SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Watter nuwe ekonomie?

Sampie Terreblanche

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Watter nuwe ekonomie?”. Prof Sampie Terreblanche is verbonde aan die Departement Ekonomie aan die US.

1. Herformulering van die onderwerp

Die onderwerp is onvoltooid en ongedefinieerd. Die bedoeling is seker dat ons sal praat oor “Watter nuwe ekonomiese stelsel vir Suid-Afrika?” — dws, watter nuwe stelsel, omdat die huidige een nie die gewenste resultate lewer nie.

In die begin van die 21ste eeu kan ’n mens egter nie meer net oor die ekonomiese stelsel van ’n land in isolasie van die politieke stelsel praat nie. Gedurende die 20ste eeu het die politieke en ekonomiese fasette van die gesamentlike polities-ekonomiese stelsel so nou vervleg geraak, funksioneer die twee fasette so komplementÍr tot mekaar, kompenseer die een tot sů ’n groot hoogte vir die foute van die ander een, ťn můťt die mag van die een deur die mag van die ander een afgegrens word, dat dit nodig is dat ons ons voortdurend oor die doelmatigheid al dan nie van die gesamentlike polities-ekonomiese stelsel sal verantwoord.

’n Moderne polities-ekonomiese stelsel is nie waardeneutraal nie: dit můťt funksioneel wees ter bevordering van sekere gekose waardes, en die mag waarop sowel die politieke as die ekonomiese dele van die gesamentlike stelsel gebaseer is, můťt ideologies gelegitimeer word, en hierdie ideologieŽ moet versoenbaar wees met die waardes wat die gemeenskap wens om te verwesenlik.

Die vraag word dus: Watter nuwe gesamentlike polities-ekonomiese stelsel vir Suid-Afrika, wat in terme van watter ideologieŽ en/of waardes gelegitimeer word?


2. Die maatstawwe waarvolgens die doelmatigheid van ’n polities-ekonomiese stelsel beoordeel word

’n Tweeledige polities-ekonomiese stelsel se doelmatigheid (funksionaliteit) hang van die volgende vyf faktore af:

  1. hoe volledig die skaars produksiefaktore (en veral arbeid) gemobiliseer, ontwikkel en in diens geneem word;

  2. hoe doeltreffend produksiefaktore toegedeel en aangewend word, hoe suksesvol (fisiese en menslike) produksiekapasiteit opgebou word, en van die aard en volhoubaarheid van die ekonomiese groei en sosiaal-ekonomiese ontwikkeling;

  3. hoe billik of regverdig mag, eiendom, geleenthede en inkome verdeel word en van die vlak van die minimum-verbruikspatrone;

  4. hoe deurlopend en volhoubaar politieke en juridiese orde en sosiaal-ekonomiese stabiliteit gehandhaaf word; en

  5. die gehalte van die beskawingsontwikkeling wat plaasvind en die gehalte van die waardes wat die gemeenskap kies om na te streef en die opofferings wat die gemeenskap gewillig is om ter wille daarvan te maak — of anders gestel, van die afruilings wat die gemeenskap gewillig is om ter wille van sekere waardes te maak sodat die sosiale welvaart van die gemeenskap as geheel so goed as moontlik bevorder kan word.

Is die huidige gesamentlike polities-ekonomiese stelsel in Suid-Afrika funksioneel, geoordeel in terme van hierdie vyf maatstawwe?

Nee, dit is nie funksioneel nie. Om die waarheid te sÍ, al Suid-Afrika se polities-ekonomiese stelsels — vanaf van Riebeeck tot by Mbeki — was/is wanfunksioneel. Gelukkig is die stelsel wat op die oomblik in plek is, die beste — en die minste wanfunksioneel — van al die stelsels wat sedert 1652 bestaan het.


3. ’n Vergelyking tussen die polities-ekonomiese stelsels van 1973 en 2003

Kom ons vergelyk Suid-Afrika se polities-ekonomiese stelsel van 2003 met die van 1973. Die polities-ekonomiese stelsel van 1973 was:

’n politieke stelsel van blanke politieke oorheersing plus ’n ekonomiese stelsel van rasse- en koloniale kapitalisme.

