SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Beste Max

Dit is nou al geruime tyd wat ek dit oorweeg om vir jou ’n ope brief te skryf, deels omdat die argumente wat jy van tyd tot tyd teen die Nuwe Afrikaanse Beweging (NAB) uitspreek, vir my moeilik is om klein te kry, en deels omdat ek jou nog altyd as ’n onafhanklike stem beskou het, wat ’n mens waardeer, of jy nou saamstem of nie. Met die verskyning van jou onderhoud met Johan Pienaar op Litnet het ek nou uiteindelik besluit om die daad by die woord te voeg.

Jy is self lief daarvoor om nie net te sÍ wanneer jy van iemand verskil nie, maar ook te sÍ wanneer jy saamstem. Verder is jy ook lief daarvoor om mense wat tot die openbare debat toetree, se motiewe ook deel van die gesprek te maak. Ek het nog altyd geglo dat die openbare debat sterf wanneer mense se vermeende motiewe eerder as hul standpunte beoordeel word. Hoe ook al, voor ek kom by die dinge waaroor ek met jou verskil, eers iets oor dit waaroor ons saamstem, asook oor my motiewe (sodat dit nie onder verdenking hoef te staan nie).

Waaroor stem ons saam?

Daar is heelwat: dat ons albei in murg en been, hartstogtelik, Afrikaners is en dat ons ook nie skaam is oor wie ons is nie; dat ons met hart en siel aan ons vasteland, Afrika, verbind is; dat ons die onafhanklike stemme, waarvan daar nog altyd min in Afrikaans was, koester; en dat ons die demokrasie, mťt al sy gebreke, as die beste moontlike politieke stelsel ondersteun.

Wat is my motiewe, nie net met die skryf van hierdie brief aan jou nie, maar ook vir my betrokkenheid by die Groep van 63?

Laat ek begin by wat vir my in my eie lewe ’n waterskeiding was, naamlik toe ek, as ek reg onthou, iewers in 1988 in Style (van alle plekke), ’n onderhoud met jou as nuwe redakteur van die nuwe Vrye Weekblad gelees het. Onthou jy nog die onderhoud? Daar was so ’n tong in die kies foto van jou daarby, waar jy met gevoude arms en geplante voete van onder af voor jul kantoor in die Ou Standard Bank-gebou in BreŽstraat afgeneem is. Magtag, het ek gedink, dis ’n nuwe wind waarvoor ek lankal wag.

So het dit gekom dat ek jou koerant tot en met sy heengaan in al sy verskillende gedaantes Vrydag vir Vrydag gelees het. Op ’n keer, tydens die resessie van 1991-92, toe ek uit nood as kampusveiligheidswag nagskof by Tukkies gewerk het, het ek jou selfs by die koerant gaan sien om te hoor of daar nie werk is nie. Ek weet nie of jy die dag nog onthou nie. Hoe ook al: jy was vriendelik en lus vir gesels, maar werk was daar nie. Ek sou destyds my oogtande gee om vir ’n koerant soos joune te werk. Want Vrye Weekblad was ’n denkende Afrikaanse stem wat nie geskroom het om die waarheid kaalkop te vertel nie. Dit het Afrikaners inderdaad, soos jy in jou onderhoud met Johan Pienaar sÍ, losgemaak, insluitende myself. Wat my terugblik miskien die meeste van die koerant aangegryp het, was sy onvoorwaardelike omhelsing van die demokrasie en die oop debat.

Die tyd het aangestap. Die Nuwe Suid-Afrika het aangebreek, Vrye Weekblad is daarmee heen, en jy het jou posisie as onafhanklike joernalis behou. In die proses wou “die volk” jou nie op Klip in die Bos verdra nie, en wou die nuwe magte jou ook nie langer by Special Assignment verdra nie. Vir jou durf en jou eerlikheid is jy ook in die Nuwe Suid-Afrika gekarnuffel, hoewel, soos jy self sÍ, darem nie op dieselfde skaal as in die oue nie.

’n Ding wat my toentertyd al gegrief het, was hoeveel Afrikaners wat ek teŽgekom het, na jou as ’n “Kommunis” of ’n “volksverraaier” verwys het. Ja-nee, van hoe dit voel om onder etikettering deur te loop, in plaas daarvan om vir jou standpunte en optrede beoordeel te word, hoef ek jou niks te vertel nie.

