SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Watter kerk?

Murray Hofmeyr

Hierdie lesing het deel uitgemaak van Die Burger-Lesingreeks tydens die afgelope KKNK, onder die gesprekstema “Watter kerk?”. Dr Murray Hofmeyr is ’n Afrika-teoloog en filosoof aan Univen.


Op grond van my vermoede dat hierdie vraag gevra word onder andere binne die raamwerk van die diskoers rondom die sogenaamde Nuwe Hervorming, sluit ek bewus aan by twee motiewe uit ’n vorige gesprek, gehou tydens Aardklop in September 2002.

Eerstens Piet Muller se verwysing na Jesus as ’n wysheidsleraar, en tweedens Christina Landman se vraag of die Nuwe Hervormers se woorde mense gesond kan maak.

Wat Jesus as wysheidsleraar betref: Die vraag “Watter kerk?” volg konsekwent op die vraag “Watter Jesus?”. Volgens oorgelewerde tradisie, ook vervat in belydenisskrifte, is die kerk dit wat gebeur as die Heilige Gees uitgestort word. Ons glo nie in ’n kerk nie, en selfs aan ’n kerk nie. Ons glo die kerk. As ons glo, dan word kerk. Die Heilige Gees is die Gees van Christus. Die gees van Jesus van Nasaret, dus, soos verkondig en betuig as die Christus, die messias, die saligmaker, die koning der konings, die vervuller van profesie, die priester wat homself offer, die wysheid verpersoonlik, die bevryder, die kantkieser vir die armes.

Om net op een van hierdie tradisies te konsentreer is verstaanbaar binne ’n konteks van die balans herstel, maar verteenwoordig ’n verskraling en reduksie. Eerder as om te sÍ Jesus is nie ’n saligmaker nie, maar ’n wysheidsleraar, stel ek voor ons vra: Wat maak hom besonders, in vergelyking met ander wysheidsleraars (dit was ’n goed ontwikkelde tradisie in die ou Ooste), en wat is so besonders aan sy beliggaming van die kultiese tradisie, en die profetiese, en die apokaliptiese? Wat maak hom die koning der konings, en hoe lyk koningskap en mag vir mense wat sÍ hy is God; soos hy koning is, is wat koning wees regtig is; soos hy die wÍreld sien, is soos die wÍreld waarlik is en daarom behoort te wees.

Dis ’n lang storie. Selfs Jesus as wysheidsleraar dreig om te vervlak as hy nie binne ’n tradisie gesien word nie - eers die wye universele tradisie van menslike wysheid, dan wysheid in Israel, binne die konteks van die politieke en sosiale en ekonomiese realiteite van die Laat Bronstydperk en VroeŽ Ystertydperk, en die oorgang van die een na die ander, in wat ons altyd heel kolonialisties die Antieke Nabye-Ooste genoem het. Ons moet by Israel begin as ons wil weet “Watter Jesus?” om te kan sÍ “Watter kerk?”

Dus: Wie of wat was Israel? Hier skei die geeste. Dit help nie om mooi broodjies te bak nie. Hier is die eerste groot strydpunt, en al is akademici verplig tot ’n mate van objektiwiteit, gaan hierdie stryerye gepaard met baie passie.

Ek behoort tot die “skool” of benadering wat daarop aandring dat die vraag “Wie of wat was Israel?” nie beantwoord kan word sonder die gebruik van literÍre en veral sosiologiese ondersoek of situasie-analise nie. En sodra ’n mens sosiologiese vrae vra, het jy ’n sosiologiese teorie, of selfs ’n paar, en die prentjie wat jy teken as jy al die punte wat min of meer vasstaan, verbind, of watter punte vir jou vasstaan, hang baie af van jou teorie. Jou teorie, weer, word beÔnvloed deur jou eie sosiale posisie. Dis oorbekend, en tog is die gevaar van die blinde kol nooit genoeg besweer nie - dis waarom ek so in dialoog glo.

Ek het goed middelklas grootgeword en vir baie lank was die eksistensiŽle waarheid vir my alles. Nou werk ek al ’n hele aantal jare aan ’n universiteit waarvan die meeste studente geen ervaring het van ’n middelklasbestaan nie, en van hulle is heelwat brandarm. Ons kampusklinieksuster vertel my die meeste van hulle daaglikse noodgevalle kan weer opstaan na hulle suikerwater gedrink het, ’n duidelike teken van honger. Algaande het ek minder en minder verbaas gereageer as my studente nie veel nut gehad het vir my eksistensiŽle interpretasies nie.

