SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Op pad met die KKNK

Herman Kitshoff

is tans besig met sy doktorale studie in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy studie handel spesifiek oor die sosiale dinamika van die KKNK, asook ander kunstefeeste, internasionaal sowel as plaaslik. Hy is ook betrokke by teater as skrywer en regisseur, en het vanjaar sy vyfde KKNK bygewoon.
 

"Op kunstefeeste word my brein oorlaai met indrukke." So verwoord Deborah Steinmair haar indrukke van die KKNK op LitNet, en slaan hiermee die spreekwoordelike spyker vierkantig op die kop. Oudtshoorn word jaarliks soos 'n pakesel oorlaai met geure, kleure en mense, soos die fees tot een van die grootste gekombineerde kunstefeeste1 ter wÍreld gegroei het - vanaf net meer as 30 000 kaartjieverkope in 1995, tot sowat 190 000 kaartjieverkope in 2004, en honderdduisende besoekers.

Die spreekwoord lui dat "die hoogste bome die meeste wind vang", en hierdie boom wat in Oudtshoorn wortel geskiet het is, geen uitsondering nie. Kwellinge en kommer is in die verlede veral uitgespreek oor die kulturele eksklusiwiteit van die fees, dat die fees dus as 'n "boerebasaar" voorkom, en dat die feesprogram nie artisties uitdagend is nie.

Aangesien kunstefeeste die meeste Suid-Afrikaanse kunstenaars se belangrikste bestaansmiddel geword het, moes veral teater struktureel aanpas by die spesifieke milieu van kunstefeeste.2 Baie teksskrywers skryf hoofsaaklik tekste waarin nie meer as vier of vyf karakters voorkom nie, terwyl baie akteurs in meer as een produksie te siene is by 'n betrokke fees. Kleiner ruimtes vir optrede by feeste (kerksale, skoolsale) forseer regisseurs om hul stelontwerp en regie dienooreenkomstig aan te pas. Gevolglik is kunstenaars se vernaamste probleem by feeste verskeie elemente van die infrastruktuur wat onvanpas, onbruikbaar, onaangenaam of onbeskikbaar is, of bloot nie bestaan nie.3

Die KKNK het veral sedert 1999 met sy interaktiewe Lesingreeks (nou bekend as Oopgesprek), aangebied deur Die Burger, daarin geslaag om kritieke diskoers by die fees te stimuleer. Kwessies rakende die toekoms van die kunste, die toekoms van die Afrikaanse taal, en die toekoms van die Afrikaner het veral aandag geniet.

Bogenoemde punte van kommer het veral te make met spesifieke elemente van die fees, nie met die fees as geheel nie, en is tekenend van die vormingsfase van enige fees soortgelyk aan die KKNK. Met die viering van die elfde bestaansjaar van die fees in 2005 het die fokus van publieke belangstelling in die fees egter na die toekoms van die KKNK as onafhanklike wesenlikheid verskuif. Oor die algemeen kan dergelike gesprek oor die toekoms van die fees in twee breŽ kategoriŽ verdeel word, naamlik tasbare kwessies, wat veral met infrastruktuur verband hou, en konseptuele kwessies, wat met die betekenis en identiteit van die fees te make het. Om laasgenoemde te ondersoek moet daar na die ontstaan en oorspronklike doelstellings van die fees gekyk word.

Die ontstaan van die KKNK
Die KKNK het sy geboorte volkome in Oudtshoorn gehad. Die inwoners van diť Klein Karoo-dorp is by uitstek Afrikaanssprekend, terwyl sowat 65 persent van die bevolking van Oudtshoorn en sy omliggende gebiede bruin is, en die meerderheid van die oorblywende 35 persent wit is.4 Die dorp is lank reeds intrinsiek gekoppel aan 'n bepaalde romantiese beskouing van die Afrikaanse taal, grootliks omdat Oudtshoorn die tuisdorp van die ikoniese vroeŽ 20ste-eeuse Afrikaanse skrywer en taalstryder, CJ Langenhoven, was. Die feit dat Afrikaans die lingua franca van die streek is, het aan die fees 'n bepaalde "bekendheid" of "tuiste" verleen.

