dood gevind was op pad huis toe, met sy gesig in ’n vlak waterpoeletjie. My gevoel vir hom en die geheime hartseer en skok oor die omstandighede van sy arrestasie en dood, was waarskynlik die sterkste besef dat ek anders voel.

15.
In standerd sewe bied oom George, die kerk-orrelis, aan om my gratis orrellesse te gee. Ek weet nie of dit uit vrees en my ongemak was dat sy bene en hande dalk te naby aan my beweeg het nie, en of ek heimlik begeer het om my pa te plesier nie, maar toe bel ek vir Pappa en ek vra of ek maar vir my by oom Chris se winkel op rekening vir my rugby togs en klere kan koop, want ek wil nou rugby speel. Dit was vir hom ’n groot vreugde en vir Oom George ’n groot teleurstelling dat ek nou nie meer orrellesse kan neem nie. Na die tweede rugby oefening, waar mnr Meiring kort-kort vir my geskree het, “Moenie die bal weggooi nie, man!” is die rugbyskoene verkwansel en was die orrellesse ook daarmee heen. Ek en my enigste goeie vriend Wynand het maar pouses gesels en nie by die ander “sporthelde” agter die heining van die sportveld aangesluit vir die skelm rookpartytjies nie.

16.
Na matriek vertrek ek na Stellenbosch, soos Estie en my twee ouer broers. Saam met drie ander eerstejaars in een van Dagbreek se woonstelle begin gelukkige universiteitsjare. Maar kort na die “nie-ontgroenings”-inisiasieweek kom ek een middag terug van klasse en vind ek die woord “mof” onder my naam geskryf. Ek was so naÔef dat ek rond en bont vir my woonstelmaats gevra het wat dit nou eintlik beteken. Hulle was seker te verleŽ om my vraag te beantwoord, en ek sou eers later uitvind dat dit die skandnaam is vir persone met ’n homoseksuele oriŽntasie. Net soos ander skeldname in die geskiedenis van die wÍreld het dit ook ’n soort trotse naam geword tussen ons met dieselfde oriŽntasie — “julle moenie met ons moffies mors nie“ — maar wee die ander wat dit gebruik om te beledig. Hierdie ervaring het later een van my sterk oortuigings bevestig, naamlik dat persone wat onseker is oor hulle eie oriŽntasie, of diť van hulle kinders, selfs as hulle predikant-ouers is, die mees uitgesproke en homofobiese reaksies het teenoor diť wat reeds uit die kas is. Ek het die student later raakgeloop waar hy gereeld ’n bekende ontmoetingsplek vir gays besoek het.

17.
Soos op hoŽrskool het ek op universiteit ook wel vir enkele jare “vas uitgegaan”, maar ek het dit van my kant niks meer as platonies ervaar nie, hoe hard ek ook al probeer het. Dis jammer en ek is baie spyt dat ek deur my verwarde en misleidende optrede en my eie dilemma daardeur pyn en hartseer veroorsaak het. Dit was nooit bewustelik gedoen om ander seer te maak nie. Ek is diep dankbaar dat ek nie soos vele ander jong mans in my posisie getrou het in die geloof dat dit my sou “genees” en van my homoseksuele begeertes en “siekte” sou bevry nie. Ek ken talle eks-NG-predikante wat nŠ hulle studies besef het dat hulle nie met ’n dubbele lewe kon voortgaan nie. Pieter Cilliers, wat vir enkele jare in die bediening gestaan het, se “’n Kas is vir Klere” is ’n roerende verhaal van sy eie ervarings. En pragtig beskryf Marlow Valentine, tevore ’n NG-diaken hoe hy op 25 besef het “en uiteindelik aan myself erken: 'Face it Marlow, djy’s ’n moffie — en jy weet dit al voor jy skool toe is. Dis hoe jy nou jou lewe gaan lei. Eerlik. Uiteindelik eerlik op 25.” Hy is die leier van waarskynlik die enigste geaffilieerde kerk waar gay lidmate sonder voorbehoud welkom is. Pieter Oberholzer, medeskrywer van Gelowig en Gay? is ’n toonbeeld van ’n toegewyde Christen gay gelowige wat talle ander, en wel ook jong predikante, beraad en oortuig dat hulle gelowig en gay kan wees.

18.
Een van my groot vreugdes as student was dat ek vir drie jaar in die Universiteitskoor, onder die geÔnspireerde leiding van die dinamiese oom Philip McClachlan, kon sing. Dit was hy wat my in my tweede jaar verwys het vir solo-sanglesse, wat sou lei tot jarelange solo-optredes en gereelde opnames vir uitsending deur die SAUK.

19.
Ek het weldra as meer senior student my eie oriŽntasie aanvaar, alhoewel soms met moeite en wroeging. Ek het meer en meer uit die kas geklim en gereeld in Kaapstad met mede-gays by ontmoetingsplekke gesosialiseer en lewenslange vriendskappe gesmee. Dis nie nou die tyd of plek om in diepte oor die gay lewe in Kaapstad in die sestiger- en sewentigerjare te praat nie. Dit was ’n hegte gemeenskap, en om Saterdagaande in die Grand Hotel bymekaar te kom, was ons gestewel en gespoor, gedas en gepak of ten minste met ’n blazer of baadjie. Dit was nie somaar so ’n gopserige plek nie. En na sluiting van die kroeg om 11 nm het ons en masse oorgestap na die Del Monico, wat vir albei geslagte was. Daar het mens gereeld die kleindogter van die laaste president van een van ons Boererepublieke raakgeloop. Sy het onweerstaanbaar aangetrokke gevoel tot jonger mans, dikwels afkomstig van die passasiersbote in die Kaapse hawe, en het op diť manier talle vreemde tale leer praat

20.
In 1964, na voltooiing van my huisdokterjaar, begin ek werk as mediese beampte by die Staatslaboratorium vir Patologie in Oranjestraat. In dieselfde jaar ontmoet ek op 23 Mei 1964 vir Roy, sedertdien my metgesel. Ek het ook as Spesialispatoloog gekwalifiseer en geleidelik deur die range in die Staatsdiens gevorder. In Mei 1985 word ek aangestel as Hoofspesialis en Professor en Hoof van die afdeling Regsgeneeskunde aan die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Kaapstad. Ek word daagliks met die dood gekonfronteer en deur die jare het ek derduisende lykskouings uitgevoer, dikwels ook as laaste eerbewys aan en diens op die liggame van vriende, kennisse en kollegas wat onnatuurlik gesterf het, en nie ongereeld nie as gevolg van selfmoord.


B. Homoseksualiteit, MIV/VIGS en die Afrikaanse Christelike kerke
1.

Na my Moeder se dood op 8 Januarie 1977 vind ek tussen haar dokumente ’n 1994-uitgawe van die Kerkbode, waarin Johan Heyns die verdoemende uitspraak gelewer het dat VIGS dalk wel die straf van God is teen diť wat gesondig het. My reaksie op sy en soortgelyke uitsprake is dat, net soos Apartheid, dit ’n dwaalleer is waarvoor deur die kerk verskoning gevra moet word, nie slegs teenoor die persone wat met MIV-infeksie en VIGS leef of gesterf het nie, maar ook teenoor die vriende, metgeselle en hulle families. Nie alleen moes hulle in stilte en eensaamheid hulle siekte dra nie, maar hulle geliefdes moes ook in geheim rou en hulle hartseer verwerk, uit vrees dat die gemeenskap hulle sou verwerp weens die stigma verbonde aan VIGS; nou moes hulle ook die ekstra las dra van die veroordelende uitspraak deur die kerk dat jou geliefde seun, dogter, broer, suster weens hulle sonde aan VIGS gesterf het. Verder wil ek persoonlik nie ’n God ken wat mens straf met die hel van VIGS nie. Dan liewer vir my die Man van Nasaret, wat na my mening, indien hy vandag in die vlees met ons sou kon wees, sou versorg, vertroetel, en vertroos, weer eens met onvoorwaardelike liefde en empatie.

My brief oor die aangeleentheid word nie deur Fritz Gaum in die Kerkbode geplaas nie, ten spyte van herhaalde telefoniese navrae deur my aan hom. Dit verskyn wel later in Die Burger, met wonderlike reaksie. Ek ontvang talle oproepe en briewe van dank en ondersteuning, hoofsaaklik van ouers met gay kinders, asook van ’n predikant van Ceres wat self betrokke was by die ondersoek gelas deur die Kaapse sinode oor die plek van homoseksuele persone in die NG Kerk. Ek het egter ook een lang brief ontvang van ’n ou skoolmaat, die dogter van een van Ma Esther se eertydse beste vriendinne in die plaasdistrik van Bethlehem waar ons gewoon het. Sy het dit waarskynlik baie goed en met liefde bedoel en het my weer eens na die gewraakte verse in die Bybel verwys.

