SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.



Lesingreeks, KKNK 2004

 

Nuwe lug in ou balle? Transformasie in rugby

Joey Daniels

is president van die SWDRVU en lid van SARVU se uitvoerende bestuur.

Aangesien mnr Van Rooyen nie persoonlik hier kan wees nie, het ek dit nodig geag omgraag die volgende met u te deel wat hy op 5 Desember 2003 aan die media gesÍ het pas nadat hy tot president van SARVU verkies is.

Ons vier vanjaar tien jaar van demokrasie en rugby het as sportsoort goed baat gevind by die koms van demokrasie. Maar kan ons in alle eerlikheid sÍ dat rugby soveel teruggegee het as wat hy ontvang het?

Dit is moeilik om in ’n land met ’n geskiedenis soos ons s’n politiek uit sport te hou. Vir so lank as wat ons op die pad van transformasie en verandering beweeg, so lank sal politiek met ons wees.

Die geskiedenis van ons land is ’n direkte gevolg daarvan dat sekere groepe bevoordeel was, terwyl ander maar altoos tevrede moes wees met die krummels in feitlik alle sfere van die samelewing. Tereg kan daar verstaan word dat daar tans wedersydse ongelukkigheid bestaan. Aan die een kant is daar die voorheen bevoorregtes wat glo dat hulle benadeel word in die proses, terwyl die voorheen agtergeblewenes sterk glo dat daar nie genoeg gedoen word dat die proses suksesvol afgehandel kan word nie.

Dit is ongelukkig so dat regstellings gemaak moet word en dat ons dan as ’n sterk, verenigde nasie die land kan uitbou en kan strewe om die beste ter wÍreld te wees. ongeag ons diversiteit.

Sosiopolitieke aard van sport
Sport en politiek was baie keer nou verweef deur die geskiedenis van Suid-Afrika. Verskeie politieke partye het sport gebruik as ’n sosiale en politieke “wapen”. Byvoorbeeld: rugby was gebruik as ’n belangrike politieke maneuver deur die ANC tydens die versoeningsproses in die vroeŽ neŽntigs. Die ANC het geweier dat internasionale toere na Suid-Afrika moes plaasvind tensy die regering van die dag van hulle wette verander het.

Sportorganisasies soos South African Council On Sport (SACOS) het sport ook gebruik om die stem van die meerderheid swart Suid-Afrikaners tydens die apartheid-era te laat hoor. SACOS se leuse was ook dus gepas: “No normal sport in an abnormal society”, en het daardeur probeer om die sieninge van die verdrukte Suid-Afrikaners uit te bring.

Met die verandering vanaf die apartheid-beheerde Suid-Afrika na die Nuwe Suid-Afrika het die rol van sport ook verander. Tydens apartheid is sport gebruik as ’n weerstand teen sekere onderdrukkende praktyke. Nou word sport gesien as ’n sleutel tot die versoeningsproses.

Sport word deur die regering beskou as ’n baie belangrike brugbouer in die versoening van mense. Maar daar word ook verwag dat mededinging in sport op ’n gelyke vlak moet geskied: “Die gelykmaking van die speelterrein”.

Die logika om die speelveld gelyk te maak gee teoreties aan alle sportmanne gelyke geleenthede. In die arena van sport moet gelykheid seŽvier. Die gelykmaking van die speelveld speel dus ’n integrale rol in die transformasieproses in ’n gemeenskap waar die speelveld nie gelyk is nie. Toegang tot die “gelyke speelveld” was en is nog steeds ongelyk vir baie groepe.

Rugby in die besonder is meer as net ’n spel waar twee spanne teen mekaar speel. Dit het die arena geword waar daar breŽr/wyer as die blote spel baklei word. Daar is ekonomiese gevegte wat geveg word in die vorm van borgskappe. Daar word ook politieke gevegte in die rugby-arena geveg. Daar is ook die etniese en taalverskille wat betrek word in die geveg van rugby. Rugby in Suid-Afrika word ook wreed geskeur deur Engels- en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners.

Daarom is dit so broodnodig dat daar gekyk word hoekom daar getransformeer moet word. Laat ek dan ook sommer reg uit die staanspoor noem dat transformasie bloot ’n sinoniem vir verandering is en nie ’n skelwoord is nie, en/of indien daar van transformasie gepraat word, moet dit nie as blote politiek afgemaak word nie.

Transformasie is dus nie net beperk tot sekere afdelings van die samelewing nie, maar word in alle sfere van die samelewing vereis. 1. Dat voorheen benadeeldes ’n geleentheid gegun word om so te ontwikkel dat hulle met voorheen bevoorregtes kan kompeteer sonder benadeling van regte.

2. Dat ons, wanneer die geleentheid hom voordoen, al ons spanne en alles wat gedoen word, op absolute meriete sal baseer.