Ek is ook in my bewuswording begelei deur die teoloog met wie se teologie ek jare lank geworstel het, JB Metz, wie se hoofwerk die titel dra: Geloof in die geskiedenis en die maatskappy.

Geskiedenis: Ferdinand Deist-hulle het reeds in die tagtigerjare ’n populÍre boekie geskryf getiteld God en sy Koninkryk, waarin die punt oor en oor gemaak word: Israel was nie altyd Israel nie. Israel se ontstaansgeskiedenis was ’n dinamiese proses waaraan heelwat uiteenlopende groepe deelgeneem het. Israel was nie altyd Israel nie, en daarom was hulle God ook nie altyd dieselfde nie; ook Israel se God het geword wat hy was.

Maatskappy: Dit was Norman Gottwald en later veral Rainer Albertz wat my bewus gemaak het van die belang van die vraag na die sosiale posisie van hierdie groepe, en hoe hulle bydrae tot die gesprek - wat ons vandag gevries as Bybelboeke het - bepaal is deur die hoek van waaruit hulle dinge gesien het.

Ook die Kairos Dokument, destyds so kontroversieel, het ’n rol gespeel om my te laat sien dat ’n “kerklike teologie” wat op ’n gewaande neutraliteit staatmaak, maklik ’n neutrale Godsbegrip kan insmokkel deur van menslike verhoudings in abstraksie te praat sonder om die magsaspekte in ag te neem. Die God van die suburbs, wat nie die ware konflikte registreer nie, wat sweef Írens bo die werklikheid van onderdrukking en strukturele geweld. So ’n god is net soveel van ’n illusie as die beloofde menswaardigheid en respek wat sy aanbidders kry uit die soort karre wat hulle ry en die skoene wat hulle dra. Net soveel van ’n illusie as die neutraliteit waarop hulle aanspraak maak. Hulle het altyd alreeds kant gekies. Destyds het ons gesÍ hulle wys waar hulle staan deur meer te kla oor die geweld van die gewapende stryd as oor die geweld van beplande armoede en georganiseerde uitsluiting.

Vandag lyk die tekens anders, maar die tendens is steeds daar, die verinnerliking en privatisering van die geloof. En dis nie so verkeerd om altyd reeds kant te gekies het nie as wat die oneerlikheid onaanvaarbaar is om te dink jy is nie ook sosiaal geposisioneer nie, en te ontken dat dit jou dinge uit ’n hoek laat sien en nie van bo af nie.

Gottwald se antwoord op die vraag wie en wat Israel was, hang saam met sy antwoord op die vraag hoe Israel in beheer van Kanašn gekom het. Hy sÍ die gemene deler wat verskillende groepe na mekaar laat graviteer het, was hulle gedeelde opstand teen die hiŽrargies-gestruktureerde regeringstelsel en sosiaal-ekonomiese toestande in die Kanašnitiese stadstate. Een van die groepe het uit Egipte gekom waar hulle suksesvol was daarin om die mag van die magtigste heerser op aarde uit te daag. En saam met hulle het hulle ’n siening van God gebring wat lynreg verskil het van die heersende Godsbeskouings van die tyd. Dit het die ideologie en organisatoriese raamwerk verskaf wat almal wat gekant was teen die uitbuiting en onderdrukking, kon saamsnoer in ’n effektiewe rewolusionÍre beweging. So was hulle in staat om die dominante produksiesisteem van die stadstate te verban uit die onherbergsame hooglande en dit te vervang met ’n sisteem van vrye landbou binne ’n losse stamstelsel.

Hier aan die begin van die nuwe millennium, ’n goeie vyftien jaar na die ineenstorting van werklik-bestaande sosialisme, klink Gottwald se teorie dalk al ’n bietjie lank in die tand, en hy ly sonder twyfel nie aan ’n onvrugbare verbeelding nie. Sy aanpak het my egter blywend beÔnvloed en ek kry swaar om enige teorie oor religie en religieuse tekste ernstig op te neem wat nie ’n deeglike maatskaplike analise maak van die konteks toe en nou nie. En ek wag steeds op ’n beter teorie as die een wat sÍ die diverse groepe wat uiteindelik saamkom in die komplekse groep “Israel” is in staat tot relatiewe eenheid omdat almal teen die hiŽrargiese sosiale bestel van die stadstate van Kanašn gekant is. Hulle Godsbeeld is gevorm in die stryd teen staatsoorheersing. Hulle probeer hard om ’n kritiese balans tussen solidariteit en vryheid te vind. En as hulle deur omstandighede gedwing word om mag te sentraliseer, gaan dit gepaard met ’n stryd om so aan hulle staat beslag te gee dat Israel Israel kan bly, die volk van die God van vryheid en geregtigheid en genade. In een.

