SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Watter kerk?

Piet Muller

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Watter kerk?”. Dr Piet Muller is ’n bekende toekomskundige.

Die Amerikaner Oliver Wendell Holmes het eenmaal gesę: “The mind, once stretched by a new idea, can never return to its original proportions.”

Dit is ook waar vir idees wat ons in ons daaglikse lewe en wandel raakloop en wat uiteindelik ons godsdienstige oortuigings beďnvloed.

Dink maar aan die implikasies van die kwantumfisika: Wanneer ’n mens eers besef het dat selfs die mees soliede voorwerp eintlik ’n wolk van wentelende energievelde is, is dit onmoontlik om ooit weer terug te keer na ’n węreldbeeld waar atome ondeelbaar en so solied soos biljartballe is. Maar dit gaan selfs verder: Onvermydelik begin ’n mens die kwantumfisika toepas op jou eie beeld van die heelal, en dan begin ’n mens besef dat die antieke drieverdiepingwęreld, met God in die “hemel”, mense op die aarde en verdoemdes in ’n hel onder die aarde, net nie meer haalbaar is nie.

Dit is dan dat selfs stoere Gereformeerde instellings twyfel ontwikkel oor die artikel in die Apostoliese Geloofsbelydenis wat sę dat Jesus “neergedaal het na die hel” — al verduidelik 1 en 2 Petrus dat Jesus nie net tot in die hel gedaal het nie, maar selfs dwarsdeur die hel tot in die hel se tronk, Tartarus (wat in die Afrikaanse Bybel vertaal word met “die gevangenis”) en daar gaan preek het vir die dooies wat in die tyd van Noag nie na die oproep tot bekering wou luister nie.

Ons lewe in ’n węreld waar kennis vinniger en vinniger toeneem. Daar word reeds gesę dat rekenaarkrag elke 18 maande verdubbel, en dat kennis in die kielsog daarvan net so vinnig vermeerder. Dit beteken letterlik dat al die oorvloed van kennis en inligting waaroor ons vandag beskik, teen die einde van die volgende dekade waarskynlik net sowat een persent van die węreld se totale kennispoel sal uitmaak.

Kyk gerus na hierdie transparant. Elke minuut daarop verteenwoordig 50 jaar se geskiedenis. In totaal dus 3 000 jaar se geskiedenis. Op hierdie tydskaal het al die elemente wat ons moderne en postmoderne węreld help skep het, slegs nege minute gelede verskyn. En nege minute gelede was in 1432, toe Gutenberg se Bybel met los letters gedruk is.

Die postmoderne mens moet bykans daagliks nuwe inligting verwerk en in sy geloofsraamwerk inpas. En as die kerk nie net so hard probeer om al die nuwe inligting ook in sy eie geloofsraamwerk in te pas nie, ontstaan daar ’n groter wordende gaping tussen die kerk se belydenis en gewone mense se daaglikse ervaring.

Ons het reeds gewys op die groeiende ongemak met die belydenis dat Jesus “neergedaal het na die hel”. Maar dieselfde geld vir bykans die elke klousule in die Apostolicum:

  • Ek ken gereelde kerkgangers wat stilweg vir jou sal sę dat hulle die geloofsbelydenis kan volg tot by “Ek glo in God …” maar nie ’n letter verder kan gaan nie. Dit is veral vroue wat toenemend worstel met die frase “God die Vader”, want dit is die een frase wat vroue die afgelope 1 500 jaar uit kerklike ampte gehou het. Soos ’n pous ’n paar jaar of wat gelede nog gesę het: Vroue kan nie priesters word nie, want as vroue kan hulle nooit aardse beelddraers wees van ’n manlike God nie …

    Sedert feministiese teoloë ook van God begin praat het as “Sy”, aanvaar hoofstroomteoloë geredelik dat God eintlik onsydig is. Daarom glo ek dat die geloofsbelydenis binne ’n dekade of wat ook God se vroulike kant sal bely. Veral as ’n mens daaraan dink dat vroue so vinnig tot kerklike ampte toetree dat hulle aan die einde van die volgende dekade waarskynlik die meerderheid ampte in Eerste Węreldse kerke sal beset. Trouens, van die tien studente wat vanjaar as studente van die Hervormde Kerk ingeskryf het, is nege reeds vroue.

  • In hoe ’n mate daar al ’n skeiding gekom het tussen gewone Christene se geloofservaring en die Apostoliese Geloofsbelydenis, kan ’n mens sien aan die feit dat Christene Sondag vir Sondag “saam met die kerk van alle eeue” bely: “Ek glo aan die wederopstanding van die vlees”, terwyl hulle waarskynlik oorweldigend glo aan die “onsterflikheid van die siel …”

    Mense vra dikwels vir my of ’n toekomskundige ’n soort profeet is wat voorspelling oor die toekoms maak. Die antwoord is natuurlik kortweg: “Nee”. Die toekoms bestaan nog nie en daarom kan dit ook nie voorspel word nie. Maar wat ’n mens wel kan doen, is om bestaande tendense raak te sien, te ontleed en die volle konsekwensies daarvan te probeer bepaal. Kyk ’n mens net na die paar voorbeelde wat ek al genoem het, is dit duidelik dat groot en radikale veranderinge reeds besig is om binne die Christelike geloof plaas te vind.