2.
Dit verstom my hoe die kerkleiers so dikwels die Bybel misbruik om hulle standpunte te verdedig. Ons dink met skaamte terug aan die Apartheidsera en die dwaalleer daaraan verbonde, waarin ook Johan Heyns ’n leidende rol gespeel het deur die “regte tekste” te soek en verkeerdelik toe te pas, en waarvoor die kerk later moes bieg en verskoning vra. Nou, met homoseksualiteit, gryp die doemprofete en sondaar-dissipels na uitgeleefde tekste in die Bybel om hulle verdoemenis van ander se oriŽntasie te verdedig, weer eens, net soos met Apartheid. Word daar egter aan al die Ou Testamentiese wette voldoen? Dan moes ’n oudpresident en sy huidige eggenote tog sekerlik vir hulle dubbele egbreuk in die openbaar gestenig gewees het, of hoe? En wie eet nie almal varkvleis nie? En wat van vleeslike gemeenskap tydens die vrou se menstruasie? Maar stenig met woorde deur ’n vers oor “manlike verkragting” aan te haal is aanvaarbaar? Dis net so ’n dwaalleer en die kerk is aan die gay gemeenskap, hulle families en geliefdes ’n verskoning skuldig.

3.
En dan natuurlik die voorwaarde. “Ons aanvaar dat julle nie julle oriŽntasie gekies het nie, maar julle mag nie julle seksualiteit uitleef nie. Julle moet geheelonthouding toepas en julle natuurlike behoeftes onderdruk.” Nou raak ek regtig warm om die kiewe en keel!! Dis net so belaglik as om vir heteroseksueles te sÍ: “Julle moet selibaat bly; geen seks nie, want ons het klaar te veel mense in die wÍreld en nou is daar nog MIV/Vigs ook.” En dan volg dit tog logies dat geeneen van die hovaardige kerkleiers ooit seks met hulle vrouens gehad vir die plesier en genot daarvan nie, maar uitsluitlik vir voortplantingsdoeleindes. Siestog vir diť wat net een kind het, of miskien het hulle tog moontlik die voordeel dat hulle heelwat meermale kon probeer, sonder sukses!

4.
Een van die niesusterkerke het onlangs aan ’n moeder die onmenslike en onchristelike ultimatum gestel dat sy alle bande met haar gay seun moet verbreek. En in Kaapstad het ’n superchristen by name eerwaarde Peter Hammond in sy boek The Pink Agenda: Sexual Revolution in South Africa and the Ruin of the Family selfs beweer dat gay mense pedofilie wil laat wettig — nůg een van die dwase mistastings dat om gay te wees gelyk staan aan seksuele misdrywe met kinders. Wie verkrag vroue en kinders by die dosyne elke dag in Suid Afrika?

5.
En hoe voel ek vandag oor die kerk?
Hoekom sal ek wil wees waar ons nie welkom is nie! Magdaleen du Toit, ek kon ook nie verstaan hoekom die kerk en sonde en verdoemenis bymekaar hoort nie. Die enigste preke waarna ek as kind kon luister, was diť van oupa Roux, in Sotho gepreek en na Afrikaans oorgetolk deur ’n kleurlinglidmaat; en ook diť van ooms Willem en Laps. Vir die res het ek geworstel om wakker te bly.

Al wanneer ek nog in die kerk kom, is om na mooi musiek te luister, of familie, vriende, en selfs vreemdes, as hulle familie op my versoek hulle oŽ en organe skenk, te help begrawe, en soos Gert Garries gesÍ het, “in God se grond waar daar plek is vir almal en almal welkom is!”

6.
En ek het in elk geval tevergeefs gewag vir my eie wit skoothondjie, net soos diť van Lize en Manna, al het ek elke aand daarvoor gebid by liewe Jesus. Omdat ek nie hardop gebid het nie, het my ma dit nooit gehoor nie en daarom was my gebedjie nooit gehoor nie. Ek het toe maar op 28 jaar my eie Bubulina by die SPCA gaan haal en so my kindergebed self verhoor.

Die enigste ander hond wat ek as kind gehad het was “Die hond se naam is Christina”, wat per trein in ’n houtkis met ogiesdraad bo-oor gekom het van my tannie Frances — toe’t ek haar Tienkie gedoop. En as ek my hande geklap het en geskree het, “Tienkie!! Tienkie!!” dan het sy aangehardloop gekom en in my arms gespring. En toe een Vrydag na die week se skool kom sy nie toe ek haar roep nie, en sy moes die week kleintjies gekry het. “Dit was weer ’n hele vrag bastertjies, toe’t Pappa hulle laat doomaak, en toe kry sy melkkoors en is gister dood. Ons het haar maar saam met haar kleintjies laat begrawe.” Ek het nooit gehuil of in woede uitgebars nie, tot nou die aand nŠ ’n opvoering van Vatmaar, toe ek vir die eerste keer ook oor haar gehuil het, omdat mense so wreed kan wees met mekaar en diere.

C. Verhale van betrokkenheid en uitlewing
1.

Hoe ek betrokke geraak het by die MIV/VIGS-epidemie is ’n storie van toeval en wonderlike ervaringe wat my lewe oneindig verryk het. Die gesegde van Viktor Frankl, die Weense psigiater wat ’n Nazi-gaskamp oorleef het, het inderdaad oor en oor waar geword vir my eie lewe. Hy het geglo dat “Man can find meaning in the midst of suffering by turning a predicament into a human achievement.” En minder as twee weke gelede het die legendariese Madiba vir gestremde kinders gesÍ dat mens daaraan kan werk “to turn a tragedy into triumph“.

Nie alleen het dit vir my waar geword nie, maar ek het dit ook herhaaldelik gesien by persone wat ontdek het dat hulle met MIV geÔnfekteer is. Indien hulle nŠ die aanvanklike skok die woede, skuldgevoelens, blaam en depressie (die stadiums van verlies en beproewing soos deur Kubbler-Ross beskryf) verwerk het en weer met mening begin leef het, het wonderlike dinge gebeur. Talle van hulle het aktief begin deelneem aan ondersteunende dienste vir ander, en het veral met hulle deelname aan lesings en opvoeding- en inligtingsprogramme, onskatbare dienste gelewer. Deur ander te help het hulle terselfdertyd hulself gehelp om weer hulle eie waarde te besef. Indien daar tyd is, sal ek probeer om julle te vertel van twee sulke vriende van my, naamlik John Pegge en Ivor Dorrington. Maar daar is soveel ander dat ek nie almal kan noem nie.

2.
So teen die middel van 1981 loop ek toevallig vir prof Ernette du Toit raak, destyds as geneesheer werksaam in die Provinsiale Weefseltiperingslaboratorium onder leiding van prof MC Botha, deel van die span wetenskaplkes betrokke by die eerste hartoorplantings deur Chris Barnard. Hoogs opgewonde het sy my vertel sy is op pad na ’n vergadering om ’n geval te bespreek.

Ons dink ons het ons eerste geval van AIDS gediagnoseer.”

“AIDS? Wat is dit?” het ek verdwaas gevra.

“Weet jy nie? Dis die nuwe siekte onder gays in San Francisco en New York. Hulle noem dit ook “Gay bowel disease” omdat hulle onkeerbare diarree ontwikkel, of in die volksmond bekend as “The Gay Plague“.

3.
En so het dit alles begin. Ek het elke artikel in die hoof mediese tydskrifte uit Amerika gelees om soveel moontlk te leer oor die siekte. Ek glo in retrospek dat die enigste rede vir my intensiewe belangstelling die feit was dat ek gay is en dat dit myself, my verhouding en my talle gay vriende sou raak. Alhoewel die virus eers in 1984 deur Montagnier van die Pasteur-Instituut in Parys ontdek is, en deur Gallo bevestig is, het ek van die begin geglo dat dit ’n seksueel-oordraagbare siekte is, wat mees waarskynlik deur ’n virus veroorsaak word. In 1983, voordat hierdie ontdekking gemaak is, het ek en John Pegge, ’n gay kollega, die eerste inligtingsaand gehou in ’n destydse gay klub en disco in Kaapstad. Ons het toe reeds aanbeveel dat slegs veilige sekstegnieke beoefen moet word, dat kondome te alle tye gebruik moet word indien anale seks sou plaasvind. Aangesien ek geglo het dat ’n virus betrokke was, het ek selfs, voordat dit meer algemeen aanvaar was, aanbeveel dat die spermasiede room, Non-0xynol 9, wat deur vroue gebruik word om na gemeenskap die saadselle te vernietig en swangerskap te voorkom, as lubrikeermiddel gebruik moet word. MIV-persone en jong aktiviste, ook ’n besonderse persoon by name Shane Petzer, het in groepe gereeld na die gay kroeŽ en klubs gegaan en kondome, inligtingsbiljette en waarskuwingspamflette uitgedeel. My motto was: “Ons gee julle die inligting, maak julle eie keuses, maar moet nooit sÍ julle het nie geweet nie.”

4.
Met die aankondiging in 1982 dat die eerste twee manlike kajuitbemanningslede van die SA Lugdiens aan VIGS gesterf het, het ek met skok besef dat een van die name in my adresboek aangeteken was.

5.
Met skok het ek en Roy ook besef dat met ons besoek aan New York in 1981 die virus reeds teenwoordig was saam met ons en honderde ander gays wat die nagklubs en ander hoogs onveilige sekslokale besoek het. Onbewus van VIGS was my kommentaar aan hom, na ons besoeke en waarnemings by die plekke, dat dit my herinner aan en soortgelyk is aan Konrad se “ultimate horror” uit Heart of Darkness -maar, het ek bygevoeg, “the real horror was that the horror was incredibly exciting.” Ek het voortgegaan om te sÍ, nadat ek dit alles gesien, aanskou en beleef het, ek glo dat New York uiteindelik sou moes verdwyn, in sy eie anale kanaal op met een groot ontploffing. My woordkeuses op daardie stadium was meer kras, en u kan self aflei wat dit was. En toe? En toe kom AIDS/VIGS, en het letterlik duisende jong mans in die fleur van hulle lewens die aaklige dood van AIDS gesterf in ’n tydperk waar geen doeltreffende behandeling teenwoordig was nie. In ’n mate het ’n groot deel van New York wel verdwyn soos ek voorspel het: in die fleur van hulle lewens, bemind deur lovers, en geliefd deur familie en vriende. En so het ook talentvolle mans uit die teater, beeldende kunste en musiekwÍreld gesterf, en selfs beroemde sportmanne soos Arthur Ashe.