Hierdie stelsel was uit ’n eng ekonomiese oogpunt baie suksesvol. Dit het Suid-Afrika in staat gestel om vir 40 jaar ’n jaarlikse ekonomiese groeikoers van 4,5 persent te handhaaf. Die stelsel was in vele opsigte ook redelik stabiel.

Maar uit bykans alle ander oogpunte beoordeel, was hierdie stelsel wanfunksioneel. Dit was verantwoordelik vir die sistemiese uitbuiting van 80 persent van die swart bevolking. In 1946 was die per kapita-inkome van die Afrikane 8,9 persent van die van die blankes. In 1973 was dit slegs 6,8 persent!

Sedert 1973 het sowel die politieke as die ekonomiese dele van ons gesamentlike stelsel belangrike veranderinge ondergaan. Die politieke deel het verander in ’n konstitusionele demokrasie met ’n een-mens-een-stem-kiesstelsel en ’n handves van menseregte. Maar gegewe dat die parlement op ’n proporsionele grondslag verkies word, verleen ons nuwe demokrasie buitengewone partypolitieke mag aan die Afrikaan-elite wat die ANC se Nasionale Uitvoerende Raad en die koukus beheer. Hierdie elite beskik oor die mag om die regering se ideologiese ingesteldheid en beleid op ’n eensydige wyse voor te skryf en te dikteer. Ons kan ons nuwe politieke stelsel as ’n Afrikaan-elite-demokrasie beskryf wat nog lank nie die toets van ’n egte veelparty-demokrasie deurstaan het nie.

Die moderne sektor van die ekonomie het sedert 1973 ook ingrypend verander. Dit het baie meer kapitaalintensief geword en sy werkskeppende vermoŽ het skerp afgeneem. Die neiging na kapitaalintensiteit is deur verskeie faktore gestimuleer, maar veral deur die struktuurverandering wat in die Afrikaan-arbeidsmark ingetree het. Toe Afrikaan-arbeid nie meer so gedweŽ en goedkoop was soos vůůr 1970 nie, het die hoofsaaklik blanke korporatiewe sektor swart arbeid met kapitaal vervang — ťn hy doen dit nog steeds. Oor die afgelope 30 jaar het die uitbuitende stelsel van rasse- en klasse-kapitalisme verander in ’n Eerste WÍreldse kapitalistiese enklave wat hom toenemend distansieer van die swart arbeidsmark, dws die armste 50 persent. In 1970 het 34 persent van die totale Afrikaan-bevolking permanente werksgeleenthede in die moderne sektor gehad. Tans het slegs 13 persent sodanige werksgeleenthede. Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse ekonomie holderstebolder “geglobaliseer” en in hierdie “oop” ekonomie is die geleentheid aan die korporatiewe sektor gebied om — bo en behalwe die miljarde wat die sektor onwettig uitgeneem is — nog meer miljarde wettig uit die land te neem sonder dat die beloofde invloei van buitelandse direkte belegging plaasgevind het.

Sedert 1994 is ons polities-ekonomiese stelsel — soos dit in vandag se wÍreld behoort te wees — ’n stelsel van demokratiese kapitalisme. Maar dit is ongelukkig ’n stelsel van demokratiese kapitalisme waarin die kapitalistiese faset in verhouding tot die demokratiese faset te veel mag en invloed het en ook die ideologiese karakter van die gesamentlike stelsel dikteer.

Ons nuwe polities-ekonomiese stelsel kan dus soos volg beskryf word:

’n Afrikaan-elite-demokrasie plus ’n oop, Eerste WÍreldse, kapitalistiese enklave wat in terme van die neoliberale ideologie (dws die “Washington consensus”) van die Brits-Amerikaanse wÍreld gelegitimeer word.