Gedurende die vroeŽ negentigerjare was ek self, soos ons almal maar, deur intense prosesse soos die land gedemokratiseer het. Ek het my eie trek uit die Afrikanerlaer onderneem deur op vrouens van ander nasionaliteite verlief te raak, te bedank uit die destydse Departement van Nasionale Opvoeding en die Franse Instituut in Johannesburg te gaan help stig, omdat ek toe, soos nou, geglo het in die noodsaak van interkulturele skakeling. As jy my die stukkie selfspot en eerlikheid sal veroorloof: kort voor die Instituut amptelik gestig is, het ek op ’n keer vir my Franse diplomaatbaas gesÍ, “Jy kan bly wees jy’t my aangestel, want jy het ten minste nou ’n wit barbaar op jou personeel.”

Vir die volgende drie jaar (1995-1997) was ek die meeste van die tyd die enigste Suid-Afrikaner in diens van die Instituut. Die res was almal Frans. In daardie selfde drie jaar het ek maar gebars, want ek kon nie Frans praat nie. Verder het ek ook vroeg-vroeg besef dat as ek nie vir myself uitwerk wat dit is om ’n Afrikaner te wees nie, iemand anders dit vir my gaan doen, en dat die kanse goed is dat die ander ou se beoordeling onvermydelik na apartheid gaan teruglei. Ek onthou nog hoe ek eendag, aan die einde van die derde jaar, vir die soveelste Franse besoeker gesÍ het dat ek nou regtig nie meer vrae oor apartheid wil beantwoord nie, want ek kon dit nie meer hanteer dat ek, as Afrikaner, aanspreeklik gehou word vir iets wat ek self verag het vandat ek my verstand gekry het nie.

Toe, aan die einde van 1997, het Thabo Mbeki geleidelik die leisels by Madiba begin oorneem. Versoening en nasiebou is vervang met Afrikanisering en transformasie. En toenemend het my eie land vir my na ’n vreemde plek begin voel. Na alles het ons as nasie in 1994 met mekaar ’n sosiale kontrak gesluit wat bepaal het dat ons met ’n nuwe grondwet en ’n nuwe staatsbestel die verlede agterlaat en mekaar hiervandaan as gelyke vennote in ’n nuwe samelewing aanvaar. Natuurlik gaan die verlede nog vir lank met ons wees, maar dit is des te meer rede om daardie sosiale kontrak, waarin ons nie vorentoe gaan deur blaam uit te deel nie, maar verantwoordelikheid te aanvaar, elke dag wat aan ons gegee word, waar te maak.

Mettertyd het ek egter begin besef dat Suid-Afrikaanse politiek nog nie die finale woord oor die verhoudinge tussen die verskillende rolspelers van ons samelewing gespreek het nie (asof so ’n finale woord ooit gespreek kan word). Toenemend het dit duidelik geword dat ons dieselfde logika wat apartheid onderlÍ het, met ander middele voortsit: waar ons onder apartheid mekaar se andersheid tot op die punt van amperse selfvernietiging beklemtoon het, is ons vandag al hoe meer geneig om mekaar se eendersheid tot dieselfde uiterste toe te beklemtoon.

Die Suid-Afrika waarin ek glo, is een wat uitdrukking gee aan die enkele rede waarom ek my land (en my vasteland) die liefste het, naamlik ons diversiteit. Ek en jy weet dat ons albei Suid-Afrikaners is, maar ek en jy weet ook dat ons albei Afrikaners is. Ons weet ook dat Afrikaner en Suid-Afrikaner nie altyd dieselfde ding is nie. Die vraag is: hoe moet ons die verskille (en ooreenkomste) tussen Afrikaner en Suid-Afrikaner op so ’n wyse erken dat beide Suid-Afrika ťn Afrikaners mekaar kan verryk?

Myns insiens is die manier om dit te doen om erkenning te gee aan die sake wat vir Afrikaners belangrik is, sodat hulle in hul eie land tuis voel en hul bydrae tot die res van die samelewing met geesdrif kan lewer.

Kom ek gee jou enkele konkrete voorbeelde van sake wat myns insiens vir Afrikaners belangrik is, maar nie noodwendig vir die res van die land nie: die toekoms van ons skole, universiteite en kerke; die toekoms van ons boere; die skade wat regstellende aksie aan ons aanrig; en die erkenning van ons taalregte. Jy kan hierdie sake onderspeel en afmaak soos wat jy wil, maar hulle gaan nie weggaan nie. As hulle nie erken gaan word nie, gaan dit net Afrikaanse apatie (selfs ekstremisme) aanblaas, Afrikaanse emigrasie verder vermenigvuldig en uiteindelik nie tot voordeel van die Suid-Afrikaanse nasie wees nie.

