SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die laaste (Afrikaanse) boek?

Elias P Nel

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Die laaste (Afrikaanse) Boek”. Elias P Nel is ’n skrywer en die pas uitgetrede voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging.


Waar staan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers ook ten opsigte van mekaar? Hoe word die eise van die inligtingsera — Eerste Wreld-lesers en die ontwikkelende wreld se Derde Wreld-lesers — in een taalgemeenskap bymekaar gebring?

1. Inleiding

Ek gaan my nie veel besig hou met die stryd tussen skrywer en uitgewer nie, ook nie oor die feit dat dit reeds bewys is dat indien die wil daar is, Afrikaanse boeke wel uitgegee kan word nie. Die rede hiervoor is eenvoudig: Ek glo dat my geleerde en geerde kollegas u baie beter daaromtrent kan toelig.

Oor die eise van die inligtingsera ook nie veel nie; synde self uit Derde Wreld-omstandighede sal my eis gewoon die regstelling van alle ongelykhede wees.

Ek gaan eintlik net op ’n volvlug oor al die kwessies heen en gaan merendeels konsentreer op:

Die vrae waarmee ons daagliks binne die debat gekonfronteer word en nie kan of wil beantwoord nie. Die menings van die deel van die Afrikaanse gemeenskap wie se stemme nie veel binne die Afrikaanse letterkunde gehoor word nie.

Die ander rede waarom ek verkies om katvoet om die boekdebat te loop, is dat dit haas onvermydelik is dat ’n onderwerp oor skrywers en uitgewers (in Afrikaans) in ’n taaldebat gaan verval. Dit is so dat die meeste taalgebruikers, en meer nog so Afrikaanse taalgebruikers, emosionele bande met ’n taal het. Ons moet ook in gedagte hou van die denkskool wat reken emosies behoort tot die gebied van subjektiwiteit of die gebied van die irrasionele. Die redenasie is dat emosies komplekse entiteite is waarvan bepaalde aannames, opvattings en opinies ’n wesenlike deel uitmaak. Dit is dan juis as gevolg van die taalliefde/taallojaliteit/taalhandhawing dat sake rakende die taal of publikasies in daardie taal nie altyd met nugtere objektiwiteit hanteer word nie. En watter verkwisting, watter tragedie sal dit nie wees as ons vandag met mekaar in ’n nuttelose gesprek tree nie.

Miskien moet ek dit net ter wille van enige onduidelikheid wat daar mag heers, verklaar: Ek is niks anders as Afrikaans nie, maar dit sal baie kos alvorens ek by die paranoia wat daar oor die voortbestaan van Afrikaans heers, betrokke gaan raak. Hierdie histerie oor die GAT (Groot Afrikaanse Taal) en die GAL (Groot Afrikaanse Letterkunde) — om Charles Malan se akronieme te gebruik — gaan veroorsaak dat baie Afrikaanssprekendes van die wa gaan spring.

Soos u na afloop van my praatjie sal vind, verskaf ek nie antwoorde op die brandpunte in die debat nie; ek vra eerder nog vrae. Ek glo dat geleenthede soos hierdie die stimulus moet wees dat almal wat openlik bely hoe hartstogtelik lief hulle Afrikaans het en hoe uitermate hulle bekommerd is oor die stand van die Afrikaanse boek, na so ’n byeenkoms met ywer sal werk om die nodige verandering/verbetering daar te stel. Vir te lank het die Afrikaanse gemeenskap die ou “soustannie-mentaliteit” van steen en been kla, van verdagmakery en in die meeste gevalle sommer pleinweg skinder, gehandhaaf.

Ek het dus ten doel om met my voordrag en die vrae wat daarmee saamgaan, ’n proses van meewerking en meelewing tot Afrikaans en die Afrikaanse boek teweeg te bring. ’n Proses wat vernuwende denke gaan verg, wat alle tekens van eksklusiwiteit finaal begrawe het en wat objektief tot die debat rondom Afrikaans en die Afrikaanse boek gaan toetree.


