SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ontwikkeling vandag

(a) Nuwe vs (b) Ortodokse denke

Sewe kernverskille

Johan van Zyl

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Watter nuwe ekonomie?”. Prof Johan van Zyl is ’n gemeenskapsekonoom en was voorheen verbonde aan die UP. Hier volg die volledige stel transparante van sy lesing.


1. Die FOKUS van ontwikkeling

  1. Ontwikkeling gaan oor mense en NIE oor objekte nie: dit moet mens-gerig en ook ekologies volhoubaar wees.
  2. Die teenoorgestelde!! Die fokus is op objekte, dws ontwikkeling gaan eerstens oor ekonomiese (BBP) groei en slegs DAARNA oor mense — mits sosiale befondsing gevind kan word.


2. Die AARD van ontwikkeling
  1. Ontwikkeling is ’n proses van verandering wat binne-in mense plaasvind. Dit moet hulle self doen — anders is daar geen ontwikkeling nie !
  2. Ontwikkeling is (grootliks) ’n materialistiese proses van ekonomiese groei — in produksie en verbruik — wat plaasvind buitekant gewone mense. Hieroor het hulle min of geen invloed nie.


3. Die DOELWIT van ontwikkeling
  1. TWEE aspekte is belangrik: (i) mens-gerigtheid, dws om die lewenskwaliteit van mense te verbeter en (ii) volhoubaarheid, dws die vermoŽ om basies te kan voortgaan met huidige inisiatiewe sonder dat fisieke (ekologiese) beperkings afgedwing word van buite.
  2. Handhaaf voortdurend ’n hoe koers van ekonomiese (BBP) groei.


4. Die METING van ontwikkeling

  1. Baie lande het reeds ’n Indeks van Volhoubare Ekonomiese Welvaart saamgestel. Hierdie behels skerp aanpassings van die nasionale-rekeninge-data — om die nuwe fokus op menslike welvaart eerder as produksie te reflekteer.
  2. Aangesien ontwikkeling (in hoofsaak) = ekonomiese groei is dit genoeg om die BBP te meet — volgens standaardkonvensies.


5. Kan ontwikkeling GEGEE word aan ander?

  1. Mense kan wel dinge of materiŽle objekte aan ander oordra — maar dit is ONMOONTLIK om aan hulle (mensgerigte) “ontwikkeling” te GEE. Alle ouers weet dit maar te goed in hulle groot strewe om hulle eie kinders op te voed!
  2. Die antwoord hier is JA: maar dan slegs in die vorm van materiŽle dinge — dws goedere en dienste soos infrastruktuur.


6. Die “enjin” van ontwikkeling?

  1. Die enjin/dryfkrag van ontwikkeling lÍ dikwels binne-in gewone mense — in groepsmotivering om gesamentlik hulle eie, self-bepaalde behoeftes te bevredig.
  2. Die enjin/dryfkrag van ontwikkeling (as ekonomiese groei) lÍ ekstern nl. veral makro-inspuitings van direkte private investering en uitvoere. Die “winsmotief” oorheers hier — individue het min mag om hierdie groter prosesse te beÔnvloed.


7. IMPLEMENTERING van ontwikkeling

  1. Om die “nuwe denke” volhoubaar toe te pas vereis veral die skerp bevordering van groter SELFSTANDIGHEID — op alle vlakke van die samelewing — maar veral vir plaaslike/kulturele gemeenskappe.
    ’n Groot politieke implikasie is om diepgaande prosesse van effektiewe deelname vir alle partye te struktureer — volgens die beginsel van subsidiariteit.
  2. Die sleutel hier is om (van bo af) ’n “gunstige klimaat” te skep vir ekonomiese groei — veral via private investering en uitvoere. In ’n sg “vrye mark”-ekonomie word so ’n poging dikwels gedryf deur die “onpersoonlike en objektiewe vereistes” van internasionale markte en/of nasionale state. Dieselfde “reŽls van die spel” geld ook vir vandag se sterk neoliberale ekonomiese “globalisering”.


