SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

iAfrikaans my kalcha

Carina Diedericks

One must have chaos within to be able to give birth to a dancing star,” het Nietzsche gesê. As ek bo my kyk, sien ek die sterre dans. Om my spat die vonke. En dit alles oor twee woorde in ons leksikon: “Afrikaans” en “Afrikaner”.

“Afrikaans” en “Afrikaner” het gesorg dat Mbeki en die Afrikanerbond (aka die Broederbond) saam ’n koppie tee geniet. Namens die “Afrikaner” baklei Constand en Carel oor die proklamasie van ’n lappie grond vir die volkstaat timeshare. Tussen ’n stywe Tango en tiermelk kloof André, Ampie en Breyten hare oor die kleur en geur van ons “Afrikaner”-hutspot. Ons comrades sal eerder in die loop van ’n geweer kyk as om Afrikaans te leer.

In Afrikaans sit Mathews Phosa en konseptualiseer die tronkmure en die Afrikaner om hom. As Afrikaner onthou my ouma Kruger: “I am a donkey, I speak Dutch.” Watergate? ’n Vulletjie. Vlakplaas? Probeer weer. Monica Lewinsky? ’n Skone, witte lelie. Afrikaans en Afrikaner? Viagra vir die bloeddruk. Nou waarom dan die harlaboerla oor ons kanoentjie?

Taal wat in SA ontwikkel het onder verskeie invloede, maar met Nederlands as basis,” is die dansende ster wat my HAT in die lug opskiet.

Soos ek dit verstaan het, staan “Afrikaans” soos die Pilare van Hercules met een voet in Europa en die ander vierkantig op Afrika-bodem. Dit was egter slegs die gebral van my naïewe jeug. Nou kyk ek op my neus, beide voete in my mond — ’n moerse faux pas. Laat ek verduidelik.

Verlede Woensdagmiddag op Stellenbosch pak die Douwe Egberts-lus my beet. My kar is vir ’n massage by Giel, my bekwame paneelklopper. In ’n oomblik van bourgeoise-beswyming besluit ek om dan maar na my gunsteling coffee shop te stap. Maar ek gee nie om nie. Tienduisend bleek toeriste met leersandale, wit sokkies en “Ag, leuk!” kan nie verkeerd wees nie. Hulle betaal immers goeie geld (nou wel nie meer goud nie) om hierheen te kom en met reusagtige padkaarte rond te stap.

Braaf pak ek Stellenbosch aan op hierdie reënerige middag in Augustus. My pienk Tweety-sambreel veg moedig teen die Boland-reën wat net nie van bo af wil val nie, die verrottende eikeblare skwiesj onder my voete, die reuk van nat teer gaan lê in my neusgate — Stellenbosch op sy beste.

Op pad na Douwe, loop ek my vriend Lionel van Idasvallei raak. Ons gaan drink café latté by Café Nouveau. Lekker nouveau riche. Douwe moet maar wag. Lionel is die een wat Afrikaans kan praat dat jy vuurwerke en volmane sien.

Ons gesels oor melktert, ons liewe rektor, die prys van goud en Brasse van die Kaap. Ons bestel nog ’n rondte en sommer ’n biscotti of twee.

“Jy is nie soos ’n tipiese Afrikaner nie,” sê hy. Die biscotti word beskuit in my keel. “Wat bedoel jy?” vra ek. “Asof jy nie weet nie. So Jong Dames Dinamiekerig,” sê Lionel.

Die paddaslagter sit nou vierkantig tussen my blaaie. “Lionel, ek en jy praat Afrikaans. Dit maak ons Afrikaners,” is my verweer. Lionel staan sonder ’n woord op, plak R50 op die tafel neer en stap die reën in. Faux pas nommer een.

Twee dae later sit ek en my soulmate en drink cocktails op die strand. Die son is besig om te sak oor die see en vir ’n oomblik kan jy vergeet van jouself. By die tafel langs ons kom sit ’n paartjie. Die man het ’n woeste snor, sy hemp laag oopgeknoop.

Die dik, goue ketting om sy nek en die pels op sy bors skree Parow Arrow. Die vrou dra ’n stywe, wit jean — die tipe wat jy nat moet aantrek. ’n Mooi pienk Queenspark-toppie met genoeg valle vir ’n sleep komplimenteer die peroxide. Lekker kômmen. Hulle bestel brandewyn en Coke en tuur oor die see.

Ek en soulmate kyk vir mekaar, onderdruk ’n giggel, voel heimlik skaam dat ons Afrikaans hoor van die tafel langsaan en gaan aan met ons gesprek oor roem. My soulmate sê dat as ons net eenmaal beroemd kan wees of met roem kan verkeer — greatness in die gesig staar, dan sal ons die trivialiteit van ons eie selfbejammering insien.

Goeie punt. Ek neem ’n teug van my Transgalactic Gargle Blaster en dink aan ’n repliek, ryk aan filosofiese nuanses en literêre verwysings. Die man langs ons leun oor na ons kant toe. “Pity is the feeling which arrests the mind in the presence of whatsoever is grave and constant in human sufferings and unites it with the human sufferer,” mymer hy terwyl hy steeds vir die see kyk.

“Ek is jammer, ek kon nie help om julle gesprek te hoor nie. James Joyce het net so mooi ingepas met wat julle gesê het,” sê hy vir die twee oopmond morone voor hom.

Wittgenstein lag in sy mou. Ek maak plek vir my ander voet. Faux pas nommer twee.

Nietzsche se chaos woed lustig voort. Ek dans saam met die sterre. Te veel vir my brose gemoed. Ek staan op die ravyn van my verwysingsraamwerk en probeer vir oulaas die konsepte “Afrikaans” en “Afrikaner” sonder ’n oratorium baasraak. Maar dit is nie nodig nie. Dit is van baasraak en stereotipeer en analiseer en vooropgestelde idees dat ons met die konsepte “Afrikaans” en “Afrikaner” sit. Dít is die grootste faux pas.

Ek dink terug aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vroeër vanjaar. Ons gaan Kaktus toe. Met moeite sleep ek my soutie vriende saam. “Your clan is going to speak and sing Afrikaans non-stop and I’m not going to be able to understand a word”, kla die een.

Ek gryp die English Rose-handjie en plak haar voor Gert Vlok Nel se voete neer. Ek sakkie, toy-toy en ramba die aand deur en vergeet skoon van die souties. Johannes Kerkorrel sing “Halala Afrika”. Ek hoor ’n snik by my voete. Ek kry die English Rose, snot en trane met ’n bottel Tas in die hand. “Listen to that! It’s Afrikaans! You speak Afrikaans. You are African. Where the fuck do I fit in?”

Ek is Afrikaans. Sela. Amen. Halleluja.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.