Die eerste amptelike gesprekke oor die moontlikheid van 'n fees in Oudtshoorn het teen Januarie 1994 plaasgevind, nadat Nic Barrow (sakeman en prokureur op Oudtshoorn, asook die eerste voorsitter van die KKNK) en Andrew Marais (voormalige hoofbestuurder van openbare betrekkinge by Nasionale Pers) kommer uitgespreek het oor die "stil" wintermaande in Oudtshoorn.5 By die eerste vergaderings is sowat 100 teater-administrateurs, kunstenaars, persone in die toerismebedryf, asook lede van die Oudtshoorn-gemeenskap geraadpleeg oor die vatbaarheid van 'n "kunsteweek" in Oudtshoorn.

Die fees se "founding fathers" het te midde van die konseptualisering van die fees vier grondligggende besluite insake die KKNK geneem. In die eerste plek moes die fees 'n skepping van die "nuwe Suid-Afrika" wees. Hiervolgens moes die KKNK die postapartheid-doelstellings van die land dien, naamlik versoening en hereniging. Daar is gevolglik besluit dat die fees, tweedens, nie 'n taalfees sou wees nie, en derdens, nie 'n kultuurfees sou wees nie.6 Aangesien die Afrikaanse taal steeds aan 'n betrokke kultuur, aan apartheid, en dus aan kulturele uitsluiting gekoppel is, moes die fees sy aanslag verskuif. Daar is dus vierdens besluit dat die KKNK 'n "kunsfees" sou wees, "onafhanklik van enige politiek, kultuur of geloof".7 Hoewel die oorgrote meerderheid van die fees se produksies in Afrikaans aangebied word, en Afrikaans dus die fees se "voertaal" is, het die fees hom dit ten doel gestel om Afrikaans te "bevry".8

Hierdie aanslag het veral duidelik na vore gekom in amptelike feesreklame, veral met betrekking tot die aanslag en woordgebruik op die KKNK se feesplakkate. Die 1995-feesplakkaat se opskrif was "Vier die bevryding van Afrikaans", terwyl die 2000-plakkaat "Maak ma' reg vir 'n grote" gelui het. Die 1998-fees, wat ook as gedenkfees vir CJ Langenhoven gedien het, het hom op die amptelike feesplakkaat voorgestel met 'n poniestert in sy hare. Hierdie gemaklike, "loslit", satiriese vermenging van oud en byderwets ("with-it") het tekenend geword van die nuwe aanslag tot Afrikaans sedert 1994, veral met betrekking tot kunstefeeste. Dit dien ook as bewys van die feit dat hierdie kunstefeeste deur 'n nuwe dinamiek onder Afrikaanssprekendes aangevoer en ondersteun word.

Soos met die meeste ander kunstefeeste in die land sou die KKNK hom op die kunste beroep, moontlik nie noodwendig weens die politieke neutraliteit van kuns per se nie (in baie gevalle word 'n bepaalde politieke stelling juis met 'n kunswerk of kunsvorm gemaak), maar eerder vanweŽ die politities gelaaide aard van taal, spesifiek die Afrikaanse taal, en die verbintenis daarvan aan 'n kultuur, naamlik 'n veronderstelde verdrukkende en uitsluitende Afrikanerkultuur. Pieter Fourie het die organiseerders se doelstelling met die fees soos volg verwoord:

Die KKNK is nie 'n Afrikaanse fees nie, maar 'n fees vir Afrikaanses wat oorwegend, maar nie eksklusief, Afrikaans is nie.9

Mettertyd sou die KKNK vanaf 'n nederige vakansie-genotlikheid met koddige plakkate en aardige kunstenaars in 'n vergete dorre Klein Karoo-dorp ontwikkel tot 'n enorme, komplekse en oorweldigende feestelikheid. Die KKNK het sedert 1995 ontaard in 'n eiesoortige fenomeen van potensieel meervoudige sosiologiese studie, 'n verweefdheid van uiteenlopende rolspelers en komplekse politieke dinamika. Soos 'n briefskrywer en inwoner van Oudtshoorn in Die Burger opgemerk het:

...'n binding [het] rondom 'n hoofsaaklik Afrikaanse kunstefees plaasgevind wat selfs die verowering van die WÍreldbeker nie kon regkry nie.10

Waarheen is die fees op pad?
Die KKNK het nie alleen 'n bepaalde "nuwe begin" verteenwoordig nie, maar het in baie opsigte 'n komplekse wond van nostalgie oopgekrap. Die fees het onbewustelik 'n ondersoek na die verlede van die Afrikaanse taal en die Afrikaner onderneem deur as tasbare en metaforiese verhoog vir hierdie psigiese outopsie van taal en volk te dien, wat veral tekenend na vore gekom het in temas van verhoogtekste, akademiese debatte en visuele kuns op die fees. Mens kan kies om jou van die fees te vervreem, of om weggevoer te raak in die malende massas en kakofonie van kunsvorme.