Enkele slotopmerkings

Die verskille hierbo uitgewys is groot en diepgaande. NOGTANS deel albei benaderings ’n basiese vertrekpunt, nl. vertroue op ’n markstelsel om produksie in ’n ekonomie te organiseer. Dus — anders as in baie kommunistiese of sosialistiese denke — word ’n sentrale produksie-rol vir die staat glad nie bepleit nie.

MAAR in die nuwe denke is ’n markstelsel slegs ’n nuttige instrument om groter doelwitte van “lewenskwaliteit” te bereik (eerder as “lewenstandaard”). Die sg “vrye mark” se eie eng en materialistiese doelwit om slegs waarde vir geld na te streef (beide vir verbruikers en vir beleggers) het glad NIE die verhewe status wat dit vandag geniet nie — hierdie word holisties gesien as ondergeskik aan ander doelwitte van wyer lewenskwaliteit.

’n Groot en belangrike beleidsimplikasie van die nuwe denke is dat ’n markekonomie NIE vrygelaat moet word om sy eie eng en individualistiese mikpunte te bereik nie — dit MOET bestuur en selfs “regeer” word. So ’n benadering is nodig om te verseker dat ’n wye reeks van lewenskwaliteit-mikpunte vir alle inwoners aangespreek word — om “sosiale regverdigheid” effektief te kan bevorder.

Ontwikkeling vandag

Plaaslike selfstandigheid in SA

A. Waarom hierdie nuwe fokuspunt ?

  1. Die kort antwoord op hierdie sleutelvraag is: die ortodokse (makro-) pogings om SA se langdurige en ernstige vraagstukke van armoede en werkloosheid op te los WERK eenvoudig (nie goed) nie! Ander metodes MOET dus ernstig oorweeg word.
  2. ’n Basiese oorsaak lÍ in die globalisering van vandag se kragtige informasiegedrewe aandrang op “hoŽ tegnologie” en dus kapitaal-intensiewe produksietegnieke — om mededingendheid in internasionale markte te bewaar. Hierdie is ook ’n sleutelfaktor in vandag se wye “werklose groei” wat soveel lande vandag prakties ondervind.
  3. In SA se geskiedenis (lank voor die sg “apartheid-era”) is die swart inwoners alhier basies beskou as “buitestaanders” in ’n plaaslike Europese vestiging.
    In EKONOMIESE terme het dit beteken ’n skerp marginalisering van swart mense, nl hulle doelbewuste uitsluiting van vrye toegang tot die hoofstroom-ekonomie.
    Maar swartes was TOG nuttig — vir hulle arbeid! Maar NA werksure moes hulle liefs verdwyn uit die “blanke samelewing” — deur vir die res te leef in hulle eie woongebiede. Veral die Groepsgebiedewet het hierdie siening wetlik afgedwing.
  4. Hierdie histories politieke benadering is die sleutel tot vandag se skerp STRUKTURELE ekonomiese dualisme in die SA ekonomie.


B. SA se skerp dualistiese sosio-ekonomie

  1. In die harde feite — maar tog amptelik selde erken — het Suid Afrika struktureel:
    (a) ’n goed-ontwikkelde moderne “kommersiŽle” sektor — veral in die “blanke” gebiede
    (b) ’n baie groot gemarginaliseerde of “periferale/agtergeblewe” sektor — hoofsaaklik in die stedelike swart “townships” en in baie (swart) landelike gebiede. Prakties LEEF die meeste Suid Afrikaners hier!
  2. Die kernoorsaak van hierdie dualisme lÍ in selfstandigheid vs afhanklikheid
    — die periferale of agtergeblewe sektor is HOOGS afhanklik van die moderne sektor — vir werk plus die produksie van die meeste goedere en dienste, wat hoofsaaklik daar “ingevoer” word.
    — die moderne sektor is veel meer selfstandig: daar is (geografies) baie minder “lekkasies” in die “ekonomiese emmer”.