Die jaarlikse groeikoers van 2,7 persent sedert 1994 is aansienlik beter as die jaarlikse groeikoers van 1,7 persent gedurende die vorige 20 jaar. ’n HoŽ mate van sosiale, politieke en makro-ekonomiese stabiliteit is sedert 1994 gehandhaaf en dit is verdienstelik. Die gesamentlike polities-ekonomiese stelsel is egter steeds wanfunksioneel, omdat 60 persent van die swart bevolking deur sowel die politieke as die ekonomiese fasette van die stelsel uitgesluit en verwaarloos word. Die armste 50 persent van die totale bevolking het sedert 1994 armer geword, terwyl hulle indiensnemingsposisie, hulle sosiaal-ekonomiese posisie en hulle veiligheids- en gesondheidsposisies aansienlik verswak het. In 1996 het 17,1 miljoen mense onder die minimum-bestaansvlak geleef soos gedefinieer deur Unisa se Buro van Marknavorsing. In 2001 het 22,3 miljoen onder hierdie vlak geleef!


4. Wie moet die skuld vir hierdie verarming en hierdie verswakking van die onderste 50 persent se posisie kry?

Die apartheidsregering moet deel van die skuld vir die groeiende armoede kry vanweŽ die aaklige sosiaal-ekonomiese erflating wat hy in 1994 aan die ANC-regering oorgedra het. Maar die ANC-regering en die korporatiewe sektor (ťn hul globale vennote) moet die ander deel van die skuld kry, omdat hulle in 1993/1994 gesamentlik ’n polities-ekonomiese stelsel geÔnstitusionaliseer het wat die armste 50 persent van die bevolking sistemies uitsluit en sistemies verwaarloos. Die ANC-regering bestee wel meer op armoedeverligting, maar dit is nie naastenby genoeg om die verslegtende toestande te stuit en om te draai nie.

Die wanfunksionaliteit van die huidige polities-ekonomiese stelsel moet toegeskryf word aan die aard van die onderhandelde skikkings wat in die vroeŽ negentigerjare tydens die informele en geheime onderhandelinge tussen die plaaslike en globale korporatiewe sektore enersyds en die leierskorps van die ANC bereik is. Tydens hierdie geheime onderhandelinge het die plaaslike en globale korporatiewe sektore saamgespan en ’n magtige blok gevorm wat met hiperboliese beloftes en subtiele dreigemente die leierskorps van die ANC oortuig, oorrompel en/of gekoŲpteer het om ’n ekonomiese beleid, ’n ekonomiese stelsel en ’n ekonomiese ideologie te aanvaar wat in belang van die seksionele belang van die korporatiewe sektore is, maar wat uiters nadelig vir die bevolking as geheel blyk te wees.


5. Die redes waarom ’n neoliberale ideologie en ’n vryemarkstelsel en -beleid onvanpas vir Suid-Afrika is

Die korporatiewe sektor het ’n neoliberale en globaal-georiŽnteerde ideologie, ’n vryemark-beleid en ’n vryemark-stelsel aan die nuwe Suid-Afrika opgedwing kompleet asof die minimum mens-, juridiese en institusionele voorwaardes vir so ’n ideologie, beleid en stelsel in Suid-Afrika teenwoordig is of maklik tot stand gebring kan word — iets wat natuurlik nie die geval is nie.

Die raison d’Ítre van ’n vryemarkekonomie is daarvan afhanklik dat dit so volledig as moontlik die totale bevolking by die hoofstroom van sy aktiwiteite sal betrek en dat dit naastenby die totale bevolking deur sy werking sal bevoordeel. Die vryemark-ideologie, -beleid en -stelsel is vanweŽ die volgende ses redes egter onvanpas en ontoepaslik vir ’n ontwikkelende, verdeelde en sosiaal-ekonomies “geknakte” land soos Suid-Afrika nŠ byna 350 jaar van kolonialisme en apartheid:

  1. Eerstens, omdat sowat 50 persent van die bevolking as gevolg van hulle onontwikkeldheid (of is dit hulle uitgebuitheid?), hulle werkloosheid, hulle eiendomloosheid, hulle gebrek aan sosiaal-ekonomiese mag, hulle ongeorganiseerdheid en hulle gebrek aan vaardighede byna volledig gemarginaliseer is van die moderne sektor (en van die sogenaamde vryemarksektor) van die ekonomie.

  2. Tweedens, omdat eiendom, geleenthede, opvoedkundige en vaardigheidspeile te skerp ongelyk verdeel is, en hierdie ongelykhede so diep geÔnstitusionaliseer is — nŠ 350 jaar van kolonialisme, 50 jaar van segregasie, 50 jaar van apartheid en 20 jaar van ’n ontwrigtende struggle — dat dit die “normale” werking van ’n vryemarkekonomie totaal onhaalbaar maak vir, sÍ, die volgende 50 jaar.