6.
Net soos in Suid-Afrika die geval sou word, het die regering van die VSA oor die epidemie geswyg, en het ’n dik wolk van ontkenning oor die nood en behoeftes van die gay bevolking gehang. Dit was nie voor Rock Hudson se dood aan AIDS dat pres Ronald Reagan vir die eerste keer die woord “AIDS” oor sy lippe laat val het nie. Met groot geeste soos Elizabeth Taylor, lewenslank bevriend met Rock, wat nou tot die stryd toegetree het, het die situasie in die VSA stadig verander. In sy boek And the Band Played On het die joernalis-skrywer, Randy Shilts, die skokkende storie van die regering se ontkenning en onthouding van hulp en aksie beskryf. Na sy tweede boek, Conduct Unbecoming, sterf hy self later aan ’n VIGS-verwante siekte.

7.
My ervaring as gay persoon en as professor aan ’n fakulteit van geneeskunde kan as veelbewoŽ en traumaties gesien word, maar ook as stimulerend, uitdagend en in sekere opsigte inspirerend.

Dit het gou onder die gay gemeenskap bekend geword dat ek, as een van die eerste dokters wat kundigheid oor VIGS besit het, ook bereid was om persone met probleme te sien, raad te gee waar moontlik en te verwys na simpatieke geneeshere en kliniese sielkundiges. My ervaring as ’n seksueel uiters aktiewe persoon in my jonger jare, my ontnugtering oor New York, en moontlik my “survivor guilt”, het my gelaat met ’n oop gemoed, sonder verwyte en blaam, en ek kon na die mees intieme en soms bisarre stories luister sonder om geskok te reageer:

- Getroude mans (heteroseksueel, natuurlik) wat skuldig gevoel het oor ontrouheid, en dan met hulle skuldgevoelens geglo het hulle is nou MIV-geinfekteerd.

- ’n Jong man (heteroseksueel, natuurlik) wat by sy eie ramparty ’n bereidwillge dame ontmoet en een maal met haar seks gehad het. Hy was neuroties, met skuld belaai en het uiteindelik die arme dame gedwing om ’n MIV-toets te ondergaan.

- ’n Jong getroude kollega (heteroseksueel, natuurlik) wat by ’n ander ramparty ’n gehuurde ontkleedanseres toegelaat het om sy “orgaan in haar mond te neem” — ons noem dit somaar afsuig of ’n “blow-job” gee. Skuld!! Skuld!! “Wat is die kanse dat ek MIV sal kry?” ensovoorts ensovoorts.

- En toe ’n man wat my kom sien omdat hy MIV-positief getoets het. Op navraag het hy vertel dat hy nog nooit aktiewe of passiewe anale seks met ’n man gehad het nie en dat hy inderdaad niks van gays hou nie. Op verdere navraag het dit geblyk dat hy jong weermagmanne opgetel het, na sy woonstel genooi het, en nŠ die opwinding van pornografiese films toegekyk het hoe hulle masturbeer. Hy self het sonder smeermiddel gemasturbeer en gewag totdat die jongman ejakuleer om dan die saadvloeistof te gebruik as lubrikasiemiddel vir homself. Ek het ook vasgestel dat hy onbesny was en dadelik besef dat sy praktyk een van die gevaarlikste kan wees wat bestaan. Die onbesnyde voorhuid se sagte slymvlies kan maklik klein skeurtjies in kry en met plasing van semen op sy eie penis kan toegang deur die virus maklik plaasvind. Aangesien alle internasionale tydskrifte tot op daardie tydstip gepraat het van kondome en veiliger sekspraktyke, en “mutual masturbation” as veilig beskou het, het ek dit my etiese en morele plig gevoel om hierdie verhaal te vertel aan die wÍreld en te verseker dat die stelling sou verander na “mutual masturbation is safe only if you do not allow the partner’s semen or blood onto your own penis.”

8.
Wat was die reaksie van die mediese broederskap, en wel ook van my eie kollegas, na plasing van hierdie “vieslike storie”? “Hoe kon die redakteur die tydskrif se standaard so laat daal deur iemand wat met pseudowetenskap die tydskrif gebruik om sy eie siek agenda te bevorder?” “Let him keep his disgusting stories to himself and warn his friend/s.”

Na die lees van hierdie eerste brief het ek in semiskok op my bed gaan sit, en gelukkig die krag en inspirasie gevind om op ’n kalm en beredeneerde wyse te antwoord, onder andere dat ek dit my plig ag om die mediese gemeenskap en hulle pasiŽnte te waarsku. My naam is dan ook in internasionale publikasies gemeld as die eerste persoon wat hierdie waarskuwing gerig het. Vir die afgelope 20 jaar probeer een van die skrywers deur middel van Roy verskoning vra vir sy brief. Onchristelik van my? Dis sy probleem — laat hy daarmee saamleef sonder my erkenning van vergifnis, totdat hy in dieselfde tydskrif van sy oorspronklike brief verskoning vra!

9.
Ek het ook bewus geraak van onetiese, en vandag onwettige praktyke:

- PasiŽnte se bloed sonder toestemming getoets.

- Vertroulikheid van pasiŽnte-inligting verbreek, nie alleen aan kollegas en lekepersone nie, maar selfs aan die pers.

- PasiŽnte wat toelating en behandeling geweier was.

- PasiŽnte wat in hospitaalsale geÔsoleer is, met swak behandeling — selfs verbied om badkamers of balkonne te gebruik.

Ek het uiteindelik die destydse dekaan probeer inlig oor die wanpraktyke en is die geleentheid gegee om ’n spesiale professionelestandaarde-komitee toe te spreek. Gewapen met alle beskikbare internasionale riglyne en ons eie Mediese Raad-reŽls het ek my kant van die saak gestel. Ek is beleefd bedank en sou later verder verneem. Na ’n jaar, en die aftrede van die vorige dekaan, het ek ’n versoek gerig om van die notule van die vorige vergadering, en die besluite wat geneem is, voorsien te word. Daar was, nodeloos om te sÍ, geen notule nie en weer eens is ek genooi om my standpunt te stel. Rondom die tafel het feitlik die volle getal professore gesit, sowel as senior hospitaal administratiewe personeellede en gelukkig ook die voorsitter van die Mediese Studenteraad, Dora Winchank.

Die atmosfeer was gespanne, en ek kon die algemene weerstand voel. ’n Professor het my onmiddellik in die rede geval en gevra of ek nou nie weer afdwaal nie (“Aren’t you going off on a tangent again?”). Ek het die dekaan oortuig dat ek belangrike punte wou stel en is dus ook toegelaat om my saak te stel. Dieselfde professor het toe dadelik die woord oorgeneem met die woorde: “Mr Dean, there is no need to get hysterical about AIDS. There have always been crusaders in the world. Far too many people have climbed on the band wagon of AIDS“ (behalwe natuurlik hyself, het ek later gedink).

Een na die ander het die professore toe saamgestem dat daar nie regtig ’n probleem is nie en is die vergadering verdaag. Weer eens was daar nooit notules beskikbaar oor die samekoms nie. Op pad uit het ek die vrouestudent gevra wat sy daarooor gevoel het. Haar antwoord: “It was disgusting, but I am not surprised. We are used to this kind of arrogance.”

10.
Op ’n later stadium het ek, na verdere probleme, dieselfde hoof van die betrokke afdeling gevra of hy nie sou oorweeg om ’n toegewyde MIV-kliniek te open nie. Hierdeur sou geneeshere opgelei word in MIV/VIGS-medisyne en sou pasiŽnte op etiese en professionele behandeling kon staatmaak. Op minder hoflike wyse is ek ingelig dat daar nie tyd of geld is om vir elke siekte onder die son ’n spesiale kliniek in te stel nie. Vandag is hy ook een van die strikkie-brigade, maar nog steeds dink ek nie werklik op sy eie “bandwagon” nie.

11.
Om terug te kom na die graffiti van “APART AIDS A TERRIBLE DIS EASE; APART AIDS KILLS ITS HOST“: Ek het talle ongemaklike situasies beleef. Daar was voorgestel dat die Missie-verklaring van ’n sekere mediese skool verander en gemoderniseer word. Ek het toe voorgestel dat daar by die bestaande bewoording, naamlik “I undertake to treat all my patients equally, irrespective of race, sex or social standing” enkele woorde bygevoeg word wat lees, “Ö irrespective of sexual orientation or nature of the disease or disability”. Dan sou geen dokter mos kon weier om VIGS-pasiŽnte op gelyke manier te behandel of versorg nie. Daar was ’n ongemaklike geskarrel onder die akademici, besware en redes hoekom dit onvanpas sou wees; en op die ou end is besluit om maar met die ou dokument te volstaan.

