SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Who killed Johannes Kerkorrel?

Willem Pretorius

Die oorweldigende reaksie by my met die vertoning van die dokumentÍr Who Killed Johannes Kerkorrel? is een van hartseer. Hoeveel harte die Afrikaanse pop-rocker aangeraak het, was gou duidelik na die vertoning van die program Donderdagaand op SABC2. Die laaste note het nog in die lug gehang toe my foon begin lui het van mense wat hom op verskeie maniere onthou het.

Nou bly die vraag of die regisseur Deon Maas reg laat geskied het aan die kunstenaar wat Ralph Rabie was, Johannes Kerkorrel, JK, Johnny K, Ralph John, die Bob Dylan van Afrikaanse musiek, die gesig van die VoŽlvry-beweging, die antiheld, die politieke rock-rebel, die Afrikaanse kunstenaar wat gemaak het dat ons nie meer skaam was oor ons musiek nie, die gay-ikoon, die introvert, die musiekterroris, Elvis met ín goeie dosis Leonard Cohen, ens.

Net met die staar na die vorige paragraaf besef ek weer hoe moeilik dit is om reg te laat geskied aan so ín verwikkelde talent wat sy kuns nie beoefen het in die veilige sones nie, maar in die loopgrawe waar nuwe grense deur ín soekende gees getoets word.

En met dit gesÍ: ook dat dit wat hy geskep het, meesal in die tydsgees gesien moet word waar hy in ín verdrukkende stelsel was wat sy land en sy mense die muishonde van die wÍreld gemaak het. Die eerlikheid en dapperheid daarvan om die gevestigde waardes van jou mense uit te daag, word nie meer deur ín nuwe generasie begryp wat nou in ín normale samelewing kan woon nie.

Ek dink Deon Maas het belangrike werk gedoen om te sorg dat ons nie van een van ons belangrikste kunstenaars vergeet nie. Hy het ook die slaggate vermy waarin ín vriend kan val wat nostalgies oor die gedeelde verlede raak. Van die musiekvideoís wat hy gekies het, het my kop die pad laat vat na dit wat hy met elke liedjie probeer sÍ het. Die mense wat oor hom gepraat het, het dit met respek gedoen; en die samestelling van die program het ín gesonde balans tussen die visuele en die inhoud gehandhaaf.

Daar is natuurlik baie mense wat nog eiers sou wou lÍ. Die kuns is om te besluit wie regtig ín bydrae het om te lewer, wie om eie belang langs die Afrikaanse musiekkaravaan wil staan en blaf eerder as om deel te neem en diegene wat verkies om te kritiseer omdat hulle besitlik waak oor hul eie herinnering van iemand wat werklik van belang was in die Afrikaanse kulturele revolusie.

Natuurlik is daar vrae.

Ons moet vra waarom die program in Engels gemaak moes word. En as die antwoord is: omdat Afrikaanse kanale nie belangstel nie, moet dit bevraagteken word. Want ons kan nie toelaat dat die smaakpolisie ons weer eens in ín koptronk sit soos wat die destydse SAUK gedoen het met sy verskriklike sensuur van Die Gereformeerde Blues Band, Koos Kombuis, Anton Goosen, Coenie de Villiers en vele ander en ons kultuurlewe so verarm het nie.

Die antwoord kan ook wees, soos een kwaai beller beweer het, dat die program gemaak is met die oog op buitelandse verspreiding. Sal dit nie jammer wees as die boodskap, soos Kerkorrel destyds self, meer erkenning in die buiteland kry as onder sy eie mense nie? Hoekom is die papawer-sindroom so sterk onder Afrikaanse kunstenaars wat nie toelaat dat een blom hoŽr as die ander een groei nie?

Dit kan natuurlik ook wees dat baie plaaslike kunstenaars wat hom destyds verguis het, nou te skaam is om op te staan en om, soos Koos Kombuis, met dapper eerlikheid te erken dat baie van die vyandigheid deur die vuur van jaloesie gevoer is. En baie van hulle wil dit seker vergeet.

Fynproewers sou ook vrae kon vra oor die keuse van musiekvideoís en of dit verteenwoordigend van sy beste bydraes was. Dit pla my nie. In elke keuse is iets persoonlik. Diť wat wel gekies is, het í n wesenlike bydrae tot die ontvouing van die verhaal gelewer. En was dit nie lekker om weer die ou VoŽlvry-energie te beleef nie!

Die aanloop van die program was vir my ín bietjie lank. Ek sou twee programme verkies het. Een om eers Kerkorrel en sy musiek aan mense bekend te stel wat hom en sy musiek nie geken het nie en dan nog een om die tergende vrae rondom sy dood te beantwoord.

Ook is Kerkorrel se politieke rol en die bydrae van stukke soos ďPiekniek by DingaanĒ vir my effens afgeskeep. Dat sy protesmusiek en die invloed daarvan in die politieke onderbewussyn van Afrikaanse mense van blywende waarde is, word voortreflik geÔllustreer in ín artikel deur Hennie Aucamp in die jongste De Kat. As faktor in die kulturele bevryding van Afrikaanse mense uit die noodtoestand staan dit nie agter die grensliteratuur van die jare tagtig nie. Maar dit is klein jakkalsies en die wingerd is baie groter as dit. Ek was bang dat die vrae rondom sy dood uit verband geruk sou word. Dit was nie my indruk dat dit gebeur het nie. Sy verskriklike dood is sensitief hanteer. Ek is bly die vrae wat ek in my boek gestel het, is nou voor ín groter gehoor. Hopelik sal diegene wat nuwe leidrade het, nou die moed hÍ om na vore te kom.

Dit is belangrike vrae wat baie mense teister. As dit kan help om sy musiek nog langer te laat leef, sal ek bly wees. Daar is reeds nuwe jong Afrikaanse kunstenaars wat sorg dat daar ín groot waardering vir sy talent by ín volgende generasie is.

Kerkorrel is duidelik nie dood nie.

LitNet: 6 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.