SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wetenskap en religie kan die wreld verbeter n verwoes

Johann Rossouw

’n Opvallende kenmerk van die Afrikaanse wreld is dat dit nooit die wegkwyning van religie beleef het wat veral Wes-Europa vanaf die sogenaamde Verligting aan die einde van die 18de eeu gekenmerk het nie. Miskien is die wegkwyning van religie in Wes-Europa die beste versinnebeeld deur die tradisie van lacit in Frankryk — moeilik vertaalbaar, maar dit suggereer die verwydering van religie uit die openbare lewe, veral na die Franse Rewolusie en later die sogenaamde antiklerikale beweging aan die einde van die 19de eeu.

Filosofies gesproke het die antireligieuse sy hoogtepunt miskien bereik in Nietzsche se uitspraak laat in die 19de eeu dat God dood is, waarmee Nietzsche eintlik net geggo het wat Hegel al dekades voor hom betreur het.

Die Verligting en die daaropvolgende geskiedenis van die filosofie, wetenskap en religie is uiteraard ’n geweldige onderwerp, maar miskien kan ons s dat die antireligieuse in Wes-Europa veral gevoed is deur die opkoms van die wetenskap sedert Newton. Veral sedert die Verligting, maar miskien nrens sterker as in Nietzsche nie, is die wetenskap beskou as die voertuig wat ons uit die donker era van ’n wreld oorheers deur religie sou lei.

Twee honderd jaar na die Verligting kan ons terugkyk en s dat die wetenskap en die tegniek ongetwyfeld reusevooruitgang vir die mensdom gebring het, soos byvoorbeeld ten opsigte van die mediese wetenskap, kommunikasie en voedselsekerheid. Maar wat soos ’n paal bo water staan, is dat die wetenskap allermins daarop kan aanspraak maak dat dit vir ons die vrede en voorspoed gebring het waarop die ou kritici van die religie gehoop het. Die ekologiese krisis en menseslagtings van die afgelope honderd jaar is ook na wetenskaplike progressie terug te voer. Kortom, die wetenskap is net so ’n dubbelsinnige verskynsel soos die religie.

Hoewel die religie inderdaad die afgelope twee eeue minder prominent as voorheen in Wes-Europa was, het die prentjie die afgelope twee dekades dramaties verander. Die voorspelling dat die religie die wyk voor die wetenskap sou neem, het uiteindelik slegs gedeeltelik waar geword in Wes-Europa, terwyl die religie in die res van die wreld net so ’n belangrike faktor as op enige gegewe tydstip in die menslike geskiedenis is. Trouens, ook in Wes-Europa en Frankryk begin die besef intree dat die verskynsel religie veels te gou dood verklaar is. In Frankryk praat hulle selfs ietwat misleidend van retour du rligieux (terugkeer van die religieuse) — asof die religieuse ooit weggegaan het 

Die nuwe aandag wat die religie vandag geniet, is in geen geringe mate toe te skryf aan die nuwe perspektiewe wat die wetenskap self vandag op die religie open nie. Ons kan hier met twee voorbeelde volstaan.

Ten eerste het die sogenaamde Nuwe Fisika, waarin die Britse fisikus Paul Davies ’n leidende figuur is, reeds vanaf die tagtigerjare veral met behulp van die kwantumfisika die bestaan van God opnuut begin erken. Byges gaan dit by hierdie denkers nie altyd oor God soos God in die tradisionele sin as persoonlike wese verstaan is nie, maar miskien eerder as ’n soort kosmiese energie.

Ten tweede is die nuwe veld van neuroteologie besig om ’n opskudding te veroorsaak, veral sedert die publikasie van Eugene d’Aquili en Andrew Newberg se Why God Won’t Go Away ’n jaar of twee gelede. In wese probeer hierdie wetenskaplikes om die jongste insigte in die bestudering van die brein aan te wend om te verklaar waarom die mensdom religie beoefen. Hul belangrikste bewering is dat die menslike brein so funksioneer dat dit ons biologies bestem om te glo.

Hierdie ontwikkelings voer ons vandag na ’n wreld waarin die religie en die wetenskap nie as vyande nie, maar as gespreksgenote saam oor ons en die wreld waarin ons leef, kan besin. Ook uit ’n filosofiese hoek beskou hoef die voortbestaan en groei van religie — daar is volgens die Christian World Encyclopedia van 2001 vandag meer as tien duisend religie wreldwyd en tot soveel as dertig nuwes ontstaan maandeliks — ons nie te verbaas nie.

Die twee Latynse grondwoorde van religie, religare en religere, beteken onderskeidelik “om te verbind” en “om te versamel of byeen te bring”. Ons kan s dat ’n belangrike aspek van die religie is dat dit mense in singewende gemeenskappe versamel rondom ’n beginsel wat hulle te buite gaan — by Christene God en die gemeenskap van die gelowiges; by Moslems Allah en die Umma; by Boeddhiste die Dharma en die Sangha.

Religie sowel as wetenskap kn die wreld verbeter, maar kan dit ook verwoes. Die gebeure sedert 11 September 2001 bring ons voor die histories ongekende verskrikking van religieuse fundamentalisme in kombinasie met verwoestende tegnowetenskaplike wapens, soos bevestig deur sowel Bin Laden as Bush. Miskien l die uitkoms uit hierdie krisis daar waar die religie en die wetenskap mekaar as gelyke vennote erken. Beide moet miskien in die eerste plek nie soseer verstaan word as middele om die wreld mee te verander nie, maar as middele om die wreld mee te verstaan.

Ware gelowiges en toegewyde wetenskaplikes weet dat ons nooit volledig kan ken nie, dat ons ons eie sekerhede met nederigheid moet hanteer en di van ander met mededo. As die gelowiges en die wetenskaplikes van vandag en mre hierdie verkennende lewenshouding kan kultiveer, sal ons nie noodwendig ’n beter wreld h nie, maar ten minste ’n beter begrip van ons wreld.

En daarmee sou ons alreeds die lyding van die wreld verminder.



LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.