  3. Derdens, omdat ’n groot deel van die onderlaag tradisioneel-georiŽnteerde, getraumatiseerde (en selfs gebrutaliseerde) mense is wat ’n armoedementaliteit (en vanweŽ apartheid selfs ’n misdaadmentaliteit) het en om hierdie redes nie die rasionele lewensingesteldheid het wat onontbeerlik is voordat hulle op ’n voordelige wyse (vir hulleself) aan die meedoŽnlose spel van die sogenaamde vryemarkekonomie kan deelneem nie ... en daarom gedoem is om op elke hoek en draai die onderspit te delf.

  4. Vierdens, omdat die reusagtige — en byna vulgÍre — mags- en inkomegaping tussen die georganiseerde bourgeoisie (15 miljoen mense) en die ongeorganiseerde lumpenproletariaat (23 miljoen mense) dit nie alleen onwaarskynlik maak nie, maar dit selfs onmoontlik maak dat die entrepreneursklas in die moderne marksektor ooit die begrip, die wil, die empatie, die medelye en die offervaardigheid aan die dag sal kan lÍ om die lumpenproletariaat op ’n winsgewende wyse (vir die entrepreneursklas) en op ’n heilsame wyse (vir die lumpenproletariaat) by die moderne sektor se bedrywighede te betrek. Boonop is die ideologiese oriŽntasie in die geledere van die entrepreneursklas te hebsugtig, te selfsugtig en te kortsigtig om uit te reik na die proletariaat.

  5. Vyfdens, omdat die meedoŽnlose dissipline van globale mededinging — gegewe die aard van globale kapitalisme — die winsgedrewe korporatiewe sektor in die kapitalistiese enklave tot steeds groter kapitaalintensiteit gaan aanspoor en dissiplineer, wat die werkskeppende vermoŽ van die ekonomie net verder gaan verswak, wat dit soveel te meer onwaarskynlik gaan maak dat werkloosheid betekenisvol sal verminder, selfs al word ’n jaarlikse groeikoers van vier persent (en hoŽr) gehandhaaf.

  6. Sesdens, omdat die sterk strukturele neiging wat in die vroeŽ 1970’s begin het na ’n Eerste WÍreldse kapitalistiese enklave, so sterk voortgerol het oor die afgelope nege jaar — hoofsaaklik vanweŽ die neoliberale en globale beleidsmaatreŽls ťn vanweŽ regstellende maatreŽls in die arbeidsmark ťn vanweŽ die swak geskooldheid van ’n deel van die arbeidsmark — dat al die gapings tussen die ryk bourgeoisie in die enklave en die verarmde lumpenproletariaat op die periferie aansienlik groter geword het en soveel te meer groter gaan word as die korporatiewe sektor sy ideologiese en organisatoriese magsgreep oor Suid-Afrika vir nog 10 of 20 jaar gaan behou — soos wat op die oomblik waarskynlik lyk. VanweŽ die ideologiese ingesteldheid van die bourgeoisie is hy blykbaar salig onbewus van die neiging na groter “enklaviteit” en die angswekkende implikasies daarvan.

Suid-Afrika is reeds ’n tweewÍreld-wÍreld. Die inwoners van die een wÍreld is veelrassig, modern, ryk en leef in weelde. Die inwoners van die ander wÍreld is swart, agtergeblewe, arm en krepeer van ellende. Die bourgeoisie, wat in die enklave “woonagtig” is, is 15 miljoen mense (en een derde van die bevolking), en hulle het in 2001 byna 90 persent van die totale inkome ontvang. Die lumpenproletariaat, wat op die periferie “woonagtig” is, is 23 miljoen mense en het in 2001 minder as vier persent van die totale inkome ontvang. Die ander agt miljoen het 7Ĺ persent van die totale inkome ontvang. Hulle leef tussen hierdie twee wÍrelde en kan “opskuif” na die enklave, maar kan ook “afskuif” en deel van die lumpenproletariaat word.


