SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die rondgaande verhoog

Anthony Wilson

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Die rondgaande verhoog: (Suid-) Afrikaanse kultuur nŠ 1994”. Anthony Wilson is ’n dramaturg, akteur en gemeenskapsteateraktivis.


In “Ons is afriqua” (met apologie aan Patrick Petersen) sÍ Elias Nel:

my mede suid afrikaners
julle wat roem en luid verkondig
ons is afrikaners
ons is africans
dit moet julle weet
besef en aanvaar
ons is nie uitvaagsels melaatses
of natuurfratse nie
ons is uit afriqua
ons spore lÍ ingebed
soos pre-historiese fossiele
van die gariep hantam troe-troe
namaqua outeniqua en verder
tot by hoeriquaggo
die seeberg
waar die verdorde reste
van Autshomao om vergelding roep
ons kom van ver af aan
lank voor van riebeeck
toe afriqua nog donker was
was ons hier
verlig deur die lig van !Xthui-Goab
die skeppergod van afriqua
ons is
wat ons is
Úns is AFRIQUA!


Lank voor wit hier aan die suidpunt van Afrika aan wal gestap het, en nog voor swart met die voet uit die noorde hiernatoe geloop het, was ons hier. Ons maak g’n verskoning daarvoor nie en ons kruip gat by niemand nie. Kyk maar wie staan sentraal in die wapen van die Nuwe Suid-Afrika. As ons grondeise moet terugneem tot waar die geskiedenis van diť land bekend geword het, dan behoort die hele land aan ons.

Dit is vir my interessant dat ek gevra is om te praat oor: “Die rondgaande verhoog: (Suid-) Afrikaanse kultuur nŠ 1994”. Ek wil my liewer bepaal tot die rondgaande verhoog, want ek neem aan dat ek gevra is uit die aard van my betrokkenheid en deelname by veral die drama en gemeenskapsteater. Kultuur is so ’n breŽ konsep dat ek nie dink ons dit in ’n halfuur kan deurwerk nie. Buitendien wonder ek of ek dit moet waag om my uit te laat oor begrippe wat die algehele geestelike besitting van ’n volk op elke terrein omvat en beskryf.

Ek weet ook nie of ’n mens van ’n “bruin” kultuur kan praat nie. Ons was lank gelede geforseer om ’n nasie te word en ek glo nie dat ons dit ooit geword het nie.

Maar dat daar by ons ’n samehorigheidsgevoel ontwikkel het, is ’n feit. Baie van ons gaan die Paasnaweek picklefish eet. Stywepap is vir my ’n lekkerny by braaivleis. Die oorgrote meerderheid van ons is Christene. Ek gaan nie toordokter toe nie en ek glo ook nie in die ancestors nie, alhoewel ons begrafnisse ’n moerse ritueel is en dit gewoonlik met ’n troosdiens afgesluit word.

So, kom ek praat oor die rondgaande verhoog nŠ 1994, want dit impliseer, op die oog af, dat dit te make het met die wonderwerk van 27 April 1994 en wat daarna gebeur het. Ek neem dus aan ons praat nie van daai gedeelte wat hoŽr is as die res in ’n saal of teater nie, maar wel oor ’n soort van podium waar allerhande dinge kwytgeraak word soos vandag hier. Ek wil my dus bepaal tot my eie ondervinding en waarneminge ... my eie storie.

Ek is nie net ’n liefhebber van teater nie, maar bevind my al vir ’n baie lang tyd midde in die beroepswerksaamhede van die bedryf. Ek probeer deesdae ’n lewe daaruit mergel. Dit, presies, is wat jy deesdae moet kan doen — mergel — tot op die been sny is nie genoeg nie. Jy moet dieper as dit kan gaan om sin te maak uit so ’n ondankbare bedryf. Elke dag moet jy hierdie ongedwonge en vrywillige keuse van jou in oŽnskou neem.