Diegene wat onderdruk voel deur die monoteÔsme, moet nie vergeet watter vryheidsenergie en opstandreserwes daar eens in opgesluit was nie. Dit blyk mooi uit vergelykende studies. Die Sumeriese verhaal van Enki en Enlil, waar een god magtig is en die ander genadig, eindig in die permanente verslawing van die mense, want die gawe god wat hoor hoe hulle kerm onder die sweepslae, en wat hulle tot opstand aanspoor, is uiteindelik nie opgewasse teen die magtige en slegs magtige god nie. Een van die betekenisvolle konseptuele vernuwings wat Israelitiese teoloŽ bring, is om uiteindelik, na vele eksperimente, die Skepper en die Bevryder te verenig in Jahwe.

Sedert Marcion (en sekerlik al voor hom) moet ’n mens altyd weer hoor dat ons beskaafde, goeie mense te gesofistikeerd geraak het vir die bloeddorstige Ou Testamentiese oorlogsgod. Dinge verander as jy die drama lees in al sy bedrywe, en dan nog die oorloŽ as bevrydingsoorloŽ verstaan. En verder maak gesofistikeerde wapens blykbaar nie outomaties van ons beskaafde mense nie. Volgens Israel se beste teoloŽ hoor Jahwe die klagtes van die slawe en is hy magtig genoeg om iets daaraan te doen - as die slawe bereid is om die ondenkbare te dink en te doen, naamlik vryheid te waag, en ’n God te verbeel wat daarvoor staan.

Terloops: Die monoteÔsme het natuurlik ook bepaalde probleme en die teologiese proses eindig nie daarmee nie, maar pogings word uiteindelik aangewend om God in verhoudingsterme te dink, ’n verhouding van wedersydse anders wees (JŁngel), en die gevolg is die triniteitsleer, waarmee baie mense vandag probleme het, sonder om altyd te besef watter konseptuele innovering hierin opgesluit lÍ.

Terug by Israel: So kom die grondwet van Deuteronomium 12-26 uiteindelik tot stand. Ek volg hier vir Flavius Josephus wat by die Romeine spog dat sy sogenaamde agterlike volk (wat hy verraai het) lank voor die Grieke al ’n “politeia” gehad het, ’n grondwet. Dis hoe ook Spinoza hierdie “wet” gelees het - as ’n konstitusie, die basis vir ’n konstitusionele monargie, kompleet met ’n handves van menseregte, waarin die regte van die swakkeres - die weduwee, wees, arme en vreemdeling - sentraal staan. En waar die koning verbied is om ’n groot leŽr en magtige wapens te hÍ - net genoeg om die grondwet te beskerm. Sy werk is bloot om die grondwet te bestudeer en dit in stand te hou. Die ekonomie mag niemand permanent verslaaf nie. Elke sewe dae moet ekonomiese aktiwiteit onderbreek word en moet die skepping as geskenk aan almal gevier word. Elke sewe jaar moet lenings vrygeskeld word. En die wat hulleself of hulle kinders as slawe moes verkoop om lenings te betaal, moet ook vry. Lees ’n mens hierdie merkwaardige dokument as ’n grondwet van die Godsvolk, kry “gehoorsaamheid aan die wet” as voorwaarde vir geluk in die beloofde land praktiese betekenis. En selfs leerstellings soos “buite Israel (en uiteindelik die kerk) geen saligheid” kan met nuwe oŽ gelees word, want as die grondwet nie in stand gehou word nie, as die swakkeres toegelaat word om uit die beskermingsnette te val, is “wel wees” ’n illusie, in weerwil van al die gepamperlang.

Soos te verwagte, was een van die tendense om die hele ding te veretnies, maar die stemme van die wat inklusief bly dink het, kon nie heeltemal stilgemaak word nie - tot die Godsvolk behoort almal wat die grondwet toe-eien en daarvolgens lewe, of hulle nou Moabiete of Amoriete is - kyk Rut.

Ook die wysheidstradisies kan ontsluit word teen die agtergrond van hierdie model. Die boek Job is nie net een van die mees aangrypende poŽtiese werke van alle tye nie, maar ook ’n wysheidsboek van groot betekenis.