6. Die huidige polities-ekonomiese stelsel produseer rykdom en armoede ... ťn ’n rykmans- en armoedementaliteit

Die huidige gesamentlike stelsel van Afrikaan-elite-demokrasie plus ’n oop, Eerste WÍreldse, kapitalistiese enklave — soos dit gebaseer is op ekstreem kapitalistiese ideologieŽ en hallusinasies — “produseer” nie net rykdom vir die elite en armoede vir die proletariaat nie, maar dit produseer ook ’n ideologiese rykmanskultus en ’n mentaliteit van hebsug en materialisme in die geledere van die bourgeoisie, wat onverskillig en hooghartig staan teenoor die mensonterende armoede en die armoedementaliteit van die armste helfte van die bevolking. Die stelsel produseer ook ’n siek waarde-oriŽntasie wat geen empatie en geen medelye het met die strukturele armoede wat ons geskiedenis en ons huidige stelsel aan die lumpenproletariaat toegedeel het en nog steeds toedeel nie.

Hierdie ideologiese ingesteldheid en hierdie siek waarde-oriŽntasie is ideologies diep gewortel in die Mynkamp wat aan die einde van die 19de eeu in Johannesburg opgeslaan is. Hierdie Mynkamp het homself op ’n skaamtelose wyse verryk in die 60 jaar nŠ 1913 toe die Grond Wet (Land Act) en die wrede trekarbeidstelsel in plek was. Hierdie Mynkamp besit ’n buitengewoon sterk vermoŽ om sy verwronge markfundamentalistiese vryemarkopvattings — as sou Suid-Afrika ’n normale, vryemark-, Eerste WÍreld-land wees en behoort te wees — deur meedoŽnlose ideologiese propaganda en “myth-making” aan ander te “verkoop”. Oor die afgelope 30 jaar het die korporatiewe sektor onder die leiding van “Anglo-American” daarin geslaag om sowel die Afrikaner- as die Afrikaan-elite-groepe by sż misplaaste ideologieŽ, by sż waarde-oriŽntasies en by sż (vermeende) vryemarkstelsel te koŲpteer — teen gunstige terme vir hierdie twee elitegroepe, maar teen ’n yslike prys vir die armste helfte van die bevolking.

Ek noem hierdie propagandistiese en organisatoriese “suksesse” van die korporatiewe sektor — onder die leiding van “Anglo-American” — die rampspoedige dubbele Anglo-Amerikanisering van die Suid-Afrikaanse samelewing — in sowel die korporatiewe as die wÍrelddeel-sin van die woord. Deur hierdie dubbele Anglo-Amerikanisering is die politieke, die ekonomiese en die ideologiese strukture van Suid-Afrika oor die afgelope 30 jaar — en veral in die afgelope nege jaar — berekend op so ’n manier “gebuig” (op aandrang van die plaaslike en globale korporatiewe sektore) dat hierdie twee sektore maksimale wins kan maak, terwyl die armes as gevolg daarvan maksimaal uitgesluit en verwaarloos word.

In die plek van die eng seksionalisme en elitisme van die Engelse establishment (sewe persent van die bevolking) en sy uitbuitende segregasiebeleid gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu, en in die plek van die eng seksionalisme en elitisme van die Engelse en Afrikaner-establishments (6 persent + 11 persent van die bevolking) en sy uitbuitende apartheidsbeleid gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu, word ’n nuwe seksionalisme en ’n veelrassige elitisme deur die nuwe haute bourgeoisie (4 persent + 6 persent + 7 persent) (insluitende die nuwe en gekoŲpteerde swart elite) oor die afgelope tien jaar gehandhaaf wat verstommend onverskillig staan teenoor die bevrediging van minstens die basiese menslike behoeftes van die armste helfte van die bevolking.

Die siellose materialisme van die Mynkamp en die res van die korporatiewe sektor het vir byna 100 jaar hoogty gevier toe die mite verkondig is dat dit onnodig is om bestaanslone aan swart trekarbeiders te betaal, want ’n deel van hulle bestaan (subsistence) sou kwansuis in die tuislande geleŽ wees. Hierdie uitbuiting is deur die Grond Wet en deur die “dompas” tot in die sewentigerjare in stand gehou en die wit korporatiewe sektor (in veral die mynwese) in staat gestel om op ’n onverdiende wyse ongelooflike rykdomme te akkumuleer.