  • Onlangs het daar in Suid-Afrika ’n klein relletjie losgebars omdat ’n bekende teoloog twyfel uitgespreek het oor die “Drie-eenheid” van God. Sonder om op die meriete daarvan in te gaan kan ’n mens wel daarop wys dat dit ’n ou en seer doring is wat al van die dae van die Hervorming af kom. Die rede waarom die Spaanse hervormer Michael Servetus in Calvyn se Genčve verbrand is, is onder meer dat hy Calvyn uitgedaag het tot ’n debat oor die vraag waarom hy bereid is om ’n geloofsbelydenis te aanvaar waarvoor daar nie ’n enkele verwysing na die Drie-eenheid in die Bybel self voorkom nie

    In die 21ste eeu het daar natuurlik nog ’n dwingende rede bygekom wat hierdie konsep voortdurend onder skoot sal hou: die feit dat die kosmos volgens die kwantumfisika uit energievelde bestaan. Teen hierdie agtergrond word dit al hoe onaanvaarbaarder om van God as ’n “persoon” te praat. Toe Obi-Wan Kenobi in Star Wars vir Luke Skywalker gesę het, “May the Force be with you,” het hy ’n metafoor gebruik wat die God van die nuwe kosmologie baie noukeuriger beskryf as wat ons ou metafore van “God as ’n Persoon” ooit kan doen.

    Ek wil dit baie duidelik stel: Mense is nie besig om ongelowiger te word nie. Trouens, daar bestaan waarskynlik ’n dieper behoefte aan spiritualiteit as ’n halfeeu gelede; boonop is daar maatskaplike faktore aan die werk wat die kerk-as-instelling vorentoe nog onontbeerliker gaan maak as tans.

    Wat ek wel sę, is dat die węreld se kennis en inligting elke agtien maande verdubbel en dat die węreld, ook vir gelowiges, teen ’n rasende vaart verander. In die lig hiervan sal die kerk heelwat meer moet doen om ou geloofswaarhede te verduidelik in begrippe wat vir eietydse mense verstaanbaar is, anders gaan die kloof tussen gewone gelowiges en amptelike dogma al groter word.

    Die kerk is, net soos enige ander instelling, ook aan die wette van verandering onderworpe. Volgens Land en Jarman vertoon alle organisasies, van ’n verhouding tot ’n maatskappy en ’n kerk, drie duidelike fases. Die eerste fase is die pioniers- of entrepreneursfase: iemand kry ’n nuwe idee en begin iets nuuts. Oorleef dit hierdie fase, ontwikkel daar geleidelik ’n tweede fase wat in vele opsigte dramaties van die eerste verskil: dit is ’n professionaliseringsfase, waarin beroepsbestuurders — of in die kerk se geval, beroepsteoloë en priesters — die beheer van die instelling oorneem.

    Alle organisasies is egter in voortdurende dialoog met hul omgewing. Kan dit nie by die omgewing aanpas nie, sterf dit. Pas dit egter suksesvol aan, ontstaan daar ’n nuwe groeifase, wat in vele opsigte lyk soos ’n nuwe eerste fase, en begin die siklus weer van voor af.

    Daarom kan die groei van ’n organisasie nooit as ’n reguit lyn uitgedruk word nie. Dit is eerder ’n stygende lyn van voortdurende nuwe beginne, waarvan elke nuwe groeifase ’n belangrike verandering in die wese en aard van ’n organisasie verteenwoordig.

  • Pas ’n mens hierdie beginsel toe op die geskiedenis van die kerk, dan verteenwoordig die eerste krulletjie op die grafiek waarskynlik die omvorming van die Christendom as ’n Joodse sekte tot ’n tipies Hellenistiese godsdiens. Hierdeur begin daar spanning in die kerk opbou tussen Joodse Chreidene en “heidense” Christene.

  • Met die volgende fase kom keiser Konstantyn op die toneel en help om die Ortodoksie te vestig. Joodse Christene wat vasklou aan die monoteďsme word as “ketters” uit die kerk gedryf.

  • Die volgende fase verteenwoordig die ontstaan van ’n professionele priesterdom, op ’n tydstip toe so ’n instelling deur sowel die Judaďsme as Islam verwerp is. Dit hou enorme teologiese en politieke implikasies vir die kerk in en veroordeel vroue tot tweedeklas-Christene.