In die vroeŽ sewentigs, toe ek met gemeenskapsteater begin het, het niemand ooit kon droom dat 27 April as Freedom Day bekend sou staan nie. En dat dit alles amper bloedloos gebeur het, is inderdaad ’n wonderwerk. Niemand erken vandag dat hulle vir 27 April 1994 kerse en blikkiesgoed opgegaar het nie. Diť vryheid, of dan ’n regverdige bedeling, waarna ons so gesmag het, en sů hard voor gebid het, het uiteindelik gekom soos ’n groot stortreŽn. Wat ons egter vergeet het: met die reŽn kom die modder saam. Jy moet daarmee saamleef en altyd daaraan aandag gee. So, na ‘94 leef ons kunstenaars met die vryheid, maar die modder sal, net soos die armes, altyd met ons wees.

As akteur is dit in protesteater waar ek begin wortel skiet het. Dit is hier waar ons modder na die vorige stelsel gegooi het. Hier het skrywers soos Peter Snyders in Political Joke, Robert Pearce in Die laaste Supper in Marabastad, Melvin Whiteboy in Dit sal die bleddie dag wees en Don Materra in Azanian Love Song, Memory is the weapon, en The Storyteller aan ons ’n stem gegee waarin ons die angs, onreg, verdrukking en onderdrukking van ’n gemeenskap op ons rondgaande verhoŽ uitgebasuin het na wie ook al wou luister. Een van Don Marterra se skreiendste stories, “Die Bushie is dood”, sal my altyd bybly. U sien, dit is hier waar teater vir my die eerste keer sin gemaak het. Hierdie skrywers het destruktief te werke gegaan om uiteindelik konstruktief en positief ’n bydrae te lewer. Hier het hulle in ’n taal eie aan ons ’n stelsel aangeval, afgekraak en uiteindelik afgebreek — het hulle ons as mens en uit eie ondervinding en geledere na die opset in hierdie skone en droewe land laat kyk — en dink. Betrokke skryf was die buzz word. Hoe sÍ Patrick Petersen in “Ons kom van ver”?

wie het vir wie in die bovertrek gesÍ
       om klippe op ons pad te lÍ
ons, ons het ’n lang pad gekom
in die flanke was ons besig
       met toneel voorberei
vir die jongste dag
arbeiders in teaters agter die skerms
       regisseurs en draaiboekskrywers.

Selfs met al ons voorbereidings is dinge op hierdie “jongste dag” nie juis beter vir die praktisyn van gemeenskapsteater nie. Ons sit nog steeds sonder die hulpmiddels, en selfs nadat jy ’n pak vorms so dik soos die Bybel ingevul het, word jy met ’n standaard- of konsep-antwoord laat weet dat jou aansoek nie suksesvol was nie. Nie net verhoog nie, maar selfs televisie. Dit is asof niemand regtig in ons belangstel nie.

Ons is ook nie in so ’n gunstige posisie soos ons wit landgenote nie. Toe die SABC Afrikaans, die mees ontwikkelde inheemse taal op hierdie vasteland, afskaal tot ’n skamele paar programme, toe gaan die Boere MNet toe en hulle skep KykNet.

Maar ek kla nie. Ek vat my verhoog na wie dit ook al wil hÍ. Ek het Apartheid gesien doodgaan. Sommige het hom doodgeskryf. Ons sal watter stelsel ook al in plek is, ook doodleef en doodskryf, want sien: kunstenaars is gevaarlike mense. Ons sal die stemme van ons gemeenskappe laat hoor. Ons sal die stories vertel waar die gemeenskap aan die woord is. En hulle praat oor die omgewing, polisie, verkragting, werkloosheid, leŽ beloftes, onreg, vooroordele, affirmative action, bevoordeling, die dood en die hiernamaals.

Wanneer Bobby Lewis in Robert Pearce se Laaste Supper in Marabastad sÍ: “Die Government kan gaan k$#* vir my part!”, dan bedoel hy dit van alle regerings. Vir hom bly ’n regering ’n regering. Mense daar ver wat namens hom besluite neem. Sy lot, op die huidige oomblik, is vir hom belangriker as enigiemand anders. Selfs wanneer John2 in my stuk Die Afspringers sÍ: “Moet my nie ’n loafer noem nie. Kan ons help as die Darkies al die jobs kry?”, of wanneer hy sÍ: “Ek het nie eers die interview stage gemaak nie, want my van begin nie met drie konsonante nie. My aansoek het sommer in file thirteen ... die snippermandjie beland. Alistair van den Berg klink seker wit”, dan is die reŽls nie iets wat ek uit my duim gesuig het, of in my studeerkamer uitgedink het nie. Dit is reŽls wat ek net so in die mond van John2 geplaas het, want ek het hom net so hoor uitkom in die kroeg, innie kerk, skool ... iewers in die gemeenskap. Ek skryf nie OOR ’n gemeenskap nie. Ek skryf VANUIT en DEUR hom.