Hoed af aan die nuwe rektor van Maties, prof Chris Brink, wat ook seksuele oriŽntasie in sy intreerede genoem het. Met die verwagte reaksie van ’n moeder wat skryf “gays moet uit die kas klim“ sodat heteroseksuele studente op hulle hoede kan wees. Siestog! En onlangs ’n goed bedoelde verdere brief wat sÍ “Ö meeste gays is normale mense.” Wie en wat is normaal?

12.
’n Professor van snykunde het my genooi om sy sjirurge te kom toespreek. Na talle argumente en verwyte na my kant, asof ek die siekte gemaak en die etiese reŽls elf geskryf het, is ek bedank en ingelig dat hy binnekort moontlik sy konsultante instruksie sal gee om hulle juniors in te lig dat hulle bloed moet trek vir MIV-toetse as hulle dit goed dink. Ek het gewaarsku dat ek hom sou rapporteer, nie alleen aan die Mediese Raad nie, maar ook aan sy hoofde in die Departement van Gesondheid, wat ek dan ook gedoen het.

Ek word ingeroep na ’n vergadering waar die tafel volgesit word deur dieselfde en nog meer professore en andere om my standpunt te bespreek. (Laat my dink aan die grap van die dominee wat sy afvallige seun na die warm plek gestuur het, en toe met ’n sinodesitting op ’n koue wintersaand hom tog maar ingenooi het in die sitkamer vol van predikante as gaste. Op ’n vraag hoe dit in die warm plek lyk, antwoord hy toe “Nes hier; die predikante sit die vuur so toe, mens kan nie naby kom nie.”)

Weer eens word ek feitlik verwerp deur alle aanwesiges, behalwe ’n senior vrouegesondheidsadministrateur wat versigtigheid gemaan het. My eweknie by ’n ander universiteit, wat van VIGS niks verstaan of wou weet nie, het my toegesnou: “Is jy nou weer bedonnerd man? Ons het ’n epidemie op hande.” ’n Senior superintendent het my verseker dat daar nooit ’n MIV/VIGS-kliniek by haar hospitaal sou ontstaan nie, want “I don’t have STD clinics at my hospital.” Ek het haar gewaarsku dat mense met MIV/VIGS oor tien jaar by die trappe van haar hospitaal sou opkruip, of sy dit nou wou weet of nie.

13.
Ek is deur ’n direkteur van Gesondheid versoek om namens hom die vergaderings van die Nasionale VIGS-advieskomitee by te woon. Ek het nooit enige uitnodigings gekry nie, en sou later verneem dat twee van my eie kollegas beswaar aangeteken het weens my verbintenis met GASA-6010, die gay-vereniging in Kaapstad. In die vroeŽ dae was dit dan sekerlik ook afgemaak as, “Hulle gaan so te kere omdat hulle gay is.” Die bekende Wendy Orr het my en Gordon Isaacs byvoorbeeld op ’n vriendskaplike wyse laat verstaan dat ons insette en idees vir ’n VIGS-beleid by UCT nie veel inslag sal vind by die univeriteitsowerhede nie, omdat ons albei gay is.

14.
GASA-6010 het ook begin om hulle beradingsdiens aan gay persone en hulle families uit te brei en toegespitste beradingsdienste vir MIV-persone en hulle lovers en familie aan te bied. Onder bekwame leiding van John Pegge en dr Gordon Isaacs is onskatbare diens gelewer. Hoe GASA-6010 met die VIGS-uitdaging gekonfronteer is, het weer eens op sinkronisiteit gevolg. Op ’n Saterdagoggend loop ek ’n ou bekende raak wat gekwalifiseer het as NG-predikant en omdat hy gay is het hy nie formeel in die bediening gegaan nie, maar in pastorale diens. Hy het my vertel van sy penarie as die enigste persoon wat na twee sterwende VIGS-pasiŽnte omsien deur hulle gereeld tuis te besoek, inkopies te doen en te vervoer wanneer hulle deur dokters gesien moet word. Hy was vreesbevange dat hy sou aansteek, en is deur sy eie dokter vertel dat hy homself ernstig in gevaar stel. Ek het hom gevra om hulle my telefoonnommer te gee indien hulle hulp en bystand nodig sou hÍ. Chris het my dan ook die volgende dag geskakel en my op aangrypende wyse vertel hoe swaar hulle kry. Hoe hulle te swak en uitgeput voel om selfs die geringste huiswerk te verrig, en hoedat hulle hulleself feitlik totaal in hulle klein woonstel onttrek het uit vrees dat die ander woonstelbewoners sou uitvind van hull MIV-status en dat hulle sodoende hulle woonstel sou verloor.

Dis toe dat ek vir John bel en sÍ dis hoog tyd dat ons persone met MIV en VIGS nie alleen moreel nie, maar ook fisies en geldelik moet bystaan. Ek en die dominee het ’n spesiale spaarrekening geopen en donasies gevra van die gay gemeenskap. Chris en sy vriend Tino is vir enkele jare geldelik bygestaan deurdat die woonstelhuur betaal is, en hulle het ook ’n klein maandelikse bedrag ontvang vir noodsaaklikhede. Uit hierdie klein begin het ’n formidabele beradingsprogram ontwikkel waarvan John tot en met sy tragiese dood die leidende rol gespeel het

15.
Persoonlik het ek deelgeneem aan werkswinkels, talle lesings gegee, artikels en briewe geskryf, inligtingsmateriaal saamgestel en versprei — en, glo ek, nie net omdat ek ’n geneesheer is nie, maar wel omdat ek ’n gay geneesheer is. Dit was my mense, dit was babas, dit was die jong swart tienderjariges, dit was onskuldige slagoffers van verkragting, dit was pasiŽnte wat oneties en swak hanteer was.

16.
Ek het ook die wonder van die virus as skeppingsverskynsel beklemtoon
, en ek het skoolkinders ontvanklik en gefassineerd gevind, gretig om te leer hoe die virus biologies werk — net soos ’n rekenaarvirus — wat die program, die sentrale wese van die liggaam se rekenaarprogramme, befoeter. Ek het die hele verskynsel en epidemie as ’n uitdaging en ’n nuwe sin vir my lewe beskou. En toe maak ’n mediese egpaar, as kennisse aan my bekend, beswaar dat ’n “pervert” tydens amptelike skoolure by hulle kinders se skool oor seks en VIGS gaan praat. Ek is op ’n swartlys geplaas en uitnodigings na staatskole het opgedroog.

17.
’n Britse wetenskaplike wat ek gereeld by kongresse ontmoet het, toe ek sÍ ek raak moeg, het my aangemoedig:

You must continue, it is very important.”

“Why?”

“You are a Professor at a medical school; they cannot fire you for what you are, what you do and what you say.”

18.
In die vroeŽ dae, toe ’n mediese superintendent van ’n opleidingshospitaal die vraag vra hoekom ons ’n heilige koei van VIGS wil maak en spesiale behandeling vir VIGS-pasiŽnte eis, was my antwoord: “Nie ons nie, julle maak van VIGS iets anders. Ons vra net dat MIV/VIGS-pasiŽnte kan staatmaak op dieselfde professionele, etiese en simpatieke hantering as ander pasiŽnte.”

Dit was aan die einde van ’n toespraak wat ek vir haar moes skryf ter opening van ’n WÍreld-VIGS-dag-byeenkoms wat ek gereŽl het, en waarin ek haar met ’n slapriem gevang het toe sy moes lees, “Ö as Medical Superintendent of this hospital I undertake that all patients with HIV/AIDS can rely on equal and compassionate treatment like all other patients.”

19.
Dan moet ek ook sÍ: al was daar soveel teenkanting teen my aktivisme, het daar ook ’n soort van heilige ontsag, indien nie vrees nie, vir my ontstaan. Ek het diť wat oortree, gewaarsku dat ek hulle sou rapporteer, en so het ek dan ook gedoen. Van my studente het ek net ondersteuning en aanmoediging ontvang, en heelwat van hulle het later self kampvegters geword vir pasiŽnte met MIV/VIGS.

20.
Nou kom ek tot die belangrike uitspraak van Barbara W Tuchman in haar boek The March of Folly — from Troy to Vietnam en die inleidingshoofstuk tot haar treffende boek oor die stryd in Afhanistan en Rusland wat vir dekades geduur het. Sy definieer “folly” as “a policy, not of a single individual, but of a group of people, who, not in restrospect but during their own life times are warned by contemporaries and peer groups, that their policies will be harmful to themselves and others, and that they nevertheless pursued on their march of folly.” Ek noem dit die mars van dwaasheid.

21.
Suid-Afrika het reeds onder die vorige bedeling tot 1994 ’n betreurenswaardige geskiedenis oor die hantering van MIV/VIGS gehad. In die vroeŽ jare negentig is daar ’n klein konferensie deur die Departement van Gesondheid belÍ in Pretoria om die situasie te bespreek. Die algemene gevoel deur my en John Pegge was dat daar gepoog is om die situasie te onder-speel. Een ouer geneesheer van ’n provinsiale bloedoortappingsdiens se poging om die erns van die situasie in sy provinsie te beklemtoon is telkens deur die voorsitter kortgeknip. Op ’n vraag van John Pegge of die Departement nie kan help om die gay gemeenskap in te lig nie, is ’n antwoord gegee wat min of meer daarop neergekom het dat dit ’n “eie saak/own affair“ is waarvoor die gay-groepe maar self die leiding moes neem.

