SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die uitvoerende kunste

Marlene le Roux


Direkteur: Ontwikkeling en Onderrig
Kunstekaap

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Die rondgaande verhoog: (Suid-) Afrikaanse kultuur nŠ 1994” Marlene le Roux is die kunste-administrateur van Kunstekaap)

Ons wat oor baie jare onvermoeid teen die ongeregtighede van apartheid op alle lewensterreine gestry het, het vas geglo dat die aanbreek van demokrasie tot radikale regstelling in die onderwys en kunste aanleiding sou gee. Ons was oortuig dat die nuwe regering die uitvoerende kunste as ’n belangrike demokratiseringsagent sou sien en gevolglik die historiese verontregting wat doelbewus gepleeg is, daadwerklik sou aanspreek.

Ons was eweneens oortuig dat hulle wat uitsonderlike bevoorregting in die verlede geniet het, spontaan sou meewerk om transformasie te bewerkstellig.

Weinig vordering, buiten ’n stortvloed welluidende retoriek, het ongelukkig sedertdien plaasgevind. Op enkele uitsonderings na is geleenthede en voorregte in die uitvoerende kunste, soos tydens die apartheidsera, steeds ’n klein blanke elite beskore. Ten spyte van ’n verblydende toename in swart uitvoerende kunstenaars, is gehore steeds oorwegend wit en produksies steeds oorwegend Eurosentries.

Waarom weerspieŽl die uitvoerende kunste na byna ’n dekade van demokrasie steeds nie ons kultuurverskeidenheid nie? Waarom, met die uitsondering van koorfeeste, is die gehoorprofiel in ons teaters en by ons kunstefeeste steeds oorwegend wit? Stel histories verontregtes nie in die uitvoerende kunste belang nie, of is daar ander diepliggende oorsake wat gerieflikheidshalwe verontagsaam word?

Hierdie is vrae wat nie langer onbeantwoord gelaat kan word nie.

Hoewel daar beslis meervoudige antwoorde is, moet die regering ’n groot deel van die blaam dra vir die gebrek aan transformasie in die uitvoerende kunste. Deur aanvanklik kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie in een ministerie saam te gooi, het die regering verseker dat kuns en kultuur die stiefkinders van daardie portefeulje sou wees en nie prioriteitsaandag sou ontvang nie. ’n Direkte gevolg was dat die verantwoordelike minister en sy departement in gebreke gebly het om duidelike leiding met betrekking tot kuns en kultuur te verskaf en versuim het om goed deurdagte strategieŽ en planne ter bereiking van bepaalde doelwitte te implementeer.

In plaas van ’n finansieel gesonde en verteenwoordigende kunstebedryf te skep, is die uitvoerende kunste deur ondeurdagte besluite geknou en is staatsgefinansierde teaters toegelaat om op verbloemde wyses voort te gaan om op Eurosentriese kuns wat primÍr tot wit gehore spreek, te konsentreer. Simfonie-orkeste wat oorweldigend blank is en hoofsaaklik dieselfde repertoire as in die verlede vir oorwegend blanke gehore speel, operageselskappe met ’n beduidende getal swart sangers wat geykte operas vir hoofsaaklik blanke gehore sing, en balletgeselskappe wat klassieke balletproduksies vir oorwegend blanke gehore dans, is steeds die norm in ons staatsgefinansierde teaters. Hier en daar, tot oŽnskynlike tevredenheid van die minister en sy departement, word ’n transformasie-sousie oor alles gegooi en word daar bedrogtelik voorgegee dat diversiteit ’n prioriteit is. Daar sal nog gesien moet word of die daarstelling van ’n afsonderlike direkteur-generaal vir kuns en kultuur ’n betekenisvolle verbetering gaan meebring.

Gedagtig aan die desperate behoefte van histories verontregte gemeenskappe om hulself aan die verontmenslikende armoede van die apartheidsera te ontworstel, is met reg verwag dat die regering na 1994 die onderwysklem op bemagtiging sou plaas. Onderwysowerhede het egter, in plaas van ’n onderwysstelsel te ontwerp wat ons mense so spoedig moontlik in staat sou stel om hulself aan die tragiese gevolge van apartheid te ontworstel, verkies om te eksperimenteer met uitheemse en hoogs twyfelagtige onderwysstelsels wat vir hoogs ontwikkelde lande ontwerp is. Die tragiese gevolg hiervan is dat kwaliteitonderwys, soos tydens die apartheidsera, weer eens slegs leerders in finansieel bevoorregte gemeenskappe beskore is. Leerders in histories verontregte gemeenskappe word steeds verplig om by skole met ’n erg verwaterde kurrikulum, ’n tekort aan opvoedkundige hulpbronne, groot klasse en swak-opgeleide onderwysers in te skryf.

Hoewel daar nie fout te vind is met die klem wat teenswoordig op vakke soos wiskunde en wetenskap gelÍ word nie, vind dit ongelukkig tot nadeel van vakke soos musiek en kuns plaas, wat voortaan in ’n ondergeskikte trosvak saamgegroepeer word.