Ek het nie na Garsfontein of Waterkloof geŽmigreer nie. Ek werk ook nie nou in die nuwe Suid-Afrika as ’n direkteur by een of ander groot maatskappy nie. Ek skuur maar by geleenthede soos hierdie skouers met so ’n uitgelese gehoor. En wanneer ek die laaste stof van Oudtshoorn van my voete afskud, is dit na Eersterust waarnatoe ek terugkeer. En al wŠs ek ook nou iewers direkteur, sal ek ’n township-laaitie bly. Al was dit voorheen deur die Groepsgebiedewet op ons afgedwing, vandag bly ek daar uit vrye keuse.

So dames en here, as ek soggens opstaan, dan is dit in Eersterust waar ek gaan stap en ek my midde in die wÍreld van my verhoog bevind. Dit begin al op my roete met hoŽrskoolmeisies en -seuns wat vroegoggend, in skooluniform, die sigaretdampe soos Red Indian-telegramme die lug instuur. Met laaities wat ghoef-ghoef verbygaan met hulle opgedoende Golfs en baie duur music systems. Mense wat nooit briewe kry wat sÍ: “Amptelik / Official” nie. Wie se name in druk verskyn omdat hy ’n Book of Life het.

En saans gaan slaap ek soms met skote wat afgaan, iemand wat hier langsaan liederlik uitgeskel word of die groentekarretjie wat met ’n kabaal verbygaan soos hy sy laaste bietjie groente wil verkoop.

Maar ek skryf ook oor Eersterust se helde soos Marcel Winkler, dr Freddie Rank, Vincent “Tantie” Julius en Adam “Buffalo” Malan. En of dit nou kuns is, weet ek nie. Dit los ek vir die slim mense. Maar ’n storie oor die lief en leed van my gemeenskap is dit inderdaad.

In Eersterust begin die teaterbeweging in die laat sestigs. ERUK, Eersterustse Raad vir die Uitvoerende Kunste, wat deur Paul Jacobs bedryf word, en Jakaranda Drama Vereniging van Robert Pearce, is die suksesvolste. Robert Pearce is die eerste persoon uit ons geledere wat sy eie stukke begin skryf en opvoer.

Toe kom ’n man soos Oom Breytie en Hannes Horne en hulle neem ons drama na ’n hoŽr vlak. So goed gaan dit dat ons promoveer om vir TRUK te speel en een van die ghoeroes van die Afrikaanse teater, Louis Van Niekerk, neem ons onder sy vlerk en ons doen vir die eerste keer professionele produksies, met ander woorde, waar jy betaal word om te speel. Ons doen Kanna Hy KŰ Hystoe, Krismis van Map Jacobs, Kruispaaie en Vereniging Vereniging. En nou het ons dit gemaak. Ons is deur ’n professionele leerskool en van hier af doen ons ons eie ding. Of so het ons gedink!!

Al probleem wat ’n mens regtig destyds met die kunsterade gehad het, was dat dit te wit was. Toe mense soos ons vir die eerste keer betrek word, was die reeds te laat. Toe die winde van verandering oor die ons landjie waai, word daar toe afgebreek. Ons wou niks van die ou stelsel oorhou nie. Of dit nou gewerk het al dan nie! Die wenners bepaal mos die rigting, beleid, doelstelling, missie, en hulle skryf die nuwe geskiedenis.