22.
Ek kan met trots terugkyk op die wyse waarop hierdie uitdaging landswyd aangegryp is sodat die gay-groepe die beste ingelig was en baie vroeŽr op verantwoordelike wyse opgetree het as die wyer bevolking. Reeds in 1987 het ek, John, en nog ’n mediese kollega gesamentlik ’n inligtingspamflet saamgestel. In 1988 het ons dit opgegradeer; en met ’n mildelike skenking van die Rupert Stigting, sowel as ’n privaatbydrae deur sir Richard en lady Luyt, wie se seun in AustraliŽ aan VIGS gesterf het, het ons ’n nuttige klein boekie gepubliseer wat na veertien jaar nog steeds wetenskaplik verbasend korrek ingelig en op die man af is.

23.
Tussen 1985 en 1995 het ek 40 lykskouings uitgevoer op persone wat aan MIV/VIGS-verwante siektes gesterf het. Hoekom ek? Al die ander patoloŽ het geweier, behalwe die hoof van die Departement van Anatomiese Patologie, wat my bygestaan het met die eerste twee lykskouings in die klein dodehuisie van die Somerset-hospitaal waar die meeste VIGS-pasiŽnte behandel was en afgesterf het.

En eties gesproke het ek myself afgevra hoe ek kon weier as ek verwag dat dokters en verpleegsters pasiŽnte met MIV/VIGS sonder huiwering moet behandel en selfs opereer indien nodig. Ook waarskynlik omdat ek self gay is, omdat ek baie van die pasiŽnte geken het, moontlik omdat daar dalk ’n graad van oorlewingsskuld by my was, het ek dit as my diens aan die wetenskap, die gay gemeenskap en hulle families, en as laaste eerbewys aan my vriende en kennisse en die onbekendes beskou om die lykskouings met eerbied, waardigheid en na die beste van my vermoŽ uit te voer. Ek het wetenskaplik ontsettend baie geleer, ’n bydrae gelewer om beter behandelingsprogramme in te stel, en dit het my geneem na ses internasionale VIGS-kongresse en minstens drie gewone patologiekongresse.

24.
Wat was die reaksie van my familie oor my “aktivisme”? Malcolm, my beste vriend by die Mediese Skool vra my een oggend trompop: “What do your mother and sister say? Aren’t they ashamed of you?” “I don’t know, but I will ask them.” My moeder se antwoord, nugter en sonder oordeel, op die man af: “Natuurlik nie! As jy niť betrokke geraak het nie, sou ek my vir jou geskaam het.”

Ek het toe ook besef dat my familie dalk bekommerd kon wees dat ek self MIV-positief is en kon hulle gerus stel met die versekering dat ek negatief is. Ek glo egter vas dat indien ek wel die infeksie onder lede sou gehad het, ek ten volle op haar en die res van my familie se ondersteuning, versorging en onvoorwaardelike liefde sou kon staatmaak. Mamma woon dan ook heelwat van my skoollesings by: “Mens weet nooit wanneer dit op jou pad kom nie. Mens moet voorbereid en ingelig wees.”

My VIGS-pamflet, wat ek in Afrikaans, Engels en Xhosa opgestel het, is aan duisende skoolkinders uitgedeel, en sonder verandering is dit vandag by die uitgange aan u beskibaar. Ek het terselfdertyd alle skoolkinders uitgedaag om aan hulle ouers te gaan vertel dat ek hulle aangemoedig het om losbandig en promisku te wees — dan sou hulle self weet dat dit leuens is.

25.
En toe hou ek op om so aktief te wees. Hoekom? Omdat ek uitgebrand was, soos die grootste persentasie van VIGS-werkers en -aktiviste op die ou end ook ervaar. Daar was nuwe en jonger persone wat kon oorneem. Stadigaan het die mediese professie, in ’n groot mate, begin om MIV/VIGS as net nog ’n siekte te hanteer. Met die toetree tot die arena deur persone soos Edwin Cameron, Zaggie Achmat, Charlene Smith, die premier van KZN, die aartsbiskop van Kaapstad, wat so ver gaan om die nalatige beleid van die President en die regering as sonde uit te spel, en nou ook minister Buthelezi en dr Ncyayana van die SA Mediese Tydskrif, is daar ’n baie wyer spektrum aktivisme.

Die skrif is wat my betref aan die muur vir die President en sy minister van Gesondheid. En net nadat ek diť sin geskryf het, verskyn in Die Burger van 16 Februarie die berig dat Mbeki elke provinsie sal toelaat om self oor Nevirapine te besluit. “Sanity at last!! “ het ek gedink, en toe begin die tromme weer dreun!

26.
Die situasie in Suid-Afrika het na 1994 slegs verder versleg. Daar word geglo dat Suid-Afrika die vinnigs groeiende epidemie in die wÍreld het. Nie meer die reeds skokkende syfers van 250 tot 300 nuwe infeksies per dag, soos ’n paar jaar gelede nie, maar die mees konserwatiewe skatting het met minstens tien maal vermeerder tot die skokkende syfers van 2 500 tot 3 000 per dag. Daar word geglo dat honderde babas daagliks gebore word met MIV-infeksie omdat Nevirapine nie landswyd en vryelik beskikbaar gestel word nie. Hierdie weerhouding van ’n goedkoop en doeltreffende middel, met weinig of geen newe-effekte nie, en die ongelooflike beleid dat AZT nie aan vroue voorsien mag word na verkragting nie, of selfs moontlik weerhou sal word van gesondheidswerkers wat hulle met naalde beseer, is na my mening niks minder as krimineel nie. Die tugtiging en selfs ontslag deur owerhede van geneeshere wat wel AZT voorsien, gaan die verstand te bowe.

Nog meer verstommend is die benadering van die president van ’n land soos Suid-Afrika, wat nie alleen die onbetwiste rol van MIV as infektiewe agent bevraagteken nie, maar miljoene rande spandeer het om sogenaamde afvallige wetenskaplikes (“dissidents”) soos Duesberg en sy trawante met hulle “drog”-wetenskap in te voer om aan ’n debat deel te neem saam met geloofwaardige wÍreld- en Suid-Afrikaanse wetenskaplikes oor wat VIGS veroorsaak. Duesberg en medewerkers aanvaar nie die rol van die MIV as infektiewe agent nie. Natuurlik, indien dit deur ’n president en regering van ’n land nie geglo en aanvaar word nie, hoef daar nie geld gespandeer te word aan AZT en Nevirapine om ’n niebestaande virus nog skadeloser te maak nie. Dit lei ook tot die onsensitiewe optrede van ’n leidende figuur om die VIGS-kongres in Durban te open sonder om MIV te noem, en die podium te verlaat voordat die jong VIGS-aktivis, Nkosi Johnson, die gehoor toegespreek het. (So pas is die Sweedse prys gelykstaande aan die Nobel-prys vr kinders postuum aan Nkosi toegeken.) Die dra van die rooi VIGS-strikkies deur politici en amptenare wat MIV-ontkenners is, wat nie AZT en Nevirapine-voorsiening steun nie, wat nie help om deur hulle betrokkenheid die boodskap van veilige gewoontes en respek vir self en ander te hÍ nie, is niks minder as die hoogste graad van skynheiligheid nie.

Die fiasko van Sarafina 2, die verskoning dat Nevirapine en AZT moontlik te skadelik is en dus nie voorsien word nie, is slegs verdere kilometers op Barbara W Tuchman se “mars van dwaasheid” wat nou in die laaste tien dae na aan die mars van waansin strek — afdonderend in die afgrond van duisternis, onkunde en kwaad (“evil”) . Kanker word behandel met hoogs toksiese chemoterapie of bestraling. Die voordele is egter oneindig groter as om die kanker vrye teuels te gee om te verwoes, en dis daaraan te danke dat ons nou nog die formidabele en nugtere teenwoordigheid van oudbiskop Desmond Tutu en oudpresident Nelson Mandela in ons midde het. Selfs aspirien en ander alledaagse middels, sommige sonder voorskrif oor die toonbank verkrygbaar, het ongewenste newe-effekte en kan selfs dodelik wees indien nie korrek gebruik nie.

27.
Indien ’n geneesheer ’n middel wat lewensreddend kan wees, sou weerhou uit vrees vir newe-effekte en die pasiŽnt onnodiglik sterf, sou so ’n dokter deur ’n landdros tydens ’n geregtelike doodsondersoek verantwoordelik gehou kan word vir die pasiŽnt se dood. Die Raad op Gesondheidsberoepe mag moontlik ondersoek teen so ’n dokter instel en hom selfs skuldig bevind aan nalatigheid en toepaslike dissiplinÍre stappe doen. Daar word deur baie in Suid-Afrika gevoel dat weerhouding van AZT en Nevirapine aan swanger vroue en hulle pasgebore babas soortgelyke misdrywe is. Die onlangse hofuitspraak waarin regter Botha bevind het dat die regering en Departement van Gesondheid wetlik verplig is om die middels te voorsien, word gesien as ’n geweldige stap vooruit.

Maar die waansin tree op die voorgrond:

  • ’n Nasionale minister van gesondheid beweer op ’n nasionale televisie-onderhoud die dag voor die uitspraak dat sy nie ’n hofuitspraak wat teen die regering se beleid is, sal aanvaar en uitvoer nie. “No! I say no!

  • Sy vertraag weer eens die aksie deur te appelleer en komitees aan te stel om eers vas te stel of klinieke en hospitale bevoeg is om die diens in te stel.