Ekonomiese omstandighede tydens die Persiese koloniale tydperk, met die gepaardgaande handelsgeleenthede wat daardie tyd se globalisering meegebring het, is gunstig vir die entrepreneur. Mense soos Job word baie ryk. Maar nie almal sluit hulle af van die ander segmente van die Godsvolk nie, en dis die uitdaging wat die gelowige sakeman konfronteer. Job stel sy saak in terme van hoe die weduwees en die vaderloses hom prys, en hoe die armes en vreemdelinge altyd by hom geholpe geraak het. Daar was egter ook rykes wat hulle heeltemal oorgegee het aan die kapitalisme en hulleself isoleer van die nood om hulle. Job en ander soos hy kan nie met hulle meeding nie, omdat hulle “regverdig” wou bly - dit beteken: getrou aan die grondwet. Die “goddeloses” (en dis hier waar die term waarskynlik sy ontstaan het) skakel nie net die “regverdiges” uit die mark uit nie, maar loof ook nog God vir hulle sukses, volgens die eeue-oue wysheidsbeginsel dat jy sal maai wat jy saai, hier net omgekeerd. Wat ons maai is so goed, so ons saai seker nie te sleg nie. Die “Force” is oŽnskynlik met ons. Dis waarom wysheid in Israel onder andere uitmond in apokaliptiek. Die goddeloses lag nou, maar eendag Ö Wanneer, Here? Waar bly u, God? Hoe lank nog? Kom! Ö

Sonder twyfel is die situasie in Palestina sterk onder die teken van hierdie stemming toe Jesus van Nasaret sy opwagting maak. Markus se Jesus is die menslike een wat die domein van Satan aanvat, soos dit geadministreer word deur die “sterk manne” soos Ceasar. Hy vertel van die besetene wat antwoord sy naam is Legioen, want hulle is baie - nie juis ’n neutrale naam in ’n tyd van Romeinse besetting nie, veral as die Legioen dan in die varke vaar en die varke soos die Egiptenare van ouds almal in die see verdrink. (Luther sou later sÍ hulle het toe nie verdrink nie, maar deur die see geswem ItaliŽ toe waar hulle een na die ander in pouslike suksessie op Petrus se stoel in Rome gaan sit het. Maar dit net terloops.)

Markus het in elk geval besef die probleem lÍ dieper as om net nog een oorheerser se juk af te gooi. Jesus se stryd teen die sterkes gaan nie op in die bevrydingstryd van die Jode teen Hellenistiese kolonialisme nie, alhoewel dit deel is daarvan. Dit is in die eerste plek ’n stryd teen die gees en politiek van oorheersing as sodanig. Ceasar se aanspraak op totale oorheersing is nie gesimboliseer in sy kop op ’n muntstuk nie, maar in die kruis, simbool van die doodstraf, wat sy onderdane in mak lammetjies verander. Deur die kruis nuut te konseptualiseer as die weg van bevryding in plaas van die simbool van onderspitdelwing, ondergrawe Markus die gesag van die Ryk. Nie swaard teen swaard nie - buitendien ’n verloorstryd - maar kruis teen swaard tas die simboliese orde in sy wese aan. Soos Jesus doen as hy kinders en vrouens voorrang gee bo die gebruiklike belangrikes, of as hy die skuldkode konfronteer met die praktyk van algemene vergifnis.

En laat ons nie vergeet watter ongelooflike provokasie daar oorspronklik gesit het in die beklemtoning van Jesus se liggaam nie, die liggaam wat onrein was volgens die heersende ekonomie - die besmette liggaam word die sentrum van die religieuse aksie, en die wat daaraan deelneem, word besmet met die gevaarlike herinnering aan Jesus.

Hierdie gevaarlike herinnering lei tot verset teen die sterkman-orde. ’n Alternatiewe koninkryk word verkondig, met konkrete tekens daarvan wat dit vergesel: die werke van geregtigheid en genade - die voeding van die hongeres, genesing van die siekes, gemeenskap met die sosiaal uitgeworpenes, en die uitdryf van duiwels. Laasgenoemde spreek die oorheersingsmeganismes direk aan. Ook die reiniging van die tempel is ’n soort uitdrywing van demone.

Ek beweeg nader aan die genesingstema.

Eers moet uitgeklaar word hoe Markus en die vroeŽ Christene die kruis kon verstaan as oorwinning oor en nie die onderspit delf teen die magte nie. Dis nie hierdie of daardie heerser wat gekonfronteer word nie, maar die politiek van oorheersing as sodanig, wat so diep in ons geskiedenis, dalk in ons bedrading ingeskryf is dat geen blote rebellie ’n verskil sal maak nie. ’n Nuwe orde is nodig, een wat nie uitsluit nie, maar insluit. Dit gaan oor die herstel van menslike eenheid, ’n eenheid wat nie op enersheid berus nie, maar op agting.

