SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gelukkig is die leser wat John Miles nog kn hoor

Johann Rossouw

By die lees van John Miles se skitterende nuwe roman, Die Buiteveld (Human & Rousseau), kan ’n mens nie anders nie as om jou te verwonder aan van die uitlatings wat resensente van die roman al daaroor gemaak het nie. Een resensent wou dit h dat Miles se siening van skuld dalk kan speel in die hande van “regses” in die politiek; ’n ander het gekla dat Miles sy lesers hard laat werk sonder dat dit duidelik is wat hy uiteindelik wil s. Waarskynlik bewys hierdie opmerkings minstens twee dinge: dat die obsessie met die uitdeel van skuld onder die voorwendsel van progressiewe politiek hoogty vier (sodat wie dit bevraagteken, gevaar mag loop om in die hande van “regses” te speel); en dat verwagtinglose, trae lees nie meer die rel nie, maar die uitsondering in die era van die Tirannie van Onmiddellikheid geword het (sodat die romansier wat nie aan die leser se verwagtinge voldoen nie, hom aan gemene spel skuldig maak?).

Verskeie temas word in die roman aan die orde gestel, maar hier kan ons op drie ingaan: die spektakel, skuld en liefde.

Wat die spektakel betref: die Situasionis Guy Debord het reeds in die laat 1960’s in sy La Socit du Spectacle (in Engels vertaal as The Society of Spectacle; Afrikaanse vertaling helaas, soos gebruiklik, nog nie gedoen nie) voorspel dat die Westerse samelewing afstuur op ’n staat van voortdurende spektakelskap, waar veral die media ons van een “groot gebeurtenis” na die ander voer.

In navolging van Debord sou ’n mens kon aanvoer dat die spektakel in ons era veral daar manifesteer waar die private en die alledaagse tot openbare drama en gebruiksgoed gemaak word, en veral dan by wyse van die lewende TV-uitsending. Daar is dan ook ’n ironiese dubbelsinnigheid betreffende die alledaagse: wanneer die alledaagse as gegewe na sy eie aard, onbevange en ontvanklik, beleef word, verkry die lewe die kwaliteit van ’n boeiende verhaal wat voortdurend ontvou. Maar wanneer die alledaagse tot spektakel verlaag word, dit wil s gemaak word tot wat dit nie is nie, word dit so verdraai dat hierdie intiemste grond van ’n gesonde lewe besoedel word. Een van die beste voorbeelde hiervan is die verskynsel die Big Brother-program, skaars vyf jaar na sy uitvinding wreldwyd geglobaliseer.

Reg deur die loop van Die Buiteveld word die leser herinner aan nimmereindigende Big Brother-reekse, sowel in Portugal as in Suid-Afrika. Die spektakelering van die alledaagse word ook op die private toegepas, waarvan beide skuld en liefde slagoffers is. Jacques Derrida het gedurende sy Suid-Afrikaanse besoek van 1998 in ’n lesing daarop gewys dat vergiffenis in die nag kom: dit kan nie vooraf beplan, bespreek of openlik opgevoer word nie. Terwyl die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) die meriete had dat dit openbare erkenning gegee het aan mense se lyding wat weens ’n openbare beleid beleef is, het dit die grondige gebrek gehad dat dit skuld as sodanig tot ’n openbare aangeleentheid gemaak het. En wie van ons gaan in die openbaar daarvan hou om skuldig verklaar te word in ’n niejuridiese forum, teen die agtergrond van ’n magsorde waarin ’n uiters ongelyke magsverhouding tussen die vorige verdrukker en verdrukte nou as demokrasie aangebied word? (Miles praat dan ook van die ongemaklike posisie van ’n minderheid teenoor ’n demokraties verkose meerderheid. Skulderkenning en -beswering kan slegs daar plaasvind waar die magsverhouding tussen die twee partye gelyk is, dit wil s nadat ’n behoorlike politieke skikking bereik is. Versoening volg eers na skikking, nie andersom nie.)

Die implikasie is dat wanneer selfs skuld en versoening deel van die samelewing van spektakel word, versoening fundamenteel onmoontlik word. Daarteenoor bied Miles die wel en wee aan van Smerski, die hoofkarakter, wat self skuld in sy verlede het. Smerski se verhaal is tekenend van die feit dat skulderkenning en versoening, of ten minste die aanvaarding van skuld, slegs moontlik is waar ’n mens jou in ’n gelyke magsverhouding met die ander bevind. Vanaf sy aankoms in Portugal, na sy wandade in Angola, en met ’n vals identiteit, leef Smerski onder die swaard van onthulling en openbaarmaking.

Algaande besef die leser egter wat die rasionaal agter Smerski se wandade is, besef sy ook dat Smerski sedertdien ’n hoogs morele lewe as woordeboekmaker en vertaler lei. Dit is egter eers wanneer sy liefde vir Isabel op dreef kom, na meer as vyftien jaar van trae, geduldige afwagting, dat Smerski die eerste maal sy verlede (teenoor haar) kan erken en daarmee in die reine kom (“vergiffenis kom altyd in die nag”). Juis die veilige konteks van hul ontluikende liefde bied aan hom die ruimte vir hierdie versoening met homself, en selfs met die gees van sy vader.

Ironies genoeg illustreer Isabel se vader se aanvanklike reaksie op hul liefde, wanneer hy soos ’n tipiese magsmoralis en burokraat Smerski se waarde aan sy verswe wandade wil meet, hoe versoening slegs daar kan geskied waar beide partye ontvanklik is vir mekaar. As die een party, soos Isabel se vader, vanuit die staanspoor ’n paranoese, veroordelende houding teenoor die ander inneem, kan daar geen versoening wees nie.

Afgesien van wat ons reeds hier oor die liefde as tema ges het, wys Miles ook op vernuftige wyse hoe selfs die liefde vandag moeilik aan die samelewing van spektakel kan ontkom. Isabel, lid van ’n gesiene familie, se huwelik en latere egskeiding word deur die poniekoerante en smeertydskrifte opgeslurp, in so ’n mate dat die suggestie selfs is dat die hoogs openbare aard van haar huwelik deels tot die mislukking daarvan bygedra het.

Beide Isabel en Smerski is egter vanuit die staanspoor deeglik bewus van hierdie risiko vir hul liefde en van die idee dat liefde, per implikasie, slegs in die buiteveld, weg van die sentrum, weg van die besige werf, weg van die onversadigbare openbare oog, kan bestaan. Dit is dan waarskynlik ook waarom Smerski teen die einde van die roman ook suggereer dat hy Isabel na die buiteveld van sy hartland wil neem, weg van al die priemende o.

Die afgelope jare moes ons tot vervelens toe hoor van “grensverskuiwende” kuns, van die nuutste Afrikaanse kunssensasie. Dit is tekenend van ’n klein minderheidsgemeenskappie wat ten beste tans diepe verleentheid oor sy verlede voel, en wat desperaat nodig het om in homself te glo. So iets is verstaanbaar, maar dit moet ons des te meer waaksaam maak om nie alles en nog wat op te hemel nie. Te midde van die see van middelmatigheid en sensasiebelustheid waarin die Afrikaanse letterkunde die afgelope tyd reddeloos ronddobber, het John Miles ’n pragtige roman, ryk aan tekstuur, atmosfeer en ritme geskryf. Gelukkig is die leser wat hom nog kn hoor.


LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.