  • ’n Nasionale minister van justisie maak die ongelooflike stelling dat so ’n hofbevel nie op die hele land van toepassing is nie, maar slegs in die area van die betrokke hof. Sy onkunde in diť verband, dat ’n hoŽrhofuitspraak bindend is op alle ander howe in die land, gaan die verstand te bowe. Nogtans, veral met die ongelooflike uitsprake en ontkenning deur van ons voorste politici, het ek tot die slotsom gekom, nie dat “The Band Plays On” nie, maar soos die Nasionale Party-regering se boereorkes voortgetjommel het voor 1994, bespeur ek nou ’n stewige basis van Afrika-tromme, wat met ontstellende onheil en eentonigheid die land en sy mense die afgrond van duisternis en tragedie laat instort. Rhoda Kadallie het tereg gesÍ dat die Nasionale Party-regering ten minste sy eie wittes beskerm en bevoordeel het. Die huidige regering doen dit nie vir hulle eie swart mense wat hulle deur hulle stemme aan die bewind gebring het nie.


    28. Vir my was en is daar baie positiewe aspekte van gay wees en betrokke raak by VIGS.

  • Dit het nuwe uitdagings, ’n vol lewe en onblusbare energie meegebring.

  • Studente het die polemiek gevolg en my ten volle ondersteun, met uitsondering van enkele sondaardissipels.

  • Die pasiŽnt is teruggebring in die gesondheidsarena, in die hospitaal, in die spreekkamer en in die openbare oog — hulle het hulle regte geŽis en op behoorlike behandeling aangedring.

  • Die etiek van medisyne is weer op die voorgrond gebring: dinge soos ingeligte toestemming voor toetse of behandeling ingestel is; vertroulikheid van pasiŽnte-inligting, soos die geval van ’n dokter wat sy pasiŽnt se MIV-status op die gholfbaan aan twee kollegas vertel het en waar adv Edwin Cameron die saak suksesvol in die hof behartig het. Die pasiŽnt is dood voor hy die voordeel van die kompensasie kon ervaar, maar die wetsbeginsel is vasgelÍ; die geval van Madam wat vir Eve dokter toe geneem het en gevra dat sy ondersoek word, “and please do an HIV test at the same time. She might infect my children.” ’n positiewe toets en Eve kry die trekpas, gevolg deur ’n hofuitspraak dat dit onkonstitusioneel was, wat dus nou ’n wetsbeginsel is.

  • So kan ek voortgaan hoedat daar feitlik daagliks persone is wat hulle regte eis, en bereid is om dit in die openbaar bekend te maak. Optimale behandeling, selfs in die geval van twee langtermyngevangenes wat geŽis het dat hulle optimale behandeling moet kry vir hulle MIV-infeksie en VIGS en dat die staat — Korrektiewe Dienste — die koste moet dra. ’n Konstitusionele Hof-uitspraak beslis in hulle guns, en daar word soms effens sarkasties opgemerk dat die beste behandeling vir VIGS in Suid-Afrika is om ’n misdaad te pleeg sodat jy kan tronk toe gaan. Niediskriminasie in die werksplek; geen toetsing voor indiensneming nie. Al hierdie aspekte het hulle draai in die howe, en selfs in die Konstitusionele Hof gemaak, en uitsprake in dier voege het wet geword, en nie net etiese riglyne van die Raad van Gesondheidsberoepe nie.

  • ’n Tragiese voorbeeld van PasiŽnt X, die langtermynmetgesel (“lover”, “minnaar”) van ’n kennis lÍ in ’n groot hospitaal. Hy het ernstige longprobleme weens infeksie met die gevreesde opportunistiese infeksie PCP. Hy is verwys na die destydse hoof van Respiratoriese Intensiewe Eenheid. Die antwoord kom terug: “HIV positive. Inappropriate to treat with assisted respiration in an ICU.” Die dokters in die algemene saal het die uitdaging aanvaar en trek hom deur in die algemene saal deur middel van toegewyde sorg.

  • Dr Frank Spracklen was een van die eerste spesialiste wat hom op MIV/VIGS-medisyne toegespits het en met toewyding probeer om in die New Somerset Hospital die situasie te hanteer, sonder veel ondersteuning of waardering van baie van sy kollegas. Selfs in hierdie hospitaal het dinge soms verkeerd geloop ten spyte van die toewyding van susters Fielder, Cope en Lewin. ’n Sterwende pasiŽnt in die hospitaal was in pyn en aangesien geen pynstillers voorgeskryf was nie, het die verpleegpersoneel geweier om iets te gee. Sy vriende het my om elfuur die aand geskakel en hulp gevra. Ek het dr Spracklen, die Internis in bevel van die saal, gebel en gevra of daar enige rede is waarom D nie net soveel morfien kan kry as wat nodig is om hom sonder pyn te laat sterf nie. Die voorskrif is dadelik telefonies oorgedra. Terwyl ons gewag het vir die effek van die morfien het ek hom moedswilliglik uitgevra oor sy behandeling — “Ö not allowed on stoep, no showers, no television and no newspapers.” “Why not?” “Against the hospital rules. Not cared for with TLC. No hair wash, no regular bed wash, Ö “, ens ens ens.

  • Ek moet die voorbeeld noem van Ivor Dorrington — ’n besonderse mens. Duisende persone is deur sy lesings geraak en het hulle vooroordele verander. Toe hy sy laaste sterfbedtoelating tot ’n hospitaal naby sy ouerhuis in die Oos-Kaap moes kry, toe weier die hospitaalsuperintendent, “want die matrone en die Hospitaalraad was daarteen gekant.” Toe strip die gay boer se moer, en ek bel sy sirekteur. Binne ’n halfuur is hy toegelaat, met red carpet treatment, en by sy sterfbed het die een verpleegster glo uit die Bybel voorgelees, ’n tweede het die moeder ondersteun en ’n derde het sy hand vasgehou.

    29.
    Een van my mees merkwaardie ervarings was diť met Claudina en haar vriend, Reinhardt (pseudonieme). Op ’n vlug na George, waar ons as finalejaar mediese klas in 1987 ons 25ste reunie sou vier, sit ’n elegante blonde dame van middeljare in die venstersitplek, en ek op die paadjie, met ’n leŽ stoel tussen ons. Na ’n baie moeilike week op kantoor het ek glad nie belang gestel in “small talk” nie. Met my koerant en glas whiskey in die hand was ek besig om alle berigte oor MIV/VIGS uit die koerant te skeur. Net voor ons sou neerdaal by George, was daar skielik ’n geweldige elektriese donderstorm en val ons vliegtuig onverwags ’n hele ent. Verskrik het ons na mekaar gekyk en ek vra haar of sy weer moet op deur die storm, want ek klim af op George. Nee, sÍ sy, sy is op pad terug Johannesburg toe na ’n dag in die Kaap waar sy ’n sterwende vriend besoek het. Hy was, soos sy, in die “rag trade” — altyd vreeslik gesteld op sy voorkoms en altyd onberispelik geklee, en nou is sy hele lyf vol van die pers kolle — “but it is not AIDS, you know”. Ek was op die punt om sy vertroulikheid te verbreek deur te sÍ, “Maar natuurlik is dit VIGS! Die pers kolle is Kaposi se sarkoom!”. Gelukkig het ek myself betyds gekeer, en haar gevra om die vriend en pasiŽnt my naam en telefoonnommers te gee, indien hulle my sou wou skakel. Sy het ook vertel hoe sy hom aangepor het om uit die bed te klim en homself reg te ruk, al het die dokters gesÍ hy het net ’n week om te lewe. “Doctors are not God, you know,” was my onmiddellike antwoord. En, het ek wyslik probeer verduidelik, hy is besig om oor sy eie dood te treur, en daarom is hy bedruk. As wedergebore Christen het sy egter geglo dat as sy geloof sterk genoeg is, hy genees sou word.

    Die Maandag met my terugkeer kry ek toe ’n oproep van die vriend/lover waarin ek dringend versoek word om Reinhardt in die hospitaal te besoek. In die bed lÍ toe die uitgeteerde pasiŽnt, met sy bejaarde Oos-Duitse moeder, en sy lover aan die voet van die bed. Die ou vroutjie kon geen woord Engels verstaan nie, en het verdwaasd en verskrik gelyk. Ek is vertel van die geweldige pyn wat die pasiŽnt ondervind elke keer as hy ’n stoelgang moes hÍ en waarvoor slegs morfien gehelp het. Uit my kennis het ek onmiddellik die diagnose van peri-anale herpes-infeksie gemaak, en kon ek die behandelende geneesheer adviseer oor die korrekte behandeling, wat dan ook onmiddellik verligting gebring het. Ek het die pasiŽnt gevra of hy dalk alleen met my wou praat, en hierna het sy moeder en lover ons alleen gelaat. Ek het sy hand geneem, en toe vra hy of my naam Deon is. Met my bevestigende antwoord vra ek toe of ons mekaar dan voorheen onmoet het, en ontvang die verstommende antwoord, “Yes, it was wonderful! I have never forgotten you!”