2. Die verhouding uitgewers en skrywers

As gevestigde skrywers soos George Weideman en Charles Malan en sy Boekebelange mondevol te s het oor die verhouding tussen skrywer en uitgewer, wonder ek hoeveel het ander skrywers te s:

— Die skrywers wat tot vandag toe — ten regte of ten onregte — glo dat kleur ’n ’n deurslaggewende rol speel by die keuse van publikasies.
— Hulle wat ook op die Bybel sal sweer dat uitgewers ’n geheime kwotabeleid handhaaf waarvolgens daar minstens een maal in drie jaar die werk van ’n skrywer uit die histories benadeelde Afrikaanse gemeenskap gepubliseer moet word. (Oor die geldigheid van die teorie kan ek my nie uitlaat anders as om te s dat dit wel bestaan nie.)
— Die skrywers wat glo dat al die knelpunte en ongelykhede soos dit in Charles Malan se Ras en Literatuur (1987) en Jakes Gerwel se Literatuur en Apartheid (1983) saamgevat word, vandag nog tot ’n groot mate nog steeds bestaan.
— Die skrywers na wie daar by implikasie in George Weideman se Gespreksdokument oor die boekebedryf en die verhouding skrywer-uitgewer verwys word as junior skrywers. En met reg vra hulle: Wanneer gaan julle ophou om ons alewig in afsonderlike hokkies in te druk?

Dat die verhouding tussen skrywer en uitgewer versteur is, is gewis. Charles Malan skryf op LitNet:

Ook ons by Boekebelange-gespreksforum wys dat skrywers se belange in sommige gevalle gruwelik afgeskeep word. En dit geld vir die gevestigde sowel as die aspirantskrywers — beginners word byvoorbeeld maklik as “irritasiefaktor” eenkant toe gevee en ontvang deesdae al minder leiding van uitgewers.

Hier kan ek noem dat die Afrikaanse Skrywersvereniging by wie ek tot verlede jaar betrokke was, reeds veel gedoen het om leiding aan skrywers te gee. Nie net in die Wes-Kaap soos die algemene indruk bestaan nie, maar van oral oor in die land. Die probleem wat ek egter met uitgewers het, is dat hulle alte graag aspirantskrywers na die ASV verwys, maar wanneer befondsing vir manuskripontwikkeling gesoek word, is daar ’n honderd en een redes waarom hulle nie op die spesifieke stadium kan help nie.

Hannes van Zyl, tot onlangs besturende direkteur van NB-Uitgewery, het hom beywer om fondse beskikbaar te stel sodat gemeenskapspublikasies teen bekostigbare pryse na gemeenskappe gebring kan word. Die projek in samewerking met die Sentrum vir die Boek gaan vanjaar drie publikasies in al drie tale van die Wes-Kaap laat verskyn. Hierdie bemagtigingsinisiatief is ’n potensile groeipunt om gemeenskappe waar die boekkoopkultuur nog nie ten volle benut is nie, geleidelik daarby in te lyf.

Ek haal graag vir Hans Ester van Nijmegen in Nederland en bevorderaar van Afrikaans in Europa aan: “As iets wat jou na die hart l, bedreig word, gaan jy dit dinamies koester.”

Nou sal u met goeie reg vra: Waarom kwoteer jy ’n gesegde waarmee ons goed bekend is? U sal miskien s: Jy behoort te weet dat die Afrikaanse boek — wat ook die verhouding tussen skrywer en uitgewer insluit — ons na aan die hart l en dit word inderdaad bedreig.

Dis goed dat dit gevra word. My vrae is egter:

— Waarom doen ons niks of so min aan die situasie?
— En as ons wel iets doen, waarom is ons pogings so futiel dat dit nie die gewenste verbetering aan die hand werk nie?
— Waarom verkies ons eerder om klaagliedere aan te hef en onsself in ’n hoekie te gaan opkrul en selfbejammerend te ween oor ons arme verontregte taaltjie en ons afgeskeepte ou boekietjies?

Afrikaans, die taal wat my alles is, is ’n trotse taal wat sedert die eerste woorde stotterend oor die lippe van Khoi en slaaf aan die voet van Tafelberg geuiter is, nooit weer teruggekyk het nie. Dit het van ’n spreektaal tot wetenskap ontwikkel wat wreldwyd agting afdwing. ’n Taal wat werke soos die van Etienne Leroux, Dalene Mathee, Andre P Brink en AHM Scholtz produseer — om slegs enkeles te noem — wat die wreld ingeneem het, is inderdaad ’n taal om op trots te wees.