Maar as daar een ding is wat ’n mens nie weg kan redeneer nie, is dat die kuns, en ek praat spesifiek van die drama, ’n bloeityd by TRUK beleef het wat moeilik geŽwenaar of verbeter sal kan word. Jammer dat ek net van TRUK praat, maar dit is my ondervinding. (Terloops, ek is gebore en getoŽ in Pretoria.) Die land het nog altyd akteurs van alle kleure gehad wat met die beste ter wÍreld kers kon vashou. Nou wonder ek soms: Was die kuns destyds dan belangriker geag as nou? En ek verstaan dat ons belangriker en dringender issues het. Maar waarom kan PACT, ARTSCAPE of PACOFS nie weer produksiehuise soos in die verlede word nie? Ek vra! Dit gebeur dan steeds by Stratford Upon Avon. As ons dan nou deel is van die Global Village, waarom nie? Is dit regtig ’n vergane era?

Met elke verkiesing, en binnekort weer, gaan ons weer eens hoor van werkskepping. Is hierdie dan nou nie ’n manier om werk te skep nie? Hier het jy ’n hele industrie vanaf die Groep Uitvoerende Hoof, sy administratiewe personeel, stelbouers, staalwerke, garderobe en front of house, almal in diens van die skrywer, regisseur en die akteurs. Hulle almal dra by tot hierdie produksies en die gesamentlike poging kulmineer in ’n hoogtepunt op openingsaand. En weet julle hoe goed laat so ’n set-up ’n akteur voel? Want jy staan voor daai gehoor en neem die finale verantwoordelikheid om gestalte te gee aan ’n skrywer se werk en die regisseur se interpretasie of bedoeling. En nou kan ons mos seker maak dat diť produksies die land en sy verskeidenheid — diversity — reflekteer.

Alhoewel die kunsterade, of fasiliteerders soos hulle vandag bekend staan, nog steeds deel gaan uitmaak van ons rondgaande verhoŽ, is dit jammer dat dit nie ook ’n plek kan wees waar veral nuwe talent in vaste geselskappe baie meer kan leer as in enige Drama-departement nie.

En ... natuurlik is ons dankbaar vir die geleenthede by hierdie fasiliteerders. Dit is vandag makliker om jou stukke opgevoer te kry in plekke soos die Staatsteater, omdat die beplanning nie meer so rigied is nie. Daar word deesdae makliker met nuwe skrywers se werke omgegaan en jy is nie net aangewese op feeste soos hierdie nie. Ek pleit egter vir kontinuÔteit en net die Departement Kuns en Kultuur kan hier help, want dit gaan geld kos. Ons kan nie toelaat dat kuns soos ’n lappieskombers aanmekaargeflans word nie. Teater het nuwe bloed nodig. Gehore het verlore gegaan en daai hele ritueel van was, aantrek en in die kar teater toe gaan, is net nie meer deel van ons lewenswyse nie. Teater word vandag gekelder deur veiligheid (of liewer gebrek daaraan), televisie, finansies en ’n lusteloosheid. Dit is waarom die jeug eerder gaan rave as teater toe kom, en ek vra: Waar is die TRUK wat ons geken het?

Kom ek vertel u van die TRUK wat ek geken het. Deur TRUK het ons van die beste produksies gesien, en soos ek ook gesÍ het, is dit in protesteater waar ons behoorlik gegroei het. In 1986 speel ek in so ’n protesteaterproduksie. Ek is majoor Whitebeard in Maishe Maponya se Gangsters. Die produksie is deel van die Woza Africa Drama Festival en ons speel in die Lincoln Centre in New York en in die New Playwrights Theatre in Washington. Nou, dit moet ek noem: Ek speel ’n majoor in ’n tyd toe ons nog nie majoors in die polisie was nie. So ek speel ’n witman. Hoe sÍ my ma? “My kind, jy is wit, net nie blank nie.” Gangsters is ’n groot sukses op die fees en ons ontmoet die swart elite, akademici, skrywers en akteurs, selfs vir Harry Belafonte, een van die borge. Ons gooi modder en vertel aan almal, soos Eugene Beukes sÍ, “hoe dit is om in witnood te leef”. En die mense luister en “ag shame” ons.