  • Die daaropvolgende groeifase verteenwoordig die voltooiing van die Apostoliese Geloofsbelydenis, waarmee finaal ’n streep getrek word tussen die Hellenistiese kerk en die Christene van die Midde-Ooste. Christene uit Sirië, waar die woord “Christene” vir die eerste keer gebruik is, emigreer selfs Indië toe om onder die nuwe teologiese dwingelandy uit te kom.

  • Die fase daarna het eweneens enorme politieke en teologiese gevolge. Dit hang saam met die skeuring tussen die Oos-Romeinse en die Wes-Romeinse Ryk, wat nie alleen die Christendom in twee kampe verdeel nie, maar aanleiding gee tot twee Christelike tradisies, elkeen met ’n eie verlossingsplan. ’n Geval van een Jesus, twee Christusse.

    Hieruit u kan u duidelik sien dat dit ’n romantiese beeld is om te dink dat die Hervorming van die 16de eeu die enigste, of selfs die belangrikste, “hervorming” was wat die kerk deur die eeue ondergaan het. Daar was deur die eeue ander hervormings wat groter teologiese en politieke implikasies gehad het.

    Pas ’n mens Land en Jarman se beginsel van verandering op die twintigste en een en twintigste eeue toe, kom ’n mens eweneens tot verrassende gevolgtrekkings. Dan lyk die periode waarin ons leef, baie soos die polsende en gistende periode 2 000 jaar gelede wat die ontstaan van die Christendom self voorafgegaan het. Dit is ’n tydperk waarin die grense tussen Oos en Wes uitgewis is en die groot węreldgodsdienste skouer aan skouer langs mekaar bestaan. ’n Tydperk van ongekende sinkretisme, waarin selfs Christene besig is om elemente uit ander godsdienste te neem om hul eie persoonlike godsdiens mee te verryk.

    Dan praat ons nie eens van die ontdekking van die Dooie See-rolle en veral die Nag Hammadi-geskrifte in 1945 nie. Laasgenoemde is besig om ons ’n blik te gee op ’n haas vergete Christendom uit die eerste drie eeue.

    Skielik besef ons dat die Christendom, voor die vorming van die Ortodoksie, ’n groter verskeidenheid getoon het as wat ons ooit vermoed het. Daar was bv groepe waarin vroue voluit kon deelneem, sonder enige vorm van beletsel. Hulle het nie net gepreek en sakramente bedien nie, maar inderdaad ook die hoogste ampte in die kerk beklee.

    Om af te sluit met Land en Jarman se wette van verandering: Alle verandering loop oor drie fases: Fase 1 is ’n pioniers- en groeifase; fase 2 is die organisatoriese fase; en fase 3 is ’n nuwe pioniersfase, wat baie elemente van fase 1 vertoon.

    Op grond hiervan — en op grond van duidelik waarneembare tendense wat węreldwyd voorkom — kan ’n mens redelikerwys die volgende voorspel:

  • Dat die Christendom besig is om te splyt in ’n Fundamentalistiese Kerk (fundamentalisties omdat dit die “fundamentals” aanvaar, soos dat die Bybel volledig die woord van God is en die Geloofsbelydenis letterlik aanvaar moet word), en aan die ander kant ’n “liberale” Kerk wat die geloofswaarhede probeer aanpas by die nuwe, ontluikende węreldbeeld.

  • Daarnaas ook ’n “apofatiese” of stille Christendom, vir wie meditasie, stilte en bepeinsing steeds belangriker gaan word, en wat besondere ooreenkomste toon met die Kerk van die eerste drie eeue.

  • Soos die globale węreld ontvou, gaan die Fundamentalistiese Christendom toenemend ’n Christendom van die Derde Węreld word. ’n Uiters belangrike Christendom, omdat die volgende pous waarskynlik uit die Derde Węreld sal kom.

  • ’n Skeiding tussen ’n Eerste en ’n Derde Węreldse Christendom sal egter gevolge hę wat net so ingrypend is as die destydse skeiding in die Christendom tussen ’n Griekse Ortodokse en die Rooms-Katolieke Christendom. Dit sal waarskynlik die Christendom verdeel in twee “gelowe” wat min vir mekaar te sę gaan hę.

    En dit alles gebeur omdat die Christendom ’n lewende geloof is en soos alle lewende organismes en organisasies voortdurend moet aanpas om relevant vir sy omgewing te bly.

    Ingrypende veranderings het in die verlede plaasgevind en sal aanhou plaasvind solank as wat die Christendom bestaan. Die rede waarom ons vandag meer daarvan bewus is, is bloot dat verandering aan ons omgewing vandag vinniger as ooit tevore plaasvind — en miskien ook omdat baie Christene stilweg, en teen hul beterwete in, hoop dat die kerk die een element in ’n veranderende węreld sal bly wat self nie sal verander nie.


    (Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SęNet by katvis22@yahoo.com.)

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.