C. Kern-BELEIDSimplikasies

  1. Die moderne sektor sal sekerlik baat vind by globalisering. MAARgegewe die sterk strukturele afhanklikheid plus vandag se “werklose groei”-tendens is dit vir die gemarginaliseerde sektor baie moeilik om die gewone positiewe “afsyferingseffekte” van globalisering te ervaar. Hiervoor is die (eensydige) kloof tussen die “twee ekonomieŽ” in SA net te groot.
  2. DAAROM vereis die “townships” en die (armer) landelike gebiede ’n direkte benadering, nl van skerp plaaslik-gerigte maar veral SELFSTANDIGE ontwikkeling. Die doelwit is om gemeenskappe te omskep in werkende plaaslike ekonomieŽ — wat self meer werk en inkomste kan skep.
    Daarby moet baie van die “gate/lekkasies” in die “plaaslike ekonomiese emmer” toegestop word — om groter sirkulasie van koopkrag binnekant te verkry.
  3. As sterker PLAASLIKE ekonomiese selfstandigheid NIE nagevolg word nie, sal SA se yslike armoede en werkloosheid net al groter word. Sulke mense bly dan “ekonomiese gevangenes” daar waar hulle woon!
  4. In ekonomiese terme moet die skerp historiese eenrigting-afhanklikheid gebreek word. Veral die vraagkant verdien aandag:
    — Inwoners moet (baie meer) werk en inkomste plaaslik kan verkry. Dit is ’n “moet”!
    — Een nuttige manier is om aan (georganiseerde) plaaslike inwoners (a) selfstandige bevoegdhede oor besluitneming te gee — veral om hulle eie “ontwikkelingsprogramme” te beplan; en (b) ’n begroting om sulke planne uit te voer. Aldus word ’n basiese inspuiting van werk en inkomste dan plaaslik genereer — dmv ’n deelnemende demokrasie.
  5. “Nuwe denke” hier knoop sterk aan by die SA Konstitusie itv sosio-ekonomiese regte. Die gedagte is om formeel “werksregte”, “programregte” en “investeringsregte” te delegeer aan plaaslike gemeenskappe — wat dan self volle verantwoordelikheid moet aanvaar vir effektiewe praktiese uitvoering in die praktyk.
  6. Die soort van ontwikkelingsinisiatiewe hier sluit in die gemeenskapsbestuur van veral plaaslike dienste — wat tans grootliks “van buite” gelewer word:
  7. inkome/werkskepping via plaaslike infrastruktuur-projekte en gemeenskapsondernemings (lg koŲperatief bedryf?)
    — die versorging van voorskoolse kinders
    — plaaslike opvoeding — veral in skole
    — plaaslike gesondheid (nie “siektes” nie — bv klinieke, water, sanitasie, vullis, ens).

  8. Verdere praktiese instrumente om die “gate/lekkasies” in die “plaaslike ekonomiese emmer” toe te stop — vir groter selfstandigheid — sluit in:
    — ’n plaaslike geldeenheid (bv LETS)
    — klein plaaslike banke/kredietunies — veral om eie besparings lokaal terug te ploeg
    — plaaslike “invoervervanging” — dws die lokale produksie van (baie) goedere en dienste wat tans van buite verkry “ingevoer”) word
    — ’n koŲperatiewe basis/vorm vir “plaaslike ondernemings”
    — VERAL die basiese “wil” om groter selfstandigheid na te streef — “identiteit”?

  9. Praktiese ondervinding het reeds gewys dat ’n nuwe gees dikwels posvat — wat veral aansienlike nuwe “nonkonvensionele” hulpbronne en insette losmaak — vir gebruik in plaaslike ontwikkeling.


(Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SÍNet by katvis22@yahoo.com.)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.