Die siellose materialisme van die Mynkamp vind sy hedendaagse neerslag in die volharding met die beloftes van die GEAR-beleid dat ekonomiese groei in die enklave spontaan ’n voldoende “trickle-down effect” vir die armes tot gevolg sal hÍ. Maar gegewe die sterk neiging tot enklaviteit — vanweŽ neoliberalisme, globalisering, arbeidswette en swak vaardigheidspeile — kom die beloftes van ’n “trickle-down” in effek daarop neer dat die rykes vra dat hulle vol tafels net voller gelaai moet word, want dan sal daar genoeg krummels van hulle tafels val om die 23 miljoen kreperendes aan die lewe te hou!

Die “lekker geloof” van die bourgeoisie-elite dat die kapitalistiese enklave die privaatsektor-lokomotief gaan wees wat die armes — spontaan en outomaties — uit hulle moeras van ellende gaan sleep, is ’n gevaarlike pypdroom. Dit is ’n mite wat met groot oortuigingskrag verkondig word deur ’n bourgeoisie-elite wat ’n groot gevestigde belang daarin het dat ons hierdie mite sal glo asof dit ’n heilige waarheid is. So lank die liberaal-kapitalistiese ideologie en die vryemarkfundamentalisme hoogty vier, so lank die rykmanskultus, die oordrewe individualisme en die selfsugtige materialisme van die elite vertroetel word, en so lank die selfvoldane mentaliteit in elite-kringe volhard met die propaganda dat Suid-Afrika ’n normale Eerste WÍreld-land met ’n funksionele vryemarkstelsel is, so lank sal dit:

eerstens, onmoontlik wees om die SA polities-ekonomiese stelsel te vermenslik en om dit sů te herstruktureer dat dit op ’n doelmatige wyse in belang van die bevolking as geheel kan funksioneer;

tweedens, ook onmoontlik wees om sosiale geregtigheid te herstel nŠ byna 350 jaar van sistemiese uitbuiting en verontregting.


7. Voorwaardes vir die instelling van ’n nuwe, ’n doelmatige en ’n mens-georiŽnteerde polities-ekonomiese stelsel vir Suid-Afrika

Voordat ’n nuwe, doelmatige en ’n mens-georiŽnteerde polities-ekonomiese stelsel van demokratiese kapitalisme — wat op gebalanseerde magstrukture en gesonde waardes gebaseer is — tot stand gebring kan word, sal drie dinge moet gebeur:

  1. Eerstens sal ’n omvattende paradigmaverskuiwing moet plaasvind waardeur die neoliberale ideologie van die Brits-Amerikaanse wÍreld verwerp sal word en ’n sosiaal-demokratiese ideologie soos die van kontinentale Europa aanvaar sal word.

  2. Tweedens sal ’n omvattende magsverskuiwing moet plaasvind om gebalanseerde magsverhoudings tussen die “demokratiese” en die “kapitalistiese” fasette (van demokratiese kapitalisme) ťn tussen Suid-Afrika en globale kapitalisme te bewerkstellig.

  3. Derdens sal omvattende beleidsverskuiwings moet plaasvind om die prioriteite van die nuwe sosiaal-demokratiese ideologiese benadering te implementeer en om die aaklige nalatenskap van kolonialisme en apartheid deur herverdelingsmaatreŽls op te ruim.


7. 1 Die ideologiese paradigmaverskuiwing na sosiale demokrasie sal onder meer die volgende vyf dinge tot gevolg hÍ:

  1. Eerstens, dat die waardigheid en humaniteit van alle Suid-Afrikaners konkreet erken sal word deur nie net die klem op die eerstegenerasie-menseregte van die Grondwet te plaas (soos wat die Konstitusionele Hof tans doen nie), maar ook op die tweedegenerasie-menseregte (of sosiaal-ekonomiese menseregte) en dat die nodige fondse daarvoor beskikbaar gestel sal word.