3. Dat dit ons strewe moet wees om in ’n harmonieuse samelewing te gedy tot voordeel van ons land en sy mense — ten opsigte van produktiwiteit, toerisme, handel en nywerheid, trots, edm.

In 2002 het SARVU hulle tiende bestaansjaar van eenwording herdenk. ’n Swierige geleentheid — maar die vraag is, was dit werklik getransformeerd? Of was dit nie?

In die jaar 2004: Is sport en meer besonders rugby ten volle getransformeer? Indien nie, watter faktore gee aanleiding daartoe dat ons so stadig vorder?

Haakplekke tot ’n harmonieuse, getransformeerde samelewing

1. Vordering word gekniehalter deur ou denke. Die paradigma is nog steeds dat “white is right” — ’n erfenis vanuit apartheidsgeledere.

2. Apartheid het diep merke gelaat en dit gaan nog donkiejare neem voordat ons almal sal aanvaar dat transformasie die oplossing vir ons vele probleme gaan wees.

3. Ons besef baie keer nie dat verandering met pyn saamgaan nie. Almal sÍ apartheid was verkeerd — mense is geleenthede ontneem — maar almal is nie gediend met die helingsproses, wat in hierdie geval transformasie is, nie.

4. Afrigters en kwotas: Daar moet iets verkeerd wees met die struktuur en gesondheid van rugby, want 70 persent van alle rugbyspelers in die land is swart. Waarom is so min van hulle in die nasionale spanne? Om getalle te spesifiseer het dit maklik vir afrigters gemaak. As hulle twee moet kies, het hulle twee gekies en dan die res van die span. As spelers egter na verdienste gekies word, kan daar dalk ses tot sewe ingesluit word.

5. Administrateurs: Lede van die Parlement het onlangs hul kommer uitgespreek oor die slakkepas van verandering en dis duidelik dat die geduld in regeringskringe begin opraak het vir rugbymense se voete sleep oor verandering. Graham Abrahams kan meer hieroor uitwei. Om te illustreer haal ek graag aan wat een LP, mnr Tsietsi Louw van DaniŽlskuil in die Noord-Kaap, aan mnr Van Rooyen en ’n afvaardiging van SARVU gesÍ het toe hulle voor die portefeuljekomitee oor sport verskyn het: “Rugby se houding jeens swart spelers het nie verander nie. Hierdie komitee se verhouding met die rugbybase was nog altyd goed, maar dit het tot stilstand gekom elke keer wanneer die kwessie van transformasie bespreek is. Ek wil weet waarom dit so is.”

Suid Afrika kan beskryf word as ’n sportmal nasie. Oor die hele spektrum van die volk, in alle gemeenskappe, ryk of arm, stedelik of plattelands, wit of swart, speel sport ’n belangrike rol as vorm van ontspanning, en in baie gevalle as vorm van ontvlugting. Sport omvat ook baie belangrike ekonomiese elemente en bied in baie gevalle geleenthede aan mense met sporttalent wat hulle andersins nie sou gehad het nie.

’n Mens kan dus tereg sÍ dat sport ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse nasie vorm. Suid-Afrika het sedert die vroeŽ negentigerjare verreikende veranderinge ondergaan. Ons het verander, of dan getransformeer, van ’n land waarin die grootste deel van die bevolking op grond van hul ras uitgesluit was van ontwikkelingsgeleenthede, tot ’n nierassige, nieseksistiese en ontwikkelingsgerigte land.

’n Belangrike kenmerk van hierdie transformasie van die land is dat dit nie ’n eenmalige gebeurtenis is nie, maar ’n omvattende proses is wat alle sektore van die gemeenskap moet insluit ten einde suksesvol te wees.

Ons wat betrokke is in die bestuur van rugby in Suid-Afrika weet dat baie emosies wakker gemaak word wanneer daar oor transformasie in rugby gesels word. Rugby is in die verlede baie maal verkeerdelik beskryf as die Afrikaner se sport. Dieselfde fout is met die taal Afrikaans gemaak. Afrikaans het sy oorsprong in die Bo-Kaap. Die eerste uitgawe van die Heilige Koran wat in Suid-Afrika gedruk was, was in Afrikaans. Die realiteit is egter dat baie gemeenskappe in Suid-Afrika rugby speel en dit geniet en dat dit definitief nie slegs vir wit Afrikaanse gemeenskappe is nie. Dit dien vermeld te word dat voor eenwording het vier SARU-provinsies alreeds hulle 100-jarige bestaan gevier.

Kom ons almal transformeer so dat die spel kan groei, dat daar ’n balans gevind kan word tussen die ekonomiese oorwegings en rugby vir ontspanning, en laat ons die spel verteenwoordigend maak. Op hierdie wyse sal ons almal wenners wees vir die nuwe Suid-Afrika.

Ek dank u.



LitNet: 2 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.