Die KKNK is nog in die proses om sy voete te vind soos die fees wording probeer bereik. Die finansiŽle toekoms van die fees sal grootliks die identiteit daarvan bepaal. Op die oomblik speel borge 'n fundamentele rol hierin deur middel van die sowat R7 miljoen wat hulle jaarliks tot die fees bydra. In ruil hiervoor soek borge uit die aard van die saak maksimale blootstelling, wat hulle verkry in die geborgde tente waar naas-gratis vermaak aan duisende feesgangers aangebied word. Staatsondersteuning op alle vlakke is nodig om die fees finansieel te onderhou en terselfdertyd die toenemende kommersialisering van die fees te voorkom, veral aangesien hierdie kommersialisering teenswoordig die artistieke element van die fees belemmer, veral as fondse verkeerd aangewend word. 'n Moontlike oplossing is om individuele borge te dwing om elk 'n bepaalde venue of "teater" te borg en volledig toe te rus, in stede daarvan om tente met goedkoop vermaak te ondersteun. Die moontlikheid van so 'n onderneming is duidelik debatteerbaar.

Die ooglopende drankmisbruik onder 'n groot komponent van feesgangers is weer eens tydens die 2005 KKNK fel gekritiseer, juis omdat dit so 'n fundamentele bepaler van die sogenaamde "feesgees" is. Dit is veral kunstenaars wat kommer uitspreek oor dronk mense wat ůf vertonings belemmer ůf nie vertonings bywoon nie, terwyl 'n "drinkkultuur' duidelik tot die algehele vervlakking van 'n fees kan aanleiding gee. Kritiek is ook uitgespreek teen bepaalde aanvegbare t-hemp-motiewe op die fees, soos byvoorbeeld "100% Boer", asook enkele t-hempde met die ou Suid-Afrikaanse landsvlag daarop.

Feesgangers sal moet besef dat hulle nie passiewe besoekers aan die fees is nie, maar dat hul gedrag, houding, mening en diskoers op die fees fundamenteel bydra tot die identiteit van die KKNK. Die loslit, gemaklike inslag wat die oospronklike feesorganiseerders konseptueel met die fees wou neem, beteken nie dat alle sedes en kuns-etiket skielik by 'n fees moet verval nie. Die teenwoordigheid van 'n breŽ eenvormige historiese taal- en kultuurelement by die fees (tussen 80 en 90 persent van feesgangers is wit, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners) sentreer soveel te meer die KKNK-feesganger as rolspeler by die fees. Feesgangers sal in die toekoms letterlik en figuurlik 'n meer sobere inslag by die fees moet neem indien hulle as besoekers, en die fees as kunstigheid, ernstig opgeneem wil word.

Die inwerking van bogenoemde belangegroepe en kragte gedurende die volgende twee dekades, of die intermediÍre fase van die bestaan van die KKNK, sal waarskynlik bepalend wees van die fees se uiteindelike karakter. Die onderstaande tabel kategoriseer die KKNK volgens 'n studie wat oor sowat 117 Britse gekombineerde kunstefeeste gedoen is. (Bron: R Finkel, 2004; vertaal en aangepas deur H Kitshoff, 2004.)

Nuut Gevestig Lank gevestig
Groot Regenerasie en beeld Beeld; sosiale inklusiwiteit
Behou reputasie; stimuleer kunste
Medium Regenerasie en besoekers Kommersialisering Behou reputasie, Kommersialisering
Klein Gemeenskapskohesie Betrokkenheid; opvoeding van gemeenskap Gemeenskapsidentiteit

Volgens die navorsing in die tabel vervat kan die KKNK as 'n groot fees (meer as 50 000 besoekers per jaar) bestempel word, wat tans sy oorgang van 'n sogenaamde "nuwe fees" (jonger as 10 jaar) na 'n "gevestigde fees" (tussen 10 en 30 jaar) maak. Hiervolgens is die vernaamste kwessies wat die fees oor die volgende 20 jaar moontlik gaan moet aanspreek, die beeld van die fees en die kwessie van sosiale inklusiwiteit.