— Wil ons werklikwaar geken word as die taalgemeenskap wat altoos selfbejammerend kla ten spyte van die hoogtepunte wat die Afrikaanse boek al bereik het?
— Waarom wil ons nie eerder bekend staan as die taalgemeenskap, die boekemense, wat ten spyte van ’n oormag struikelblokke nooit ophou stry het vir dit wat vir ons belangrik is nie?
— En die boerpotvraag aan elke leser van die Afrikaanse boek: Wanneer laas het jy ’n Afrikaanse boek gekoop  en gelees  en sinvol bespreek?

Dis tyd dat ons moue oprol en begin werk eerder as om te kla. Eers as ons dit doen, sal ons nie meer met paranoia die Afrikaanse boek se dood om elke hoek en draai sien skuil nie.

3. Eise van die inligtingsera

Daar is ’n onoorbrugbare kloof tussen Eerste Wreld- en Derde Wreld-lesers. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die ongelykhede/ongeregtighede van die verlede. So eenvoudig is dit egter nie. Eerste Wreld-lesers word deesdae oor die totale spektrum van die bevolkingsamestelling aangetref. Ten opsigte van die Afrikaanse gemeenskap blyk dit egter dat diegene wat in die verlede benadeel was, tot ’n groot mate vandag nog steeds benadeel word.

Regstellende aksie (al het die woord deesdae ’n vloekwoord geword) is al wat die gaping tussen Eerste Wreld- en Derde Wreld-lesers gaan vernou. ’n Vertrekpunt kan die uitwissing van ongeletterdheid wees, waarna die nuutgeletterdes stelselmatig uit die Derde Wreld-toestande begelei word.

Hier sou ons die vraag kon vra:

— Wanneer gaan die Afrikaanse gemeenskap ernstig met mekaar in gesprek tree en we vind waarby die totale gemeenskap sal baat?
— Het die tyd nie aangebreek dat sinvolle gesprek moet plaasvind en die bybring van die agtergesteldes voorrang geniet nie?
— Of wil ons die twee uiteenlopende wrelde binne dieselfde taalgemeenskap koester omdat Eerste Wreld-omstandighede en -leefwyse ’n bevestiging van ons verhewe status is?

4. Die Afrikaanse boek

Boeke was oor al die eeue nog altyd kosbaar. Hierdie kosbaarheid word onderstreep deur die woorde van die digter Elizabeth Barret-Browning: “Geen mens kan sonder vriende wees as hy/sy God en die kameraadskap van boeke het nie.”

Ons weet en het waardering daarvoor dat finansile oorwegings vir
uitgewers deurslaggewend is. En met goeie rede: Niemand bedryf tog ’n onderneming met die uiteindelike doel om ’n verlies te toon nie. Die feit dat geld bepalend is of ’n boek verskyn al dan nie, is vir skrywers ’n ongemaklikheid waarmee hulle moeilik saamleef.

Dat daar ’n kommerwekkende afname in die publikasie en verkope van die Afrikaanse boek is, kom ’n mens agter uit die beskikbare syfers. Francis Galloway en Rudi Venter het bevind dat daar tot met 2001 slegs 3 455 Afrikaanse titels verskyn het. Hierdie totaal word as volg verdeel:

80% — populre prosa
10% — literre prosa
8% — liter posie
2% — drama.

My vraag hierop is: Hoeveel van die publikasies is van skrywers uit die histories benadeelde Afrikaanse gemeenskap?

Hans Ester het nog ’n stelling gemaak wat oorbekend aan ons is:

Taal is deel van ’n ritueel van verryking en dien ook as ’n tipe emansipasie; letterkunde is bevrydend en laat ’n mens ander dinge sien, ander tale leer ken en maak nuwe wrelde oop.