  2. Tweedens, dat die belangrikheid van gesonde sosiale verhoudings uitdruklik erken sal word (as teenvoeter vir die “reduksionistiese individualisme” van ons huidige versie van neoliberale kapitalisme) en dat ’n veel hoŽr prioriteit verleen sal word aan die herstel van sosiale geregtigheid nŠ eeue van sistemiese uitbuiting en sosiale ontwrigting.

  3. Derdens, dat die groot en strategiese rol wat die staat en sy staatsdiens sal můťt speel in die insluiting, die opheffing en die ontwikkeling van die verarmde en agtergeblewe 50 persent, erken sal word en dat die kapasiteit van die openbare sektor — oor sÍ die volgende 10 jaar — op so ’n wyse opgebou sal word dat ’n egte “developmental state” ingevoer kan word wat geleidelik ’n al hoe groter ontwikkelings- en werkskeppingsrol sal moet speel om te kompenseer vir die ernstige markmislukkings, die groeiende werkloosheid en die wanfunksionaliteit van die (vermeende) vryemarkstelsel in die kapitalistiese enklave.

  4. Vierdens, dat die relevansie van ’n goed-ontwikkelde burgerlike gemeenskap erken sal word en dat die groei en ontwikkeling daarvan kragdadig en finansieel ondersteun sal word sodat dit ’n deurlopende demokratiese dissipline sal kan uitoefen op die magsmisbruike en korrupsie waaraan sowel die politieke as die ekonomiese magshebbers hulle skuldig maak.

  5. En vyfdens, dat die beweerde “wysheid van die markmeganisme” uitdruklik as ’n mite verwerp sal word en dat die bevolking as geheel — onder leiding van die intellektuele elite en burgerlike organisasies — hom openlik en deurlopend sal verantwoord oor wŠt die sosiale welvaart van die totale bevolking definieer en wťlke sosiale waardes (soos menswaardigheid, die bevrediging van almal se basiese menslike behoeftes, gesonde sosiale strukture, die geskooldheid en beskaafdheid van die totale bevolking) kwalitatiewe inhoud daaraan verleen, sodat die nuut-gedefinieerde sosiale welvaart bewustelik die oorkoepelende doelwit van ons nuwe polities-ekonomiese stelsel kan word in die plek van die huidige “growthmanship”-benadering met sy eng kwantitatiewe en eng materialistiese doelwit van BNP-groei — wat in elk geval net in die kapitalistiese enklave plaasvind.


7.2 Die magsverskuiwing om ’n gebalanseerde magsverhouding tussen die staatsektor en die kapitalistiese sektor en tussen Suid-Afrika en globale kapitalisme te bewerkstellig, impliseer die volgende twee dinge:

  1. Eerstens, dat die elite-kompromieŽ wat in die vroeŽ negentigerjare tussen die korporatiewe sektor en die leierskorps van die ANC bereik is, (en wat op ’n “geheime oorname” van die staat deur die korporatiewe sektor neergekom het), dringend heronderhandel sal word om groter mag, groter soewereiniteit en meer inisiatief in die hande van die ANC-regering te plaas.

  2. En tweedens, dat die oorhaastige en ongenuanseerde manier waarop Suid-Afrika oor die afgelope nege jaar — op aandrang van die plaaslike en globale korporatiewe sektore — geglobaliseer geraak het, heroorweeg moet word sodat Suid-Afrika hom strategies van sekere aspekte van globale apartheid kan onttrek. VanweŽ die groot magswanbalans wat tussen die ryk Noorde en die arm Suide binne die magstrukture van globale kapitalisme bestaan — ťn vanweŽ die neoliberalistiese ideologie en die neo-imperialistiese ingesteldheid van die ryk Noorde (en veral die VSA) — is globale kapitalisme geensins ongekwalifiseerd ’n goedhartige stelsel vir ’n ontwikkelende land in die arm Suide soos Suid-Afrika nie. Boonop het globalisering nie naastenby die voordele meegebring wat die voorstanders daarvan belowe het nie, maar wel die nadele waarteen die teenstanders daarvan gewaarsku het.

7.3 Die beleidsverskuiwing om die sosiaal-demokratiese ideologie te implementeer en die nalatenskap van apartheid op te ruim, impliseer die volgende drie dinge:

  1. Eerstens, dat die balans van die “Big Trade-offs” wat tussen doeltreffendheid en gelykheid en tussen die eiendomsregte van die minderheid en sosiale regte van almal gemaak moet word in beleidsbesluite, te alle tye na die kant van gelykheid en sosiale regte sal oorhel.