    Die res van die week het ek elke dag ’n oproep ontvang van Claudina, wat nog steeds geglo het haar gebede en geloof sal hom genees. Op die Donderdagoggend skakel sy weer en vertel dat sy die vorige aand om tienuur besig was om vir Reinhardt ’n brief te skryf, en ’n koppie tee wou maak. Drie maal na mekaar het die elektrisiteit afgeskakel sodra sy die ketel aangesit het om water te kook. Raadop het sy uiteindelik haar man geroep om te kom kyk of daar ’n elektriese kortsluiting is. Hy het die ketel aangeskakel sonder enige probleem. Sy het die volgende dag die verhaal aan haar pastoor vertel, wat toe verduidelik het dat dit ’n teken aan haar was dat haar vriend se aardse lig afgeskakel sou word: “He will not be cured, but he will be healed!” En soos oorspronklik voorspel was deur die dokters, sterf Reinhardt die Saterdag. Ek het ’n waardevolle les geleer oor die verskil tussen “cure” en “heal” — genesing en heling.


    D. Terugskouend: Is ek jammer dat ek soveel energie aan MIV/VIGS spandeer het, en in ’n mindere mate nog steeds ’n bydrae lewer?

    1.
    Nee. Inteendeel, ek het reeds gesÍ ek is dankbaar dat ek betrokke kon raak, nie net met die sterwende en gestorwe persone met MIV/VIGS nie, maar ook met hulle metgeselle, die twee groepe families, die publiek, honderde skoolkinders, my mediese studente in hulle derde en vierde jare, waartydens daar altyd ’n lesing gegee word oor MIV/VIGS — wetenskaplike feite, sosiale, etiese en wetlike aspekte — en boweal die menslike gesig van MIV/VIGS. Ek het wonderlike mense ontmoet en wyshede geleer by diť wat soos Victor Frankl gesÍ het, “betekenis gevind het tydens beproewing deur van hulle situasies menslike oorwinnings te maak.” Ek het geleer dat Helen Keller se motto waar is: “Nothing in life has te be feared. It has to be understood!

    2.
    Ek onthou aanhalings soos opgeteken by verskeie van die ses Internasionale VIGS-kongresse
    en gebruik dit dikwels om my lesings te illustreer.

    1. Regter Kirby, appŤlregter uit AustraliŽ, Menseregte-aspekte van VIGS:

  • Your right to swing your arms ends when your fist hits my chin.” (Jou reg om jou arms te swaai eindig wanneer jy my ken raakslaan met jou vuis.)

  • “Had I the heavens’ embroidered cloths I would spread them under your feet; walk softly, you tread on my dreams.”
    1. Mary Fisher by die Amsterdam-kongres in 1992: Sy was en is steeds ’n pragtige vrou, goed geklee, en altyd vergesel van haar bejaarde moeder wanneer sy die wÍreld deurreis om by kongresse haar storie te vertel as vrou wat leef met MIV/VIGS, aangesteek deur haar man wat voor sy huwelik binne-aarse dwelms gebruik het: “Let our deeds become as eloquent as our words, otherwise we have no integrity left.” Sy is ook die skrywer van twee roerende boeke: Sleeping with the Angels en I shall not go quietly. Sy het SA besoek in 2001, waar ek haar weer ontmoet het by ’n dag-dienssentrum vir MIV-persone en hulle families. Sy is nie meer uitwendig so elegant en op voorkoms gesteld nie, maar haar dade en insamelingsveldtogte spreek boekdele.

    2. June Osborne, professor van Publieke Gesondheid aan ’n voorste Universiteit in Amerika by die kongres in San Francisco in 1980, vertel die verhaal van Cassandra, die dogter van Priam, koning van Troje. Sy was volgens mitologie beeldskoon, met golwende lang hare waarmee sy graag op die stadsmure in die wind gewandel het. Op ’n dag word sy besoek deur Zeus, opperste God van die Gode. Hy belowe haar die mag van profesie indien sy later dieselfde aand met hom gemeenskap sou hÍ. Toe hy die aand opdaag, het sy haar besluit herroep. Hy was woedend, en omdat hy nie haar mag van profesie kon wegneem nie, het hy haar gestraf deur te sÍ dat niemand haar waarskuwings ooit sou hoor nie, “because the wind shall blow away your words”. Dit was dan ook die rede vir die Trojaanse-perd-katastrofe, omdat niemand haar waarskuwings en weeklag kon hoor nie. Ek borduur graag die tafereel en glo dat sy reeds van MIV/VIGS gehoor het en hy woedend was omdat sy hom gevra het om ’n kondoom te gebruik. June Osborne gaan verder en nooi elkeen van ons in die gehoor vandag, en elke leser van die dokument, om ’n Cassandra te word en glo dat indien ons almal saam in een luide stem lank en aanhoudend die boodskap van verdraagsaamheid — teenoor diť van ons met ’n ander oriŽntasie, of met MIV/VIGS of enige ander kwaal, gebrek of tekortkoming — en respek vir ons eie veiligheid en die ander in ons seksuele verhoudings verkondig, dan sal diť wat nie wil luister nie, ons duidelik moet hoor.

    3. President Kenneth Kaunda, in sy openingsrede van die Montreal-kongres in 1989: “We have lost our beloved eldest son from AIDS. This dreadful disease is like a nuclear weapon, but unlike the bombs that explode with noise and nuclear smoke and clouds, this weapon spreads quietly and unseen to infect our most valuable assets, our healthy and strong young people. It will kill more people in the world than all the nuclear weapons of the past and future put together ever have or ever shall.”

    3.
    En na al my ervaringe van die laaste twintig en meer jaar, die helfte waarvan ek nie eers vertel het nie, het ek iets om voor dankbaar te wees?

    Ek is dankbaar

  • dat ek as gay man moontlik ook die gawes van sensitiwiteit en versorging gekry het om in hierdie dae van duisternis, mistasting, lyding en droefheid deur my betrokkenheid en leiding te probeer om ’n verskil te maak

  • dat dit was omdat ek gay is dat ek intens betrokke geraak het by die verspreiding van korrekte inligting aan gay en ander jong mense, insluitende dosyne lesings aan skole, mediese dokters en verpleegsters, en selfs by geleentheid aan ’n groep jongmense van ’n NG-jeugorganisasie

  • dat ek wel die harte en verstand van talle mense binnegedring het sodat ’n onbekende jong man my in die straat stop met die woorde: “I know you. Wait, I know you. You are Mr Knobel and gave a lecture on AIDS at school a couple of years ago.” “Well”, sÍ ek, “I hope you do not only remember my face and name, but also what I said.” Spontaan kom sy antwoord: “Because of you I have never ever in my whole life had sex without a condom!” (Koue rillings agter my ruggraat af.)

  • dat ek die ontydige dood van my moeder se twee vroeggebore babas kon ervaar as my eerste kennismaking met verlies en droefheid en dat ek nie kan onthou dat enige van die grootmense my opgetel en gedruk het met vertroetelende woorde dat hulle ook vir my (en ek glo vir my broers en susters) jammer was nie; ek onthou wel duidelik afgeŽts in my brein die blou lippies van die wit krulkopseuntjie in sy wit ferweelkissie waarheen my goeie tant Hester my geneem het

  • dat ek die ongeluksterftes van my pa en my niggietjie Estie, sowel as die skielike sterftes van my broers Wilhelm en Henri, kon deurmaak en verwerk, om sodoende met groter begrip en empatie andere in nood, verlies en beproewing te kan bystaan en my studente te kan oplei oor droefheid, verlies en berading deur die geneesheer as sieketrooster

  • dat ek as gay mens en geneesheer ook die ervaringe van die sestiger- en sewentigerjare en in 1981 die New Yorkse gay lewe kon meemaak, omdat ek daardeur sonder enige probleem of veroordeling en slegs met onvoorwaardelike empatie die lewenswyses en optredes van persone met VIGS kon aanvaar, en as sieketrooster vir die lydendes, families en geliefdes kon optree

  • dat ek Wilhelm se pragtige gedigte oor die dood ken en aan my studente kan voordra om hulle te oortuig dat daar selfs in die dood skoonheid kan wees indien ons toelaat dat dit met waardigheid geskied

  • dat ek wonderlike familie en vriende het wat vandag hier is om my te ondersteun

  • dat ek en Roy na ons vennootskap van 38 jaar nog steeds lojaliteit, waardering en begrip vir mekaar behou het, al was daar dikwels baie moeilike tye

  • dat ek twee jaar voor haar dood, toe ek self hoog in die takke was met hipomanie, met my moeder die volgende gesprek kon voer in die eetkamer van die woning op die familieplaas, Versien, in die distrik van Bethlehem, nadat ek gemurmureer en kommer uitgespreek het oor haar versorging en vereensaming:

    “My ou Boet. Moenie vir ander of jou broers en susters kwaad wees nie. Die Here het vir elkeen van ons net ’n sekere hoeveelheid talente gegee. En as die een van vyf talente tien maak, is hy of sy niks beter as die een wat van drie talente ses gemaak het nie. En glo my, my ou Boet, ek het in my hele lewe nooit agtergekom dat enige van my kinders of skoonkinders vir my minder gegee het as waartoe hulle godgegewe talente hulle in staat gestel het nie.”

    En toe sÍ ek verder dat ons albei weet dat die een weet dat die ander weet dat ons albei weet, maar die woord “homoseksualiteit” het ons nog nooit genoem nie. En toe kom die verstommende en wonderlike woorde van begrip, wysheid, aanvaarding en onvoorwaadelike liefde: “My ou Boet, ek dank die Here elke dag van my lewe dat hy jou anders gemaak het as my ander kinders. As jy vandag ’n vrou en kinders gehad het sou jy my nooit so kon help en bystaan in my ouderdom nie.”