As daar in ag geneem word dat die fees sy ontstaan suiwer in Oudtshoorn gehad het, gaan die betrokkenheid van die plaaslike gemeenskap vir die organiseerders 'n fundamentele uitdaging oor die volgende 20 jaar wees. Die huidige feesbestuur en direksie het reeds talle projekte in diť verband geloods, soos die sowat 20 Rapport Zoomer-taxi's wat feesgangers tussen verskillende punte op die dorp vervoer.

Op 'n suiwer logistieke vlak is daar talle punte van potensiŽle kommer oor die toekomstige sukses van die fees. Doeltreffende samewerking tussen die feesbestuur en die plaaslike munisipaliteit is nodig om die meeste van die dorp se oorweldigde infrastruktuur tydens die fees te maak.

Hoewel ABSA die hoofborg van die fees is, is daar nog nie aandag aan permanente outomatiese tellermasjiene (OTM's) op die sentrale feesterrein gegee nie. In stede hiervan word 'n enkele, tydelike OTM op die besigste punt van die fees opgerig, met die gevolg dat feesgangers by tye tot 50 meter toustaan om geld te trek. Die ABSA-OTM's op Oudtshoorn is boonop op een geleentheid tydens die 2005 fees leeggetrek. Ander logistieke probleme sluit in chroniese verkeersknope, wat dit soms vir kunstenaars en feesgangers moeilik maak om van een venue na die volgende te beweeg, asook onvoldoende toiletgeriewe en tegniese toerusting by venues.

Hoewel die feesbestuur die fees in 2005 meer as ooit gedesentraliseer het, was die pogings nie genoegsaam nie. In hierdie verband speel die behoeftes van die kos- en klerestalletjies 'n bepalende rol, aangesien die finansiŽle sukses van hierdie informele ondernemings van groot getalle feesgangers op 'n bepaalde punt afhang.

Dit is dus belangrik om die verskillende kragte wat op die fees inwerk in ag te neem wanneer oor die toekoms van die fees gedebatteer word. Die impak van die verskeie belangegroepe by die fees, naamlik kunstenaars, die plaaslike gemeenskap, feesgangers, korporatiewe borge, en so meer, sal uiteindelik die aard van die fees bepaal. Op soortgelyke wyse bestaan daar dus nie slegs een enkele fees nie. Die KKNK manifesteer eerder as 'n komplekse en soms ongebalanseerde ewewig tussen hierdie onderskeie belangegroepe, wat elk 'n metaforiese sny van die koek vir homself probeer bewerkstellig. Die doel van die feesorganiseerders is om hierdie kragte op een of ander wyse te balanseer.

Notas en Bronne:

1 Die term, "gekombineerde kunstefees", verwys na 'n fees waar 'n verskeidenheid kunsvorme aangebied word, soos onder meer teater, beeldende kuns, 'n aantal musiekvorme, ensomeer. Die term is geskep deur die Britse feesnavorser, Rebecca Finkel. In R. Finkel. 'The role of Combined Arts Festivals in the U.K. Economy'. Referaat gelewer by die Journeys of Expression III konferensie, Innsbruck, Oostenryk, 5-7 Mei, 2004.
2 Daar word bereken dat slegs sowat 4% van Suid-Afrikaners aktiewe teatergangers is, wat soveel meer klem op die kunstefeeste as kunstenaars se blootstelling en bron van inkomste plaas. Bron: "Media vs. Feeste". Debat aangebied deur die organiseerders van die Woordfees op Stellenbosch, 12 Augustus 2003.
3 Onderhoud met Saartjie Botha.
4 M. Saayman. Die ekonomiese impak van besoekers aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees te Oudtshoorn, 2003, p. 6.
5 Onderhoud met Rhodť Snyman, bemarkingsbestuurder by die KKNK. 10 Augustus 2004. Nic Barrow en Andrew Marais het aan die einde van 1993 by 'n wynproe-funksie wat deur Barrow op die dorp gereŽl is vir die eerste keer oor die konsep van 'n fees begin praat.
6 Onderhoud met David Piedt, voorsitter van die KKNK direksie. 22 Maart 2005.
7 www.kknk.co.za
8 Onderhoud met Rhodť Snyman. 10 Augustus 2004.
9 Rapport. 12 November 1995, 20.
10 In Die Burger, 9 April 1996.




LitNet: 12 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.