SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Afrikaans en ek

Diana Ferrus

Gelewer tydens die KKNK Oopgesprek, April 2006, Oudtshoorn

Afrikaans is my moedertaal, my spreektaal, my liefdestaal, my bidtaal, my bakleitaal. Ek onthou my ma se stem, my ouma se kampvuurstories, my pa se vermaninge in Afrikaans, maw my herinneringe leef voort in Afrikaans.

Afrikaans is deel van my identiteit. Ek noem myself ‘n swart Afrikaanse vroueskrywer.

Ek en Afrikaans loop die pad al lank. Net soos ek ‘n geskiedenis het wat eens verborge gelê het, het Afrikaans ook ‘n geskiedenis wat nie ten volle vertel was nie.

Dus, as ek die vraag wil beantwoord wat by hierdie simposium/debat gevra word, is dit noodsaaklik vir my om hier te begin.

Hoe het Afrikaans ontstaan? Dit word nou al hoe meer bekend dat Afrikaans sy ontstaan te danke het aan die slawe wat na die Kaap gekom het vanaf die 1600’s. Omdat hulle verskillende tale gepraat het, moes hulle ‘n manier kry om met mekaar te kan praat. Hierdie poging het gelei tot ‘n taal. Vele woorde in die taal getuig van die slawe en inheemse mense se invloed op die taal. Natuurlik kan hierdie aanname gedebatteer word.

Nietemin, hierdie inligting is nooit amptelik deurgestuur na die afstammelinge van die slawe en inheemse mense nie. In die einste Afrikaanse literatuur is net gekonsentreer op die bydrae wat die Afrikaners gemaak het; slawe en inheemse volke se afstammelinge het verskriklik weinig in Afrikaanse literatuur as positief gefigureer. Omdat ons nie toegelaat was tot die Afrikaanse literatuurkanon nie, kon ons onsself nie as ‘n positiewe gegewe in Afrikaans inskryf nie. Die ervaring was dan dat Afrikaans die taal van die baas was, kant en klaar.

Daar is verskillend hierop gereageer. Sommige het die koloniale taal Engels gesien as hulle taal. Hulle het dan inderdaad ook Engels as spreektaal, as huistaal, aangeneem om sodoende teen Afrikaans te protesteer. Toe kom 1976 en die taal is verder gebruik as speelbal om mag af te dwing. Ons ken almal die gevolge. Skielik was Afrikaans die groot vyand en nie net die mense wat die taal gepraat en misbruik het nie.

Hoe sien ek my rol huidiglik as Afrikaanssprekende wat die voortbestaan van my taal moet bepleit?

1. Die manier waarp Afrikaans ontstaan het, moet wyd en syd aan die hele wêreld vertel word, want selfs oorsee word die taal met negatiwiteit bejeën. Die rol wat die slawe in die ontstaan van hierdie taal gespeel het, moet helderder uitgelig word, want daar is vele lande waar slawe presies dieselfde gedoen het. Natuurlik moet ons, die afstammelinge van die slawe, hier ‘n beweging begin waar ons die taal gaan begin opeis as ons s’n. Ons moet die taal met trots met ons saamneem.

Diegene wat hulle kinders net Engels leer, moet aangemoedig word om hulle kinders ook Afrikaans te leer.

Ons moet onsself in die taal inskryf, deur kinderboeke, romans, digbundels, liedjies, koerante, ens uit te gee. Ons moet figureer in die Afrikaanse literatuur op ons eie voorwaardes. En as ons finansiële opofferinge moet doen daarvoor, dan moet ons dit doen.

Ons moet ons geskiedenis vertel in ons taal op ons manier.

2. Ons moet die skade wat Afrikaans aangedoen is, herstel deur uit te reik na ons broers en susters wat die ander Afrika-tale besig. Ons moet hulle vertel van die ontstaan van die taal en debatteer met almal en sê dat jy nie die taal verantwoordelik kan hou vir wat sommige van sy sprekers gedoen het nie.

Ons moet dus met liefde in hierdie taal omgaan, sodat ‘n liefde vir hierdie taal ontwikkel kan word.

Huidiglik sien ek dit as my en my mense se taak. Taal het baie te make met identiteit. As ek negatief oor my taal is, ervaar ek ‘n sekere gedeelte van my identiteit as negatief. Om my taal as positief te beleef moet ek al die negatiwiteit afskud en doen soos ek hier bo genoem het. Dis hoe ek sien die voortbestaan van Afrikaans verseker sal word.

Nooit mag daar weer vir my vertel word hoe om te dink nie. Die huidige debat oor Afrikaans is ongelukkig nie my debat nie, nie my stryd nie. My stryd is soos bo uitgespel.

Dit sal nog ‘n lank tyd neem voordat wit, bruin en swart saam sal baklei vir hierdie taal. Ons kan gesamentlike projekte doen in die taal, maar dit sal lank neem voordat ons uit een mond sal praat.

In die woorde van Victor C Fredericks: “Afrikaans sal stil raak in my die dag as die eerste graaf rooisand met plofgeluid op my kis val, dan, dan raak Afrikaans stil in my.”


LitNet: 19 April 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.