Natuurlik is hierdie sake van mindere belang in die breŽr Suid-Afrika, en dit is ook goed so. Die huidige regering moet, soos almal van ons, aandag gee aan armoedeverligting, misdaadbekamping, grondhervorming, Vigs, globalisering, en wat nog. Punt is: as jy wil hÍ Afrikaners moet hul bydrae tot hierdie sake lewer, moet jy ook aan hulle sake erkenning gee. So gaan dit mos nou maar in die politiek: ek erken jou, en jy erken my. Jy is lank genoeg politieke joernalis om te weet dat die politiek nie oor goeie voornemens en edele motiewe gaan nie, maar om wedersydse erkenning van mekaar se belange.

Dit bring my nou by die dinge waaroor ek van jou verskil, en waaroor ek graag van jou antwoorde sal wil hÍ:

1.
Jy is lief daarvoor om Dan Roodt as strooipop te gebruik wanneer jy jou kritiek teen die Nuwe Afrikaanse Beweging opper. Ek stem deesdae selde saam met Dan oor sy argumente en ek is nie gemaklik met sy styl nie, maar dit beteken nie dat hy nie die reg het om sy standpunte te stel nie, of dat ek, soos jy graag doen, Dan se motiewe verdag hoef te maak nie. Maar ek en jy weet ook dat PRAAG, die Groep van 63, die MWU-Solidariteit, die Oorlegplatform, Orania, die Vryheidsfront, die ATKV, Afrikaanse rockers, Afrikaanse kunstefeeste - myns insiens alles deel van die Nuwe Afrikaanse Beweging (waarin Vrye Weekblad as voorloper geen geringe rol gespeel het nie) - nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Hoe is dit dan dat jy keer op keer die geldigheid van hierdie hele beweging afmaak deur dit tot Dan Roodt te reduseer?

2.
Sedert die Groep van 63 in Mei 2000 ontstaan het, het ons ons nog nooit in enige stadium op etnisiteit of ras beroep nie: ons verwysings was nog altyd taal en kultuur as merkers van identiteit, omdat ons, net soos jy, weg van etniese politiek wil stuur deur die diversiteit in Suid-Afrika op ander maniere as via etnisiteit te erken. (Maar etnisiteit, weet jy in elk geval, gaan nie verdwyn net omdat ek en jy nie daarvan hou nie - daarvan getuig Burundi en die Ivoorkus op die oomblik weer bloedig. Beter, dus, om etnisiteit koud te lei deur dit eerder met verwysing na taal en kultuur - albei baie oper en dinamieser as etnisiteit - te erken, as om dit ontken, tot dit sigself op jou kom wreek, soos ons onlangs weer met die gefnuikte “Boere-opstand” gesien het.) En tog hou jy hardnekkig vol om ons van etniese politiek en regsheid te beskuldig. Trouens, sover my kennis strek, het jy nog nie ’n enkele argument van die Groep van 63 krities hanteer nie, maar jou kritiek tot etikettering beperk. Hoe is dit moontlik dat jy, wat self al so dikwels onder etikettering in plaas van ware debat moes ly, presies dieselfde taktiek op die Groep van 63 toepas?

3.
Jy beroep jou in jou onderhoud met Johan Pienaar op die maverick, die onafhanklike stem. Dit is presies wat ons in die Groep van 63 probeer kultiveer, net soos die Sestigers en die Dertigers op hulle dag. Maar waarom gebruik jy die ou populistiese Afrikanertruuk om “die intellektuele” ter wille van “die volk” verdag te maak? Jy beweer Dan Roodt praat nie uit die hart van die volk nie. In die Groep van 63 glo niemand meer in “die volk” nie, en dink ons nie eers daaraan om “uit die hart van die volk” te praat nie. Ons probeer gewoon om met ons werktuie as onafhanklike intellektuele ’n bydrae tot die nasionale debat te maak en ’n nuwe politieke woordeskat vir die Afrikaanse wÍreld na 1994 te ontwikkel. Nietemin is dit opvallend hoe inbelprogramme en briewekolomme oorloop van standpunte oor regstellende aksie, emigrasie, misdaad, Afrikaans, die onderwys, die kerk en universiteite - alles dinge waaroor die Groep hom herhaaldelik al uitgespreek het. Ek stel dit aan jou dat ek hoegenaamd nie kan sien waar hierdie spanning tussen “die volk” en “die intellektuele” bestaan nie, behalwe dat “die volk” en “die intellektuele” verskillende maniere het om dieselfde goed te sÍ (soos dit ook hoort). Waarom doen jy mee aan die verdagmaking van intellektuele, terwyl jy jou terselfdertyd op die belang van onafhanklike stemme beroep?