    Ek is dankbaar dat ek in die laaste 18 maande van haar lewe, my bejaarde en blinde moeder daagliks kon besoek en bystaan, sodat ek in haar sterwensure na ’n dag van stomheid en afstomping waarskynlik weens ’n verdere beroerte-aanval, self kon hoor hoe sy in ’n sterk en duidelike stem aan my sÍ, en waarop ek kon reageer:

    “Ek sien julle almal aan die ander kant.”
    “Wie’s 'julle almal’, Mamma?”
    “Almal julle my kinders.”
    “Watter ander kant, Mamma?”
    “Die ander kant van die rivier.”
    “Watter rivier, Mamma?”
    “Die rivier wat ek nou met oor.”

    En op daardie oomblik glo ek het haar gees haar liggaam verlaat en het sy vir die volgende agt uur as ’n koue maar fisiologies lewende liggaam roerloos gelÍ met my gesokkiede voete onder haar hand, totdat haar laaste asem sag deur haar koue en lewelose lippe ontsnap het.

    4.
    Ek het geen verwyte, “regrets”, of vrese meer nie. (Johann, je ne regrette rien!!) My moeder het gepraat van die Here wat my “anders gemaak” het: dit beteken vir my as geneesheer en wetenskaplike geneties anders en nie doelbewustelik deur myself as voorkeur gekies nie. Ook: “Ek sien julle almal aan die ander kant”, nie “Ek hoop ek sien julle almal aan die ander kant nie.”

    5.
    Een van die 40 lykskouings wat ek uitgevoer het, was op Chris, die eerste pasiŽnt by wie ek betrokke geraak het. Dit was ’n roerende ervaring. Die klein lykshuisie met wit ondeursigtige vensters waardeur die son geskyn het, was byna soos ’n klein kerkie. Sy moeder was te laat om by sy sterfbed te wees en ons het gereŽl dat sy die middag met haar aankoms, en voor die lykskouing die volgende dag, by hom kon sit waar ons hom op die porselein-lykskouingsblad uitgelÍ het. Die ervaring het my geÔnspireer om die volgende gedig daaroor te skryf:


    Aan sy moeder
    by Chris

    19/20 februarie 1991

    jou vermaerde oumanslyf
    het ons sag neergelÍ
    op die blad van wit porselein wat sou dien
    as afskeidsbed vir jou moeder en daarna
    vir disseksie as tafel in die lykshuis

    jou voorkop is nat van pÍreldou
    wat fyn uitpers uit jou droŽ vel
    na drie dae se sweet in jou skandkleed
    gemaak uit sak van swart plastiek
    deeglik verseŽl om die skares te beskerm teen MIV
    ingeval hulle jou vir oulaas wou sien
    waar jy sedig en mooi sou lÍ
    ingekl(r)uis in jou kis van goedkoop hout

    ons het jou losgesny en mooi gemaak
    vir jou ma wat twee uur te laat was
    om jou laaste geroggel te aanskou
    — jou oŽ was glasig en oop -
    jou tande vergeel deur paksel van kos
    tot op laas met liefde — of ongeduld? —
    tussen droŽ lippe ingeskuif

    en in diť steriele klein katedraal -
          met die dalende son se strale wat val
          deur die wit opaak van vensters
          om jou vroeggrys baard en hare
          soos ’n stralekrans te verlig -
    kon sy oplaas jou voorkop soen
    en huilend met jou praat en afskeid neem
    van haar seun wat vir sewe jaar lank
    gehang het aan die kruis van VIGS

    sy kon jou hande vat en streel
    wat sonder die merke van spykers
    vroom gekruis lÍ op jou bors
    bo-op die pienk-wit laken van KPA
    wat die Judas-verraad van plastiek moet verberg
         die horingvlies is lank reeds verdof
          jou siel is die tortel wat rus
          in die top van die hoogste boom
          en sing van liefde wat vir altyd duur
          en ’n lente wat kom

    en die einde van jou kruistog
    word die krag wat haar stut
    om die pyn te verduur wat ruk aan haar hart
    en die seuns te aanvaar wat haar sien
    as hul (ons) moeder in die hel van hul (ons) pyn

    dit was my laaste taak van boete
    om jou met piŽteit oop te vlek
    — in die stralende lig van die oggendson
    jou organe beurtelings uit te haal -
    versigtig te bekyk
    te betas deur die dun beskerming
    van die hand se kondoom

    daarna oop te sny en dan
          — geruisloos -
    as nagmaalsbrood laat gly
    en te offer in die honger vrugsakmond
    van dun plastiek
    in mistiese afwagting oopgehou -
    hierna een vir een bloedloos te weeg
    en dan in jou liggaamsholtes t’rug te plaas

    met vaardigheid van jare is jou liggaam
    weer tydsaam toegewerk
    in kruissteek met tou van kakiekatoen
          — jou skedeldak weer stewig teruggeplaas
    oor jou nuwe brein van plastiek-om-papier
    terwyl jou eie atrofies hang in die emmer
    gevul met preserverende formalien

    en aldeur die soek na die oorsaak van dood -

    opportunistiese kwale en PCP
    kwaadaardige uitsaaiings
    of kliere vergroot deur B-sel-limfoom of TB
    of die Kainsmerk van Kaposi-sarkoom
    of op jou vel die gesel-letsels van Herpes of swam

    — klik ongeŽrg die kameralens
    met egalige poses van rus
    om die pelgrimsreis te verewig
    van soek na die antwoord in jou lyf
    om die wÍreld van diť vloek te verlos

    oor die swart wat jou lyf weer bedek
    tot net bo jou borsbeen
    trek ons dan jou doodsverbande
    uit doeke van wit plastiek
    en ons salf jou en reinig jou voorhoof
    met kiemwerende Biocid-D

    vir jou arms sny ons twee onegalige gate
    en trek hulle deur om jou hande te vou
    — ons laat aan jou vinger op jou versoek
    die ring van Tino — onversteurd
    as jou bruidegomspand
    op jou reis na die Kanašnsfees

    ons borsel jou hare en onder jou ken
    druk ons rolle papier om te keer
    dat jou reeds verslapte kakebeenspiere
    tydens die diens jou mond sal oop laat val
    in oneerbiedwaardige gaap van verveling

    en effens stuitig en met deernis tog
    plaas ons een na die ander om jou hoof
    ’n varsgeplukte takkie wat wit melk bloei
    om die antiseptiese doringkroonreuk van die chloor
    met frangipaniblomgeur te verdryf

    6.
    Die volgende dag is ek deur sy suster gebel, erg ontsteld omdat die ondernemer volstrek geweier het om die kis in die kapel toe te laat, en nog minder toe te laat dat die deksel oopgelaat mag word vir besigtiging deur familie en vriende. Na ’n paar effens harde sinne van vinnige opleiding, onder andere dat die virus nie uit ’n liggaam of kis kan spring om ander aan te steek nie, is die oop kis deur die hele diens in die kapel gelaat. By die graf het die formidabele suster eerste die graaf gegryp om die eerste kluite op die kis te laat val.

    7.
    Met die finale oppak van Chris se besittings kom sy moeder af op Tino se pragtige blou beddeken deur sy moeder gehekel, met geel gehekelde rosies daarop gewerk, en gee dit aan my present as dank vir wat ek vir Chris en Tino beteken het. Dis my gunsteling-winterdeken teen die Kaapse nat winters.

    8.
    Finaal, ter afsluiting, lees ek die mees treffende aanhaling uit die boek Morning Glory Babies deur Talbot McCarroll, ’n priester wat in KaliforniŽ drie VIGS-wesies op die kerkplaas opgeneem en versorg het, en aanvanklik geweldige teenkanting ervaar het van die gemeenskap:

    Our perception of life is limited by the horizons of our experience. There is in each of us a drive to climb the hills that surround us, to broaden our horizons. “God” is the term some of us use to label an ultimate horizon. It is a word to describe a mystery. The nature of any mystery is that it can never be fully understood. However, even an obscure God can be embraced.

    *

    It is an uncomfortable fact that we become aware of light only in darkness.

    *

    The slow death of AIDS is hell. Perhaps it is more accurate to call it purgatory — a place where ordinary people become saints. I have never encountered a person dying from AIDS who was not a remarkable and whole human being.

    It is an achievement to have lived fully one moment of existence. At that instant a person does not have to define “God” in order to experience God.

    There is a divine presence felt in the little worlds around AIDS patients that brings a change to the patient, families, lovers, friends, and caregivers. Everyone seems to break free of normal, self-centered preoccupations and become voluntarily vulnerable to one another. At that point a person can experience other persons as universes of wonder. In such an environment, people naturally become the hands of God.

    9.
    Magdaleen du Toit van Dinsdagoggend se lesing, dankie; miskien was jy reg. My ervarings was en is dalk nog steeds (die onbekende) god se gesprek met my!!

    SIEN JUL ALMAL AAN DIE ANDERKANT!!

    Dankie!


    © Deon Knobel
    Hoofspesialis/Professor
    Afdeling Regsgeneeskunde
    Fakulteit van Gesondheidswetenskappe
    Universiteit Kaapstad

    Posbus 668
    Kaapstad
    Tel: Kantoor: (021) 447 7688
    Huis: (021) 423 3661
    Selfoon: 082 465 3429
    e-pos: knobel@icon.co.za



    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.