Ek deel graag aan u mee wat die menings is wat in die bruin gemeenskap heers en die vrae wat daar gevra word:

— As die taal en publikasies in daardie taal ons erns is, waarom is die oes van die res van die Afrikaanse taalgemeenskap so klein?
— Waarom ervaar ons nie begeerte dat die verlede oopgeskryf word nie sodat die Afrikaanse gemeenskap die “ander dinge” waarvan Ester praat, kan sien nie — die dinge wat aan die anderkant van die spoorlyn gebeur het, waarvan die meeste lesers tot vandag toe nog nie weet nie?
— Wil ons dalk juis verhoed dat die Afrikaanse letterkunde bevrydend op ons psige inwerk?
— Waarom bestaan daar nog die opvatting dat die publikasie van skrywers uit die voorheen benadeelde gemeenskap se werk ’n wel deurdagte selektiewe proses is?
— ’n Bron van kommer onder skrywers wat vanuit die gemeenskap skryf, is dat die ho pryse van boeke diegene oor wie dit in die teks gaan, verhoed om die boek te bekom.
— Daar is ook ’n algehele verontwaardiging oor die aanname dat daar kwansuis nie ’n mark vir die werk van bruin skrywers is nie, terwyl ons weet dat daar ’n onontginde mark braak l.
— Skrywers glo dat die denkwyse soos dit toentertyd deur GS Nienaber verwoord, is nog steeds springlewendig is. Nienaber het die volgende ges:

“Kleurling-Afrikaans is ru van toon  dat aan Kleurling-Afrikaans, vergeleke met Boere-Afrikaans, waarde kleef van onbeskaafdheid en ruheid liewers as van onkunde, min boekgeleerdheid of onbeholpenheid.”
— En dit glo mense is vandag nog steeds die geval; daar word neergesien op die dialekte wat bruinmense gebruik, want dit sou skadelik inwerk op die GAT en GAL. Daarom moet publikasies uit di gemeenskap tot die absolute minimum beperk word.
— En verder het dit ’n soort inkennigheid by gebruikers van die onderskeie tongvalle ontketen, ’n gevoel van minderwaardigheid en draaie loop om die bepaalde variant van Afrikaans waarin hulle elke dag leef.
— Patrick Petersen beskou swart Afrikaans as ’n bevryde Afrikaans — vry van die apartheidassosiasie — wat dit vir die bruin gemeenskap weer moontlik maak om hul selfbeeld te herstel.
— En dit is die ruimte wat daar binne Afrikaans moet kom, dat alle variante van die taal dieselfde status as literre taal moet geniet. Inklusiwiteit eerder as die eksklusiwiteit waarvan ons in Afrikaans meer gehad het as wat ons kan verteer. (Hoor ek iemand s: Nog stds het?)

Ek glo vas dat die totale Afrikaanse spraakgemeenskap moet meewerk om te verseker dat die Afrikaanse boek en die kulturele ruimte waarbinne boeke moet verskyn, die moeilike tye waarin ons onsself bevind, oorleef. Maar as ons betrokke raak, asseblief nie in die styl van Praag en Dan Quichot en al die ander windmeulbestormers nie!

5. Die pad vorentoe

Die regering — provinsiaal en nasionaal, so ook alle instansies en indiwidue wat die belange van Afrikaans op die hart dra, moet betrokke raak by die bewaring en ontwikkeling van Afrikaanse kultuur. President Thabo Mbeki het in sy toespraak by die parlementsopening vanjaar veel klem geplaas op die regering se verbintenis tot kuns en kultuur. En Afrikaans moet by hierdie verbintenis baat, nie ten koste van die ander landstale nie maar ook nie as ’n mindere taal as gevolg van die sondes van die verlede nie.

Ons onthou mos hoe Afrikaanse besighede net na die Depressie die gedrukte woord help befonds het. Nou is dalk die tyd dat daar weer met so ’n poging vorendag gekom word, met die verskil dat l die verskillende Afrikaanse praatwrelde daarby sal baat.

Indien ons verantwoordelikheid vir die ontwikkeling van Afrikaanse kuns en kultuur aanvaar, moet ons toesien dat die Afrikaanse gemeenskap — veral daardie goepering wat nie deel was van die vorige bevoordeling van Afrikaans nie — hul regmatige deel van daardie koek kry.