Maar dan draai die gesprek op ’n keer na wat ons nou weet van Amerikaanse letterkunde. “Nee, maar ons het al van julle groot dramas en produksies gesien,” vertel ek. En so met die vertel sÍ my comrades, nogal op Afrikaans: “Maar Bushie! Hoe kan jy so vir die Americans lieg?” Ek moet net wal gooi en hulle verseker dat ek nie lieg nie, of die Boere enigsins probeer goedpraat nie. “Kyk, boys,” sÍ ek. “Tennessee Williams en Arthur Miller is Amerikaanse dramaturge.” Is ek dan nou so stupid? Dit weet my kollegas mos. “Nou, Katvoet oor die Kole is Williams se Cat on a Hot Tin Roof en Die trem se naam Begeerte is Arthur Miller se A Streetcar named Desire, Dood van ’n Handelsreisiger — Death of a Salesman, en so gaan die lys aan. Wat kon hulle toe sÍ? So alhoewel ons probleme gehad het met TRUK se ideologie, was daar nie fout met die kuns nie.

Wit teater in die land was die standaard. En ek en u weet: teater vra vir geld en middele. Wit talent, op die anderkant, was nooit die standaard nie. Ons het vir te lank elkeen in sy eie dammetjie geploeg en nooit van mekaar geweet nie. Akteurs soos Ken Gampu, Simon Sibela en Zakes Mokae het groot name oorsee geword. Nooit moet ons ook vergeet dat John Kani en Winston Ntsona vir die drama The Island die eerste Suid-Afrikaanse akteurs was wat die hoogste teatertoekenning, naamlik die Tony in Amerika, gewen het nie. En The Island is ’n storie uit diť bodem met Robben-eiland as hulle verhoog.

My stories en dramas is ook gebore uit diť bodem, en wanneer ek Saterdag totsiens sÍ aan die dorp met die groot voŽle, gaan ek terug township toe en ons sal ons verhoŽ neem waar mense dit ook al wil sien. Danksy die township sal daar altyd ’n mark wees vir wat ons doen. Al word die stories wat ons probeer vertel, of die “kuns” wat ons probeer maak, nie regtig ernstig opgeneem nie. Ontvlugting en ’n aand van lekker lag is die reaksie wat ons in meeste gevalle kry. Jy hoef maar net in die media te kyk. Dit is nie ons wat die groot voorbladartikels kry nie. En wanneer ’n joernalis op radio praat oor die groot name wat almal te sien gaan wees op vanjaar se KKNK, dan is dit nie ons wat genoem word nie. Nou vra ek maar: “Hoe groot moet ’n June van Merch nog word om in dieselfde asem op radio genoem te word?” En wanneer Rapport skryf oor hoe swaar dit met Afrikaanse akteurs gaan, dan is dit ook nie ons name wat genoem word nie. Sorry mense! Ons moes maar altyd baklei vir wat ons wil hÍ. Ek kry al die jare swaar, selfs nou ook, maar dink julle dit pla my? Nee! Kyk, as die Here spaar, sal ek middel-April 50 jaar oud wees. Ek het drie kinders grootgemaak en ek is tans oupa van vier kleinkinders.

Diť oupa het geen illusies oor die lewe nie. Ek weet ek sal eendag arm maar baie bekend doodgaan. Hoe sÍ Peter Snyders?

Ek skryf ’n gedig
’n gedig wat almal laat kop staan,
ek wys dit vir my vriende wat sÍ:
Diť poem kan jou famous maak

Ek tik dit netjies
Onderteken my naam, en,
Kopiereg-verskrik
Stuur ek dit toe na elke redakteur
Wat waag om goeie vers te druk;

Drie jaar later hoor ek die wysie:
Nog nie famous nie?

My verwysingsveld -
dit is wat daai sogenaamde redakteurs ontwrig;
ek sal hulle wys,
ek sal my eie uitgewery stig.

So, hier sit ek met gevoude arms,
’n baie belangrike mens, sÍ die bord,
my vriende wat verbygaan sÍ:
Nůķ gaan hy famous word.

My naam verskyn in druk, o ja,
op rekeninge vir dit of vir dat,
maa’ as ek bankrotstraat afstap
gaan my ondersteuners voort:
’n Mens raak famous nŠ jou dood.

          — Peter Snyders: ’n Waarskynlike mens
                   UNISON Uitgewers

Ek dank u.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.