Die armes en uitgeworpenes is die eerste teikens van die insluitingspraktyk. Jesus eet saam met randmense, en tafelgemeenskap word gekies as die kragtigste en gevaarlikste simbool van die nuwe gemeenskap. Die nagmaal reik terug na die groot bevrydingsverhale van Eksodus vir sy simboliek. Dit herinner aan die opgaaf en die prys van geregtigheid. Dit is die maaltyd van ’n gemeenskap wat in uittog is, ’n gemeenskap van trekkers, al agter Jesus aan. Hy is altyd op pad na mense toe in hulle nood.

Jesus as wysheidsleraar? Hoe lyk die wyse as Jesus die standaard is?

In die wysheidstradisie gaan dit dikwels oor dit wat die wÍreld waarlik is en daarom behoort te wees. Dit gaan oor die (verborge) beginsel waarvolgens die wÍreld werk, oor dit wat die aarde laat draai, as ‘t ware. As jy dit ken, en daarvolgens lewe, sal jy gelukkig wees. Ook vir wysheidsleraars gaan dit oor geluk, oor lewenskuns. Uit die ryke tradisie van Oosterse wysheid, die volgende voorbeelde:

As jy die een is aan wie ’n petisie gerig word, bly kalm terwyl jy luister na die spreker. Moenie hom stilmaak voor hy nie sy liggaam goed uitgevee het of gesÍ het waarvoor hy gekom het nie. Iemand wat ’n petisie rig, hou meer daarvan dat aandag aan sy woorde geskenk word as wat hy noodwendig gesteld is op die uitvoering van dit waarvoor hy gekom het Ö Dit is nie nodig dat alles waarvoor hy vra moet gebeur nie, maar ’n goeie gehoor is salf vir die hart.

En:

Gilgamesh, van waar swerf jy?
Die lewe wat jy najaag sal jy nie vind nie.
Toe die gode mense gemaak het
Het hulle die dood vir hulle voorbehou
En die lewe vir hulleself gehou.
Jy, Gilgamesh, laat jou maag vol wees,
Wees vrolik bedags en in die nag.
Maak van elke dag ’n fees van vrolikheid,
Dans dag en nag en speel!
Laat jou klere kraakvars wees,
En was jou kop; bad jou in water.
Gee aandag aan die kleinding aan jou hand,
Laat jou vrou vreugde vind in jou boesem!
Want dit is die taak van die mensdom!

Baie goeie raad, wat herinner aan wat in die wysheidsboeke in die Bybel ook te kry is (die eerste in Spreuke en die tweede in Prediker, met motiewe herhaal in die Evangelie van Thomas). Die sitaat uit Gilgamesh is mooi en melankolies. Nog ’n kenmerk van wysheid. Die uil van Minerva vlieg eers as dit al skemer is. Insig kom meesal te laat.

Wat siekte en genesing betref, is dit belangrik om die regte diagnose te maak, soos Christina Landman meesterlik doen in haar Potchefstroom bydrae. Vir my diagnose, wat as ’n antwoord op die vraag, “Watter kerk?” moet dien, veronderstel ek wat sy sÍ, maar ek sluit eerder konkreet aan by wat Christo Lombard tydens ’n voorbereidingsvergadering van die vergadering van die WRK in 1998 te Harare gebied het. Die drie punte van sy diagnose is die identiteitskrisis van Afrikane, wit en swart; die probleem van ’n voortgesette outoritÍre kultuur in kerk en staat; en die steeds voortgaande proses van marginalisering wat alle vordering beduiwel.

Wat die identiteitskrisis betref: Die kulturele imperialisme wat onder andere met sending gepaard gegaan het, het ongekende skade aangerig aan mense se selfbeeld. ’n Mens kan sÍ ons weet nie een meer wat dit beteken om mens te wees en wat ons as mense te doen staan nie, of ons nou swart Afrikane of wittes is. Afrika-godsdienste deel in hierdie krisis op grond van die demonisering waaraan dit sistematies onderwerp is deur die proseliterende godsdienste.

En Christene deel in die krisis op grond van hulle deelname aan die demonisering van die ander. Toegang tot die verlede is afgesny, want dit is so volkome vernietig en bankrot gemaak dat dit prakties onmoontlik is om dit te herwin.