4.
Jy sÍ die sisteem in Suid-Afrika is “regverdig”. Hoe kan ’n sisteem wat instellings dwing om die demografie van die land op elke vlak te verteenwoordig, sonder om ook kundigheid, tale en kulture in ag te neem, “regverdig” wees? Ek en jy, Max, het nie oor die einde van wit rassepolitiek gejuig net om in die doodloopstraat van swart rassepolitiek te eindig nie. Arm mense se goed word in hierdie land gesteel; vrouens en kinders loop die gevaar om verkrag te word; en die rykes word al hoe ryker: waar is die regverdigheid van hierdie sisteem?

5.
Jy sÍ in jou onderhoud met Johan Pienaar dat ons nie die grondwet moet aanval nie. Ek is dit roerend met jou eens, maar dit beteken nie dat die grondwet nooit verbeter hoef te word nie. Die VSA, die wÍreld se oudste moderne demokrasie, se amendemente aan sy grondwet om veranderde polities-maatskaplike omstandighede te erken, is wyd bekend. Waarom erken jy nie ook dat die grondwet soms verbeter kan word nie? En waarom stel jy die aansprake om grondwetlike hervorming, wat die Groep van 63 by geleentheid met deeglike argumente gestaaf het, verkeerdelik en herhaaldelik voor as ’n “aanval” op die grondwet?

6.
Jy droom van ’n nuwe Helpmekaarfonds. Die Helpmekaarfonds het destyds geslaag omdat Afrikanerleiers Afrikaners met Afrikanersimbole kon mobiliseer. In vandag se Suid-Afrika sal so ’n fonds net slaag as welvarende mense met nuwe simbole gemobiliseer word. Hoe dink jy gaan Afrikaners vir so iets gemobiliseer word as hul simbole nie deur die nuwe regering erken word nie? En watter erkenning gee jy vir die werk wat Afrikaanse kerke reeds vir armoedeverligting doen? En watter bydrae voorsien jy gaan die swart middelklas - wat reeds in 2000 groter as die wit middelklas was - tot so ’n fonds lewer? Of verkies jy om by wit rassepolitiek as verwysing te bly?

7.
Jy vra dat Afrikaners iets in die land moet terugploeg. Afrikaners se geld is tot ’n groot mate nog steeds in die land, wat meer is as wat van sommige ander welaf kultuurgroepe gesÍ kan word. Maar wanneer Afrikaners hul bydrae tot die nasionale debat, tot parlementÍre kommissies en tot ministeriŽle raadplegings lewer, moet ons telkens hoor dat ons “net vir ons eie belange” optree, eers ons verbintenis tot die land moet bewys, en wat nog. Dis mos dubbele standaarde, party gelyker as ander, of hoe?

8.
Jy is lief daarvoor om Afrikaners wat vir hul belange intree, verdag te maak. Maar wat is demokrasie anders as om vir jou belange in te tree? En watter Afrikaanse openbare rolspeler definieer vandag nog Afrikaanse belange in afsondering van die res van Suid-Afrika?

Nou ja, Max, of jy nou antwoord of nie, het ek minstens nou die brief van my hart af.

Ek sit vanmiddag hierdie brief aan jou te midde van die herfs in die Loire-vallei in Frankryk en skryf, die land waar ek nog die grootste gedeelte van die volgende twee jaar moet deurbring om my studies te voltooi. Ek droom byna elke nag van Suid-Afrika. Ek sien die vlaktes van die Suid-Vrystaat, ek ruik die rasende strate van Johannesburg, ek hunker na die groen van die Boland. Ek probeer om my bydrae tot die land steeds te maak met my intellektuele en vertaalwerk, net soos ek hoop om dit met my terugkeer oor twee jaar te doen. In Europa wil ek nie wees nie, en as ek iewers anders as in Afrika moet sterf, sal ek binnekant doodgaan. Ek hoop ek en jy kan weldra weer ’n bier drink, of dit nou in Melville, Oudtshoorn of waar ook al is. Verkieslik net nie buite die land nie, want dan sal ons sweerlik te nostalgies oor Moerland raak. Kan jy jou voorstel watter helse babelas dit sal afgee?

Dit gaan jou goed, Max.

Johann Rossouw

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.