SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

As ons sÍ "Sak Sarel", kan ons ook sÍ "Sak Schaffer"

Joan Hambidge

In Die Burger van 16 Mei verskyn 'n resensie deur Alfred Schaffer, van wie se gedigte ek besonder baie hou. Hy is ook 'n interessante rubriekskrywer met fassinerende idees oor die digkuns.

Schaffer bespreek Charl-Pierre Naudť se In die geheim van die dag, 'n mooi-versorgde Protea Boekhuis-bundel. Slaan 'n mens die bundel oop, sien 'n mens dat die digter Schaffer bedank.

By geleentheid het 'n Bloemfonteinse akademikus opgemerk dat vriende nie mekaar se boeke behoort te resenseer nie. 'n Waardevolle aanmaning, ja, maar in 'n piepklein letterkunde is dit hoegenaamd nie moontlik dat vriende nie oor mekaar se werk gaan skryf nie. Maar dan op voorwaarde dat die vriendskap buite die terrein van die resensie gehou word.

Schaffer skryf by herhaling oor sy gunstelingdigters, en Naudť is een van hulle. Schaffer is egter in die eerste instansie 'n Nederlandse digter wat nie altyd korrekte uitsprake maak oor die Afrikaanse kanon nie. In die verlede was hy al selfs verminderend oor Van Wyk Louw en Opperman in sy soeke na 'n nuwe beweging binne die Afrikaanse digkuns.

In sy hooggestemde resensie van Naudť se bundel meen hy ook dat hierdie bundel 'n sterk aanspraak sal maak vir die volgende Hertzogprys! Hy noem die bundel 'n nuwe hoogtepunt in die moderne Afrikaanse poŽsie. Die nomadiese oomblik, wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is, was myns insiens 'n knapper bundel as die jongste. Om 'n oortuigende prosagedig te skryf, is bepaald moeilik, en die digter se pogings kom nie orals uit die verf nie.

Vir Schaffer is hierdie bundel nie net 'n eksperiment bloot om die eksperiment nie. Vir hom is dit 'n bundel wat poŽsie herdefinieer! Wat bedoel Schaffer byvoorbeeld met die volgende stelling: "Hier word met groot durf nie net die wydlopigheid van die beknopte Afrikaans verder ontgin nie, maar ook word met groot durf betoog sůnder dat ons luister na 'n hoogs persoonlike retorika, of die geklets van nůg 'n ontevrede, nostalgiese suburban Afrikaner" (par 3)? Die eerste stelling maak nie heeltemal sin nie. Die tweegesprek tussen Catullus en Horatius ontkom myns insiens nie aan die studentikose nie. Van die beeldende en metaforiese krag het hierdie leser maar min gevind. Te veel gedigte maak nog die indruk van verkapte prosa, van 'n vers wat werklik op enige plek afgesny kon word. Soms word die paradoks goed ingespan, maar dikwels het hierdie leser die gevoel dat die gedigte 'n sterk innerlike binding mis. Vreemd dat Schaffer ook nie 'n besonder sterk vers aanhaal nie. Hy kon eerder verwys het na die magiese "Twee diewe".

As ons sÍ "Sak Sarel", kan ons ook sÍ "Sak Schaffer." Om 'n bundel se bydrae binne 'n taal en kanon reg in te skat, beteken dat jy daardie letterkundige kanon deeglik moet ken. Ook behoort 'n mens Harold Bloom se The Western Canon te lees en te gaan kyk hoe die prosagedig al in Afrikaans uitsonderlik bedryf is. Om die minste te sÍ: miskien eerder weer gaan kyk na Breyten Breytenbach se Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975 - 1983 (H&R 2005).

*

Marius Crous resenseer Gabeba Baderoon se The dream in the body heel gunstig (Die Burger, 6 Junie). Is dit egter nodig dat hy ons moet meedeel dat 'n afdeling herinner aan 'n afdeling uit sy eie bundel?


LitNet: 09 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.