Ek stel voor die identiteitskrisis moet ons beweeg om, nadat ons eeue lank Jesus as die antwoord verkondig het (en in die proses kulturele imperialisme van die ergste soort bedryf het), hom as ’n vraag te laat geld. Om Jesus as ’n vraag toe te laat beteken om jou te laat uitdaag deur sy besondere menslikheid. Teen die agtergrond van die geskiedenis van die kerk in Afrika, wat in die meerderheid van gevalle ’n geskiedenis van te veel van dieselfde is, te veel pasklaar antwoorde, moet die identiteitskrisis nie goedkoop opgelos word nie. Die oordosis van enersheid is die gevolg van die onvermoŽ van ’n bepaalde mentaliteit om werklik die ander as ander waar te neem. Dit is die onvermoŽ om met nie-identiteit saam te lewe wat teruggaan na die oorspronklike metafisiese besluit om God as absoluut selfvoldoende en sonder behoeftes te definieer. Jesus as ’n vraag moet verkondig word as ’n onderbreking van identiteit ten gunste van ruimte vir die ander. Die oop ruimte gelaat deur die vertrek van die God van selfgenoegsaamheid, moet oopgehou word vir die ander. Die oop plek van Godverlatenheid moet ’n ontmoetingsplek met die ander word.

Christo Lombard het op grond van sodanige ontmoetings die volgende definisie gegee van ’n Christelike identiteit en lewe met Afrikaanse eerder as Westerse aksente:

Ek sal byvoorbeeld verkies om in ’n wÍreld te lewe waar alles in die heiligheid van die skepping deelneem, waar godsdiens lewe is en die lewe godsdiens, anders as sekulariteit wat “die heilige” inkrimp tot ’n klein aparte lewensfeer; ’n wÍreld waarin mense met emosie lewe, en vreugde, verbeelding en viering eerder as om daarmee om te gaan op ’n kliniese, analitiese, serebrale manier; waar mense hulle indiwidualiteit vind in gemeenskap met ander en nie teen hulle nie; waar hulle nie gevange is in denkraamwerke van opposisies en dualismes nie, maar waar begrip gepaard gaan met toevoeging, balans en ’n oorvloed van ťnÖťn-denke; ’n wÍreld nie in die eerste plek bepaal deur die beginsels van ůf die klassestryd, ůf kompetisie en konflik nie, maar deur sorg, regverdigheid en behoort; ’n wÍreld waar God nie gedefinieer word met ontologiese superlatiewe nie, maar eerder as ’n goeie, persoonlike, historiese en bevrydende mag, en waar moraliteit nie wetties definieer word in terme van ’n paar uitverkore kardinale sondes nie, maar waar dit gaan oor menslike waardigheid in opposisie tot onmenslike kwaad; waar tradisie nie gesien word as ’n negatiewe, inhiberende faktor wat persoonlike vryheid bedreig nie, maar as die voedingsbodem van oorgangsrites wat identiteit help definieer; waar die wÍreld nie uitgelewer is aan menslike outonomie en uitbuiting nie, maar die holistiese kosmos is waarin mense moet leer saamleef; waar die koninkryk van God nie gesien word as die resultaat van menslike selfbeskikking en toewyding aan edel idees nie, maar die in ontvangs neem van God se shalom waar ookal jy is, as die geskenk van vrye genade.

Ek het ’n bietjie rondgevra, veral onder vriende wat sukkel met die kerk, en tog glo.

’n Ouer vriend van my sÍ:

Ek het ’n idee waarvoor ek totsiens sÍ, maar kan regtig nog nie finaliseer wat ek glo nie. In hierdie geloofs-/gebrek-aan-geloofstoestand sou dit verregaande van my wees om te probeer sÍ wat ek van die kerk verwag. Na my afskeid van my onvoorwaardelike steun op die onfeilbaarheid van ons kerk se dogmas oor Christus, het ek nou ’n behoefte om opnuut die evangelies en die Ou Testamentiese boeke te lees, dan met nuwe waardering vir die waarde van die skrywers se stories vir my eie storie. Ek dink ek sou dit waardeer as ek die ontdekkingstog sou kon deel met ander afwykendes binne die gemeente, sonder om gemeentelede uit hulle geloof te skok. Ek het ’n behoefte aan geesgenote om sin te soek binne ’n soortgelyke ruimte. Ek moet opnuut leer bid binne ’n ruimte waar ek nie vra nie, maar in ontvangs neem wat die lewe reeds bied. Ek weet nie hoe dit in die gemeente tereg kan kom nie.