Nieteenstaande allerlei versekerings deur die onderwysowerhede dat hulle ’n holistiese opvoedingsbenadering nastreef en sensitief is om nie die persoonswording van leerders te strem nie, is dit juis wat nou in histories verontregte gemeenskappe gebeur. Musiek- en kunsonderrig word, ten spyte van die bewese opvoedkundige belangrikheid daarvan, buite hulle bereik geplaas. Die bewese musiek- en kunstalent wat in histories verontregte gemeenskappe teenwoordig is, word hierdeur die geleentheid ontsÍ om tot volle ontluiking te kom. Deur die kurrikulum op sogenaamde markgerigte vakke soos wiskunde en wetenskap te fokus, word die uiters belangrike rol wat musiek en kuns in die vestiging van ’n tolerante en sterk demokratiese kultuur speel, misken.

Die ondeurdagte besluit van die onderwysowerhede om voortaan musiek en kuns tot elemente van ’n omnibus-tipe vak te degradeer, gaan slegs die ongelykhede vererger wat daar steeds tussen histories verontregte en bevoorregte leerders is. Leerders aan skole wat oor die finansiŽle vermoŽ beskik om addisionele leerkragte te bekostig, sal steeds musiek en kuns as vrystaande vakke kan neem. Hierteenoor sal leerders in histories verontregte gemeenskappe aan die droŽ speen moet bly suig en met afgewaterde musiek- en kunsonderrig tevrede moet wees.

Uiteraard gaan die besluit om die status van musiek en kuns as skoolvakke te degradeer, ’n beduidende impak hÍ op die oorlewingstryd wat die meerderheid van ons kunstenaars en teaters tans stry. Indien ons onderwysowerhede nie meewerk om ’n sterk uitvoerendekunste-kultuur by leerders te vestig nie, gaan die uitvoerende kunste van krisis tot krisis bly struikel en geleidelik doodbloei. Dit sal die strewe om toe te sien dat ons teaters toenemend toeganklik vir alle gemeenskappe is, en in hulle diverse behoeftes voorsien, verydel.

Hoewel die toenemende aantal kunstefeeste wat die afgelope paar jaar oral in ons land plaasvind, verwelkom word, is hierdie feeste ’n duidelike bewys dat ons samelewing steeds uit ’n verskeidenheid kultuureilande bestaan en dat daar tot dusver weinig transformasie met betrekking tot die uitvoerende kunste is. Ten spyte van die prysenswaardige pogings wat aangewend word om hierdie feeste as ’n toonvenster van kultuurverskeidenheid voor te hou, is die kunstenaars, aanbiedings en gehore hoofsaaklik verteenwoordigend van die wit kultuur.

Ongeag uit watter hoek daarna gekyk word, is hierdie feeste hoofsaaklik ’n uiting van ’n Afrikanerkultuur wat weinig sedert 1994 verander het. Ten spyte van kosmetiese pogings om ander kulture by hierdie feeste aan te lap, slaag hulle nie om gehore te lok wat ons kultuurverskeidenheid weerspieŽl nie. Trouens, hierdie feeste is die duidelike bewys dat die uitvoerende kunste nog grootliks op blanke gehore afgestem is en as gevolg daarvan grootliks deur blanke gehore ondersteun word. Die ywer van sommige organiseerders om die wesentlike aard van hierdie feeste te verander, word ongelukkig heel dikwels deur die kultuurrigiditeit van hul primÍre teikengehore aan bande gelÍ. Baie sit steeds in hul tradisionele denkraamwerke vasgevang, kyk steeds na die wÍreld deur die lens van wit bevoorregting, en het weinig begrip vir ander kulture en die behoeftes van daardie kulture. Hoewel hulle bely dat apartheid dood is, weerspreek hul houdings en gedrag wat hulle bely.

Die uitvoerende kunste, veral die rondgaande verhoŽ, bied ’n wonderlike geleentheid om die kultuurklowe in ons land te oorbrug en hegte bande van begrip en aanvaarding tussen al ons mense te smee. Hierdie rondgaande verhoŽ kan verseker dat die uitvoerende kunste die eng kultuurraamwerke waarbinne baie van ons, veral Afrikaners, steeds vasgevang sit, deurbreek word en dat ons bevry word van die ongeldige aannames en vrese wat ons steeds jeens mekaar koester. Kunstefeeste soos die een in Oudtshoorn het die potensiaal om ’n samebindende fees van alle kulture, deur alle kulture vir alle kulture te word.

Indien dit ons erns is om te verseker dat histories verontregte gemeenskappe die vrugte van die vryheid pluk waarvoor hulle gestry het en ons ’n samelewing wil word wat op sterk demokratiese waardes geskoei is, durf ons nie die belangrike rol wat holistiese onderwys en die kunste hierin kan speel, negeer nie.

(Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SÍNet by katvis22@yahoo.com)


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.