Die Afrikaanse spraakgemeenskap, waarvan meer as vyftig persent nie wit is nie, gaan as gevolg van die vorige onderwysstelsel n die huidige een gebuk onder ongeletterdheid. In plaas daarvan om ons geld, energie en tyd op intellektuele debatte (dis wel nodig hoor!), optogte en ander aksies te bestee, moet die kwessie van die ho ongeletterdheidsyfer eerder aangepak en afgebreek word. En almal wat bely dat hulle Afrikaans, die Afrikaanse boek, die Afrikaanse kulturele ruimte bo alles liefhet, moet hieraan deelneem.

Hein Willemse (KKNK-Lesingreeks 2002) het die volgende oor ongeletterdheid te s:

Die toekoms van letterkunde (in sy breedste sin) hang af van die toegang van ons land se mense tot geletterdheid. Die afbreek van ongeletterdheid is van kardinale belang omdat ook Afrikaans se toekoms en uitbreiding as boektaal daarvan afhang.

En dit, my liewe taalgenoot, is die uitdaging waarvoor ons vanmre staan. As jy vandag, mre of oormre weggaan hier van Oudtshoorn in die Klein Karoo moet jy besin oor:

HOE die Afrikaanse gemeenskap -

  1. as ’n verenigde front op ’n verantwoordelike wyse met owerhede en instansies sal onderhandel om ’n beter toekoms vir Afrikaans en die Afrikaanse boek te beding;
  2. ten spyte van die talle faktore wat ons op grond van velkleur, materile besittings en dialekte verdeel, tog ter wille van die gemeenskaplike bindingsfaktore alles in die stryd sal werp om ’n verenigde front te vorm;
  3. antwoorde gaan soek op die magdom vrae waarmee dit gekonfronteer word, sodat dit tot voordeel van die Afrikaanse boek en leser aangespreek kan word;
  4. alle we gaan ondersoek dat boeke so bekostigbaar moontlik en so wyd as moontlik bemark sal word;
  5. gaan toesien dat Afrikaans ook in die nuwe bedeling sy regmatige plek as praat-, skryf- en vaktaal kan volstaan en steeds sal groei;
  6. gaan verseker dat almal saamwerk en maniere sal vind om betrokke te raak by geletterdheidsprogramme, leeskringe, die rel van skrywersbyeenkomste en leesprogramme vir die jeug en alle ander aktiwiteite wat die voortbestaan en groei van die Afrikaanse boek sal verseker;
  7. van getroue kunstefeesondersteuners ’n metamorfose sal ondergaan na aktiewe beyweraars wat die knelpunte binne die gemeenskap tot voordeel van alle Afrikaanssprekendes sal aanspreek.

Ek kan vanmre met ’n redelike mate van sekerheid verklaar dat ons nog ligjare ver van die laaste Afrikaanse boek af is.

Die laaste Afrikaanse boek sal nie verskyn nie, solank:

  • die wil daar is om in Afrikaans te skryf (soos baie van ons dit nou doen en in die toekoms steeds sal doen);
  • die wil om Afrikaanse boeke te publiseer daar is (soos Protea Boekehuis die leiding gee en ons hoop ander gaan volg);
  • die wil daar is om die boeke te koop, te lees en sinvol te bespreek (soos bewys deur die talle leesgroepe).

    Dat die proses drasties omgekeer moet word en die publikasies drie-viervoudig moet vermeerder, is gewis. Maar dit het ook tyd geword dat ons onomwonde aan die bekmakers oor Afrikaans en die Afrikaanse boek s: “Put your money where your mouth is!” En dat ons aan die diegene wat alles wil beduiwel met skop-skiet-en-donder-maniere, sal s: “Afrikaans het nie mense nodig wat meer skade as goed aanrig nie.”

    Ek kry die gevoel dat ons alte dikwels by mekaar verby praat eerder as om mt mekaar te praat. Ek wil dus voorstel dat ’n beraad waar skrywers en alle ander belanghebbendes soos uitgewers en boekliefhebbers byeen kom, as ’n saak van dringendheid beskou moet word. ’n Beraad waar lle rolspelers kan besin oor ’n nuwe strategie vir die Afrikaanse boek.

    Verder wil ek pleit dat ons minder sal mor en kla, maar besig sal wees om te werk vir die saak van die Afrikaanse boek. Soos in die Sionsgesang wat ek as kind gesing het: “Elkeen in sy hoekie, ook ek en jy.”


    (Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SNet by katvis22.yahoo.com.)

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.