’n Vriendin, mediese dokter wat op die Cape Flats werk:

Die kerk wat ek droom, is waar almal welkom is en aanvaar word en gerespekteer word soos hulle is, en waar mense geÔnspireer word om volledig te lewe en lief te hÍ (wat insluit van hulleself gee). Soos ’n stuk graffiti in die stad sÍ, “if each person helps his neighbour, who needs help?”

’n Ander vriendin, boer:

EK WIL NOOIT, OOIT WEER AAN ’n KERK BEHOORT NIE. Ek wil graag ’n wawyd wakker, elastiese “beweging” ondersteun (en my stem daarby voeg) wat respek vir mense en die wÍreld se hele register en verbande bevorder.

Ek sou hou van ’n gemaklik-gestruktureerde tweerigting-, oop gesprek in ’n open society. Ek drrrroom van ’n open society Ö van verdraagsaamheid, onderlinge begrip, liefde, humor, deursigtigheid, vrye meningswisseling ... priemende insigte per sekond.

Ek sou in ekstase wees as “kerkleiers” die benepende dogma afgeskud kry en die verwondering van die lewe hierso, nou, sou beken. Ek soek ingeligte, ingestudeerde en ingeleefde gespreksleiers.

Ek droom van ’n nuwe, nie-outcomes-based spirituele generasie of selfs spesie.



Mense ly as gevolg van die outoritÍre kultuur. Waar ek woon, kruis die identiteitskrisis as ’n sug na respek en die outoritÍre persoonlikheid mekaar soms met onheilige gevolge. Dis ’n kultuur van mag, vrees en stilte, en as dit ons voorland is, sal ons demokrasie vervlak tot ’n rookskerm vir ’n nuwe sterkmansisteem. En die kerke, met ’n paar uitsonderings, kom verlam voor. Wat Christo Lombard sÍ van die kerke in NamibiŽ geld ook vir ons: heelwat het te na beweeg aan die bevrydingsbewegings (en ander was dalk weer te ver), en noudat profetiese getuienis die regte medisyne sou wees, is die kerke verlam deur die politiek van mag, en is hulle aan die ontvangkant van die kultuur van outoritÍre manipulasie.

En die marginalisering neem hand oor hand toe. Christo Lombard noem Afrika die lewende laboratorium van marginalisasie. Die ervaringe van ons kontinent het die wÍreldwye kerk uiteindelik laat besluit dat slawerny, rassisme en diskriminasie nie aanvaarbare normale menslike gedrag is nie. Hierdie ervarings het gelei tot die herontdekking van die evangelie van die armes, die verstotenes, as die outentieke boodskap en lewe van Jesus van Nasaret.

Die kerke in Afrika, is op grond van hulle eerstehandse ervaring, goed geplaas binne die wÍreldkerk om ’n teologie van volkome en omvattende menslike bevryding te ontwikkel. Hulle hoef nie bang te wees dat hulle daardeur sou afwyk van Jesus se waarheid nie.

Jesus, en dan die kerk, as geneser. Dit maak sin waar ek woon. En selfs Christina Landman skryf laas week in Beeld positief oor wysheid en die kerk.

Jesus as wysheidsleraar is ook goed. Maar ons sal moet weet hoe lyk wysheid as Jesus ’n wysheidsleraar is. Ek hou van wat Piet Muller by Aardklop gesÍ het:

Dit sal ’n tradisie wees wat groot klem plaas op ’n persoonlike verhouding met die “lewende Jesus” (oftewel Jesus as persoonlike leermeester); en waarin ’n mens opgeroep word om die wÍreld waarin jy leef, op ’n besondere manier heilig te maak deur allereers hard aan jou eie geestelike groei te werk Ö

Hy haal dan die volgende Jesus-woorde uit die Evangelie van Thomas aan: “Kap hout, ek is daar; tel ’n klip op en jy sal my vind.”

Dis baie mooi, en ek is ’n groot voorstander van die mistiek van die alledaagse.

Tog kan ek nie voorbehoudloos my instemming betuig nie. Jesus as persoonlike leermeester mag dalk baie vanselfsprekend klink in ’n wÍreld van persoonlike trainers. En wanneer kap ons hout? Op ons stukkies grond, vir die kaggelvuur, of die braai? Natuurlik is Jesus daar, dis tog geen kwessie nie. (Sal jy agterkom as hy ontbreek?) Was die kruisdood nodig om dit te kan sÍ? Dit gaan tog oor die plekke waar God nie is volgens die heersende logika nie! Of praat Thomas van die houthakkers en klipkappers?