  2. Tweedens, dat omvattende en goed-gestruktureerde herverdelingsmaatreŽls geÔmplementeer sal word om nie net inkome gelyker te verdeel nie, maar ůůk werks- en opvoedkundige geleenthede, eiendom en die verskillende vorme van “entitlement”.

  3. En derdens, dat die doelwit van “zero honger” aanvaar sal word as onderdeel van omvattende beleidsmaatreŽls wat as doel sal hÍ om binne die korts moontlike periode die basiese menslike behoeftes van die totale bevolking deurlopend te bevredig.


8. Is so ’n vorm van Demokratiese Kapitalisme haalbaar?

Ek verkeer geensins onder die illusie dat dit maklik sal wees om al die drie genoemde verskuiwings na ’n gebalanseerde, ’n humane en ’n sosiaal-demokratiese stelsel van demokratiese kapitalisme te bewerkstellig nie. Drie yslike struikelblokke lÍ op ons pad:

  1. Eerstens is die ou wit en die nuwe swart elite so volledig gebreinspoel omtrent die vermeende verdienstes van die neoliberale ideologie en globalisering dat ’n paradigmaskuif na ’n sosiaal-demokratiese ideologie nie maklik deurgevoer sal kan word nie.

  2. Tweedens het die plaaslike en globale korporatiewe sektore die ANC-regering in so ’n strukturele hoek vasgeverf — met wat vir my na ’n “meesterplan” lyk — dat dit baie moeilik vir die ANC sal wees om uit die hoek en die magsgreep van die korporatiewe sektor en globale kapitalisme te ontsnap om die gewenste magsverskuiwings op ’n vreedsame wyse en binne ’n redelike tydperk te bewerkstellig; of anders gestel: It will not be easy to unscramble the scrambled eggs.

  3. Derdens is die nuwe “verdelingsvennootskap” wat 10 jaar gelede tussen die ou wit elite en die nuwe swart elite gesluit is, so behep met sy eie materiŽle verryking en elitisme, besit hierdie nuwe verdelingsvennootskap soveel mag, het hierdie twee elite-groepe so verwen geraak, en is hulle kategories so antiherverdeling ingestel, dat die noodsaaklike herverdelingsbenadering nie maklik aanvaar sal word nie.


9. Gevare van ’n status quo-ideologie

Maar teenoor hierdie drie struikelblokke wat die nuwe veelrassige elite op die pad na ’n nuwe polities-ekonomiese stelsel opgestapel het, moet die Groot Gevare wat voor in die pad vir ons wag — dws as die nuwe elite sou volhard met sy huidige wanfunksionele stelsel — geensins geringgeskat word nie. As die gapings tussen die Eerste WÍreld-enklave en die Derde WÍreld-periferie toegelaat sou word om onbelemmerd voort te woeker, sal die lumpenproletariaat kort voor lank niks anders hÍ om daagliks na die enklave uit te voer as hulle geweld, misdaad en aansteeklike siektes nie. As die sterk neiging na enklaviteit en na lumpenproletarisering oor die volgende nege jaar so sterk gaan voortrol soos in die afgelope nege jaar, dan is die vooruitsigte “too ghastly to contemplate ...”, en dan sal dit waarskynlik ook te laat wees vir trane. Dan sal die sosiaal-politieke stabiliteit van SA ernstig bedreig word. Dan sal die materiŽle en ideologiese omstandighede vir ’n tweede struggle in oormaat teenwoordig wees.

Laat ons wakker skrik voor dit te laat is. Ons roem ons daarop dat ons ’n beskaafde en Christelike land is. Maar as ’n beskaafde en Christelike land lyk soos Suid-Afrika tans lyk, dan het “beskaafd” en “Christelik” lankal hulle betekenis verloor. Of is dit ’n geval dat die soort beskawing en die soort Christendom wat ons hier handhaaf, geen begrip van sosiale geregtigheid en menslikheid het nie?

(Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SÍNet by katvis22@yahoo.com.)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.