Hier kies ek vir Paulus, al kry hy dit deesdae maar hotagter met al die gnostiek in die lug. Hy identifiseer ook vir Christus met wysheid as hy die gemeente in Korinte hard aanspreek. Hy ontken nie die teenwoordigheid van God in houtkap en klipoptel nie, maar feit is dat die mensdom God nie daarin raakgesien het nie. Dit het ons nie vertel wie God is nie. Op grond van ervarings met hout en klippe en vuur en water en lug het die Grieke God as die hoogste synde gedefinieer, so ver as moontlik verwyder van die lae gespuis wat aan die kruishout eindig. Paulus preek die gekruisigde Christus as die mag en wysheid van God. Die kruis word die maatstaf vir kennis van God. Al die tradisionele konsepte van wysheid en mag word onderstebo gekeer. As ons die diepste werklikheid van ons lewens en ons wÍreld wil verstaan, skryf Heinz-Ruedi Weber, is daar nie net die tye en die magte en die orde en skoonheid deur die Skepper gegee wat ontdek moet word nie. Daar is ook die vervreemdings, die lyding, betekenisloosheid en verlatenheid. As ons deur die bril van die gekruisigde Christus kyk, sal ons ontdek dat dit juis in hierdie lae en godverlate plekke is waar God ons ontmoet.

Watter kerk? Terwyl ek hierdie lesing geskryf het, het ek oor die radio geluister na ’n nuusberig met opnames ter plaatse van die Treatment Action Campaign se ontwrigting van ’n toespraak van die Minister van Gesondheid. Die vorige nag het ek gedroom hoe ek vir ’n vriend vertel wat ek van plan is om vandag hier te sÍ, en hy vra toe dringend: “Ja, maar wat van nou? Waar is my huis, nou, as ek arm is?” en toe ek wakker word, hou ek aan droom van ’n kerk wat sy boodskap van ’n omgekeerde wÍreld so ernstig opneem en met soveel passie uitleef dat mense wat uitgeskop en ingeperk word, op watter wyse ook al, sal weet Jesus is daar, want sy tweelingbroers en -susters is daar.

Dit spreek vanself dat my droom insluit groter eenheid tussen die kerkverbande, al manifesteer dit as heftige gesprekke, want daar sal sake wees om oor heftig te raak. Sake wat saak maak, na my mening. En die sake waaroor deesdae met die situasie in Zimbabwe baie gepraat word, ’n gesprek waartoe ons voorsitter (Gerrit Brand) so ’n vrugbare bydrae gemaak het, sal ook aangespreek word. Die kerk sal by uitnemendheid die plek wees waar die verbande gesmee word waarvan hy praat.

Dit is dan my kandidaat vir die beweging wat die naaste kom aan wat Markus se Jesus (ten minste) in die oog gehad het - die Treatment Action Campaign. Vir hulle is dit ’n saak van lewe en dood. Hulle is waaragtig nie lou nie, en louheid is die kerk se dood, soos Johannes al voorspel het. Die kerk as ’n bemarker van godsdienstige gemak en privaat-geestelike groei verloor die energie wat genade en vrede en geregtigheid aan die uitgeworpenes oordra.

(Lesers word uitgenooi om die gesprek verder te voer deur briewe te stuur vir SÍNet by katvis22@yahoo.com.)


LITERATUUR

Albertz, R 1994. A history of Israelite religion in the Old Testament period. Volumes 1 & 2. Londen: SCM.
Gottwald, N 1985. The Hebrew Bible. A socio-literary introduction. Philadelphia: Fortress.
Lochman, JM 1982. Das Glaubensbekenntnis. Grundriss der Dogmatik im Anschluss an das Credo. GŁtersloh: Gerd Mohn.
Lombard, C 1998. “Three major problems facing Christianity in Africa”. In: Pobee, JS (red). Africa moving towards the Eigth Assembly, Harare. GenŤve: WRK (Africa Task Force).
Myers, C 1993. “The ideology and social strategy of Mark’s community”. In: Gottwald, N & Horsley, RA (reds). The Bible and liberation. Political and social hermeneutics. Hersiene uitgawe. Maryknoll: Orbis.
Noyce, G 1981. New perspectives on parish ministry. A view from the Third World. Valley Forge: Judson Press.
Weber, H-R 1989. Power. Focus for a Biblical Theology. GenŤve: WRK.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.